Kortverhale

Titel: Ingehok
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dehlia spoel die laaste bord af onder die koue kraan terwyl sy deur die venster kyk. “Die vensters moet gewas word. Hoekom kyk kombuis vensters altyd oor die vuil agterplaas, of die beton muur of die blerrie bosveld in ? “ dink sy hardop. “Seker om ʼn vrou op haar plek te hou ? Die voorkamer met die wye groot vensters kyk uit oor die fyntuin en dan die see.”

Sy hou nie van skottelgoed was en vloere mop en skoonmaak nie maar iemand moet dit doen. Servaas klim smorens in sy blink skoon kar en ry kantoor toe. Hy stap sommer so oor gister se skoene en sokkies wat sy roete deur die huis aandui.
Op die stoep lê sy Nike’s van gister middag se draf op die stand. Die sand korrels lei na die kroeg en die leë whiskey glas staan in ʼn poel gesmelte ys langs die bottel, waarvan die prop nog langs die bottel lê, op die kroeg toonbank. Die badkamer se vloer is nog nat en die handdoek lê op die grond. Niks is in die wasgoed mandjie nie. Langs dit, bo op dit maar nie in nie. Vanoggend se seleksie hemde en dasse wat nie in die man se smaak geval het nie lê oor die onopgemaakte bed verstrooi en gekreukel. Dehlia sal mos optel en wegpak sy het mos niks om te doen nie.

“Lekker dag, skat!” het hy soos gewoonte oor sy skouer gegooi as ʼn troos prysie, op die wind gegooi toe hy fluit fluit daar uit trippel , aktetas in die een hand en motor sleutels in die ander.

Dehlia sug, stamp die voor deur agter haar toe met haar gejaponde boud. Sy haal diep asem, in, uit... in uit... in uit. "Ag jaa" dink sy "Laat ons lag en vrolik wees want....". Sy glimlag breed en stap doelgerig na Servaas se kantoor.
Sy trek haar japon uit en drapeer dit oor die stoel se rug en gaan sit in die diep groen leer stoel. Sy haal die rekkie uit haar hare en trek haar vingers deur haar lang rooi hare. Nadat sy haar kop guitig agteroor gegooi het, streel sy behaaglik oor die ryk gepoleerde stinkhout lessenaar. Sy wag dat die rekenaar se blik breintjie in rat kom. Sy luister na die bekende sagte girts biep klieke van haar beste maat terwyl haar oë die vol boekrakke fyn kam.

Die rekenaar knipoog. Sy trek die fyn kant goed van haar swart Victoria Secret bra in posisie. “Good Morning Lover Boys ! Dis Delilah hier, Soos gister ooreengekom bespreek ons vandag ‘Die Liefde’ soos gebruik in die Franse literatuur.........”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Ontvlugting! Dit geniet.
6 jaar 11 maande 5 dae 11 ure oud


in die hok
Ingehok, sê jy? Hoe kom ek in daai hok?

Lekker gelees, dankie!
6 jaar 11 maande 5 dae 20 ure oud


Hok
Absoluut GREAT stuff!! Ja, ek soek ook nog een!
6 jaar 11 maande 6 dae 2 ure oud


Ingehok . . .
Vir jou vertel jy 'n storie
vir die lewe skilder jy pragtig - die werklikheid
Iewers - ek vergeet in watter een - vertel ek die storie van toe ek en my boetie as volwasse jong seuns my pa se artappels by die huise moes loop verkoop.
9 uur die oggend, is die verkeerde tyd om by sommige huise aan te klop"
Sy maak die deur oop in haar japon, kyk my reguit in die gesig terwyl ek my liedjie van hierdie vars artappels van die plaas af, sing. En terwyl sy die japon van bo af oop maak:
"Jongman, hoeveel sê jy vra jy vir die artappels . . .!"

Jou storie is die ideaal:
Die slot moet altyd wees: "Leser, dink wat jy wil!"

Pragtig - nog een asb!
6 jaar 11 maande 6 dae 7 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar