Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Uit die mond van die Gjie-Em se vrou kom die storie van Jonnie en die se gebraaide speenvarkie. Soos julle dalk sal weet het alle myngemeenskappies en -dorpies 'n Gjie-Em. Hierdie Gjie-Em is die “baas-vannie-plaas”, die burgemeester en, ja, dan ook soms die “General Manager” of Mynbestuurder. Daarom noem almal hom dan sommer die Gjie-Em en sy vrou word dan Mevrou Gjie-Em.

Nou, hierdie Gjie-Ems verskil soms van plek tot plek en party val makliker in met die plaaslike gemeenskappe as ander. Stel jou voor die situasie in Oranjemund. Reg in die suidwestelike hoekie van Namibie, tussen die see en die Oranjerivier, lê hierdie myndorpie. Omdat dit ook in die middel van die Spergebiet is, is die dorpie dan ook totaal toegekamp en slegs persone met 'n sekerheidspermit en wat dus op en vir die myn werk, woon en werk hier. Alles op die dorp, behalwe miskien die bank en polisiekantoor, het aan die myn behoort. Daarom is die Gjie-Em mos uit die aard van sy posisie die skerpste mes in die laai, by wyse van spreke !

En die Gjie-Em se vrou is natuurlik Mevrou Gjie-Em, partykeer net so snarsie belangriker as haar man.

So kry ons ‘n nuwe Gjie-Em op Oranjemund, reguit uit Johannesburg. Bleek van engelsgeit en geen word Afrikaans magtig nie. Nou, glo dit of nie, maar die plaaslike bevolking in daardie jare het nog nie geweet hulle moet Engels praat nie en was oor die algemeen Afrikaanspratend.

In die plaaslike kultuur was die huishulpe dan ook die mans. So het Mevrou Gjie-Em dan ‘n paar manlike Owambo huishulpe gehad om haar in haar daaglikse huiswerkies te help en die tee te skink op haar teepartytjies vir die vriendinne.

En so erf Mevrou Gjie-Em vir Jonnie, die kok. Jonnie was so-by-so ‘n gemaakte kok. Hy was hoeka die eerste om te sê dis lekker in die kombuis want dis so naby die kos. Jonnie het dan nou ook gelyk soos ‘n kok, lekker blink en rond.
Maar dit het maar geneuk met Jonnie en die Engels. Mevrou Gjie-Em moes maar baie duidelik haar sê sê en dan moet sy ook maar dikwels met die hande ook nog beduie as daardie wasigheid van onverstanigheid in Jonnie se oë kom sit.

Dit was nou ook nie baie lank nie of Mevrou Gjie-Em reël haar eerste funksie vir haar man se bestuursspan. Dit moet ‘n uithang affêre wees, besluit sy. Sy weet ook dat sy so ‘n bietjie kultuur moet inbring sodat hierdie mense darem kan sien sy is haar sout werd. ‘n Aansit ete, langs die swembad in hul pragtuin. Hier sal sy die gaste trakteer op ‘n maaltyd wat hulle nog lank sal onthou.
En die huishulpe word aangetree. Die swembad moet skoon, die gras gesny, die blombeddings skoon, die gordyne moet reguit hang, die parkeer area gehark en nog baie meer. Mevrou Gjie-Em sal self die tafel dek, versierings hanteer en die gaste ontmoet by die voordeur met ‘n glasie sjerrie. Nie ‘n ding moet skeefloop nie !

Hoofgereg sal ‘n gebraaide speenvarkie wees. “With all the trimmings, Jonnie” sê Mevrou Gjie-Em. En Jonnie is opgewonde. Nog nooit het hy ‘n hele vark in ‘n oond gesien nie ! Hier kom ‘n ding sê hy vir homself en sy oë blink van opgewondengeit.

Maar Mevrou Gjie-Em gaan besig wees en sy deel werk uit asof almal presies weet wat moet gebeur. Almal kry iets om te doen en baie kry meer as wat hulle kan doen. Almal storm voort en dis ‘n gespook en ‘n gedruk dat dit bars.
Die varkie is in die oond en Mevrou Gjie-Em en Jonnie kook dat dt klap. Die varkie word geverf met appelsous en nog wat en Jonnie se oë blink. Die skinkbord waarop die varkie gaan pryk word ook voorberei en Mevrou Gjie-Em veruidelik vir Jonnie. Jonnie neem deel met ’n perverse passie !

En so word dit later. Mevrou Gjie-Em raak al so ietwat krapperig want soveel moet nog gedoen word. Die varkie gaan dit nie maak nie en noodreëlings word nou getref met Jonnie. Terwyl die gaste aankom, verduidelik sy vir Jonnie, sal sy die verwelkomings moet doen en seker maak dat almal gemaklik raak en hul sitte kry.

Jonnie sal die opdekwerk en kos aandra moet doen. En die laaste “trimmings” aan die vark moet doen. En nou moet sy begin verduidelik. “Jonnie”, se sy, “remember the applesauce to be painted all over the pig just before you put it on the tray.” Ja nee, se Jonnie dit verstaan hy, die vark sal mooi blink voor dit op die tafel kom. “And Jonnie,” praat sy verder, “place an apple in the mouth and a carrot in both ears.” Jonnie se oë verwasig so ietwat, maar Mevrou Gjie-Em beduie gou soos al gewoond. Jonnie se oë helder op. Nou verstaan hy, maar hierdie nuwe mense is nogal snaaks.

So het die gaste begin opdaag. Mevrou Gjie-Em is die trots self as alles nou so mooi verloop. Jonnie het ewe deftig die voorgeregte opgedien, die visgereg was puik en almal het uitgesien na die speenvarkie wat sy opwagting moes maak.
Mevrou Gjie-Em lui die klokkie vir die hoofgereg en sy maak dit duidelik vir die gaste dat die hoogtepunt van die aand nou sy opwagting gaan maak. Almal staar na die deur waar hierdie fantastiese vark dan nou sy opwagting gaan maak. En die deur beur oop ...........

Daar staan Jonnie. Pragtige gereg op die skinkbord. Die varke glimlag breed en bruin vir die gaste, blink geverf met die appelsous. En toe sien hulle vir Jonnie. As hy kon sou hy ook breed geglimlag het. Maar hy kon nie. In sy mond die rooiste appel en in sy twee ore ’n geelwortel. Hy hoop Mevrou Gjie-Em hou daarvan. Dis doodstil om die tafel vir etlike sekondes voordat die gelag ontplof !

Mevrou Gjie-Em vertel later dat die funksie van daardie oomblik ’n massiewe sukses was. Sy sê darem ook dat sy maar bly was dat sy nie aangedring het op ’n wortel onder die stert nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Speenvarkie
Lekker gelag... jou vertelling was puik!
12 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Jonnie
Pietman, nou't ek lekker gelees. Niks wat 'n paartie opkikker soos 'n "aanvaarbare" blaps nie. Groetnis. Cas
12 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Hemel, ek dog toe eers die vark kry .... oeps dis 'n gesinsblad die, lekker gelag.
12 jaar 2 maande 3 weke 1 uur oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar