Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek maak my oë toe vir ‘n sekond en hoor die deur kraak oop.

“Leah?” hoor ek Rob my naam roep. My oë gespits op hom brand deur hom. “Voel jy ‘n bietjie beter?” Ek sê niks, staar net na hom. Hy loop nader en wil homself gemaklik maak op die bed langs my.

“Asseblief Rob, nie nog nie? Maak my net dood en kry dit klaar. Ek kan nie die pyn verdra nie. Ek sal liewers dood gaan. Hou op om my so te treiter. Asseblief?” pleit ek.

“Wat? O, nee Leah! Jy is onder die verkeerde indruk. Ek help jou. Kan jy dit nie sien nie?” Rob skud sy kop teleurgesteld. “Ek sal die kettings los maak as jy my een ding belowe?”

“En dit is?”

“Moet asseblief nie probeer om te ontsnap nie.”

Ek twyfel vir ‘n oomblik, nie seker of ek hom moet antwoord of nie. Ek wou net vry wees en as dit die naaste ding is aan vryheid wat ek kan kom is dit die minste wat ek kan doen. “Okey.” fluister ek.

Rob haal die sleutels uit sy sak uit, hy krap met dit aan die eerste slot op my linker gewrig. Uiteindelik is dit los, hy doen dieselfde met die res van die slotte en kettings. Om vir amper dertig ure aan ‘n bed geketting vas te wees het definitief sy nagevolge. Ek kon skaars beweeg, my spiere was gevries in die posisie wat ek gelê het vir Rob se speletjie. Maar dit voel tog goed om my lede mate weer vry te kan beweeg. Ek skyf nie te veel op die bed rond nie maar trek my kniee versigtig na my borskas toe.

“Daars hy Leah, is jy gemaklik?” vra Rob. Ek kyk hom net aan asof ek hom kan dood maak met my oë. Hy sug. “Okey, die ander aand het ek nie alles an jou verduidelik nie. Ek het geweet jy sou dit verloor… so… toe hou ek maar die storie lig. Laat jou glo wat jy wou glo. Maar in realiteit is dit baie erger. Jy…” hy sluk en wys sy vinger na my en laat sy hand val, hy wys weer en laat sy hand weer val.

“Spoeg dit net uit Rob!” sê ek in ‘n geiriteerde stem toon.

Hy sluk weer en begin te praat. “Jy is nie wat jy dink jy is… nie. Jy is iets anders, wreed, oh… en uhm… natuurlik ook dors.” hy hou sy palm op asof hy probeer om ‘n punt te bewys en kyk na my gerusstellend.

Ek was besig om die droë bloed van my gewrigte af te lek. Ek skrik toe weg van wat ek besig was om te doen. “Oh my hel! Jy het my verander in een van daardie kanibale!” skreeu ek.

“Nee. Wag! Kan jy net stil bly vir een minuut?” Rob was besig om ongeduldig te raak. “Dis hoekom ek vir jou gesê het jy gaan nie maklik wees nie, jy kan nie stil bly vir een minuut nie!” Hierdie keer was ek nie eers bang vir hom nie. Ek gee ‘n duit om wat hy nou aan my doen. “Jy is ‘n vampier!” sê hy kliphard.

“Wel dan, as die ander goed wat jy gedoen het my nie verseker dat jy mal is nie dan is dit definitief die tjerrie op die koek.” spoeg ek uit.

Rob sug. “Daar is drie kanale Leah. Verander. Dors. In toom hou. Wat jy gister ervaar het was die verandering. Die eerste kanaal is die seerste. Die tweede kanaal is die maklikste, omdat jou dors geles word. Jy is vandag in die tweede kanaal.” verduidelik hy. “Kan jy asseblief ophou op dit te doen? Ek kan nie konsentreer as jy dit doen nie.” sê hy en kyk weg.

Ek was weer besig om my droë bloed te lek. Ek sluk en beginne toe agter kom dat daar dalk bietjie waarheid in sy verduideliking kan wees. “Hoe kan jy dit bewys?” vra ek.

Hy lag deur sy tande. “Okey.” sê hy en druk sy hand in ‘n sak in. “Ek is mal oor hierdie gedeelte. Ek voel jammer vir die hasie maar geniet dit liewe Leah.” Rob haal toe ‘n donsierige swart hasie uit die sak, hy staan op en sit die hasie neer op die bed. Soos oë verblindery gryp ek die hasie op. My mond om sy nek, die hasie beweeg te veel, maar… ek breek sy nek, die kraak geluid van sy nek wat breek laat my meer gerus voel terwyl ek met my tande en tong na sy hoof aar soek. Die warm bloed stroom in my mond. Dit proe nogal soos die soet geur wat ek in die kamer geruik het. Hemels. Goed. Skoon. Versadigend, maar die versadigend genoeg nie. I suig aan die klein diertjie, sy klein liggaampie was leweloos maar die smaak is aanloklik. Daar kom niks meer uit die hasie nie, maar ek nogsteeds suig ek en soek vir meer. Rob probeer op die hasie van my weg vat. Maar soos ‘n hond oorbeskermend oor sy been hap ek na Rob. “Wow! Vat dit stadig Leah, die hasie is leeg.” hy wag vir ‘n second voor hy weer begin praat. “Nou kyk hierna?” sê hy en sit ‘n spieel voor my. Daar was niks. Net die lewelose hasie wat in die lig sweeg. Ek laat die hasie gaan en raak aan my gesig en kyk in die spieel. Dit is asof ek reg deur myself kan sien. Ek kan alles sien wat die spieel reflekteer maar nie myself nie. “Dit sal wel verander. Sodra die drie kanale verby is.” ek spring toe hy begin praat. Ek was plat geslaan oor wat ek in die spieel sien reflekteer of liewer nie in die spieel sien reflekteer nie. “Moet nie bekommer nie, jy is pragtig. Jy het nie ‘n spieel nodig nie, behalwe vir er…er.” hy gee toe vir my ‘n nat lap aan en wys met die punte van sy vingers na die hoeke van sy mond. Ek kom agter dat hy probeer my wys dat ek eintlik iets op die hoeke van my mond het. Ek vee my mond saggies af en kyk elke keer na die lap as ek klaar gevee het. Dit is regtig die hasie se bloed.

“Dit is malligheid. Hoe is dit moontlik. Ek het nie eers geweet nie?” sê ek in ‘n hees stem

“Baie mense weet nie van dit nie Leah.”

“Maar hoekom suig ek jou nie leeg nie Rob? Hoekom sal jy ‘n monster soos ek help in die eerste plek? Ek kan soveel mense dood maak?” Eweskielik onthou ek Rob en sy pa se geselskap. “Jou pa is reg Rob, jy is nie veronderstel om dit te doen nie. Jy moet nie mense verander nie Rob! What het jy aan my gedoen?” his ek soos ek slang.

“Dit is nie ek wat dit aan jou gedoen het nie Leah! Dit was Lancelot!”

Ek sit op die bed, geskok en spraakloos. “Is daar nog?”

“Ja.”

“Hoeveel?”

“Baie van hulle.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar