Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sjoe , die lewe is ‘n lied , maak nie altyd sin nie , maar het een of ander uitwerking op my konstitusie .

Soms is die ou lewe soos RAP, of rym klets sing of wat mens dit ook al wil noem. Sommer nog voor jy uit die bed klim , draai die lewe sy snot kant vir jou. Hy skop jou hier neffens die kartjoenkels dat jou oge traan en jou maag ‘n draai in Istanboel gaan maak . Dan volg die een stjoepid ding op die ander , totdat jy naderhand ergere behoefte ontwikkel vir iets sterk om oor die lippe te neem en vroue met ernstige lelike reputasies te gaan opsoek

Nou die ander dag was so ‘n mislike dag . Ek dink nog ek droom van mooi strande en nog mooier meisies wat verleidelik vir my smaail en koel goete gee om te drink , toe die wekker lui . Ek skrik my so , dat ek skoon regop vloog en in die proses met my regter voet die bed mistrap en met die linker ene op die vrou se arm. Ek split soos ‘n piesang en dit voel my ek ontwikkel sommer vier persoonlikhede. Een wil huil, die ander wil lag , die ander vloek en nommer vier voel sommer net stjoepid.
Intussen skrik die vrou wakker en sy dink seker sy eet aaisbaain , want sy byt my aan die enkel, gelukkig, slaap haar keffie tanne op die bedkassie en sy byt my so met die gums , maar dit was ongelooflik seer.
Ek strompel badkamer toe om koue water op gekneusde plekke te loop sit , maar daar is nie ‘n druppel water in die kraan nie . Dit kos my om uit te gaan , swembad toe vir ‘n emmertjie water .

Oppad werk toe ry ek deur ‘n slaggat en stamp ek my wiel ‘n f..lippen groot gat in. Op kantoor gaan dit nie veel beter nie , want ou Tannie Mart , wat my buffer is teen die lelike wereld daar buite , bel my en se met ‘n krakerige stemmetjie ,sy is siek.
Hier teen die tyd dat die vliegtuig moet oorkom is my nerwe aan flarde , ek bewe soos , ‘n ou met een of ander siekte en my bene wil nie my lyf ophef na bowe nie .
So bel ek vir Neef Sjert en genadiglik kom hy daaraan soos ‘n wafferse ridder in sy plaas bakkie.
Ons sit en gesels en die man kry dit reg om my uit my perpleksie te red , sonder ‘n druppeltjie voggies . Ek is so iempres met sy tegniek , dat ek ook die kursus wil doen , waar hy alles geleer het . Uit die hoogte vertel hy my , die kursus is taai , maar hy is daar deur en is nou ‘n Internasionale NLP praktisyn.

Deesdae wil elke tweede aap mos sing en as hy ‘n kitaar het of iets wat geraas maak , dan is hy mos nou ‘n sanger. En kitare is hoeka mos deesdae soos aambeie , elke tweede foefenjol het een.
Om dit erger te maak , word hy sommer ‘n liedjie skrywer ook as hy ‘n potlood se loodkant naby papier kan bring . Die gevolg is ‘n geraadbraakte kakafonie , met onsamehangende woorde wat op een snaar tokkel en daai snaar is my nerwe.
Dis mos ‘n onsinnige rympie wat ‘n graad R kleuter met een breinsel wil laat kots.

So het ek gevoel , die ander dag toe ek nog so ewe rustig sit en my span op tieiwie ondersteun en rustig aan daai groenbotteltjie suig . Man , die een oomblik is my span gemaklik voor en net so , vinnger as wat ek kan vra “ Vrou , waar is die tjips?” , verloor hulle die game met een punt, een bekontsinswaardige punt.

Mens kry mense wat talent het en dit gebruik. Dit is vir my mooi , val goed op die oor , verlaag die bloeddruk en sit soos ‘n pleistertjie hier op die gemoed . Dis nou mense wat suiwer en nootvas kan sing . Hulle sing en bler nie soos skape wat rekkies om die peertjies kry nie , ook nie soos iemand moet skreeu omdat hy bang is vir die donker en nou skreeu om gehoor te word nie , nee hulle sing.
Die woorde kan mens hoor en die sinne maak sin .
Soms sit ek so en luister na een van hulle en die rustigheid kom skrop nes hier neffens my kieliebak , nes oorle Ouma se hoender hen vanmelewe geskrop het.
Ek swiets al wat ‘n lig is af , gooi so ‘n kristalglas verouderde rooie, eintlik twee een vir die vrou en een vir my . As die koue soos ‘n muis op sokkies hier om die huis sluip, maak ek ‘n vuurtjie in die vuurhert en ek nooi die vrou om saam met my op die sawwe mat te kom le. Dan los sy haar alewige gewerskaf en kom le hier in die holtetjie wat net vir haar bedoel is.

So le ons dan en verluister en verlekker ons aan die mooi en verlang na goeters  wat daar ver is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liedere
Dankie Janetjie, lekker gelees en mooi liefderyk neergepen, ek glo sy waardeer jou.
7 jaar 7 maande 1 dag 20 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar