Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die volgende oggend word ek wakker. Ek lê op my rug. Ek was geskok to ek agterkom dat ek nie kan beweeg nie. Altwee my arms en bene was aan die bed vasgebind. “Rob! Rob!” ek het hom probeer roep maar my stem was rasperagtig. Ek kan nie eers myself hoor praat nie. My liggaam is in ongelooflike pyn, maar nogsteeds probeer ek om myself los te wikkel. Alles is in pyn, van die kroon van my kop tot die punt van my tone. Ek lê toe net daar in pyn, en begin te snik van diep binne my bors. “Nee… iemand asseblief!” gil ek. Iemand kom toe deur te deur geloop. “Rob? Asseblief, ek… ek weet nie wat gebeur het en wie my vasgebind het nie. Asseblief kry my hier uit? Hulle kom terug vir my!” skreeu ek histeries. Rob kyk na my wat lyk soos omgee.

“Ek is jammer Leah.”

“W… wat bedoel jy, jy is jammer, maak net los die”- ek lig toe my kop op om te sien waarmee my enkels vasgebind is. “Kettings?” ek kan voel hoe my voorkop kreukel van deurmekaargeit. Hoekom sal hy my vasbind? Net gisteraand was hy so ondersteunend en nou het hy my vasgeketting aan hierdie bed.

Rob draai toe om en sê toe weer.“Ek is jammer Leah.” hy stap toe uit.

“Rob!” skreeu ek in ‘n lang stem toon. My liggaam pyn saam met ‘n nuwe soort pyn… my bloed is besig om te kook. Ek kan letterlik sien as die bloed borreltjies pop teen my vel, my vel is letterlik besig om te beweeg. Dit voel asof my kop gaan ontplof. Die pyn in my borskas is onhanteerbaar. “Nee!” skreeu ek. Ek babble iets wat nie eers ek kan verstaan nie. Dit voel asof iets rond kruip onder my vel en dit lyk ook so. Die pyn is so erg dat dit besig is om my hele liggaam te verlam. Ek was bly vir dit. Ek lê net daar en kyk vir die deur met dooie oë. Na ‘n ruk kom Rob weer in saam met die Lord of The Rings karakter agter hom. Sy pa. Ek draai my gesig na die ander kant. Ek wil nie vir Rob sien nie, hy was besig om my dood te maak stukkie vir stukkie. Hy het my verraai. Rob kom sit toe langs my waar ek lê. Hy begin my gesig af te vee met ‘n koue nat lap.

“Dit gaan alles okey wees Leah, ek belowe.”


Hoe kan hy so steen hart hê, gaan net aan asof niks wat hy doen nie verkeerd is nie. “Asseblief stop dit Rob?” smeek ek.

“Ek wens ek kon.” Fluister Rob, nogsteeds besig om my gesig af te vee.

“Kan jy dit stop!” ‘n brul kom van my borskas. Dit is geweldadig en vrees aanjaend. Rob spring van die bed af en staan en staar na my geskok. “GRAA!” brul ek toe weer, die keer was dit van dieper uit my bors. My brein raak toe verdoof. Ek lê daar leweloos. Al wat ek kan hoor is van Rob en sy pa se gesprek.

“Jy is nie veronderstel om dit te doen nie Robbie.”

“Pa, moet nou nie weer begin nie, ek help haar net.”

“Wat van Tom Drown, seun, kyk wat doen hy?”

“Hy is die enigste wat nie presies doen soos ek hom geleer het nie, ek sal hom uit sorteer.”

“Wanneer huh? Wanneer hy die res van die stad dood maak?”

“Hy maak nie so baie mense dood nie pa, ek het hom goed geleer. Hy rebelleer net so bietjie.”

“Nee seun, jy moet dit stop. Ek kan nie heeltyd my lewe op die lyn sit vir jou nie.”

“Vir eens in jou lewe pa, net eens, kan jou stop om so selfsugtig te wees. Hou op dink aan jou eie lewe en begin jou oë oop maak. Kyk bietjie na die wêreld om jou!”

“Jy het jou rug op my gedraai Robbie, nie anders om nie.”

“Omdat ek nie selfsugtig is nie pa, omdat ek ‘n hart gehad het. Jy is die een wat jou rug gedraai het op die goeie dinge in die lewe, op die mense wat nie dít verdien nie en die mense wat ook nie die dood so vinnig en wreed verdien nie.”

“Ek moet gaan.”

“Daar gaan jy nou alweer pa, hardloop weg, net soos altyd.”

“Totsiens seun.”

“Ja watookal.” sê Rob al suggende.

Die laaste ding wat ek hoor was Rob wat in my oor fluister. “Alles gaan okey wees. Ek belowe.” Hy stap toe weer uit die kamer uit. Die tyd gaan maar stadig verby en ek kan nie slaap nie want my lyf is in so ‘n toestand en boonop weet ek nie hoe lank ek meer oor het om te leef nie. Ek hardloop deur my gedagtes van laas nag. Rob het my regtig geflous. Ek het hom vertrou en kyk nou. Hy doen iets aan my en ek weet nie wat nie en daar is niks wat ek omtrent dit kan doen nie. Ek kan nie eers weghardloop en in ‘n balletjie krimp om meeste van my pyn weg te steek nie want Rob het my vas geketting op hierdie bed. Dit is soos ‘n freak show. Rob is die freak en ek die show. Ek begin te huil, hierdie keer baie hard en duidelik. Ek wens dit was hard genoeg dat iemand my hoor en my kom help ontslae raak van al hierdie pyn. Ek moet uit hierdie kamer uit kom en definitief ontslae raak van hierdie pyn. My liggaam skud eweskielik soos ‘n aardbewing en ek voel hoe die kettings in my vleis in sny. Ek skreeu en huil en skreeu. Maar niks.

“Le-ah”, hoor ek iemand fluister. “Le-ah” weer. Dit was ‘n klein dogtertjie se stem. “Moet nie bekommer nie Leah, dit is nie meer lank nie, dit sal alles gou oor wees. Byt net vas Leah. Jy is ‘n sterk meisie. Ek glo in jou en pappa glo in jou ook.” fluister die stemmetjie vir my engelgalig.

My oë skrik oop. Ek het eventieel aan die slaap geraak. Ek voel ‘n bietjie beter vandag. Ek was dors, Vader alleen weet hoe lank ek nou al in hierdie kamer is sonder kos. Die enigste teken van water wat ek ingekry het was die water wat Rob vir my gegee het om te drink saam met die pille. Die pille wat sekerlik die oorsaak was hoe ek gevoel het gister. Ek is nogsteeds vas geketting aan die bed. Die bloed wat deur my enkels en gewrigte gekom het waar die kettings deur gesny het is droog. Ek voel nie meer enige pyn nie. Daar is ‘n soet geur wat hang in die lug, ek wil aan dit vat, ek wil dit proe maar ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Ek kyk op na my gewrigte om te probeer uitmaak hoe erg die kettings in my ingesny het, ek kon nie enige iets sien nie maar die soet geur was sterker die oomblik toe ek my kop lig om my gewrigte te ondersoek maar al wat ek kon sien was droë bloed. Die verbande om my eens verskeurde arms is half los en ek kon nie meer wonde sien nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar