Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na die troue kyk Johan dat die huis gesluit is, en gaan met twee bekers koffie in sy hande kamer toe waar Dina al vir hom lê en wag in die bed.

Hierdie jaar sal hulle dertig jaar getroud wees. Saam het Johan en Dina ‘n vol en gelukkige huwelik. Dina is met Johan getroud ‘n paar jaar na sy eerste vrou se dood. Hy het drie kinders gehad en Dina het hulle soos haar eie grootgemaak en liefgehad. In hulle eie huwelik is twee dogters vir hulle gebore.

Johan was dan ook in die tyd die plaaslike Laerskool se hoof. Lief vir kinders en was ook baie gewild onder die ouers en elke kind in die skool. Sy liefde vir golf het hy oorgedra aan elke kind wat belang gestel het, en ook aan een van sy dogters. Na sy aftrede by die skool het hy by ‘n ander skool gaan uithelp, en later ‘n aanbieding gekry om vir die Hoërskool te gaan klas gee. Johan het sy lewe voluit gelewe vir elke kind en sy familie.

Na hulle koffie gedrink het, maak Dina haar soos gewoonlik in Johan se gemaklike arm tuis. Die slaap wil hulle net oorval as daar ‘n harde slag deur die huis weergalm. Johan ruk sy arm onder Dina uit en vlieg regop. Met sy een hand hou hy haar vertroostend terug in die bed.
“Alles reg my lief, jy kan maar slaap ek gaan net gou ‘n draai deur die huis loop,” praat Johan gerusstellend met Dina.

Johan staan op en gaan in die rigting waar hy die lawaai gehoor het. Alles is nou doodstil en hy is gerus as hy kombuis toe loop. Hy sal maar gou ‘n bietjie warm melk gaan maak vir hom en Dina om weer aan die slaap te kan raak.

‘n Slag weergalm deur die huis. Johan sak in sy spore neer. Die gevolge was met een skoot noodlottig.

Dina spring op en beweeg vinnig na haar hangkas, maar voor sy die hangkas kan bereik gryp iemand haar van agter af. Die stank van drank en dagga walm in haar neusgate op. Sy besef, sy is nou in groot moeilikheid, en verset haar nie teen die walglikheid van die man agter haar nie.

Die vernedering kom, daar is drie van hulle. Almal eenders. Walging en vernedering spoel oor haar. Sy voel die vuil oor haar liggaam spoel. Hoekom gebeur dit met hulle, met haar, en dit in hierdie klein dorpie waar almal vir hulle so lief is.

In die agtergrond hoor sy ‘n motor by die hek intrek. Sy bid net dat haar dogter sal onraad merk en nie inkom nie, en iemand gaan kry om te kom help.

Later ruk een van hulle haar regop en vra, “Wys ons die kluis ouma,”

Dina merk op dat die spreker ‘n goeie Afrikaans magtig is, en sy ken ook die kultuur goed genoeg om te weet dat hy met die benoeming van “ouma” tog respek teenoor haar toon. Maar die skade is klaar gedoen.

Hulle ruk aan haar van ongeduld. In haar onderbewussyn hoor sy ‘n paar motors voor die deur stop. Sy is nie die enigste een nie. Hulle stamp haar eenkant toe, en vlug uit die kamer uit. Dina sak op die vloer neer en begin huil. Sy besef goed, sy moet nou net daar bly waar sy is tot iemand haar hier kom help.

Die eerste ding wat Deon sien is die oop motor deur. Hy ken vi room Johan goed genoeg om te weet dat hy nie die motordeur sal oop los as hulle in die huis ingaan nie. In die beligte huis sien hy dadelik die beweging van mense wat skarrel om weg te kom. Deon haal sy pistool uit en klim vinnig uit sy motor. Met die een hand wys hy vir Zelda om in haar voertuig te bly.

Johan beweeg vinnig na die oop skuifdeur. Met skok aanskou hy die lyk van Johan wat reg op sy rug lê voor die kombuisdeur. Stadig beweeg hy deur die huis maar besef gou dat as hulle nie meer in die hoofslaapkamer is nie, dan het hulle ontsnap. Hy kry vir Dina op die vloer ineengekrimp en huil.

“Tannie Dina,” Deon neem vir Dina in sy arms in vertroosting.

“Oom Johan, waar is hy?” vra Dina snikkend.

“Ek is jammer tannie, hy is nie meer met ons nie,” troos hy en druk haar styf teen hom vas.

“Kom dan sit tannie op die bed, ek sal tannie nou kom haal, ek wil net vir Zelda gaan kry,” paai Johan en probeer vir Dina bed toe lei.

“Nee, nee! Ek wil nie bed toe nie, asseblief vat my na Johan toe,” sit Dina haar dadelik tee.

Deon besef hier het lelike dinge gebeur en hy sal nie vir tannie Dina kan alleen los nou nie.

“Tannie dit is nie ‘n mooi gesig nie,” antwoord Deon en saam stap hulle die kamer uit.

Wanneer Dina vir Johan sien ruk sy los en gaan neem haar geliefde in haar arms. Zelda storm op daardie oomblik die vertrek binne en met skok aanskou sy die toneel voor haar. Saam treur Zelda en Dina by Johan se lyk.
Deon het vroeër die polisie gebel voor hy die huis betree het. Hy neem aan dat dit hulle is wat nou buite stop, en stap uit om hulle in te lig wat hier gebeur het.

Die polisie is baie simpatiek, en beveel aan dat Dina en Zelda vir hulle klere moet gaan kry en by vriende gaan oornag. Hulle kan die volgende dag kom verklarings aflê. Dina en Zelda bly egter tot die ambulans vir Johan daar wegry.

Deon het vir Paul gekry om te kom help om oom Johan se motor te kom haal, sodat tannie Dina moreoggend ‘n ryding kan hê.

Saam stap Dina en Zelda na haar motor toe. Dina draai om en kyk na die huis. Hier waar daar soveel liefde vir jare lank was, is in een aand deur geweldenaars vernietig.
Die plante om die huis wys die eerste koms van die lente. Maar hierdie nuwe lente het vir hulle as familie, die dood gebring.

Opgedra aan Solly Botha
©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dood
Die aanvalle word al wreder en geweldadiger. Wat is dit wat hierdie barbare so dryf om altyd te moor en verkrag?
4 jaar 4 maande 3 weke oud


dood
ek het my eie siening oor hierdie roekelose wrede aanvalle op ons menae. ek het dit al gesê en sê dit weer hier is n roekelose georkestreerde volksmoord op ons mense aan die gang en hierdie slapgar regering wil en kan dit nie stop nie want saam met malema blaas hulle dit aan. Hulle is n klomp geweldenaars en die Vader moet my vergewe hulle bly barbare
4 jaar 4 maande 3 weke 8 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar