Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Johan vlieg vervaard op as hy ‘n slag in die huis hoor. Dina sit ook regop, maar Johan hou liefderyk sy hand na haar uit sodat sy in die bed moet bly. Benoud trek Dina die komberse tot styf teen haar ken vas. Johan staan saggies op en beweeg stadig deur die kamer.

“Ek is nou terug my lief, bly net kalm,” praat Johan gerusstellend met Dina.

Dina en Johan is laat in die lente getroud en sal eersdaags drie en dertig jaar getroud wees. Dit was ‘n vol en gelukkige huwelik, beide van hulle is nog net so lief vir mekaar soos die dag toe hulle getroud is. Dina is met Johan getroud ‘n paar jaar na sy eerste vrou se dood. Hy het drie kinders gehad, en sy het hulle soos haar eie grootgemaak en liefgehad. Twee kinders is uit hulle huwelik gebore. Johan was op die stadium van hulle troue die Laerskoolhoof gewees. Johan was ‘n gewilde hoof onder die kinders, onderwysers en die ouers. Johan het altyd ‘n oplossing gehad vir ‘n probleem. Kinders was sy passie en hy het uit sy pad uit gegaan om hulle te help as hulle ‘n probleem gehad het. Dina self was ‘n gewilde onderwyseres en toegewyde ouer. Sy was met tye van hulle troue die hoof van ‘n kleuterskool.

Johan het dan ook afgetree as hoof van die Laerskool. Maar stilsit kon hy nie en het gaan skool gee by ‘n nabygeleë skool. Die Hoërskool het ‘n wiskunde onderwyser benodig en Johan is ‘n beheerraad pos aangebied waar hy tans skoolhou. Johan het hom ingeleef as sport afrigter waar hy die kinders as persoon leer ken het.

Die knal van ‘n geweerskoot weergalm deur die huis. Dina spring uit die bed uit op en beweeg vinnig hangkas se kant toe. Maar voor sy by die deur van die hangkas kom word sy vasgegryp deur een van die boewe.

“Wys ons waar is die kluis Ouma,” sis sy stink asem in haar nek.

Dina besef as sy nie gaan doen wat hulle haar beveel nie, is sy so goed soos dood. Dina wys hulle waar die kluis en die sleutels is. Dina aanskou hoe hulle die kluis leegmaak. Met geweld stamp hulle haar terug kamer toe waar hulle haar met geweld aan die bed vasmaak. Trane loop vrylik oor haar wange. Vrees lê vlak in haar oë.

Dina hoor hoe ‘n voertuig die erf inry en dan weer vinnig uitry. Dina besef dit is haar dogter wat van die troue af gearriveer het. Dina besef ook dat haar dogter onraad vermoed en gaan hulp soek. ‘n Verligting spoel oor haar liggaam. Nou weet sy dat daar hulp gaan opdaag. Dina merk dat die rowers in hulle verwoesting veldtog niks gehoor of vermoed nie.

Dit was nie lank nie of Dina hoor hoe daar ‘n paar voertuie stop. Die rowers begin heen en weer beweeg om van die onverwagte gaste af weg te kom, en ongelukkig ontvlug hulle ook Dina se redders.

Deon maak Dina versigtig los en vryf haar gewrigte om die bloedsomloop te verbeter.

“Deon, oom Johan? Hy het netnou so stil gelê” huil Dina en voel hoe die jong seun haar styf teen hom vasdruk.

“Ek is so jammer tannie Dina, oom Johan is geskied, hy het dit nie gemaak nie,” antwoord Deon en druk die snikkende vrou net stywer teen hom vas.

Dina gooi vir oulaas ‘n bos blomme die graf. In Dina se gedagtes kom dit op hoe haar lewe saam met Johan in die lente begin het. Soos ‘n nuwe roosknoppie wat oopgemaak het. Netso het Johan hulle lewe ‘n lente lewe gemaak. Elke dag was soos ‘n nuwe begin in hulle huwelik gewees. Maar nooit het sy kon droom dat haar geliefde in die lente, wanneer daar so baie nuwe lewe om ‘n mens ontvou, so wreed van haar af weggevat gaan word nie.

Hierdie keer het die lente vir haar die dood gebring.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lente
So sinneloos Ans.Ons mense word uitgeroei deur roekelose moordbendes en daar word veral in die geval van plaasmoorde nie genoeg klem daarop gelë nie.
6 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 23 ure oud


Ano
Lente
Dankie vir die vertel, Ans. So 'n lafhartige daad teenoor 'n persoon wat sekerlik nie fisies teen hulle opgewasse was nie.
6 jaar 6 maande 4 dae 17 ure oud


dood
Voortreflik neergepen. En almal wat reeds deur so iets is, herleef gebeure en letsels wat dit nalaat. Dis so bitter onnodig.
6 jaar 6 maande 4 dae 19 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar