Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op n koel herfsaand in Maart 1989 is op Slabberts stasie n toneel wat hom vir die laaste keer afspeel.
Afgeteken teen die ondergaande son wat besig is om teen die Westerkim af te sak staan sy blasend en sissend voor trein 72, die Bloemfontein Durban passasierstrein.. 3401 klas 25NC, haar drywer, Koos Lourens en sy stoker, Piet Marais, se trots.
Haar vuur is so pas skoongemaak, die klinkers uitgegooi en doodgespuit. Kolewa vol water gemaak., vir die laaste keer want van more af gaan die gebrul van diesels die geblaf van 3401 en haar maats vervang.
Dan klap die witveer as die veiligheidsklep begin afblaas. Die stoomdruknaald bewend op 225 k.p.a.
Op die voetplaat raas en rumoer dit vir die laaste keer, die meganiese stoker se wurm kraak en kners soos dit die kole in die groot vuurkis inrol, die spuitstukke wat die kole oor die vuurkis blaas sis, die injekteur wat water ketel toe pomp roggel.
Met genoegdoening laat Koos Lourens sy oog vir oulaas oor die meters en peilglase gly. Tevrede met alles kyk hy deur die enster terug waar die stasiemeester hom met sy groen vlag wegsien.
Vir die laaste keer trek hy die fluitjiedraad om 3401 se fluit oor Slabberts te laat rol.
Dan trek Koos haar regulateur oop en sissiend kom sy in beweging met haar string rytuie agter haar.
Die groot trekwiele trap vas en dan kom die eerste blaf deur die skoorsteen wat n rookwolk hoog die lug instoot. Die pas versnel en die geblaf rol oor die vlaktes. Die koppelstange begin al vinniger voor die groot wiele verbyflits. 3401 pomp die rooksuile die lug in wat soos n slang in die lug bly lê tot dit in die verte verdwyn.
Die klim teen die Barnea bank begin en poedig verdwyn die trein teen die berge uit waar 3401 se geblaf deur die kranse ge eggo word. Vir oulaas kan n passasier by die venster uitleen, die reuk van rook en stoom inasem en vir die flitsende koppelstange kyk as die trein om die draaie gaan.
Wielflense skree en protsteer om die draaie teen die spoorstawe saam met die geblaf van voor.
Soos sy in die uitgrawings verdwyn verander die geblaf maar die eggo deur die kranse is altyd daar. Van more af sal dit die gebrul van diesels wees.
Piet Marais sorg dat die stoker se wurm bly rol, in Koos se dae as stoker is daar met die graaf gestook om die vraatsige vuur te voer. Meganiese stokers het eers later gekom. Vyftien ton kole is op so n rit in die vraatsie vuur ingevoer.
Barnea na twitig minute se klim teen die banke uit en die harde werk is nou verby.
Na die stop kom 3402 weer in beweging maar net tot die trein op spoed is, dan word die regulateur toe gestoot. Haastig begin die trein om die draaie gly en kort kort sak die remmeternaalde soos Koos moet rem dat sy nie weghardloop nie want die merrie het nou stal geruik soos Koos altyd sê.
Bethlehem se sinjale kom in sig en stadig word die spoed afgebring tot sy stadig op platform een begin intrek waar mense staan en wag op mense wat hulle kom afhaal en mense kom afsien wat verder gaan reis.
Op die punt van die platform staan n eensame vrou met n breë glimlag. Koos se hart bons, sy Hantie het hom kom haal want dit was ook sy laaste rit voordat hy aftree. Sy Hantie wat al vir baie jare op die onmoontlikste tye opgestaan het om sy blik te pak en hom weg te sien. Sy Hantie wat hierdie ongemaklike lewenswyse aanvaar het om by haar held te wees.
Sag kom 3401 langs haar tot stilstand. Lsngsaan staan die elektriese eenhede wat die trein verder gaan neem.
Koos is dadelik uit en dan is hy by Hantie. Terwyl hy haar styf vasdruk sê hy net: “Dankie dat jy my kom haal het, my hart is baie seer vandag. Vir my en 3401 is dit die einde van die pad.
Sy gee hom n frukke: “Gaan bêre haar Koos. Ek kry jou by die loko en dan gaan ons huis toe maar eers n foto of twee vir my album”.
Na n foto of twee klim hy weer in om 3401 sissend van die trein af te laat wegbeweeg loko toe.
Vir die laaste keer klim hy uit haar uit en die loodsman neem haar oor om haar vuur te gaan uitgooi en dan in die lyn te stoot waar haar maats staan. Dit is die einde van die pad vir haar en daar sal sy nou gaan staan en wegroes.
Stadig stap Koos die roosterkantoor in, groet en teken af. daar moet Hantie hom kom haal en ry hulle in stilte huis toe. Hantie praat nie want sy weet Koos se hart is baie seer vandag. Vir hom is dit die einde van n lang pad. Hy het gesien en ervaar hoe elektriese en diesel lokomotiewe oorneem en het hy op die stoom gebly tot op die laaste omdat stoom sy lewe was.
By die huis neem sy Koos se hand toe hulle uitklim en lei hom in die huis in, dit is of hy skoon verdwaas is.
In die sitkamer laat sy hom sit en kom sit langs hom en neem weer sy hande. Sy laat haar kop sak en dan bid sy; “Hemelse Vader, dankie dat U Koos al hierdie jare bewaar het op die pad. Dankie dat U hom vandag ook weer veilig terug gebring het vir die laaste keer. Vader hy verdien sy rus na al hierdie jare se harde werk en wil U ons laaste jare wat nog saam oor is seën tot U ons kom haal om by U te wees Amen”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rit
Voorwaar 'n voorslag 'geluide' bydrae!
2 jaar 11 ure oud


Hulle laaste rit
Pragtige skrywe en 'n kosbare hereinnering wat jy daarmee wakker maak. Ek mis die ou stoom treine.
2 jaar 1 dag 7 ure oud


HULLE LAASTE RIT PROJEK GELUIDE
Niks is meer blywend in die lewe en so gaan elk na sy eindbestemming.
2 jaar 3 dae 1 uur oud


Laaste rit
Ek hou altyd van jou spoorweg stories. My skoonpa het op die spoorweg gewerk en dit maak dit net meer interessant vir my. Ek hoop nie dit is die laaste spoorweg storie ook hierdie nie!!
2 jaar 3 dae 10 ure oud


laaste rit
Geluide wat mens altyd sal onthou, mooi gepen!
2 jaar 3 dae 10 ure oud


Hulle laaste rit
ek onthou die verhaal Neels maar het weer heerlik gelees, jy verstaan die kuns om gebeure so werklik te vertel dat mens dit mee maak.. dankie weer vir die die deel
2 jaar 3 dae 12 ure oud


Laaste rit.
Nostalgies en hartseer. Hartseer om afskeid te neem van 'n glorieryke era. Stoomtrein was die lekkerste om te ry. Die nuwe goed het geen karakter of persoonlikheid nie.
2 jaar 3 dae 12 ure oud


Stoom
. . . dankie dat jy hom weer geplaas het. My hart is ook seer, want dit was die heel lekkerste treinry daardie!
2 jaar 3 dae 21 ure oud


LAASTE RIT
Ek het die verhaal al geplaas maar plaas dit weer vir die geluide projek omdat die geluide op die voetplaat so eie aan ons wêreld op die stoom lokomotiewe was
2 jaar 3 dae 21 ure oud



drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar