Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek begin toe weert huil, ek weet duidelik wat hy bedoel om te sê jammer. Hy het my probeer troos om my skouer saggies te vryf. “So wat het dan gebeur?” vra ek met ‘n dooie stem toon.
Rob maak weereens sy keel skoon. “Daar was drie mans, hulle het hulle oë op jou en jou vriendin gehad vir ‘n ruk. Julle het te vriendelik begin raak met almal, veral met die mense wat julle glad nie mee vriendelik moet raak nie. Maar dit sou hulle inelkgeval nie gestop het nie”-
My geheue het weer geflits. Lance… hy het vir my drankies gekoop die hele aand. Hy was so oulik, nogal lank met blonde hare wat goed na gekyk is. “Lance!” roep ek uit en staar in Rob se oë.
“Die suiwerste gruwel van alle gruwels en hulle kom ook in baie vorme voor.” spoeg Rob die woorde uit.
“Rob… ek onthou van die gebeur nou.” se ek soos ek vir Rob verduidelik oor Lance of liewer Lancelot Beau Pre wat die hele aand vir my drankies gekoop het en al te vriendelik was. “Rob daar was iemand anders ook, twee mans, ‘n donker kop ene, hy het heeltyd net daar gestaan saam met sy twee blonde vriende asof hulle vir hom leer hoe om met ‘n meisie te praat. Chastity het baie van die ander blonde man gehou Raph, ja, dit is dit Raph was sy naam. Hy kon nie sy hande van Chastity af hou nie.” Ek hap na asem terwyl ek vir Rob vertel van wat ek kan onthou.
“Raphael Spenser, on stopbaar en wreed!” spoeg Rob die woorde uit.
Ek sluk en probeer om die naar gevoel in my maag te onderdruk. “Gaan aan…” fluiter ek vir Rob en maak my oë toe.
Rob sug en gaan toe aan met sy storie. “Hulle het julle drankies ‘gespike’, nie soos enige date rape drug wat jy op die straat kan koop nie. Iets anders, iets baie sterker, gevaarliker en dodelike in sekere gevalle. Raphael het jou vriending ‘huis” toe gevat, Lancelot het jou na die agter straat toe gevat en Samuel, die donker kop, hy het saam met Raphael gegaan.”
“Samuel?” vra ek. Ek wil meer van hom weet.
“Ja, Samuel Flanders, hy is soos ‘n ‘intern’.”
Ek frons oor sy verduideliking van Samuel Flanders. Om soos ‘n ‘intern’ te wees is om nuwe dinge te leer. So dit is hoekom Samuel net daar gestaan het en waargeneem het.
“Ek kon nie agter Raphael en Samuel gaan nie, hulle was twee, dit sou selfmoord gewees het as ek hulle twee alleen moes aan vat en ek het geweet daar was niks wat ek nou vir jou vriendin kon doen nie. Maar vir jou het ek hoop gehad omdat Lancelot alleen was. Al is hy redelik gevaarlik het hy nie die ekstra hande gehad om hom te help soos Raphael nie. Niemand het sy rug beskerm nie, ek kon jou red. Soos my hoop in my skoene sink vir jou vriendin het ek geweet ek moet myself bymekaar kry vir wat kom. Ek het jou gehoor giggel en toe begin jy te kla en vra vir Lancelot op op te hou. Ek het probeer om jou stem so vinnig as moontlik te volg. Toe ek by jou uitkom… was Lancelot al klaar besig om aan jou te kou, besig om jou in sy mond te stop asof jy ‘n stuk steak of iets was.” Rob bewe soos hy ril.
Ek myself voel ook nie baie wel nie, net die prentjie in my kop is genoeg om my siek te maak. “Hoekom sal hulle so iets doen Rob? Is dit kannibalisme, is hierdie psigopate besig om die stad oor te vat? Is hulle van een of ander groep?”
“Groep is ‘n ligte manier om dit te stel ja.” Rob se neusgate vergroot.
Ek sluk, nogsteeds nie seker wat hy besig was om van te praat nie maar ek het soortvan ‘n idee. ‘n Aantreklike man het aan my gekou. Dit is net gross en angs aanjaend. “Hoe het jy vir Lance afgejak?”
“Ek het net probeer om die sewe soorte kak uit hom uit te moer. Ek moes hom ver van jou af weg jaag om dit moeilik genoeg vir hom te maak om terug te draai vir ‘n volgende hap. Toe ek terug kom in die agter straat toe is jy nie meer daar nie. Ek het toe gedink iemand anders het terug gekom vir jou terwyl ek besig was om vir Lance weg te jaag. Dit het gevoel asof al my moeite by die drein uit was en asof ek jou net gelos het om dood te gaan, dit het gevoel asof ek meer kon doen, miskien jou nie alleen los nie. Maar toe hoor ek ‘n kreun and ‘n paar tree van die asblik kry ek jou.” Hy kyk toe op na my met bewondering in sy oë.
‘n Traan wat besig was om my een oog te treiter ontsnap en rol toe af al langs die lyn van my wang. “Die droom, dit was nie regtig ‘n droom nie. Dit het regtig gebeur. Rob?”
“Ja Leah.”
“Daar was iemand anders daar.”
“Regtig?”
“Ja, ‘n baie ou man. Hy het gelyk asof hy ‘n karakter is wat uit ‘n Lord of The Rings fliek ontsnap het.” Rob byt sy lip na die verduideliking wat ek hom gee van die karakter terwyl hy besig was om vir Lance te jaag. “Is hy ook ‘n kanibaal?”
“Nee.” Rob lag saggies
“Wat dan?”
“Hy is my pa.” sê Rob in ‘n sagte stem toon.
“Wat? Is jy seker? Want… hy wou my nie help me”- Toe eweskielik onthou ek dat Rob se pa het ook vir my gesê ek ken nog nie die reels nie. “My de ja vu.”
“O, het hy dit ook gesê.” dit was ‘n retoriese vraag.
“Hoekom wou hy my nie help nie?”
“Omdat jy nog nie die reels ken nie.” sê hy glimlaggend.
Ek sug. “Ek dink die pille is besig om in te skop Rob, ek is nogsteeds nie honderd persent seker what aan die gang is nie maar my brein is uitgerook.”
“Ek weet, ek kan so sien, so hoekom lê jy nie en kry bietjie rus in, more is die derde dag.”
Ek het nie heeltemal gevang wat hy gesê het nie. Ek het my kop neer gelê op die kussing en dit was sag en vertroosend. Rob het ‘n kombers oor my gegooi en die lig afgesit.
“Nag Leah. Ek is bly ek kon jou red.”
“Nag Rob. Dankie dat jy my gered het.” Rob het uit die kamer gestap en toe die deur agter hom toegemaak en weer gesluit. Hoekom sal hy die deur nogsteeds wil sluit?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar