Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Snags sit ek alleen en verdrink myself in die sorge van my materiële besittings.
My lewe is die van `n semi-depressie tiener met `n toevlug na aardse dinge wat verwoes.
Vreugde is vir my `n verbeelding wat net rekenaars en televisies sal verstaan.

Daar is nie `n dag wat verby gaan wat jy nie in my teenwoordigheid is nie.
Ek vlug nie na jou toe uit verpligtendheid nie, maar uit gewoonte.
Die invloed wat jy op my handelinge het is groot. Ek kan nie sonder jou nie.
Jy is my Alfa en Omega.

Ons leef in `n era waar mense hulle tekortkominge redigeer met flaterwater,
en hulle emosies wegsteek agter hulle jeugdeeg.
Die euwel van materialisme het `n invloed op die hoipolloi van ons jeug,
en dit onderdruk die ubuntu van ons mense.

As my hart tot stilstand moes kom, sal jy die een wees wat hom weer sal genees?
Sonder jou is my nagte donker. Sonder jou is my dae verveelig.
As jy nie teenwoordig was nie, sou ek in `n tydperk soos vandag oorleef?

Kommunikasie word verbatim oorgedra in `n netwerk van selulêre toestelle.
Sê maar auf wiedersehen vir die dae van die verlede en bonjour vir die dae van materialisme.

Jy was nie altyd daar nie, en tog het my hart nie tot stilstand gekom nie.
Die lig in my lewe was nie altyd jy nie. Die vermaak in my lewe was nie altyd jy nie.
Jy was nie altyd daar nie, en tog het ek oorleef in daardie tydperk sonder jou.

In vandag se lewe is dit nie noodsaaklik om `n pletterpet te dra as jy gebruik maak van jou "Baie sukkel" nie,
want daar is niks wat `n hysbakkies en "Kosmyniks" nie weer na sy oorspronklike vorm kan herstel na `n
fratsongeluk nie. Tegnologie val ons prosit aan, incognito van avant-garde toestelle.

Ons is bekbestuurders van `n tegnologiese "Merrie-korhaan" wat se eindbestemming lei na materialisme.
Deo Volente sal die status quo nie die oorsaak van ons wêreld se finis wees nie.

Daar was dae wat ek nie eers geweet het jy bestaan nie.
Ek het beter gewoontes gehad om na te vlug.
Die invloed wat jy op my gehad het was geen.
Ek kan sonder jou, want jy is geen Alfa en Omega nie.
Jy is tegnologie.

Snags as ek alleen sit met my weegskaal, oorheers my innerlike geloof materialisme.
My lewe is die van `n normale, maar unieke tiener met `n toevlug na sy God.
Vreugde is vir my `n realiteit wat net my siel en geloof sal verstaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar