Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lank, lank gelede het daar ʼn ou man met die naam Marco Polo in Venesië in Italië gewoon. Hy en sy vrou Isabella en hulle agt kinders het eenvoudige gelewe. Isabella was ʼn baie goeie kok en kon wondere doen met min bestanddele.

Soggens vroeg het Marco op sy gondel geklim en hawe toe gegaan om vis te koop en met sy vriende te gesels oor die ou dae en hulle avonture toe hulle nog jong ontdekkingsreisigers was. Soms het hulle bietjie fles gevat. Daarna het hy mark toe gegaan om meel vir die daaglikse brood te koop en tamaties, of wat ook al, op Isabella se lysie was en dan huis toe.

Daai dae was daar nog nie radios nie en Marco het altyd uit volle bors die nuutste arias gesing terwyl hy huis toe gegondel het. So het Issabella hom van ver af hoor aankom en die kinders afgestuur om te help dra aan die kruideniersware.

Isabella het geweet hoe om vyf brode en twee vissies te laat rek om al die monde te voed. Sy was ook verskriklik streng en temperamenteel soos alle Italianers maar is. Toe Marco een middag eers tien voor twaalf by die huis vasmeer, is die duiwel los.

“Jy is laat” skree sy vir Marko “Die brood moet nog rys en die olyfolie is op... Waar was jy gewees ? Laas keer toe jy hier uit is het jy eers twintig jaar later by die huis gekom met lang stories. Ek het my dood geworrie !”

Marco probeer vrede maak en gaan koop Olyfolie, terwyl hy weg is maak Isabella die deeg en sit dit op die riempie stoel om te rys. Marko kom met die troosoffer opgehardloop en sit die vat olie op die tafel neer.

Toe, val hy uitgeput op die stoel neer. Chaos. Die deeg druk in sulke wurmpies deur die riempies stoel. Dis te veel vir Isabella. Sy gryp haar koek roller en begin vir ou Marco om en om die tafel jaag, terwyl sy hom vloek. “Spaghetti !! jy het my brood opgespaghetti, Imbisielo !!. “ Spaghetti is ʼn baie lelike woord om iemand toe te snou. Sy gryp handevol riempies brooddeeg en gooi hom daarmee.

Marco Polo slaan op vlug. Met die deeg stringe in sy hare lyk hy kompleet soos Medusa van ouds. Hy spring in sy Gondel en tiep amper sy boot. Hy roei sommer met sy hande na die hawe en spring op die naaste Seilskip.

Die boot is op pad na die Verre Ooste om Robert se kerrie en spaais op te laai. Aan boord is daar ook grootwildjagters en ridders. Hulle gaan probeer om ʼn reuse vuurspuwende Draak te gaan doodmaak wat die Sjinese mense glo nou al tot op die randjie van hongersnood geterroriseer het.

Marco maak hom netjies en haal al die stringe goed uit sy hare en hang dit oor ʼn tou in die hoek. “Aijaijai” sê hy vir homself. Hier is ek nou alweer op ʼn ekspedisie en dit oor ʼn ongelukkie. Miskien kan ek daai spaghetti gebruik om mee vis te vang op die trip. Dit lyk nes wurms.”

Na maande op stormsee kom die gehawende seilskip in Sjina aan. Die mense kry regtig swaar. Al wat hulle het om te eet is snaakse groente wat in modder groei. Die Sjinese noem dit Rys en hulle eet sommer met hulle hande uit klein bakkies uit.

Die rede daarvoor is omdat die vuurspuwende draak al die bome geëet het in die berge om die vuur in sy maag aan die brand te hou. Die arme mense van Sjina het nie eers hout om lepels van te maak om hulle rys mee te eet nie.

Die Ridders en die Grootwildjagters gaan intussen die berge in om die draak te steek. Marco bly agter en eet rys wat hy ruil vir vis, en kuier met die Sjinese. Hy maak toe ʼn slim plan. Hy onthou van die spaghetti wat uitgedroog het in sy kajuit, en wys hulle hoe om die stokkies te gebruik om hulle rys mee te eet. Sommer tjop-tjop het hulle die manier van eet onder beheer.

Die dapper ouens kom seëvierend terug met die Draak. Hulle het hom oorrompel toe sy vuur uitgegaan het, en vasgebind met sterk Bamboes toue. Met die draak op die skip gelaai is hulle reg vir die terug tog huis toe. Hulle het sakke en sakke rys aan boord. Die anker is al gelig toe kom Marco Polo eers aangehardloop.

Amper weer laat. Dis mos hoe die storie begin het. “Ai Marko, waar was jy nou weer?” vra sy vriende.
“Nee man, kry toe mos nog ʼn plan om hulle te help, toe gaan ek gou gou terug om hulle te sê dat hulle mos die tjop-tjop stokkies met Bamboes ook kan maak.” Hulle waai koebaai vir die Sjinese en vertrek op hulle reis terug.

Hulle gooi anker op eiland met die naam Komodo en laai die Draak daar af. Stop in Indië om Sy en Sousboontjies op te laai en na nog drie lange maande is hulle terug in Venesië.

Marco se vrou is nie meer kwaad nie want sy het ʼn manier uitgedink om die Spaghetti in water te kook. Hulle negende kind noem hulle, Risotto, na die rys wat hy huis toe gebring het.

Dit is die waarheid. Rêrig ! As julle my nie glo nie gaan kyk maar self.
Die Sjinese se ogies is nou nog sulke skrefies soos hulle geoefen het om die ryskorreltjies met hulle tjopstieks op te tel, en die Italianers eet nou nog sulke brood wurms wat hulle Spaghetti gedoop het. Njannies.

* Ek is net nie seker oor die spaghetti en die riempiestoel storie waar is nie want iemand het my dit vertel na ʼn hele paar glasies Saki.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

paar glasies Saki
In vino veritas;
in saki staa(l)tjie.
Nog 'n dop?
GvT
6 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 1 uur oud


Hooe heh eh
Dis nie histories korrek nie. Dis n legende.. n Storie, m.a.w. nie die waarheid nie.. Capiche ?
6 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Hmmm
Haha
Ek het dit baie geniet!
Ek weet dit is nie bedoel om 100% histories korrek te wees nie, maar tamaties het van Suid Amerika af gekom, eers 'n paar honderd jaar later, so as Marco se vrou iets roois in die kos wou gooi, sou sy seker bessies moes gebruik het..
;-)
BT, jy moet meer dikwels vir ons skryf!
:-)
6 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Ano
Legende
hahaha! Baie oulik gedoen
6 jaar 2 maande 4 weke oud


Dankie
Warra, Spyker, Toom en Sneeu vir die kommentaar.
6 jaar 2 maande 4 weke 10 ure oud


---
hahahaha "Sommer tjop-tjop het hulle die manier van eet onder beheer." (Nou weet ek ook waar die woord 'tjop-stick' vandaan kom!)

Ek het lekker.r.r.r gelees! Nog asseblief!
6 jaar 2 maande 4 weke 19 ure oud


Marco Polo
Mooi storie - U moet meer van hulle skryf!!
spyker k
6 jaar 2 maande 4 weke 23 ure oud


Dankie, dankie
Ek het nog enetjie geplaas net sodat julle lekker slaaptyd stories het om te vertel.Wat Skoe ? Afkorting vir skoert ?
6 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Sjoe . . .
G'n Skoe nie . .
Mandie moet werk aan die korreksie funkise van die sisteem.
6 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Legendariese waarheid
Behalwqe vir daai skrefies ogies . . .
Ok - ok
Dis 'n gesinsblad hierdie en jy kry
10.
'n Baaaaie mooooi storie
Skoe.
Next one . . .Blieeeeeef!
6 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Hoe waar...
...Hoe waar, hoe waar!
Aai-jaai, jaai-jaai-jaai.
So waar.
Treurig maar raar.
Klaar.
GvT
6 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar