Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voorstelling

“Hoekom?” hy klink deurmekaar.
“Ek… Ek is nie seker nie… ek… ek weet nie.” antwoord ek ook deurmekaar. Ek probeer om te dink hoekom sy woorde my herinner het aan de ja vu.
“Mmmm wel, ek moet jou sê, jy is ‘n baie gelukkige meisie.”
“Wat?! Luister idioot, stop wat ook al jy probeer doen. Wie de hel dink jy is jy om vir my te sê ek is gelukkig. Kyk na my? Lyk ek gelukkig vir jou? Hier sit ek in ‘n tronk toilette op ‘n simpel bed, ek lyk as of ek in ‘n groot motor ongeluk was en die tjerrie op die koek is ek is hier saam met jou! Jou! Ja jou! Jy hou my gevangene en nou sê jy vir my ek is gelukkig!”
“Wel dit is net gemeen. Maar… ek verstaan jou punt. Jy weet nie eers wat met jou gebeur het nie en dit maak dit net vir jou makliker om iemand die skuld te gee, ek verstaan honderd persent. Maar ontspan nou en laat my verduidelik?” sê hy en sit sy hand op my skouer.
“Hou jou hande af van my!” gil ek en spring van sy aanraking.
“Jeez jy gaan nie maklik wees nie!”
“Wat! Nee. Jy het nie dit nou gesê nie. Soos wat lyk ek vir jou?” skreeu ek en spring op om te probeer weg kom van hom af. Ek was dood bang en dood is seker ook nie ver nie.
“Asseblief mejuffrou, moenie so wees nie, jy verstaan nie… nog nie. Jy sal as jy my kans kan gee om te verduidelik. Hoekom sit jy nie en ontspan net nie?”
Ek het net gedoen soos hy vra. Ek was verby bang nou al. Miskien was ek ook al besig om vir my lewe indirek te pleit. Ek sit toe. Die oomblik toe ek sit toe staan hy op.
“Ek kan sien jy is dood bang. Ek dog dit sal jou gemakliker laat as ek nie so naby aan jou is nie. Voel jy nou al bietjie rustiger?” vra hy.
“Ja… soort van.” ek kom toe agter dat ek nie op ‘n manier besig was om te lieg nie. Hy lyk baie gaaf.. vir nou.
“Dankie tog vir dit. Wat is jou naam mejuffrou?”
Ek sluk, wonder of ek regtig my regte naam vir hom moet gee. Wat sal dit inelkgeval saak maak? Hy gaan my tog dood maak. As hy enige gewete het en hy ken wel my naam sal hy eendag skuldig voel omdat hy my dood gemaak het… wat is ek besig om vir myself nou te sê… maar wat maak dit saak. So toe laat ek dit maar net gaan. “Leah… Pope” fluister ek, dit was baie sag en ek was nie seker of hy my wel gehoor het nie.
“Ekskuus, sê weer?”
“Leah Pope om Hemels naam is jy doof ook!” skreeu ek geiriteerd. Dit klink toe asof hy ‘n groot sug laat gaan.
“My naam is Rob, wonderlik om jou te ontmoet?” sê hy terwyl dit vir my lyk asof hy sy arm na my toe strek om my hand te skud. Ek kyk toe net weg van dit af en vou my arms oor my bors en sê.
“Glad nie wonderlik om jou te ontmoet nie, glad nie, glad nie.” Ek krimp toe bietjie in. Die pyn in my arms was besig om onuithoudbaar te raak en moeilik om weg te steek.
“Oh, ek het vir jou ietsie gebring, dit sal help vir die pyn.” sê Rob.
My oë het beginne gewoond raak aan die klein donker kamer van ek wakker geword het. Ek kon sien dat Rob uitgereik het na iets naby die deur en met een klik was die kamer helder. Nou het ek ‘n nuwe aanpassing om te doen. The lig van die kamer laat my oë kramp en ek flapper toe my ooglede om gewoond te raak aan die kamer se helderheid en om uiteindelik my omgewing te bestudeer. Die bed is nie so erg soos wat ek gedink het dit is nie maar die kamer vas nogsteeds klein en daar was net ‘n verouderde kassie wat gestaan het by die voet en ent van die bed. Rob reik toe weer uit na iets naby die deur. Dit was ‘n bruin papier sak vol… goed… ek dink. Goed wat hy gaan gebruik om my mee dood te maak. Hy haal toe ‘n klein houertjie uit en skud dit.
“Pyn pille.” sê hy en vat weer na die sak en haal toe ‘n bottle water uit. Hy maak die pil houertjie oop en skud toe ‘n paar van die pille in sy hand. Hy maak die water oop en gee dit vir my aan. “Daars hy, drink dit. Jy sal baie beter begin voel in ‘n rukkie.”
Ek twyfel vir ‘n oomblik. Of hierdie man is ongelooflik wonderlik en daardie is regtig pyn pille of hy is ongelooflik mal en daardie is regtig gif. Ek sal dood maak vir ‘n bietjie verdowings dwelms so ek vat toe maar die pille, gooi dit in my my mond en sluk dit af met die water. Rob stap nader en ek staan toe van die bed af op.
“Leah, moet nie bekommer nie. Ek gaan jou nie seer maak nie. Ons moet jou wonde toe kry.”
Ek laat hom toe langs my sit, hy het klaar nuwe en skoon verbande in sy hande asook ook ontsmettings middel en gaas. Ek het nie eers gesien dat hy dit uit die sak uit haal nie. Hy begin toe versigtig my wonde skoon maak en sit die verbande terug op asof hy presies weet wat hy doen. “Dankie.” fluister ek.
“Dit is net ‘n plesier. Voel jy bietjie beter nou?” vra hy en sit sy hand saggies op my skouer.
My oë was gevestig op die vloer. Ek probeer om ja te se maar al die verkeerde woorde kom toe uit my mond uit. Ek wou nie swak lyk nie, want elke teken van swakheid kan maak dat hierdie psigopaat my dood maak net hier op heterdaad. Maar ek kan nie myself help nie het so te sê ‘n senuwee instorting reg voor hom. “Nee, ek is nie okey nie. Wat gaan aan?” Ek begin toe te huil soos ‘n baba, my oë nogsteeds gevestig op die grond.
“Ek sal jou alles vertel wat jy wil weet.” sê hy en sit toe sy wys vinger onder my ken en lig my kop op.
Ek snik. “Rob, vertel my alles? Ek weet nie wat om te vra nie want ek weet nie eers wat gebeur het nie.”
“Wel goed dan.” hy twyfel vir ‘n oomblik en maak sy keel skoon. “Reg van die begin af?” vra hy krapperig.
“Natuurlik! Hoekom wil jy my net ‘n helfte van ‘n storie vertel?”
Hy maak sy keel toe weer skoon. “Wel okey, hier gaan dit. Jy en jou vriendin het partytjie gehou by Lola’s Klub”-
My geheue flits toe dadelik na die gebeurtenis. Ek was by Lola’s Klub, dit was Chastity se 21ste verjaarsdag partytjie. Daar was so baie mense. Chasitity is my beste vriendin. Ons het soveel pret gehad, gedans, gelag, gedrink en geflankeer met seuns en meisies. Maar ek kan nie die res van die aand onthou nie. Dit is so vaag. Chastity? Ek wonder. “Rob! My vriendin”-
“Ek is jammer Leah.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar