Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek strek my arms na bo om die skuifdeur van my stalletjie af te trek. Dit Is Saterdag na- middag en uit ondervinding weet ek die laaste kliënt het pas vertrek, toe hoor ek die ligte toeter agter my.
Ek draai om en is nie verras nie, Monica het die skelm gewoonte om met die enjin afgeskakel, die laaste entjie afdraand, na die Padstalletjie te vrywiel. Ek lig my vinger in die waarsku manier en merk dat sy weer haar donker bril op het en ’n wilde woede stuwe in my op en slaat vas in my keel.
Monica swaai haar lang bene uit die kar:
“Dawie, toe jy nie opdaag nie, het ek besluit om jou bestelling sommer te bring. Ek het dit self ge-oes en seker gemaak dit is mooi groot.”
Die kattebak van die motor swaai oop en ek stap nader; keurig verpak, klaar reg vir verkoop, sien ek die pragtige sampioene.

“Dit is mooi Monica, ek verwag juis môre bykomende toerbusse, dit is mos Maandag ’n vakansiedag.” En Petrus my handlanger is met die waentjie by om die sampioene op te laai en koelkamer toe te neem.
Wyl Petrus weg stoot, druk sy kattebak toe en draai om en ons oë ontmoet vir ’n wyle en ek weet en dit ruk aan my wese; ten spyte van haar aangeplakte vrolikheid, is agter daardie donker bril, hemelsblou troebel oë, waarvan ten minste een effe opgehewe sal wees en tien teen een alreeds blou geswel is . . .
Gert Jacobs van Monica is sampioen boer en ook ’n geweldenaar en hulle twee is kinderloos en boer sowat 15 kilometer van my af op een van hierdie klein Plotte.
Ek sê nie ’n woord nie en sy skakel weer die gemaak vriendelike gesig aan:
“Nou toe, jy moet jou aand geniet, Gert is met sy dronkgat fort Johannesburg toe en hy sal seker eers Maandag terugkom. Ek sal die vrede en sy afwesigheid geniet.”

Sy klim in en vertrek en ek kyk haar net agterna en ek trek die stalletjie se groot deur af en sluit:
“Klim Petrus dat ek jou kan wegvat huis toe, ek moet nog gou ingaan dorp toe.”
Ek het nie werkers wat op my hoewe woon nie, hulle woon elders en ek vervoer maar heen-en-weer- en is vanaand lus vir sagte wyn, my spesiale een wat ek haar leer drink het, omdat sy nie juis alkohol gebruik nie, want ek het net die gevoel dat my blondekop-krulhaar-bondeltjie energie, vanaand sal kom kuier.

Ek kan net nie my gedagtes van die mooi vrou afhou nie. Ek en Gert het saam grootgeword en ek weet van sy afwyking. Sy ou pa was ook ’n dronklap vroueslaner en is dood in ’n motorongeluk. Hy en Monica is nou vier jaar getroud en hy behandel haar soos ’n slaaf en kry hierdie dobbel giere. Indien sy beswaar maak, is die gevolge vir haar skrikwekkend en my hart bloei vir haar.

Terug by die huis, haal ek alles wat nodig is vir die aandete uit. Ek gaan vir ons twee iets spesiaal voorberei en ek gaan bad en maak my mooi en neem my plek op my gunsteling stoel vanwaar ek die inrypad kan sien.
Met sterk donker en die volmaan hierdie keer effe laat, merk ek die aankomende ligte en druk die skuifhek se knoppie en sy ry in en parkeer op haar plek agter die huis.

Ek stap uit en maak die deur vir haar oop. Sy het vanaand weer my gunsteling rok aan; die lig roospienk een wat so uitklok met die lae hals.
Sy doen die roetine dril; staan vir een oomblik doodstil en toe draai sy in die rondte soos ’n ballerina en die rok klok wyd en sy spring deur die lug in my wagtende arms. Sy ontwyk my mond en byt-byt na my oor en gee my ‘n sagte liefdesbyt in my nek en ek weet daar sal agterbly ’n ligte merkie vir ’n dag of twee, maar wat ek met my kraag kan bedek en ek lig haar slanke rinkhals lyf in my arms en dra haar die huis binne en lê haar sagkens op die rusbank neer en haar arms is om my nek en trek my af en ons twee se soekende, smagtende lippe ontmoet en sluit vas en my hele wese tol in versmagting.

Dit is Vrydag en ek haat dit om op ’n Vrydag in te gaan dorp toe, maar ek het nie ’n keuse nie; die seisoen se abnormale hewige reën het slote uit ons paaie gespoel en ek het die bakkie se uitlaatpyp gebreek.
By my aankoms by Stoffel, is die geluk aan my kant want een hystoestel is beskikbaar en ek trek my bakke reg en die helper aktiveer die hyser. Met my tweede kyk, herken ek die motor op die hyser direk langs my as Gert van Monica se kar en Stoffel kom onder die motor uit, groet nie eerste nie maar val sommer weg met:
“Die Gert is darem ’n ongeskikte vent; ek dink iemand gaan hom nog eendag ’n vet klap gee, more Dawie, wat is fout?”
“Uitlaatpyp Stoffel, wat gorrel die Gert jou?”
“Sy uitlaat was ook flenter gejaag op die vrot paaie en hy is glo haastig Casino toe want hy voel wen-gelukkig en ek moet alles los en eers aan sy kar aandag gee!”
“Waar is die lafaard nou?”
“Kroeg toe, waar anders; hy mag glo nie op ’n leeg maag die pad vat nie . .” Stoffel maak nie klaar nie, want die werkswinkel foon teen die muur se sirene gaan af. My oog vang Stoffel se trollie met sy gereedskap onder Gert se kar en ek roep die helper:
“Loop haal die Gasbottels, die pyp moet gesweis word.”
Hy stap weg en my oog vang die nommer 10 plat spannertjie en ek kyk na Gert se kar se agterwiele en my oog kom tot ruste op die nippeltjies wat die remvloeistof voer en die duiwel neem besit van my en blitsvinnig vat ek die 10 plat spannertjie en gee elke nippeltjie, op elke wiel, net ’n paar draaie en loop wag vir Stoffel by my bakkie.

Die helper kom aan met die gasbottels en ek wys hom die fout en vertel:
“Sê vir Stoffel ek loop net oor drankwinkel toe en sê vir hom hy moet sy gat roer met my bakkie, ek het nie heeldag tyd nie.”
Ek merk dat tot die helper het goeie begrip en klik dadelik na wie ek verwys met my kamtige aggressie.

My bakkie staan alreeds reg vir my met my terugkoms en Stoffel is boos. Ek sien Gert se kar is weg: “Nou Stoffel, die bolwange?”
“Verdomde Gert; hy sal my glo eers Maandag kom betaal want hy gaan ‘beslis wen’ . . . !”
Ek antwoord Stoffel nie en skud net my kop in stemming dat die Gert ’n vark is. In my hart weet ek klaar; hy is ’n dooie vark, en ek sal maar die rekening kom betaal, dit is seker die minste wat ek kan doen.

My Vrydag en Saterdagaande is leeg maar ek het baie werk aan die rakke in my stalletjie maar tussen die saag en timmer deur, verlang ek hewig na Krullebol maar werk my frustrasie ywerig weg en vroeg Sondagoggend lui my foon.
“Stoffel en as jy so vroeg bel?”
“Hemel Dawie, ek voel soos ’n hond en weet nie wat om te dink nie!”
“Kom nou, watse nonsens is dit?”
‘Dis nie nonsens nie ek het Gert Vrydag vervloek en is pas terug met sy verfrommel de kar agter my breakdown. Hulle moes hom uitsny met die reddings kake want hy het op die afdraand van duiwels-draai trompop in ’n lorrie vas gery – lyk of hy nie brieke kon kry nie.”

Vreemd. Stoffel se woorde raak my nie. Ek voel niks en dit voel presies asof dit ou nuus is wat ek al tevore gehoor het en ek bring net my enigste kommer oor na Stoffel.
“Ek sal later oor ry na Monica en my hulp en medelye aanbied. Die Polisie het haar seker klaar gaan verwittig.”

“Dankie Dawie, met jou stalletjie het jy tog ’n verbintenis met hulle gehad.”

Ek weet hoe dinge werk. Tyd moet eers sy ding doen en teen skemer klim ek in my bakkie en ry oor na Monica. Die bediende lig my in dat sy gaan stap het vir wilde sampioene. Hierdie Hoewe val mooi in die misgordel en hier is ’n wilde bos aan die grens en hierdie tyd van die vroegaand, ontplof die heerlike wilde sampioene soos wit wolletjies uit die Aarde.
Ek sien haar op ’n afstand waar sy buk-buk sampioene sny en in die mandjie sit. Sy hoor my aankoms nie en ek merk, sy pluk nie eet sampioene, dit is die rooi-onderkant gif wat sy in die mandjie sit:
“Krullebol . . . !”
Sy ruk verskrik om en ek sien die pleister op haar wang en sy laat val die mandjie en spring in my arms in:
“Dawie, ek sweer ek was van plan om dit vir hom vir aandete in sy bredie te sit . . . !”
My mond verseël enige verdere woorde en na ’n tyd troos ek:
“Gooi dit nou maar uit Liefling, kom ons gaan huis toe ons het baie om te vier!”

Willie F van Tonder
2013/02/09





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ontplof
Man ek kry altyd so lekker as ek op jou kinkels in die storie afkom en weer was ek verbaas, maar nie teleur gestel nie! Heerlike verbeeldingstog, Wolf.
6 jaar 7 maande 2 weke oud


Aandmis
Koelbloedig, maar goed vertel.
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


kommentaar
Sjoe, dis mooi!
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar