Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die terugvlug is ‘n gegroet en trane toe almal vir Barenda Duifie goebaai sê. Die busruimte is vol gepak met sakke rys en ‘n verskeidenheid Chinese produkte. Die STB besoekers het die Chinese ekonomie ‘n hupstootjie gegee. Agter-op die vliegtuig, weerskante van die stert, is die kratte met vuurwerke vasgemaak. Veiliger, as daar dalk ‘n brand sou ontstaan. Rooi nylon toue en weerkaatsers soos vereis deur Lugvaart, is op plek.

Blondie het die stange gevat. Stilettos en Herero-rokkie aan met die kopdoek vol goue strepe. Georg Pilot is Co-Pilot.... hy doen sy praktiese opleiding om die gemoderniseerde vliegtuig met die bus op die dak in die toekoms te kan vlieg. Anel Heksie het navigasie oorgevat. Sy kom aangejaag met haar besem – GPS klaar op die punt vasgeskroef. Heksie het haar besem met 'n mengsel van Afgas en 200 oktaan Jet fuel gelaai. Die ATC (Air Traffic Control) se lyn is af – geen radio ontvangs en Heksie jaag tussen die lyne in met die besem. Die konneksie wil nie lekker deurkom nie en die enjins bly skop uit. Gou het sy dit onder beheer en maak die besempie staan in die middel van die vliegtuig op sy “centre point of gravity” - sy moet die balans van die vliegtuig monitor net soos die balans van die worsie in die bord kos wat sy vir Zebratjie saamgebring het. Zebratjie kan opsluit nie wors sonder 'n baie taai derm gekou kry nie. Heksie het sommer 'n groot box Chinese "derms" in die bus gelaai vir die worsstoppery wat voorlê want Zebratjie kry Redge Rugby se ritteltit as sy nie genoeg wors inkry nie en dit werk op Wilton se senuwees, hy hou ook nie van groen gemufde wors nie.

Pre Flight Check word gedoen en die passasierslys deurgegaan.

Oester het haar hare met swart modder op haar kop vasgeplak en haar ogies is met selotape platgetrek sodat sy Chinees beter kan lees. Sy hou die Chinese Aeronav handbook vas sodat Georg Pilot die Co-Pilot die Chinese skrif kan ontsyfer.... die vlug-instruksies vir die opstyg met die bus op die dak van die vliegtuig, is in Chinees uiteengesit en Georg Pilot se lees-oog kontaklens is deur een van die engins ingesuig met die Pre Flight Check. Dit maak die ontsyfering bietjie moeilik. Hy kou aan gebakte sampioene wat uit Ombutuso en Omatakos berge kom. Hy eet die Omajowas dat die sous en skaapvet op sy tone drup en sy voete seepglad maak... moelik vir die trapslag op die rudders as daar geland moet word. Blondie loer so skeef af na die gladde spul op die vloer, maar met die air hostess wat die Aeronav handboek moet vashou, word dit maar daar gelaat. Blondie wil nie die lekker eet bederf nie en George Pilot het die ekstra psilocine and psilocybin nodig vir die terugvlug. Na ‘n rukkie hallusineer Georg pilot. Hy sien die cockpit dubbel.... al die liggies en metertjies op die instrumente panel lyk dieselfde. ‘n Spieëlbeeld. Hy neem ‘n foto net om seker te maak. Sy oë trek op skrefies van die inspanning om die Chinese vlug-instruksies verder te kan ontsyfer, gee maar moed op en konsentreer op die opstyg prosedure.

OPSTYG PROSEDURE

Die terugvlug van die nuwe Lugbus STB 229 is meer gekompliseerd as die vlug na China met die roof carrier en sleepwa. Die Amtran Genisis bus, DT-466 is stewig op die dak van die vliegtuig vasgemaak. Spesiale aandag is gegee aan die springerige suspensie as skok-afweerder. Die bus het pakplek en genoeg spasie vir 78 Passasiers. Vir die terugvlug word die busruimte gebruik om vrag te laai. Aan die kante, langs die bus is vier Rolls Royce Griffen engines gemonteer vir hoë spoed en ekstra krag. Op die bus se dak is ‘n UHF (Ultra High Frekwensie) en VHF (Very High Frekwensie) vir radiokontak met ATC in Namibia, Dit kan oorgeskakel word na sonar wat deur die Emilly Hobhouse duikboot opgetel kan word en in ‘n nooddgeval, herlei word na ILS (Instrument Landing System). Baie veilige vliegtuig - ‘n droom STB Lugbus – Cape Canaveral sal groen wees van jaloesie!

Sonja Zebra is amptelik vir die vlug tot “nurse” geslaan, haar ko-ordinate het met die Chinese handstaan-landing omgeslaan en haar strepe lê nou soos bande om haar lyf. Barenda Duifie het die zebra-strepe tydelik met Chinese ryslym “wok this way” vasgeplak. Nou is Zebratjie rigtingloos en navigeer al in die rondte. Riana Kiwitjie het ‘n selfgemaakte lugverkoelings wit slopies-rokkie aangetrek.... Sy help Zebratjie as aflos-nurse van Namib Vlug STB 229. Peto wat yl oor die gemmerbier word gerus gestel. Haar gemmerbier sal met Katobajie versnit word. Sonja Zebra neem beheer van die siekes oor en beopdrag vir Danie miershoop en Martie sheva om ‘n groot emmer van Mustang Sally se gemmerbier en ‘n pyp te bring, drup moet opgesit word ... per mond. Die knertsies Katobatjie sal lepel-gewys volgens gewig van die pasiënt aangepas word.

Thys-storie en Penkop het sommer vroeg vroeg al van spanning begin pruim. Spoe lang pruimtwak-strale by die kantvenstertjie van die êrreplyn uit.... dit maak sulke swart strepe en Zebra se ogies blink.... ‘n zebra êrreplyn! Lekker gekamoefleer vir die woestyn. Eenkant is die beenpyp gûsa gô gestop met zebra-mis ..... as die pruimtwak opraak, word die beenpyp met die blouvlam gestart dan gaan daar behoorlik gerook word vir die senuwees. Dit is nou as die gees dubbel vou van hoogtevrees. Jesse Swerwer sien hoe die boë swart sous teen die êrreplyn zebra-strepe maak soos Thys storie en Penkop se gepruim vorder. Sy is oortuig hulle het Hoax ingekry.... ‘n soort Chinese virus ! Kleintjie bokwagter reken, die virus is ‘n soort pes onder die vee wat al twintig keer om die aarde is. Hy is seker dit is van daardie Chinese termietsop-quisine, dat hulle nie wel voel nie. Karel aan die brand het al 10 liter koffie in en 36 stukke beskuit gekou. Moed opgegee met sy naels wat in die lewe afgevreet is en die toonnaels is al in die bloed afgekou..... nou skink hy maar doubles op die Witgaat-koffie en oorweeg ernstig om Katobajie aaroopmaker vir die vrees te skink. Hy is net bietjie bang vir die skrumslag as die dubbel Katobatjie hom tref. Redge-rugby sit hand by, sy mening is: Karel aan die brand se are pomp groen van half gedroogde Witgaat en stel voor dat hy saam met Thys storie en Penkop die beenpyp moet gaan aanvat. Sy veters losmaak, die toks uittrek en ontspan. Vlieg is niemand se maat nie. Hy het gehoor die Chinese het gesê ou mense moet met die een oor teen die deur van die waarheid staan en nou sit hy agter die vlerk, ver van die deur af, vandaar die pypdroom en stress simptome. Wilton sit met Tretschikof skildery op sy skoot, huil help nie meer nie. Sit maar die skim se masker oor Tretchinakofina se oë sodat sy nie lugsiek kry nie – hy het tog so ‘n deernis vir die kind met die toetrek ogies en maagkrampe – nie dat hy sy sitplek sal afstaan vir sy bergnimf nie!

Danie hoenertjie, Heidi Potjie en Martie shewa in in beheer van die kombuis. Die Aga koolstofie dreun langs die Lister engine. Die skoorsteen se uitlaat is deur die romp agter die starboard beam se vlerk vasgesit. Die haan op die skoorsteen reg agter die vlerk, help sommer vir rigting hou, sou die ruddar die gees gee.

Die vlug gaan voorspoedig en die gemmerbier en katobajie medikasie het ingeskop.

‘n Paar minute voor die landing heers daar ‘n vrolike atmosfeer in die vliegtuig... die aanloopbaan is in sig. Wiele word laat sak, flappe uit, brandstof verminder, enigines in reverse thrust... alles loop seepglad. Martie shewa krap met die “poker” die koletjies in die Aga stoof om darem warm Witgaat reg te hê vir die bemanning wat oormoeg en gedaan is van die nagrus en baie slaap. Met die gekrappery skiet ‘n warm kool in die skoorsteen op. Vlieg uit, by die star board vlerk verby en tref die kratte vuurwerke wat teen die stert van die vliegtuig vasgemaak is. Die volgende oomblik kry die vliegtuig ekstra stukrag. Landing spoed verhoog na 200 kilometer per uur. In die cockpit is dit chaos. Georg Pilot sien twee aanloopbane en honderde metertjies. Blondie ruk die stuurstang (joystick) op. Die spoed is te hoog vir landing en sy probeer “overshoot”....George Pilot skop die rudders in, sy skoene nog vol van die die omajowa-sous en skaapvet, gly af en hy skiet vorentoe en sit onder die joy stick vas. Heksie spring agter George Pilot se nek in, en gryp die joystick. Met Heksie op sy skouers kom George pilot orent. Anel Heksie val vorentoe, haar volle gewig op die joystick. Blondie het nie ‘n keuse nie, land moet daar geland word. Vlug STB 229 gaan in vir die landing. Met die aanlê van die aanloopbaan is die landingsstrook met dik sagte sand en seeskulpies styf vasgestamp en duidelik met wit kalk uitgemerk.

Op die grond is die verwelkomingskomitee en STB vriende juigend toe hulle STB 229 se dreuning hoor.

Toe die vliegtuig uiteindelik in sig is, slaan Anna Strike, die "voordanser" van die “Spinnekop Nama Vastrap” vir Franci spinnekop ‘n harde hou tussen die blaaie en saam vat hulle "beat". Franci spinnekop druk ‘n pil gemaak van Kerrie-petrol vetoek, diep in Corlia se keel af. Dit gee die ekstra woema vir die vastrap, hoogskop en uitskop van die bene, want met die oefening en voorbereiding wou Corlia se bene plek plek knak. Haar dokter het per ongeluk altwee die knieskywe in plaas van haar mangels verwyder.

Jan Grootskiet het sy bazooka oor sy skouer. Hy is paraat, sou daar dalk ‘n rysogige gedierte iewers op die vliegtuig wegkruip sal daar met hom afreken word. Hy is nie verniet ‘n klipharde oud weermag-man nie. Altwee sy vrouens is met kettjies en petrol vetkoek-handgranate bewapen. vol gestop met skroewe, visgrate en moere vir scrapnel. Met die landing is daar een oorverdowende ontploffing van die Chinese vuurwerke wat alreeds in die lug aan die brand geslaan het. Die vuurpyle skiet in alle rigtings, klappers ontplof en vorm ‘n vuurstreep agter die vliegtuig. Dit lyk soos die landing van ‘n vlamgat. Toe die wiele die aanloopbaan teen 200 kilometer per uur slaan, vat die vliegtuig se onderstel sy eie koers. Die bus op die vliegtuig se dak, se vensters skiet uit, die sakke rys bars oop – dit reen rys! Jan dog sy verlede het hom ingehaal, die fillistyne is op hom. Hy lê aan en skiet , tref die stert gedeelte van die vliegtuig, die Aileron en ruddar mors af. Die vlietuig se stertpunt vlieg met vuurpyl-spoed die sandduine in. Die impak laat vat die vliegtuig ‘n ander spoor, reguit op die verwelkomingskomitee af....Jan skrik hom byna dood, Anna Strike is aan die hol met die donderende dood op hulle hakke, aangejaag deur Chinese vuurpyle en crakers. Jan lê weer aan – nou moet hy red wat te redde is - die tweede skoot tref die port beam vlerk, ruk dit af en slinger die vliegtuig terug op koers. Franci Spinnekop hang wydsbeen oor Anna Strike se nek. Anna se bene windmeul met die gewig van Corli en Spinnekop en dans sy die stadige riel teen die sandduin op. In die angsvlug kom die Aileron en rudder donderend in ‘n vuurstreep by hulle verby en hulle steek vas soos soutpilare uit Sodom se dae. Die omvlieg en refs op Anna Strike se bene laat slaan haar leer sêndeltjies aan die brand. Sy tel spoed op. Terug van waar sy gekom het. Kleintjie brul: “Gooi water, gooi sand, Anna Strike is aan die brand” Dit is hier waar Anna Strike en franci Spinnekop die “Spinnekop Nama vastrap” vervolmaak. Die rookwolke en sand borrel onder hulle voete uit – hulle dans die verwelkomingsdans met passie – die vuur onder Anna Strike, geblus.

Met die slag wat die vliegtuig die aanloopbaan tref, die sakke rys wat oopbars, die gedonder van die vuurwerke, een vlerk af en rudder en aileron buite werking kan daar maar net gewag word dat die vliegtuig self tot stilstand kom. Die vliegtuig se deur word oopgeruk, en Phil Meerkat en Kleintjie Bokwagter singer die lister engine en agastofie wat met toue vasgebind is, by die vliegtuig uit om spoed te help verminder. Uiteindelik gly die vliegtuig in ‘n ryswolk teen ‘n duin tot stilstand. Martie sheva is in die sewende hoender hemel die stoof is tot niet en nou is dit net braaivleis! Toe begin die Namib paartjie!









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lugbus
Ek staan verstom ... jy skryf darem maar LEKKER!
8 jaar 7 maande 3 weke 17 ure oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar