Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elaina stap vinnig by die deur uit en slaak ‘n sug van verligting. Die oudisie is uiteindelik veby. Sy stres al vir maande lank oor hierdie oudisie. Hoërskool Bergzigh, die kunsskool waarin sy al vier jaar lank is, bied ‘n musiekblyspel aan wat gebaseer is op die beroemde filmster, Leigh-Anne Robertz se lewe. Elaina wat al vyf hoofrolle in verskillende produksies vertolk het, het ‘n oudisie afgelê vir die vroulike hoofrol, Leigh-Anne. Sy dink aan die twaalf hoopvolle kandidate wat saam met haar ‘n oudisie afgelê het vir die rol van Leigh-Anne. Haar grootste kompetisie is Natascja Jordaan. Sy en Natascja het al ‘n paar lelike stelle afgetrap in die verlede en al oor menige hoofrolle baklei. Katy is ook groot kompetisie, maar nie so erg nie. “Elaina, wag vir ons!” Elaina draai om. Dis haar twee beste vriende, Vanessa Struwig en Logan Louw. “Hoe het dit gegaan?” vra Vanessa. “Hopelik goed.” “Natuurlik het dit goed gegaan. Jy is een van die beste aktrises in Hoërskool Bergzigh en dis tyd dat jy dit besef.” Elaina lag net verleë en haar donkerbruin oë vonkel nog van al die opwinding. Haar blonde hare is netjies vasgesteek en die fyn sproete oor die brug van haar wipneusie verraai haar opgewondenheid. “Wanneer weet jy of jy die rol gekry het?” “Juffrou Wagner het gesê sy sal die lys môre middag na skool opsit.” Elaina en Vanessa stap saam huis toe. Logan stap ook gewoonlik saam, maar hy het kitaarlesse by die musiekonderwyser na skool en daarna “band”-oefening. “Moet nou nie die hele aand wakker lê nie.” “Ek sal nie, Vaness. Inteendeel, ek is nogals moeg na die oudisie, ek dink ek gaan lekker slaap.” Elaina draai by hulle hek in en waai vir Vanessa wat nog twee strate verder stap. Sy hou Vanessa dop terwyl sy straat-af verdwyn. Hulle vriendekring is eintlik ‘n vreemde trio. Sy is die fyn aktrise, terwyl Vanessa die lang en lenige kunstenares is. Logan het weer ‘n wonderlike musiektalent. Sonder dat hulle rêrig weet hoe het hulle drie vriende geword, ten spyte van al hulle verskille. Toe sy omdraai, kyk sy vas in Natascja, wat net langs hulle bly, se vyandige blik. Haar fletsblou oë blits en haar woorde is ysig toe sy sê: “Mag die beste meisie wen.” Elaina rol haar oë en keer net betyds voordat sy iets kwytraak wat liewers kon gebly het. Sy uiter dus net ‘n vinnige: “Dankie,” en verdwyn vinnig by die huis in. Haar ma kan nie anders as om te lag vir die jong, fyn gelaatstrekke wat so mismoedig frons nie. “Wie het jou so omgekrap, Prinses?” “Natascja. Wie anders?” “Moenie dat sy jou so ontstel nie. Dis presies wat sy wil hê.” “Ek weet.” Elaina en haar ma gesels nog so rukkie en sy voel baie beter nadat hulle klaar gesels het. Sy verdwyn by die trappe op en gaan doen haar huiswerk. Toe sy die aand gaan lê, is sy seker dat sy nie aan die slaap sal kan raak nie, maar ‘n rukkie later is sy tog vas aan die slaap. Die volgende oggend spring sy vinnig uit die bed. Haar ma sou haar hieroor verstom het, want sy moet gewoonlik vir die vale dreig om Elaina uit die bed te kry. Sy pluk haar skooluniform vinnig oor haar kop. Sy het nog altyd baie van hulle skooluniforms gehou. Die wit kortmou hempies met die swart rokkies bo-oor, ‘n goue das en swart hofskoentjies was iets anders as die gewone navyblou skoolrompe en wit skoolhemde. In die winter dra hulle swart sykouse en langmouhemde. Sy vat haar hare vas in ’n poniestert en gryp haar boeksak. Sy draf haastig die trappe af en haar ma kyk haar verbaas aan toe sy op die naaste stoel neerval. “Hoekom is jy so vroeg op?” “Ek kon nie verder slaap nie.” “Moenie stres oor die uitslae nie. Jy sal goed doen.” Elaina knik en eet lusteloos aan ‘n appel. Haar elfjarige boetie, Miguel, kom die kombuis ingeslenter. “Dis ‘n skending van kinderregte om so vroeg te moet opstaan,” mompel hy en vryf oor sy oë. Elaina kan nie anders as om te lag nie. “Ek weet nie vir wat jy lag nie. Al wat jy by daardie kamtige kunsskool doen, is om heeldag te maak of jy kan toneelspeel in dramaklasse.” “Jy is net jaloers, omdat jy in ‘n gewone skool is.” Hulle ma sien ‘n stryery ‘n myl ver aankom en sit vinnig ‘n bord kos voor elkeen neer en sê: “Eet nou julle kos, anders gaan julle laat wees.” Logan wag Elaina in en toe sy by die skool kom, sê hy sonder om te groet: “Ek hoor juffrou Wagner gaan die lys vanoggend voor skool al opsit.” “Waar hoor jy dit?” “By Jean-Pierre.” “En Jean-Pierre sal weet,” voeg Katy, wat pas by hulle aangesluit, het dromerig by. Jean-Pierre Samuels is die beste akteur Hoërskool Bergzigh en hy weet dit ook. Hy vertolk amper altyd die manlike hoofrol in enige produksie. Die naam Jean-Pierre veroorsaak altyd ‘n opskudding onder die meisies en selfs die drama-onderwyseres, juffrou Diane Wagner, dink hy is ‘n toneel-genie. Elaina het ‘n vermoede hy sal die keer ook die manlike hoofrol vertolk. Hy mag hoe aantreklik wees, maar sy houding staan haar glad nie aan nie. Hulle kies koers in die rigting van die kennisgewingbord. Toe hulle daar kom het daar reeds ‘n skare saamgedrom en Elaina sukkel om oor almal se koppe te sien. Logan is egter lekker lank en opgewonde swaai hy haar in die rondte: “Jy het die hoofrol gekry!” Elaina voel ‘n vlaag van verligting oor haar spoel. Toe die meeste kinders weg is, staan en betrag sy die lys. Jean-Pierre is soos voorspel die manlike hoofrolspeler. Natascja storm nors verby haar en Elaina soek haar naam op die lys. Sy het die rol gekry van Marlene, Leigh-Anne se beste vriendin. O aarde, dink Elaina by haarself en giggel by die gedagte aan haar en Natascja as beste vriendinne. Die volgende oggend is sy weer vroeg op. Hulle moet vroeër by die skool wees om hulle skedules te kry van wanneer hulle repeteer. Toe sy by die skool aankom, is dit nog baie stil. “Is jy seker dis veilig?” vra haar pa bekommerd. Elaina knik en verdwyn vinnig die skoolgebou in. Sy kan die gekwetter van ‘n klomp tieners buite juffrou Wagner se klaskamer hoor. Vir die volgende halfuur bespreek hulle die musiekblyspel en al wat ‘n demper op Elaina se geluk plaas, is Natascja se vyandige blik. Sy borrel oor van geluk. ‘n Paar weke later sou sy terugdink aan hierdie oomblik van geluk toe die storm losbreek en alles uitmekaarruk... *** *** *** Oral is daar ‘n geskarrel. Meisies soek hulle grimering, orals het iemand ‘n probleem met hul kostuum en die arme onderwysers probeer orde skep uit die chaos. Dis openingsaand en almal skarrel om gereed te kom. Elaina neem haar plek in agter die gordyne. “Elaina, jy en Natascja moet plekke op die verhoog ruil.” “Hoekom?” vra Elaina en kyk verbaas na juffrou Wagner. “Daar is ‘n probleem met die beligting waar jy moet staan en terwyl hulle dit probeer regmaak, moet jy en Natascja maar eers plekke ruil.” Elaina knik en gaan staan op haar nuwe plek. Die gordyn gaan oop en die opvoering begin. In die middel van die opvoering gaan die ligte egter af. ‘n Bloedstollende gil klief deur die lug en die hele ouditorium is in oproer. Toe die ligte aangaan is daar skielik stilte. Toe Elaina die toneel voor haar sien, moet sy gaan sit. Natascja lê uitgestrek op die gladde houtvloer. Bloed kleef aan haar wit hemp en haar oë is verstar. Haar liggaam is leweloos en langs haar is daar ‘n groot, vlymskerp mes. Niks registreer by haar nie. Sy hoor polisiesirenes, sien hoe Natascja se liggaam in ‘n groot kombers toegedraai word. Kameras flits, maar niks van dit registreer by haar nie. Die volgende oggend vroeg is daar ‘n polisieman om haar te ondervra. Sy is nog in haar nagklere toe sy vir Sersant de Witt die voordeur oopmaak. Na hulle gesprek voel Elaina baie ontsteld. Hy het duidelik geïnsinueer dat Elaina iets te doen gehad het met die moord op Natascja. Bloot omdat sy nie van Natascja gehou het nie, beteken nie dat sy haar vermoor het nie, dink Elaina woedend. Verskietende Sterre is vir die dag gesluit om almal kans te gee om tot verhaal te kom en dus wroeg sy die hele dag lank. Sy word ook kort-kort oorval deur lastige joernaliste. ‘n Paar dae later word daar ‘n roudiens vir Natascja gehou. Die kerk is stampvol en selfs die wat nooit van Natascja gehou het nie, het hulle simpatie kom betoon. ‘n Paar weke later keer alles terug na normaal en juffrou Wagner besluit om die musiekblyspel, wat eers gestaak is, weer aan die gang te sit. Elaina protesteer eers, maar uiteindelik moet sy die aftog blaas. Vir weke lank oefen hulle weer en toe die aand uiteindelik aanbreek dat hulle moet optree, voel Elaina hoe haar ingewande draai. Sy staar benoud van agter die gordyn na die vol ouditorium. ‘n Skielike stem agter haar laat haar wip soos sy skrik. “Knaag die senuwees so bietjie?” Toe sy omdraai kyk sy vas in Jean-Pierre se blou oë. Sy vervies haar vir die leedvermakerige uitdrukking op sy gesig en antwoord bitsig: “Natuurlik nie. Ek is lankal nie meer ‘n amateur nie.” “Ek sal nie so hoop nie. Ek deel nie graag my verhoog met ‘n amateur nie.” “Jóú verhoog? Gmfff!” Hy grinnik vir haar en die vreemde lig in sy oë laat haar onwillekeurig ril. Sy draai om en stap weg. Sy besluit om Jean-Pierre te ignoreer, sy gaan nie toelaat dat hy haar aand versuur nie. Op daardie oomblik verskyn Logan en hy vra: “Hoekom lyk jy so kwaai?” “Daardie Jean-Pierre is darem verwaand!” “Dis nie net hy wat jou ontstel nie, is dit?” Elaina sug en antwoord: “Nee, seker nie. Ek is net bang...sê-nou iets loop weer verkeerd?” “Dit sal nie,” stel hy haar gerus. Maar later, toe sy agter die gordyne staan, kan sy nie die gevoel van onheil afskud nie. Toe juffrou Wagner haar nog meedeel dat Leigh-Anne Robertz self die vertoning bywoon, voel dit vir haar of sy gaan omkap. Die vertoning verloop egter seepglad en namate die aand vorder, raak sy meer ontspanne. Toe dit tyd word vir pouse kry Elaina koers na die kleedkamers waar hulle vroeër die aand gereed gemaak het vir die vertoning. Die kleedkamer is donker en sy voel teen die muur vir die ligskakelaar. Skielik het iemand haar in ‘n stewige greep beet. Sy wil gil, maar groot vingers bedek haar mond. Sy kan voel hoe sy van die grond afgelig word en sy kan nie sien waarheen haar ontvoerder haar neem nie. Sy probeer verwoed loskom, maar tevergeefs. Na wat soos ‘n ewigheid voel word sy weer ru op die grond neergesit. Sy knip haar oë ‘n paar keer om gewoond te raak aan die donkerte rondom haar. ‘n Paar growwe hande muilband haar en haar hande word agter haar rug vasgebind. Sy deins terug toe die lig ewe skielik aangeskakel word. Sy frons, dit lyk asof hulle in die dames se badkamer is. Spierwit wasbakke bedek die geteëlde muur. Die deure van die hokkies is dieselfde vaal kleur as die teëls van die vloer. Die lig is skerp in haar oë. Toe sy uiteindelik in haar aanvaller se oë vaskyk, voel sy hoe haar hele lyf verlam word en al die bloed uit haar gesig dreineer. Dis nie sy bekende blou oë nie, maar die glimmende pistool in sy hand. Dis Jean-Pierre! Haar eie bruin oë dartel verward rond. Hy druk die pistool teen haar kop en fluister sissend: “Ek gaan nou die muilband afhaal en waag dit net om een geluid te maak, ek is nie bang om hierdie pistool te gebruik nie. Verstaan jy?” Elaina knik en sy kan voel hoe trane in haar oë opdam. Hy hou die pistool op haar gerig en bewend vra sy: “Hoekom?” “Ek het jou gesê ek hou nie daarvan om my verhoog met jou te deel nie.” “Maar jy het nog nooit iemand in die ander produksies vermoor nie.” “Goed, jy het my uitgevang. Ek werk vir iemand anders.” “Wie?” Hy grinnik net vir haar en sy voel of sy op die oomblik kan moord pleeg. Dan kom die gedagte by haar op en sy vra: “Wat het Natascja ooit aan jou gedoen? Ek het gedog julle is vriende.” ‘n Sluier trek oor sy oë en hy antwoord: “Ek het nooit bedoel om haar te vermoor nie. As jy en sy net nie plekke geruil het nie!” “Wat het ek ooit aan jou gedoen?” “Niks. Ek sê mos ek doen hierdie guns vir iemand anders.” Elaina verstik amper in die woorde: “’n Guns. Is dit wat jy moord noem?” ‘n Sleutel knars in die slot en verligting spoel deur Elaina toe sy vir Vanessa sien. Vanessa sluit egter weer die deur agter haar en Elaina vra verbaas: “Hoekom sluit jy die deur?” Sy klik haar tong en haar groen oë deurboor Elaina. “Ek het lank genoeg vir hierdie oomblik gewag. Ek gaan nie dat iemand dit vir my ruïneer nie.” “Jy is tog nie deel van hierdie gekkespul nie?” “Nee. Ek is die organiseerder van die gekkespul.” Die woorde sny deur Elaina en sy kyk verbaas hoe Vanessa langs Jean-Pierre gaan staan. “Vaness, ek verstaan nie.” “Natuurlik nie. Jy het nog nooit nie.” Elaina voel hoe die trane wat vroeër in haar oë begin opdam het die hoeke van haar oë brand en een traan vind sy weg oor haar wang. “Hoekom Vaness? Ek het gedink ons is beste vriende.” “Voor jy na die skool toe gekom het, was ek en Natascja beste vriendinne. Toe kom jy en jy was so perfek gewees, ek moes net met jou vriende maak.” Elaina kyk verbaas na Vanessa en sê dan: “Dis die eintlike rede hoekom Natascja my so gehaat het. Jy het my bo haar verkies.” Vanessa glimlag wrang en praat dan verder: “Jy was mooi gewees. Die beste met toneelspel. Almal het van jou gehou. Ek wou so graag soos jy wees, maar almal het altyd verby my na jou gekyk.” “Dis nie waar nie Vaness, Jy is ‘n wonderlike kunstenaar en...” Vanessa hou haar hand in die lug en gaan voort: “By almal moes ek altyd hoor hoe wonderlik Elaina is. Ek is moeg daarvoor om te hoor hoe perfek jy is. Dit is hoekom ek Jean-Pierre oorreed het om jou te vermoor.” “Maar hoekom sou hy so iets wou doen?” “Eerstens, bloed is dikker as water. ‘n Halfbroer sal mos enige iets doen om sy sussie te beskerm. Tweedens was jy groot kompetisie vir hom. Jy was skielik meer gewild en juffrou Wagner se nuwe witbroodjie.” “Is dit genoeg rede om my te wil vermoor?” Vanessa trek haar skouers op. “Vir my is dit.” Jean-Pierre druk die pistool teen haar gesig. Op daardie oomblik klop iemand aan die deur en Jean-Pierre druk vinnig sy hand oor Elaina se mond. Sy byt hom egter en gil so hard as wat sy kan. Daar is ‘n stamp aan die deur. Die deur gee egter nie mee nie en ‘n harde skop word die deur toegedien. Verligting oorspoel Elaina toe sy Logan in die deur sien staan. Jean-Pierre rig die vuurwapen op hom en hy hou sy hande in die lug. Sy smarraggroen oë kyk verdwaas na die toneel voor hom. Elaina gil weer en Jean-Pierre rig weer die pistool op haar. Logan gebruik hierdie kans en duik vir Jean-Pierre. Hulle struwel en skielik gaan ‘n skoot af. Niemand het egter seergekry nie en uiteindelik het Logan die pistool. Op daardie oomblik kom Vanessa van agter af met die brandblusser en Elaina, wie se bene nog los, is hop vinnig ‘n paar treë vorentoe en skop haar op haar maermerrie. Uitasem staan hy op en hy hou die pistool op Jean-Pierre gerig terwyl hy hom en Vanessa altwee vasbind. Hy maak vir Elaina los en sy vra: “Hoe het jy geweet dat ons hier is?” “Ek het nie, maar toe nie jy of Jean-Pierre opdaag na die pouse nie, het ek onraad gemerk en jou kom soek. Ek het gedink miskien is jy in die badkamer en toe ek jou hoor gil het ek geweet daar is iets verkeerd.” “Ek kan nie glo dat Vanessa so iets wou doen nie.” “Toemaar, dis nou verby,” paai hy haar en haal sy selfoon uit sy sak om die polisie te bel. “Ek dink nie hierdie musiekblyspel is gemaak om op te voer nie,” sê Elaina laggend deur haar trane. Later die aand lê Elaina in haar bed. Sy kan nie slaap nie en skakel die televisie aan. Sy sit die volume harder toe sy sien daar is ‘n berig oor Verskietende Sterre. Sy word spierwit toe sy die volgende woorde hoor: “Meneer Jean-Pierre Samuels het so halfuur vroeër ontsnap uit die sentrum waar die polisie hom...” Elaina skakel vinnig die televisie af. Sy maak seker dat die venster en deur albei dig toe is voordat sy weer onder die komberse gaan lê. Onbewus van die blou oë wat haar deur die venster dophou, maak sy haar oë toe om te slaap. Die dreigende onheil vir eers uitgesluit...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar