Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoofstuk 1

Daar’s iets aan elke dag ordinere lewe, roetine was ‘n mens – wel eintlik myself in opstand laat kom. Ek ry elke oggend werk toe en kyk na die mense se strak gesigte in die motors langs my op die snelweg en wonder of hulle soos ek wil skree sodat iemand my kan hoor. Mense sit sonder emosie in hul motors – soos winkelpoppe, as jy gelukkig is sien jy hier en daar iemand wie se enigste plesier is om ’n sigaret aan te steek en dan terug te sit sodat die nikotien ’n welkome verligting kan bied vir hulle alreeds oorwerkte senuwees.

Teen die tyd wat ek die indraai moet neem by my kantoor en die lang aantog vanaf die parkeerarea na die kantoor aandurf, voel ek alreeds die verantwoordelikheid van die werksdag rus op my skouers. Dis vroegoggend in Oktober, die voëltjies is besig om hulle veerties reg te skud, skoonmakers is besig om plaveisel te vee. Orals is tekens van die belofte van somer. Die maatskappy het dit goed gedink om nuwe blommetjies te plant en die kleure staan vrolik uit. Wat ’n kontras dink ek. Is dit ’n poging tot normaliteit ? Die duitsers mag miskien as pioniers beskou word vir hul vindingryheid met tegnologie en betroubaarheid, maar dit is kan gesê word dat hulle nodig het om ‘n paar dinge te leer wat estetiese waardes aanbetref.

Die welkome geur van koffie groet my toe ek die glasdeur oopstoot. Dit laat my altyd voel asof ek instaat is tot groot dinge. Die gevoel is egter net tydelik want hoe verder ek in die gang af beweeg hoe meer word ek herinner dat ek slegs ’n muis is binne ’n laboratorium is met verskilende doolhowe waarin ek kan rondskarrel om uiteindelik ’n stukkie kaas as beloning te kry. Ek groet beleefd die ontvangsdame en gooi ‘n vinnige oog in die baas se kantoor. As hy my gewaar het, speel hy dom en konsentreer op die stuk pappier in sy hand. Hy is al van dou voor dag by die kantoor. Dis wat gebeur as jy geen huislike lewe meer het nie. Hy moet enkelopend wees want geen gerespekteerde man sal so vroeg by die kantoor wees as hy ’n warmbloedige vrytjie in sy bed het nie.

Ek groet ’n groep aanhangers en kollegas en uiteindelik is ek by my tafel. Ek staar vir ’n oomblik om my rond en besef ek is omring deur chaos. Nog meer roetine. Handsak word neergesit en die rekenaar aangeskakel. Ek kyk hoe die windows venstertjie verskyn en my vra om in te teken. Ek doen dit automaties ... ek ”check in“ en wag vir die rekenaar om sy registrasieprogram te hardloop. Iewers in die agtergrond speel musiek op ‘n radio wat tevergeefs probeer meeding met die gewoel in die kantoor. Nog koffie dink ek.

Hoofstuk 2
In elke respektabele organisasie is daar ten minste een plek waar almal op een of ander stadium ‘n draai maak hetsy of dit is om bene te strek of om te gossip. Die kombuis! Ja soms ook verwys na as die teekamer; veral as jy vir ‘n staatsinstansie werk want daar is teetyd verpligtend en deel van jou min voordele. Flitse uit my hoërskool dae neem my terug na die onderwysers se teekamer, ‘n groot vetrek met swaar stowwerige gordyne en grys metaal stoele teen die mure. ‘n Vetrek wat ek nooit uit vrye wil wou besoek nie miskien omdat ek gedink het onderwysers kom van ‘n ander planeet af. ‘n Vetrek wat ek eers binnegegaan het 20 jaar nadat ek die skoolverlaat het tydens ‘n reunie feesviering. En selfs toe het ek nog klein gevoel. Nietemin teekamer of kombuis, dis die enigste plek waar die magdom van persoonlike inligting meer gewig dra as enige resep of website op die internet. Daar is slegs twee kategorië wanneer dit kom by kombuise. Dié wat jy in kan kuier en dié wat slegs funksioneel is. Ons tegnologiese aangedrewe organisasie se kombuis is funksioneel. Estetiese waarde nul. Twee by twee vierkante meter, ‘n yskas, mikrogolf, besemkas, wasbak, ketel, 2 koffie perkoleerders en ‘n paar ingeboude kaste. ‘n Kombuis waar elke aksie met militere presiesheid uitgevoer moet word. Met klein akurate bewegings. ‘n Kombuis waar daar nie meer as 4 persone op ‘n slag kan koffie maak nie. Wel, eintlik vier anoreksiese persone, want as ek, Griet, en Sonja die kombuis binneval, is dit vol, vol moeilikheid! In ons funksionele kombuis is daar nie plek vir uitbundigheid en lawwe geselskap nie. In ons funksionele kombuis is daar nie plek vir menswees nie.

Dis hierdie einste funksionele kombuis sou ek later dink wat die rede was vir vele kuiertjies rondom Griet te lessenaar en later die aansporing tot groter en dieper dinge. Ons oggend geselsie en vinnige afgeknypte 5 minute hier en daar was begin van ‘n kameraadskap wat die werkdag korter en meer aangenaam gemaak het. Dit sal egter onregverdig wees om van Griet en Sonja te praat sonder om enige van hule karakter eienskappe te beskryf. Daarom neem ek maar permissie om hulle in te kleur.

Een van die oulikste karakters in ‘n storieboek uit my kinderdae was ‘n seekoei met die naam Berta. Sy was vir my die wonderlikte skepping in die diereryk (dis nou voor ek kennis gemaak het met katte). Berta was rond en sag van geaardheid. Sy het alles geweet van wat in die diereryk besig was om te gebeur. Sy was wys en snaaks. Net soos Griet. Die hartklop van die kantoor en met permisie gese een van twee tekens van menswees op die planeet Kantoor. Griet se hart is soos ’n taxi – daars altyd plek vir nog! Nog vreugde, nog hartseer, nog ondeundheid. Altyd tyd vir ’n vinnige geselsie en op die man af bespreking oor die een of ander welbedeelde andonis wat sy opsoek op die internet. Dis natuurlik in konsultasie met die ander bondel DNA en hormone - Sonja. Saam sou ons drie koukis oor bedeeldheid, fantasie en kos. Natuurlik in geen spesifieke volgorde maar weldra sou die onderwerpe in mekaar vloei. Ons was dus meestal lus of honger.

Sonja is waarskynlik elke mollige vrou se droom. Lang lenige bene en geen teken van die lot en littekens wat ’n vrou oorval wanneer sy kinders baar nie. Sy vind haarself in die middel van ’n egskeiding en ten spyte van die stres en kinderlike uitbarstings van haar amper gewese man, het haar siel weer lewe gevind. Eintlik het sy ’n bietjie meer omtrent haarself ontdek in die laaste 18 maande. Soos die feit dat kort hare haar jonger kan laat lyk. Dat haar ma ’n onmisbare steunpilaar vir haar is. Dat haar tone eintlik mooi genoeg is om sandale te dra. Dat sy vreeslik goed lyk in jeans.... en dat daar lewe is buitekant die Oos Rand.

Hoofstuk 3

So gebeur dit dan dat ek hoor van hierdie wondelike Italiaanse kook kursus wat aangebied word deur ’n baie welbekende kok en televisie persoonlikheid. Volgens die wat weet, word die privaat kook sessies net ’n paar keer per jaar vir die publiek oopgestel. Toe bel ek maar en word welliswaar aanvaar en op die lysie geplaas. Die stem aan die anderkant van die gehoorbuis is ernstig en ek weet instinktief dat jy liewer nie swaarde moet kruis met haar nie. Ek kry flitse van Arnold Schwartzener in “Terminator’ en wonder wat ek myself nou voor ingelaat het. Maar ek is nie alleen nie dink ek. Ek, tesame met Sonja en Griet sal die front hou. Ons sal saam hierdie sessie aanpak.

’Dit klink stunning’ se Sonja. Sy wil graag die kook lesse bywoon. Sy werk vinning haar agenda uit. Ja, dis haar naweek met die kinders en sy sal sommer vir haar ma vra om na hulle te kyk. Sy sal haar eie wyn saamvat en vir my oplaai. En vir Griet ook. Dan ry ons drie maar saam so vir gees en gesondheid. Griet dagboek die datum en bel dadelik vir manlief om hom daarvan te vertel. Eintlik maar net om hom te waarsku dat sy in 4 weke se tyd op daardie spesifieke sondag van nege uur die oggend tot vyfuur die middag nie by die huis gaan wees om agter hom en die kinders skoon te maak of om te kook nie.

Soos die weke verbygaan, bou die opgewondeheid. Vir redes wat welliswaar niks te doen het met kook lesse nie. Dis November in Gauteng. Die belofte van vakansie en kersfees hang in die lug. Almal beplan hul vakansies en droom oor goeie wyn, feestelikheid en sand tussen hul tone. En natuurlik die belofte van die jaarlikse bonusgelde wat middel Desember uitbetaal word. Groot spandeer planne word beraam. Bespiegelinge oor die goeie verskoopsyfers veroorsaak dat verwagtinge groot is. Dis elke jaar se storie dink ek. Mens bly maar mens en party leer nie uit hul foute nie. Is passie vir jou werk dan ’n fout? Nee. Dink ek Dis tog hoe dit hoort. Hoekom dan die vraag? Want ons koppel passie aan vergoeding. In die organisasie waarin ek myself bevind is ek net ’n nommer wat saam met ander nommers verantwoordelik is om die syfers van verkope goed te laat lyk sodat biljoene na die buiteland uitgevoer kan word insluitende my bloed en sweet. Nie hierdie jaar nie, dink ek. Ek het na my verstand geluister en ’n balans gehandhaaf tussen werk en huis. Eintlik was dit meer huis as werk wat my aandag gekry het. Tyd is ’n wonderlike geneesmiddel. Dit het my drie jaar geneem om te besef dat dit nie saak maak of ek twee mense werk elke dag doen nie. Want al wat belangrik is, is dat ek besig lyk en dat ek by die kantoor is van agt tot vyf. Voorstelle en vars idees is van nul en genere waarde en sal nie geduld word nie. Ek word mos nie betaal om te dink nie. Tog bevind ek myself gefasineer deur die emosies van die nuwe seisoen. Ek besef my opgewondenheid het niks te doen met my bonus of die kook lesse nie.

Hoofstuk 5
So staan ek en Sonja sonder Griet voor die groot hek in die vreemde straat in Johannesburg. Griet het ’n familie krisis, een van vele. Sy naam is manlief en sy doek is nat. ’n Sterk engelse aksent groet ons en die hek gaan oop. Ons kyk na mekaar en sonder woorde volg ons instinktief die geraas wat vanuit die stoep se rigting kom. Die reuk van vars gebakte skons groet ons. Soos vliee op ’n vars gebakte varktjop sak ons toe op die koffie en skons. Ons gasvrou groet beleelds en loer bo oor haar bril na ons. Naamkaartjies word opgeplak gevolg deur ’n gestoei met geblomde voorskote.

Alreeds kan ek die paniek sien op Sonja se gesig. Waarvoor het sy haar ingelaat?. Sonja vaar nie goed in vreemde omstandighede nie. Veral nie waar sy ’n wag voor haar mond moet plaas nie, want elke tweede woord behin met F! En hier gaan beskrywende naamwoorde nie geduld word nie. Ons meester kok is ’n engelse dame in haar vroee vyftigs. Welbekend vir haar suksesvolle bydraes tot vele kooboeke en praktiese kook kuns studies in Italie. En so begin dit dan , ons met ons voorskote aan en handjies wat ywerig rasper, knie en meng.

Net soos in ’n vliegtuig word die roetes aangedui na potte, eetgerei en groente. Resepte word uitgedeel. Ons word aangese om posisie in te neem. Op julle merke gereed, kook!

Enige kok wat sy sout werd is sal vir jou vertel dat die eerste stap na die voorbereiding van ’n smaakvolle dis, ’n goeie glasie wyn is. In hierdie geval word smaakvol en senuwees sommer saam genoem. Daar word gerasper en geklits. Meel vlieg die hele wereld vol. Uit die hoek van die vetrek staan twee bediendes en kyk na die geskarrel. Ek vat nog ’n sluk van die wyn. Geleidelik word ek bewus van Tom Jones wat sy hart uitsing terwyl Sonja witsous roer vir al wat sy werd is. En ek dink hierdie is soos die Apollo 13 missie na die maan in 1969.... “Failure is not an option”. Ek wonder uit pure paniek of die ander kokers net lyk asof hulle weet wat hulle doen, maar die gevoel is van korte duur... al flop die kos, is die wyn ’n sukses.

Na twee bottels rooiwyn en 6 ure se kook sit ons aan tafel. Elke dis noukerig voorberei en almal het kans om te proe. Eerste is die Ricota Kaas Flan met ’n pikante Ansjovis en swartpeper olyfsous, bedien met knoffel crostini. Ek hou almal se gesigte dop. Alhoewel hierdie nie allerdaagse dis is nie en jy waarskynlik geen kind sal kry om dit te eet nie, word dit goed aanvaar en heelparty tweede porsies word aangevra. Ek en Sonja is verlig , want ons moes dit voorberei in samewerking met Drostyhof Shiraz. Volgende is die Italiaanse Hoender en groente bedien met Polenta. Kenmerkend van hierdie dis is hoe die groente onder ‘n kombersie van vars room en kaas gebak word. Meer kenmerkend is dat ek die voorbereiding daarvan heeltemal misgelkuier het. Teen hierdie tyd is ek en Sonja reeds kis van die wyn en kos. Dit het nie gehelp dat ons twee ure vroeer Piza en Gnoci gemaak het nie (dit kan ek wel onthou). Sonja sit ongemaklik terug in haar stoel. Sy oorweeg dit om haar jean se knoop los te maak, maar besluit dan daarteen. Ook maar goed so want ek dink sy het dalk iemand daar binne vergeet.

En net toe ek dink ek kan nie meer nie, die “Pièce de résistance”. Olyfolie en Lemoenkoek met romerige Marscapone kaas! Perfeksie soos nog nooit voorheen ervaar nie. Met elke byt, smelt die romerige kaas verruklik in my mond en prikkel die astrandheid van die lemoen my tong. Hemels, orgasmies... weer en weer.

So in vervoering raak ek min. Geen woorde kan die veruklike bevrediging beskryf van hierdie smaak sensasie nie. Behalwe iemand wat al ’n orgasme ervaar het. Absolute bevrediging.

Die N1 neem my huistoe na wonderlike dag van ekstase. So lekker het ek gekuier dat ek heeltemal vergeet het van my familie. Ek tel skuldig my selfoon op en skakel huistoe. Met ’n stroopsoet stem groet ek en dramatiseer die gebeure van die dag. So lus maak ek my ander helfte dat hy sommer al klaar hierdie kursus as ’n belegging sien.

Ek word gegroet met ope arms en warm komplimente oor my nuutgevonde talente in die kombuis. In die euforia van alles besef ek toe eers dat die kombuis eintlik ongewoon opgeruimd is. Kan dit wees dat dit manlike spesie homself gekry het om op te ruim? Aikona! Min het ek besef dat my kook kursus meer vir hulle aptyt gedoen het as vir myne. Rasend honger sit hulle al die hele dag en wag vir my. Handjies krom gebuig sodat geen pot vasgehou kan word nie. My euforia verdwyn soos mis voor die son toe my ander helfte sê “liefie wat eet ons vanaand?” En ek antwoord ...”take aways!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vir 'n lekker moee girl het hierdie verhaal sommer vreeslik lekker ontspannend afgegaan! Het dit geniet!!!
11 jaar 5 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


nou is ek onder andere sommer honger.
11 jaar 5 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


LIFT OFF
O ja ek wou nog byse; hierdie storie bereik lift off! he he
DD
12 jaar 6 maande 4 weke 15 ure oud


Apollo dertien storie
'failure is not an option!" Saartjie Snuffel dankie tog vir hierdie lekker storie en ek het so lekker gelag nou, ek se jou, jou storie is tjok en blok vol van larfs!
DD
12 jaar 6 maande 4 weke 15 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar