Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vrou begin weer kla oor vakansie maak , maar ek hou my horende doof, sienende blind en seker dan ook pratende stom en voelende niks , as ons nou al die sintuie wil uitbuit.

Ons bly mos nou vir die afgelope jaar in ‘n anner plek en ‘n anner dorp . Nou dink die vrou dis hoeka tyd vir jaarlikse verlof. Sy kyk al wat ‘n program is oor reis op daai fensie nuwe Ekstra tiewie, dis mos nou daai een wat sy kan kyk wat sy wil en ek kan kyk wat sy nie wil kyk nie. Sy sit in die tiewie kamer en ek sit innie prekant sitkamer . Hierrie keer het ek my poot skuins gedraai en gese “ Die prekant kom kuier nooit ( seker oorlat ek hom laas vertel het dat sy rooikop dogter haar op ‘n anner plek moet loop skuur en nie hier waar my tweeling begin krap waar dit te vroeg is om te jeuk nie. Sy kom mos kastig huiswerk doen of iets , dan kom sy hier aan geskyt met so ‘n pienk dingetjie wat soos ‘n koller lyk ,hier om die bolyf en so ‘n “loin cloth” dingetjie wat die beroofde land moet bedek , plaas dat sy liewer soos haar Pa loop aantrek, toegeknoop van die keel tot by die enkels . Maar nee, sy kom adverteer goete hier wat my laaities nie nou kan bekostig nie en dan wil hulle mekaar boks oorlat sy meer van een hou as van de anner een .)
Weet jy ,ek raak so moerig , ek kan sommer aanhou en aanhou met klaagliedere sing. Maar laat ons die drade loop vas vat daar waar huller moedswillig uitgegly het , amper soos daai prekant se dogter.
Die vrou kyk tiewie en dan typ sy dit op die piewie aar en dan moet ek ook kyk wat sy wil kyk, wanneer ek veronderstel is om op my gade te sit en die louere te laat ontspan .
Maar nee, tyd vir ontspan is mos net vir mense wie sy wrederhelfte nie ‘n piewie aar het nie. Nou moet ek sit en elke blerrie program kyk wat die wonderlikhede van ons mooie land verkondig , van Pasella tot Sjort left of iets in der voege.
Asof die oordondering van propaganda nie genoeg was nie , moes ek gedurig kleur pamflette op my kussing of my kar se wiendskrien kry.
Asof dit nie genoeg is nie , word ek tydig en ontydig deur die vrou genooi vir ‘n koffietjie hier en ‘n lekseltjie , vergesel van ‘n stukkie tert of koek daar, net so om in die gees van vakansie te kom.

Na maande van intimidasie en sielsteistering breek my weerstand en gee ek half gedwonge , half gewillig die stryd gewonne. Ek meen , gin mens word bloot gestel aan sulke barbaarse teistering en bly ongeskonde staande nie.

Een sonnige Saterdag vroeg innie lente ontwaak ek met ‘n lied innie hart en vlerke innie gemoed . Ek draai my lyf na die vrou toe en prebeer haar wakker staar , maar sy slaap die slaap van die dode.
Ek gaan maak koffie en word stil en wag. Net so skuins na agt kom sy die gang afgeslof en piek my uit oorlat ek so raas , maar my gemoed vlieg hoog en ek raak nie warm nie. Inteendeel , ek staan op , maak vir haar ‘n koppie koffie en vertel haar dat ons met vakansie kan gaan . Ek het spesiaal die Saterdag oop gehou dat ons kan beplan en koop wat ons moet koop.
Sy lyk eers of die koei haar met ‘n nat stert deur die gesig gevee het en skielik raak sy so half skaam en kyk vir my so onner haar ooglede uit met sulke granaat rooi wangetjies soos sy bloos. Sy stoot haar tongetjie so oor haar mooi lippies en giggel so skalks vir my . Sulke dinge doen snaakse goete aan my onnerlyf en ek maak vir haar plek op my skoot . Sy vlei haar neer en lispel aan my oor totdat ek hoennertjie kry en sy half ongemaklik loop sit. Maar nou ja, ons is mos nie mense wat uit praat nie , dus kan ek nie verder vertel wat tot net so skuins voor tien gebeur het nie.

So tussen alles deur haal sy ‘n hele geskrif uit , waar sy klaar alles beplan het , net die datums skort. Ons skommel die dinge so ‘n bietjie en sit datums by , maar besluit ook net daar, dat datums net ‘n riglyn sal wees.
Die seisoen is nog ver en ons kan met groot sekerheid ry sonner om te bespreek .

So breek ons vakansie aan, net die twee van ons . Die tweeling is mooi groot , eindelik uitgevreet ,hulle kan na hulle se selwers kyk en die varke , hoenners en ander plae kan hulle kos gee , want after ol , wie het die meeste ongediertes hier aangedra?

Vroeg Donnerdag oggend , voor die eerste haan sy kraai gekraai het , staart ek daai baai for en die vrou maak seker die tol geld is reg en sommer ook die geldjie vir die Wimpy brekfis. Julle moet nou mooi verstaan, dis net ons twee , ons wil rus en kuier , so gin padkos ding en goete wat saamgepiekel worre , net om weer alles terug gepiekel te worre nie. Nee , ons eet by Wimpy of Spur en as ons nou rerig huis toe verlang , braai ons sommer.

En so vat ons die pad na die grooteske Laeveld toe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hahaha!
Goeie waarnemer, uitstekende humor en heel goed geskryf! Lekker gelag, dankie!
7 jaar 7 maande 1 week 17 ure oud


Vakansie.
Wel gedaan en vertel tog verder!
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


Wonderlik vertel
Baie lekker. ge ge Gaan die storie weer lees.
7 jaar 7 maande 1 week 3 dae 20 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar