Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Marianke?” hoor ek my naam en ignoreer dit as ek wat myself verbeel. Die kanse is skraal dat iemand my hier gaan ken. Ek lees voort in ‘n tydskrif wat interessant berig hoe om grondvlak wiskunde in die klaskamer te vergemaklik. Dit is iets wat ek beslis wil probeer.
Die wind waai verfrissend oor die hawe se water, deur die oop glas deure van die restaurant in Gordonsbaai. Dit waai my hare deurmekaar en streel teen my vel. Ek maak die tydskrif toe en voel skielik dankbaar vir langnaweke. Ek sal weer beroeps gefokus wees wanneer ek terug by die werk is. Hierdie Paasnaweek wil ek rus, weg van lewens bedrywighede, skoliere en Kalahari hitte. Terwyl ek ingedagte oor die hawe staar en teug aan lemoensap word ek weer onderbreek.
My naam word vir ‘n tweede keer met méér sekerheid uitgeroep. Ek kyk onmiddellik om toe ek hierdie keer die stem herken. My oë wat Juan Fouché sin ontmoet, het my nie verraai nie. Dit is waaragtig my matriek metgesel wat my voete onder my uitgeslaan het. My brein kan die natuurlike reaksie van my lyf nie keer nie en ek spring op om hom van blydskap te omhels. Die aanraking huts die verborge liefdes gevoel wat nooit verdwyn het nie, aan. Instinktief trek ek los en stamp in die proses teen my tafel wat die glas sap laat omval.
“Jy…” sê ek verwonderd.
“Ek het geweet ek sal jou weer sien,” sy gerusstellende warm stem en aanloklike glimlag maak my knieë lam en ek gaan sit. Juan naboots my gemaak. Ek verkyk my aan die aantreklike, bruin gebrande, donkerkop man wie se onveranderde voorkoms lyk soos wat ek nog altyd onthou. Ons begin ’n gesprek wat geen rigting inneem nie. Die verlede as onderwerp is taboe en ek vermy om te veel oor myself weg te gee.
Die kelner bring vir Juan ’n spyskaart toe hy kom om die sap op te droog. Terwyl Juan die spyskaart vashou, merk ek op dat daar ‘n ligte strepie op sy ring vinger is. Hierdie brokkie inligting het hy nie met my gedeel nie. Was dit intensioneel of onopsetlik? A-nee-a, beteuel ek myself in my gedagtes. Dit moenie eintlik vir my saak maak nie, want hy sou my vertel indien ek moes weet.
Juan kyk af na sy hande toe hy my betrap waar ek daarna staar. Sy mondhoeke krul opwaarts terwyl hy sy sy beursie stadig oopmaak. Hy gaan voort om my te vertel dat hy ook die Kaap verruil het vir ’n Noord-Kaap dorpie. Dit is nie te vêr van my af nie besef ek toe hy die naam noem, maar ek sê dit nie hardop nie.
“Onderwys?” onderbreek hy my, deur my woorde skepties te herhaal toe ek vir hom vertel dat ek skool gee. Hy vang my onkant met ‘n geligte wenkbrou en ‘n tikkie oordeel in sy stem.
Die frons op sy voorkop laat my terugdink aan ‘n pynlike herinnering. Daar is drie pragtige jare van geskiedenis tussen ons. Alles wat ek in ‘n man wou gehad het, was Juan Fouché. Alles waaroor ek gedroom het, kon hy vir my gee. Ons was skaars mondig toe ons besluit het om vir ewig saam te spandeer as man en vrou. Die trouplanne was vinnig in die wiele gery toe Juan my vertel het dat hy eendag ‘n baie groot gesin sal wil hê.
“Vier kinders,” sy woorde was ’n uitklophou wat my laat besef het dat ons nie vir mekaar bedoel was nie.
“Ek wil nie kinders hê nie,” het ek blatant gejok. Ek kon voel hoe my gesig gegloei het en was verbaas dat hy my geglo het.
Meeste vroue wil graag eendag ’n mamma word, maar ongelukkig per lot is ek nie deel van die minderheid wat natuurlik self ‘n baba kan baar nie. Dit was deel van my kennis nog lank voordat ek my matriekafskeid rok kon aanpas. Die onderwerp het nooit vir bespreking opgekom nie en toe het liefde veroorsaak dat ek die waarheid bedek met ’n leuen. Ek wou nie sy droom vir ’n gesin in skerwe laat nie. Sy gevoelens was belangriker as myne en ek het besluit dat dit beter sal wees om hom te laat gaan. Dit het ons albei seergemaak toe ek sak en pak uit sy lewe uit verdwyn het. Ek sou nie vir hom kon wees wat hy verdien nie, dus het ek gehoop om hom nooit weer te sien nie. Dit was amper vir ’n dekade so, maar my hoop was verniet en my hart het gejuig toe ek hom weer sien.
“Marianke?” bring hy my terug na realiteit. Ek glimlag skaam, omdat ek hom nog so goed ken dat ek sy gedagtes kan lees. As ek dan nie kinders wou hê nie, waarom gee ek skool?

“Ek het ‘n liefde daarvoor ontwikkel,” al wou ek nie graag nie, lieg ek weer ’n keer. Die strepie op sy vinger keer my om al my mislukte planne van mamma wees aan hom uit te blaker nie. Hy kan dalk geskei wees, maar daar is ook ’n moontlikheid dat hy net vergeet het om sy trouring aan te sit. Dit is water wat ek beslis nie onseker wil toets nie.
“Dit lyk of jy wonder…” sê hy ongemaklik en stoot sy oopgevlekte beursie oor die tafel na my toe. Agter die deursigtige sakkie is ’n gesin foto van drie. Ek het myself in die verleentheid gestel.
“Pappa! Pappa!” dis klokslag woorde wat van ’n roomys gesmeerde gesiggie kom. My oë soek waar my ore die klank hoor, net om te sien hoe ’n dogtertjie in Juan se arms spring. Hy help haar om op sy skoot te klim, sodat sy vir sy goedkeuring aan hom ’n skulpie kan wys.
“Pragtig soos jy,” sê ’n trotse Juan en dan stel hy ons aan mekaar voor; “Dit is Jana, my meisiekind.”
Sy druk skaam haar kop in haar pa se nek toe ek terug groet. Die pragtige vierjarige se gelaatstrekke weerspieël Juan sin. Die kleur van haar hare en vel behoort egter aan die vrou in die foto, omdat dit lig is. Ek probeer tevergeefs dié vrou soek terwyl ek vir Jana agterna staar wat van haar pa se skoot af wip. Sy verdwyn in die speelplek van die restaurant en my visie verdof terwyl trane in my oë vorm. ’n Warm gloed van ontsteltenis stoot in my op. Ek gaan nie op hete kole wag net vir hom, om aan my te vertel dat hy getroud is nie, dink ek.
“Verskoon my,” ek loer kamstig op my horlosie en skarrel om my goed bymekaar te maak, “Ek het nie besef wat die tyd is nie.”
Juan hou my fyn dop met ’n frons terwyl ek my trane probeer wegsluk. Hy soot sy stoel teleurgesteld uit om my tot by die voorste toonbank te vergesel. Ek betaal die rekening en hy gryp na my hand toe ek groet en omdraai.
“As jy wil, sal ek jou graag weer wil sien,” al prikkel hierdie woorde dadelik my nuuskierigheid, antwoord ek dadelik “nee”. Juan gesigsuitdrukking reageer verras op my antwoord, maar hy oorreed my met sy sjarme om nog ’n rukkie te bly. Ek gee in en ons besluit om op die strand saam met Jana te gaan stap, sodat sy nog skulpies kan soek.
Die wind opstand weerspieël my harts gevoelens terwyl ek en Juan hand in hand loop. Ons staar na die horison waar die see en lug prentjiemooi saamsmelt.
“Ek het getrek om jou te gaan soek en ironies genoeg kry ek jou in die hier, waar ons vandaan kom.”
Ek luister geskok hoe Juan vertel dat hy ‘n wewenaar is, omdat sy vrou is oorlede tydens die geboorte van Jana. Die nuus is oorweldigend en ek voel vir die eerste keer die vryheid om met hom die nuus oor my vrugbaarheid te deel. Ons kan nie nou meer iets van mekaar ontneem nie.
“Jy is my hooggety. Ek het gedink ek sal jou nooit weer sien nie, maar jy het terug gekom na my.”
“Die see sal nooit kan wegbly van sy strand nie. Net so ook, is ek sonder jou verewig verlore.”
Ons deel ’n soen met die besef dat ons nog altyd vir mekaar bedoel was. Al sou Juan nooit ’n gesin bo my verkies het nie, sou ek nooit ’n mamma kon word nie. Te danke aan die omstandighede en Jana se regte ma is dit nou moontlik.
In hierdie oomblik besluit ek en Juan daar en dan dat ons gaan terugtrek Kaap toe want; “As mens jou blindstaar teen hitte van die lewe, mis jy uit op die lafenis van die see. So wat sal jy sê? Aangesien ons die Kalahari verruil vir die Kaap, kan jy sekerlik jou van verruil vir Fouché?”
“Ja!” skree ek giggelend teen die wind. Die branders spoel tussendeur ons voete. Terwyl ons voete in die sand wegsink weet ons dat ons plek nog altyd saam, hier was.





(Hierdie is 'n verhaal wat ek ingestuur het vir Vrouekeur en wat hulle afgekeur het, omdat dit te tradisioneel is)
© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hooggety
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 10 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


Hooggety
"Tradisioneel" is nie 'n vloek woord nie. Dit beteken ook nie dat hulle rasse vermenging wil hê nie. As jy hierdie storie in 'n volle roman verander, sal 'n uitgewer soos LAPA daarin belangstel. (Alles wat hulle wil hê in 'n roman is beskikbaar op hulle webwerf.)
Tydskrifte kort stories wat duidelik in die teenswoordige tyd is en wat die leser op soveel emosies laat ry dis vreesaanjaend. (Dink aan Mills and Boon se moderne reeks.)
Daar's sekere goed wat 'n Afrikaanse leser in hul stories soek - goed wat ek in hierdie verhaal lees. Elke mark is anders; dalk met 'n bietjie skaafwerk pas dit 'n ander tydskrif (of uitgewer!) beter.
Sterkte. Moet nie ophou probeer nie.
3 jaar 10 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Hooggety
Dit is werklik 'n prag werk en die mense wat dit afgekeur is nie normaal nie dink ek. Die verhaal kan enige tyd of omstandheid of groep afspeel. Ek kan nie sien hoe dit tradisioneel is nie tensy hulle wil hê jy moet 'n "Star Wars" storie daarvan maak. Dit is uitstekende werk.
3 jaar 10 maande 2 weke 14 ure oud


Lekker
Wel ek het jou storie geniet en dit sal n jammerte wees as jy jou karakters moet verander om aanvaar te word
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


hooggety
Ek dink ook as jy een van die karakters n anderskleurige maak kan dit dalk deurgaan. Dit maak my nie n voorstander van rasse vermenging nie, ek is daarteen
3 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


Hooggety (Eros)
Stem saam met Koekekraka.
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


Hooggety (Eros)


Jy kon mos voorsien het dat dit afgekeur sou word want bykans al ons s.g. Afrikaanse 'gesinstydskrifte' is deesdae draers van en aanblasers van politieskorrekte perspektiewe. Verander dalk net die naam van jou manlike karakter na Sipho Mahlangu...? Dalkies slaan jy so die jackpot...

Vir my 'n pragtige werkie.
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud



AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar