Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Jaar 1991 was vir my ‘n groot en ook ‘n belangrike jaar van my loopbaan in die vrugte bedryf. Miskien, moet ek sê, ’91 was die jaar, waar my fondasie vir hierdie bedryf, gelê was.

Ek het nooit kon droom dat my toekoms op ‘n vrugte plaas sou begin nie. Ek was nog ‘n groentjie, en miskien nog altyd, in hierdie groot netwerk van die vrugte bedryf. Alles was so vreemd, so anders as op skool. Ek het gedink dat ek dalk my toekoms op ‘n verkeerde plek begin het. Daardie eerste dag, was vir my ‘n belewenis, ek het so klein gevoel, tussen al hierdie nuwe dinge en mense. Vir my, was ‘n vrug, maar net ‘n vrug, hier moes jy onderskei tussen soort,grootte, en nog vele ander dinge.

Die werk wat ek moes doen, was die van ‘n versendings klerk. Ek het geweet dat dit nie maklik sou wees nie, veral nie met die soort bestuurder wat ek gehad het nie. Sy naam was Gideon, of kortaf Deon Hugo. Daar was baie ander name vir hom, soos Kroon,Bokgesig, en seker nog vele ander name, wat ek nie van weet, wat die mense hier op die plaas vir hom toegeken het.

Hugo, was vir my, die soort bestuurder, wat deur ‘n mens kon sien. Hy het nie eers na my aansoek gekyk om my aan te stel nie, my net in die oë gekyk en gevra kan jy begin werk. Hy was ‘n regte geharde oud soldaat. Ek het later gehoor hy was in die Suid Afrikaanse Lugmag, geen wonder hy het hierdie pakhuis soos ‘n Korporaal bestuur nie. Hy was ‘n baie streng en besliste mens. Ek sien hom nou nog agter sy lessenaar sit, besig om op sy ou tikmasjien te sit en tik. ‘n Mens kon ook die dag sien, as hy nie lekker was nie, dan loop hy maar swaar, vanwee sy eelte aan sy voete. Niks en niemand het hom ooit probeer stilmaak nie, of miskien was daar iemand, o ja , daar was!
Hugo was baie skrikkerig vir, soos almal hom genoem het, die Ou-baas, Ward Gant, soos ek verstaan een van die ryk manne in Somerset Wes, en ook nie ‘n man vir nonsies nie, veral nie van sy bestuurders nie. Wanneer daardie geel karretjie van Gant, die laning af gekom het, dan het al wat ‘n bestuurder, onder op die plaas, hulle meer as besig gehou, met werk, en om uit sy pad uit te bly.
1.


Ek moet sê, dit is te danke aan Hugo, dat ek tot vandag toe nog my werk met pasie en deeglikheid doen.
Ek hoor nou nog hoe hy oor die interkom afkondig “ . . . kom sien my…” en oppas as hy gesê het, “. . . kom sien my DADELIK . . .” dan moet jy weet daar’s moeilikheid.

Ek was ook voorgestel aan Jaap Visser, nog ‘n man vir geen nonsies. Die eerste dag toe ek hom ontmoet, sê hy my sommer, “ As hier nie werk is in die pakhuis nie, dan skrop ons sommer die varke, hier bo by die varkhokke . . .” Jaap Visser het eintlik maar ‘n klein hartjie, hy het altyd laat blyk, asof hy dit vir jou moeilik maak, maar hy was bereid willig om te help, of dit nou werks verband was of persoonlik. Jaap het ook baie mense op die plaas gehelp, en ek dink die mense het ‘n sagte plekkie vir hom en sy familie gehad, al het hulle dit nie dikwels gewys nie. As ek dink aan Jaap Visser, dan sien ek hom altyd maar met die krui-wa, vol lekker vars groente, uit sy eie tuin, en wat hy ook self geplant het, daar was ook geen skaarste aan melk en droeë vrugte nie, heel skaap was ook by die groot dae beskikbaar. Ek moet sê, ek het by hom geleer hoe om nederig en hulpvaardig te wees, ek dink dit was van sy sterk eienskappe. Jaap was ook “skerp” met syfer werk, nie sommer geglo aan ‘n optel masjien nie, hy’t sommer daar op die vlak sy pen uitgepluk en ‘n paar berekeninge, sommer op ‘n krat, gedoen, wat my langer sou geneem het as ek met ‘n optelmasjien sou gewerk het.

Een van my kollegas was Johannes Davids, Lange, ek moet sê,’n naam wat by sy postuur gepas het, of Boet-man soos sy vrou, Denise, hom genoem het. Soos ek vroeër gesê het, ek het nie veel van vrugte geweet nie, en Johannes, was die een wat my alles tou-wys gemaak het aangaande die pakhuis, iets wat ek hom ook ewig dankbaar sal wees. Ek het vir die eerste paar maande oral geloop waar hy was, ek wonder of hy nie by tye moeg was van my nie, want ek het hom vir geen oomblik alleen gelaat nie, waar hy gegaan het, daar was ek ook, jy kan maar sê, ek was soos sy skaduwee. Ek dink ek en hy het later groot vriende geword. Iets wat ek altyd van hom sal onthou was sy bekwaamheid om op enige ry-ding of masjien te kan klim en daarmee te werk.

2.



Johannes was ook baie sterk, streng, reguit en selfversekerd, en het altyd ‘n aksie plan vir alles gehad, jy kom ook nie sommer verby hom, as jy ‘n fout gemaak het nie.
Daar was ook niks fout met sy vuiste nie . . . ek het al gesien hoe hy ‘n paar manne sommer daar en dan pak. Ons twee het ook nie altyd saamgestem oor sekere dinge nie, maar ek dink ons het ons verskille op die regte manier opgelos. Wat ek die meeste van hom sal onthou is sy grap makery. Hy het altyd iets grappigs gehad om te vertel, veral van die ou spanne wat nie meer hier werk nie.

Ek was aan die einde van elke dag poot-uit. Daar was nie eens tyd vir my familie en of vriende nie, naweke en Kersfees tye kon ek maar vergeet van plesier. Ek sou later eers uitvind dat as jy in die vrugte bedryf is, daar nie veel vakansie tye is, om na uit te sien nie. Soos daar dikwels op die plaas gesê word, “ Die kalf is in die sloot, en hy moet daar uit kom.” Dit was net werk, werk, werk, werk. Ek het elke dag iets nuuts en interresants geleer. Die uitdagings was groot en ek het dit met albei hande aangegryp. Ek was ook nooit verveeld van die werk nie, miskien was ek “in die diep kant in gegooi” maar ek is vandag dankbaar daarvoor, ek kan nou sterk swem. . . Alles was ook nie sonskyn en rose vir my nie, ek het baie probleme ondervind, met mense.

Daar was baie botsings, rusies en teleurstellings. Ek kon dit verwag het, hier was ek, nog ‘n bog snuiter, wat opdragte moes gee, aan mense wat baie ouer en langer in die bedryf was as ek. Ek moes egter leer om my vinnige humeur te beteul en om verdraagsaam te wees, wat nie altyd maklik was nie. Dit het ‘n tyd geneem om die mense se respek te kry, maar dit was alles die moeite werd. Vandag is daar nog die gewone ou probleempies, maar ek het uit ondervinding geleer hoe om dit op te los.

Daar was ook ander kollegas soos John, sy vrou Glenda, Margie en David.
Ek het nooit verstaan hoe man en vrou saam kan werk nie, maar dit was nie vir John en Glenda ‘n probleem nie, hulle kon goed met mekaar by die werk en huis oor die weg kom. John is eintlik ‘n saggeaarde man en sal ook nie skroom om te help as jy hulp nodig het nie, hy het ook soms
baie dinge opgekrop en nie sommer maklik kwaad geword nie.


3.



John was ook van die dorp, amper soos ek, maar hy was darem al baie langer hier op die plaas as ek, ek’t eers gedink hy was van nature ‘n plaaskind. Hy is ook baie knap met tuinmaak.
John kon ook altyd vir jou ‘n storie in “detail” vertel, al was daar nie altyd tyd nie, kon jy nie anders as om fyn te luister nie.
Glenda, soos John, was altyd daar as jy in die moeilikheid was, daar was dae waar ek soms swaar getrek het, dan het Glenda, al het sy haarself soms te kort gedoen, probeer help. . .

Margie, het ek geleer ken, as ‘n stil en rustige persoon, en het ‘n besondere persoonlikheid gahad. Sy het soms baie nors voorgekom, maar dit was maar haar gesigs uitdrukking, dit het ook goed te pas gekom, vir die tipe werk wat sy gedoen het. Met die tyd het ek haar vrienskap waardeer. Ek het dit maklik gevind om met haar te praat en te vertrou. Sy was soos een van my susters.
Ek kon baie dinge deel met haar, sonder dat dit almal se ore sou bereik. Ek dink ons was almal ‘n lekker span om saam mee te werk.

Dan was daar David, of Soft-shoes, soos Jaap Visser hom “gedoop” het. Ek en David het groot sports gehad, ons sou ook later ‘n drie vertrek huisie op die plaas deel, wat ook nie ‘n goeie idee was nie, maar dit is ‘n ander lang, ingewikkelde storie. David, was nogal gewild onder die “henne” Ek onthou hom as ‘n baie spontane mens, wat ook ‘n sin vir humor gehad het.

Mense soos Aaron of “Priest” soos hy ook bekend was,Daniël (Oupa Daan),Ita, Herman, die fitter Tommy, wat nie die gekruide taal afgeskeep het nie, Danie Botha, Linda, Aunt Shirley, Sophie en vele ander wat ek nie almal by die naam noem nie, het almal ‘n impak op my lewe hier op Lourensford gehad. In die begin was dit nogal ongemaklik om saam met hulle te verkeer. Dit het vir my gevoel asof ek ‘n indringer was, ‘n stadsjapie, wat dalk een of ander plaaskind se geleentheid neem. Ek het baie uit gevoel en het maar swaar aangepas.



4.




Ek het vir myself gesê dat ek nie vir lank hier gaan werk nie, dalk ses maande op die langste, maar as die vrug-gogga eers gebyt het, dan kom jy nie maklik daaruit nie.

Daar was ook ‘n voorman in die pakhuis, Charlie, wat my duidelik laat verstaan het dat ek nie veel reg gehad het hier nie. Dit het my nogal geknak, maar ook moed gegee om vir myself en al die ander te wys ek kan ‘n sukses maak van my loopbaan. Charlie, moet ek sê, het my ook sterk gemaak vir die probleme en teleurstellings.

Hy’t my geleer dat ‘n mens werk basies om een rede, en dit is om geld te verdien, vir jou familie, vriende maak was ‘n bonus. Ons het later almal baie goeie kollegas en vriende geword, wat nou en dan lekker saam gekuier het oor ‘n “dop en ‘n chop”.

Plaasmense is tog anders as dorpsmense, ek persoonlike steur my nie aan stories nie, maar hier op die plaas kan jy niks doen, sonder dat iemand daarvan weet en ‘n skinder storie daarvan maak nie. Ek weet nie, miskien is dit maar oral so. Nog iets wat opmerkbaar was, was die slinksheid van ons “Adams”. Ek hoef my seker nie veel daaroor uit te spreek nie. Die man se nature is maar om die jagter te wees, al is die “prooi” ‘n ander jagter sin. . . . . .

Hoe kan ek dan nou vergeet, van Liz Gerhard, sy’t die bemarking gedoen vir die pakhuis.
Ek het baie van my rekenaar ondervinding by haar opgedoen, dit was nou ‘n vrou wat ook goed was, met syfers en formules.
Sy het ook baie van die pakhuis bestuurders se werk vir hulle gedoen, sonder om vergoeding daarvoor te ontvang.
Daar was maar tye, dat ek en sy ook nie mekaar verstaan het nie, maar dit was nie lank nie dan was alles weer soos dit hoort. Sy sal altyd Vrydae net voor uitval tyd, na haar laaste sigaret, haar vol bespuit met parfuum, om die rook reuk uit haar uit te kry, ek dink nie haar man en seuns, het van die rookery gehou nie. Ek ruik nou nog die fla- geur parfuum in my neusgate.

Na drie jaar het ek tuis begin voel hier op Lourensford. Ek dink ek het ook myself bewys, en voel nou meer selfversekerd, vasbeslote en doelgerig as voorheen.


5.



Ons het nou ook ‘n ander bestuurder wat nou al drie jaar hier is. Ek moet sê, hy is baie anders as Hugo, wat al afgetree het en nou op Napier, sy tuiste gemaak het.

John Baker is ‘n baie passiewe bestuurder. Hy’t my baie aan ‘n uil laat dink, wat alles sit en dophou het. Hy hou nie veel van wrywing nie, en sal jou sommer gou sê, dat hy nie van negatiwiteit hou nie. Baker, moet ek sê het nogal ‘n vertroue in ‘n mens gehad, hy’t jou maklik jou ding laat doen, hy’t net die resultate gesoek. Hy sê altyd ‘n mens is sy eie bestuurder. Soms is dit moeilik om jou eie bestuurder te wees, veral as daar vinnige, moeilike besluite gemaak moes word. Hy’t altyd gesê “ die wiel wat die meeste raas kry die meeste olie” en “’n vlieënde kraai weet baie” Baker het ook nie gehou van die word “besig” nie, moet nooit sê jy’s besig nie, want ‘n miskruier is ook besig, maar wat maak ‘n miskruier. . . .

In al die jare wat ek nou hier op die plaas is, het ek nog nie al hierdie plaas se werksaamhede gesien nie. Ek was ‘n paar keer in die boorde,saagmeule, kwekery en varkhokke, (nie om varke te skrop nie). Hierdie plaas Lourensford het van die mooiste uitsigte wat ek nog ooit gesien het. Die berge, bome, plantegroei, ja alles hier om ons is en was nog maar altyd hier, ons vergeet soms hoe gelukkig ons is om op so ‘n mooi plek te werk en om stil te raak en die skepping van ons Liewe Heer te aanskou. Ek dink ons lewens is miskien te gejaagd, vir mense wat op die plaas werk en woon. Ek wil nou nie spog nie maar ek dink Lourensford is een van die mooiste plase in die kontrei!

Een van die hoogte punte was die na-oes partytjie in die pakhuis, ek was gelukkig om meeste van die jare te help met die reëlings vir hierdie partydjies. Kyk dit was nogal iets om voor uit te gesien het op die einde van ‘n seisoen.

Ons is in die jaar 1996, en ek weet dat die jare wat nog voorlê moeilik gaan wees, want wie weet hoe lank ‘n vrugte plaas kan oorleef, en dan is my einde hier op Lourensford tog nie so ver as wat ek in die begin voor gehoop het nie.



6.




Ek is seker Lourensford was, en is nog steeds vir my soos ‘n storie boek, wat net nie klaar geskryf of gelees kan word nie. Dankie, Lourensford, jy en jou mense, vir die sterk fondasie wat jul gelê het in my loopbaan.

Wie weet, dalk is hierdie plaas een van die dae ‘n vee -, wyn -, of dalk nog ‘n toeriste plaas………




























Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar