Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Goeie naand meneer. Naand Sister. Die ou vroutjie wat al jare die New National Hotel haar tuiste gemaak het stap by ons verby en gaan sit op die wag area se bankie. So maak sy elke Vrydag aand om 7 uur. Die ou dame vasgevang in die vroe sestiger jare is beleef en vriendelik en het altyd ’n welkome of onwelkome bydrae om te lewer.

Dis dan wanneer die geskinder begin. Die krom fingers kort-kort in die lug soos sy een van die staf nader wink om ’n opmerkinkie of “raad” te gee. Hulle antwoord dan ma net vriendelik:” Ja sister is reg......nee dit is so.....”

Die New National Hotel was eers die National Hotel. Die vorige eienaar het vertel dat hul die naam verander het toe die Tolpad daar verby Kaap to gebou is. Sien almal het eers deur Voortrekker weg Kaapstad ingery, maar na die tolpad voltooi is, is dit baie makliker om die hoofweg in die stad in te neem.

Ek kry die hotel in ’n bestuurbare toestand en met ’n paar merkwaardige karakters. Daar is natuurlik Sister wat op haar dag heel die siek en beseerdes opgepas en versorg het. Sy was nooit getroud nie en ons kon nie vas stel of sy kind of kraai het nie. Sy het ’n geldjie van die staat ontvang elke maand en het so haar self versorg. Sy moes eerder in ’n huis vir bejaardes gewees het maak het volstrek geweier. Nie ek of die vorige bestuurders en eienaars kon dit ooit oor hul hart kry om haar te verskuif na ’n bejaarde sorg eenheid nie. Dus het sy haar dae afgetel in die Hotel.

Dan was daar Mnr. Vlok, blykbaar ’n boekhouer van formaat. Hy was gedurig besig met my oor sy huur en wasgoed koste wat hy reken verkeerd uitgewerk is. Soms het hy homself ’n groter rekening bewerk en aangedring dat hy die bedrag verskuldig is, en dit dan betaal. Ek het hom maar toegelaat want volgende maand verneuk hy my dan uit die verskil uit.

Dan die statige en soms bietjie verwaande Me. Pretorius. ’n Statige ou dame wat haar met alles en almal om haar besig gehou het. Niemand is gespaar nie en sy was altyd so besorg oor die ou mensie (Sister) wat so alleen daar in haar kamer was. Kort-kort moes ons iemand stuur om op Sister se deur te klop om te hoor of die “ou mensie” nog lewe. Maar aan die anderkant het sy die ou vrou met mag en mening probeer weg kry uit die hotel kamstig oor haar gesondheid.

Die mense was soos meubels daar. Om hul uit te sit was moeilik. Elke keer as daar iets genoem word van verbouings of veranderings aan hul kamers, dan word my kantoor vol van die gesigte. So afgespreek kom hul 20 min agter mekaar daar aangestroom en besing hul onvermoë om ’n ander heenkome te vind. Ek sou dit nooit oor my hart kon kry om hul uit te sit nie hul was die hart van daardie plek. Ek is seker ’n menige spoke het maar eerder ’n ander heenkome gevind as om hul met die drie op te skeep.

Een Vrydag aand sit die klomp by Sister op haar plek by ontvangs op die rusbank. Almal gesels en die hotel is bedrywig. Die nag staf is aan die werk, die kroeg is woelig en die “band” speel dat die vloer op lig. Samuel ’n getroue werker en portier is aan stuur en beheer van die woeligheid asof dit die maklikste ding is wat hy nog gedoen het.

Later raak dinge bietjie stiller, net mense by die kroeg in en uit. Samuel kom staan by my agter die toonbank waar ek die ontvangs area bekyk en verveeld na die besprekings register staar. “Naand meester” sê hy vriendelik. “ Naand Sam” antwoord ek met ’n glimlag. “Meneer hoefie te worry nie, dinge is heel agter mekaar en ek laat tie met my kruiwa ry nie. Niemand ga moleste maak as ek in charge issie” “ Ek weet Sam, hoe lyk die besprekings " Nee goed meneer, dis sie vol nie ma die bar woel sien ek”......... Sam het skaars sy sin klaargemaak en dis asof hy/sy woorde verloor terwyl hy verbaas oor my skouer loer na die skuifdeur wat oop gaan agter my.

Met een helse gil skuif hy my uit die pad uit “HY WA MA DJY, GA UIT JOU KIEWIET”

Ek kyk verbaas om en kan nie glo wat ek sien nie. Net daar staan ’n man met nie ’n draad klere aan nie en “smile” vir ons. Sam spring bo oor die toonbank, so dat hy die laaste stuk af seil. Die man draai om en vat die hase pad met Sam kort op sy hakke. Sam swaai sy vuis en skree name terwyl die twee die parkade vol hol. Kyk Sam is soos ek gebou. Sien ons sal nie kan weg hol as iemand ons jaag nie. Ons moet maar staan en veg....

Ek kon sien dat die kaal man meer vaartbelyn is as die mollige portier wat agter hom aan kom. Sam begin lelik uitsak. Hy blaas al soos ’n befoeterde os en ruk tot stilstand....

Die man kom weg en hol die donker straat in. ” EN BLY WEG” Skree hy kordaat agter die man aan asof hy presies gedoen het wat hy by uitstek besluit het. Hy stap nader en toe hy my sien begin hy skaam glimlag.

“Meneer hoe sal dit nou gebeur dat djy somme so kaal die wêreld aanvat?” Ek antwoord dik van die lag:” Nee jong hys seker ma bietjie getik innie kop”. Sam staan so oomblik die staat af en kyk draai om en sê:” Verbeel meneer nou daardie ou het innie hotel in gekom en arme Sister het hom gesien!” Die uitdrukking op sy gesig laat my uitbars van die lag. “Sy sou mos heel uit ge-pass het. Net da oppie stoel omgekap het. Ek dink nie sy het al ooit sulke goeters gesien nie...........ma Me Pretorius ka ma se wat sy wil ma die ou skinner bek sou vir twee dae aanmekaar skelm gelag het. En dis oordat sy lanklaas sulke goeters gesien het.

Hy draai om stap terug toonbank toe en gaan aan met sy take terwyl ek my heel laggende skaars maak en gaan inkruip.

Ditto tot ’n volgende keer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hotel Stories Hersien
Ek het lekker gelees!
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 20 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar