Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Natalie kyk in Johan se blou oe in, en voel hoe sy verdrink. Die gevoelens wat die afgelope dae in haar nes maak stem haar onrustig.
“Ek is werklik jammer omdat ons sommer so sonder toestemming hier op jou plaas kom baljaar het. Dit was net so ‘n warm dag dat die versoeking te groot was. Mamma voel ook bietjie uit haar vel uit vandag en ek het dit goed gedink om my susters besig te hou sodat sy bietjie kan rus. Petro het ingestem om by die huis te bly en seker te maak dat als reg sal wees vir middagete.”
Natalie stamel die woorde gejaagd uit om van die ongemak in haar binneste ontslae te raak.
“Dis regtig nie ‘n probleem nie Natalie, julle is meer as welkom om hier te kom swem, soos ek vroeer gese het. Wat my net bekommer is die feit dat daar alreeds ‘n strook is wat nie water het nie. Sukkel julle al lank met die droogte. Soos ek van die vorige eienaars verneem het, het dit geklink asof hierdie area nie sukkel met water nie. Die reensyfer en statistieke het ook positief gelyk.”, antwoord Johan haar en alhoewel hy sy stelling kan staaf deur die papierwerk wat op sy lessenaar geliaseer is, bly die frons op sy kop. Is dit die rede hoekom hierdie plaas so goedkoop was? Is daar alreeds tekens van droogte?
“Niemand kan dit verklaar nie. Volgens al die reen wat ons gekry het is daar geen verklaarbare antwoord vir die lee stroompie wat oor ons grond loop nie, maar maak nie saak hoe goed dit reen nie, die water bly net te min vir ons om winste te toon. Maar wag, ek is besig om ons persoonlike sake met jou te bespreek en papa sal dit nie waardeer nie”
Natalie draai om om te loop en Johan val gemaklik by haar in. Dis duidelik dat alhoewel die du Toit’s swaar kry daar in ingebore trots is wat deurbreek.
“Ek het nie bedoel om my neus in julle sake te steek nie. Ek was maar net nuuskierig. Ek is nuut in die area, en alhoewel ek my landbougraad verwerf het, is als maar net teoretiese kennis. Ek wil nie later uitvind dat ek ‘n kat in die sak gekoop het nie.”
“Hoekom het jy hierheen getrek, Johan?” Natalie het gaan stilstaan en betrag hom in stilte. Sy weet nie hoekom sy die vraag geopper het nie, maar dis iets wat haar pla. Steynsrus is ‘n klein plekkie en nie so pragtig soos sy gehoor het die boland is nie. Dis ook ‘n ander wereld. Hy is ver van sy mense.
“Dis eintlik nie ‘n ongewone storie nie. Jy weet mos maar hoe dit gaan. My ouers het verwag dat ek my lewe sal sluit op ‘n bepaalde manier. Ek kon nie vrede daarmee maak nie. Na nog ‘n hewige rusie tussen my en my pa het ek my tas gepak en besluit om ‘n lewe vir my elders te maak. Hulle glo dat ek ‘n bederwe brokkie is, arrogant is en net altyd menses al manupileer om by my wense aan te pas.”
“En is dit so? Is jy arrogant en bederf?” Die duiwels klim in Natalie se oe in. Sy kan dit nie verhelp nie, sy voel so gemaklik saam met hom, alhoewel hy in alle eerlikheid ‘n wild vreemdeling is. “Jy het nie nodig om te antwoord as dit jou ongemaklik laat voel nie, ek is soms so eensaam en uitgehonger vir jonger geselskap dat my kreatiewe brein weghol met my sodra iemand net ‘n klein bietjie belangstelling toon.”
Johan lag uit sy maag uit. Hy het lanklaas so ‘n uitheemse meisie ontmoet. Dis duidelik dat sy op haar gemak is, iets wat ‘n paar dae terug onmoontlik gelyk het. “In ‘n mate is ek bederf maar dis my ouers se eie skuld. Ek is die enigste kind en my ma het geglo dat sy goed doen deur als vir my te gee wat my hart begeer.”
Johan vat Natalie aan die arm en saam stap hulle op die grondpad wat hulle na die grensdraad neem.
“Ek sal altyd dankbaar wees vir wat my ouers vir my gedoen het, die geleenthede wat hulle moontlik gemaak het, maar ek kan nie myself versoen om ‘n lewe te lei wat hulle op besluit nie.”
Natalie uiter ‘n sug wat uit haar wese uit sluip. “Soms wens ek dat ek sterk genoeg kan wees om standpunt in te neem.” ‘n Sluier sak toe oor haar oe, “maar ek kla en dis nie regverdig nie.”
“Wat bedoel jy daarmee? Moet jy ook iets doen waarvoor jy nie te vinde is nie?”
Die skrik kom sit weer in Natalie se oe. “Ag vergeet wat ek gese het, ek skop teen die prikkels. In sommige dinge van die lewe het mens nie ‘n keuse nie. Mens moet vrede maak daarmee.”
“Jy weet natuurlik dat jy nie nodig het om iets te doen wat jy nie wil nie. Onthou dat elke persoon se lewe sy eie is. Jy is die argitek van jou eie lewe. Niemand anders kan vir jou se hoe jy jou lewe moet beplan of leef nie.”
Natalie kom tot stilstand by die hek wat haar na hul plaasopstal toe sal vat.
“Johan, ek wens dit wat in my om na jou te luister en toe te pas dit wat jy nou net gese het. Maar ek is gebeitel en gehammer op ‘n manier wat my ‘n standbeeld maak van ver. Vryheid kom teen ‘n prys vir mense soos ek. Ek beny jou jou vryheid. Al hoe ek kan antwoord is dat jy dit asb nie moet vernietig nie. Jy het ‘n kans gekry op iets groter, benut dit, waardeer dit en geniet dit. Dis nie vir almal bestem nie.” Met dit maak Natalie die hek oop en waai so in die loop deur vir hul nuwe buurman. Met elke tree wat sy gee voel sy asof sy ‘n ent verder van haar siel af stap. Hoekom verstaan hierdie vreemdeling haar so goed? Hoekom voel sy so gemaklik in sy geselskap, en hoekom vertrou Landi nie die vrede nie?

Landi sit by die kombuis tafel met ‘n suur trek op haar gesig. Natalie glimlag in haar binnekant vir hierdie ongewone sussie van haar. Van kleintyd af is Landi die stabiele een. Sy gee vir niemand genoeg om, om haar te laat onkant gooi nie. Sy straal wanneer sy tussen haar familie is. Kosskool het ook nie haar ontstug soos dit met Petro en haarself, Natalie, gemaak het nie. Omdat Landi ‘n spontane mensie is, het sy maklik maats gemaak en is almal lief vir haar alhoewel sy nie van ‘n ryk ouerhuis af kom nie. Maar vandat Landi vir Johan ontmoet het, of sal dit beter wees om te se, dat vandat Johan in hulle lewe in gejaag het, is hulle sonskyn sussie kortgebakerd en kan mens byna nie met haar huishou nie. In storieboeke beteken dit gewoonlik dat die twee mense uiteindelik by mekaar sal uitkom en verewig gelukkig sal saameindig, maar Natalie het gou ontnugter geword. Geen lewe is ‘n storieboek nie. Daar is nie gelukkige eindes nie, net harde werklikheid. Sy leef dit nou al vir so lank. Sy bid dat die lewe vir hulle meer sal gee as wat hulle tans het. Haar ma neem haar kwalik omdat sy, wat Zenobia is, altyd glo dat mens moet dankbaar wees vir dit wat ‘n mens kry, maar Natalie wil glo dat daar groter dinge vir ‘n mens bestem is as mens dit net durf waag om groter te droom.
“En nou, as jy so sit en misrabel lyk asof iemand jou koekies en melk afgevat het?” Natalie se oe blink en sy kan nie help dat sy glimlag nie. Sy weet dit vir moeilikheid vra om met Landi moeilikheid te soek terwyl sy so lyk, maar sy kan haarself nie keer nie. Ondanks die swart seil wat om haar gedrapeer is voel dit vandag ligter in haar binnekant.
“Jy sal ook so gelyk het as almal jou altyd aansien as ‘n kind, met geen brein nie. Wat jy in elk geval so oulik vind in ons nuwe buurman gaan my verstand te bowe. Ek kan nie vat kry aan die man nie. Hy ry mens nie net uit die pad uit nie, maar hy kyk mens ook uit jou klere uit. En die vermetelheid om ons te staan en afloer terwyl ons swem laat krieweling na krieweling by my ruggraat afloop. Kan jy jou voorstel as ons nou poedelnakend in die rivier gebaai het? Nee, kyk daardie ventjie moet ons uitlos, en as ek jy was sou ek maar lig geloop het vir hom. Hy eet onskuldige meisies soos jy vir soetkoek.”
Terwyl Landi gal gebraak het kom hul moeder by die kombuis in. Natalie en haar ma se oe ontmoet terwyl Landi gal braak, maar soos sy verder uitwei begin daar ‘n onrustigheid in haar gemoed nesskop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar