Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was nog 'n groentjie in die verpleeg bedryf, seker so 2 weke of meer. As jong verpleegster, moet ons mos maar alles leer en jy probeer maar so gewillig as moontlik jou werk doen om in die goeie boekies van die senior personeel te bly.

Ek het baie begin leer van dag een af en dit was nogal interessant dit wat ek moes leer. Ek was baie skaam vir seuns en mans en sowaar sit hulle my in die mansaal. My eerste bedwas moes aan my gedemonstreer word deur 'n stafverpleegster en ek was maar taamlik verlig ek was nie alleen met die pasiënt gelos nie.

Op 'n dag raak die stafverpleegster besig en sê ek moet die pasiënt in die sy-saal gaan bedwas, want sy is te besig. Ek is braaf, want ek weet mos nou hoe 'n bedwas gedoen moet word. Toe ek instap in die sy-saal, lê daar 'n jong, nogal aantreklike soldaat. Hy het 'n besering opgedoen tydens 'n oefen lopie en mag nie opstaan nie. Ek het moed geskep en gedink, nou is my kans om te wys waarvan ek gemaak is. Die outjie, met mooi blou oe en donker hare, kyk my so onderlangs en gee 'n glimlag. Hy weet wat gaan gebeur, maar weet hy hoe vrek senuagtig ek was?

Hy was Engels-sprekend en groet my ook toe in Engels. Ek groet ewe vriendelik terug en vertel hom wat ek daar kom doen. 'n Ligte blos sprei oor my wange en hy sien dit raak en gee 'n stunning glimlag. My kniegies raak skoon lam, maar ek ruk my reg want ek is hier om te werk. Ek begin ook sommer dadelik als regkry vir die groot taak, wetend dat die jong man alles fyn dophou wat ek doen. Ek maak seker alles is reg soos wat ek geleer is, deur toe, geen venster oop nie, die pasiënt mooi toe op die plekke wat wag om gewas te word, ens. Perfek!, dink ek toe ek nou alles reg het. As matrone nou moet instap, sal sy in haar skik wees.

Ek begin die bedwas nes die staffie my geleer het. Alles verloop goed en die pasiënt werk goed saam. Ek was amper klaar met alles toe onthou ek, ek moes DAAR was ook...!!!! Die staffie en ek het by die ander pasiënt dit moes doen, aangesien die pasiënt nie in staat was om self te was nie. Maar hierdie pasiënt kan..ek gee toe maar vir hom die lappie en sê hy moet self was. Ek weet nie wie het die meeste gebloos nie, ek of hy. Na hy klaar gewas het, was hy bloedrooi in sy gesig, want toe ek weer kyk moes hy skaam sy ereksie verberg! Ek het myself daar en dan belowe, van nou af net 'n strak gesig, doen jou werk en maak klaar. Al wat hy kon uitkry, is 'n skaam "sorry".

Ek maak of ek niks gesien het nie en tel al die handdoeke op. Ek help hom om sy pajamabroek aan te trek en ook sy hemp, maak hom mooi toe en gee vir hom 'n bakkie met water om te skeer. Waar hy nie kon nie, het ek hom maar gehelp. Sodoende het hy ontspan en sy oë het 'n dankie uitbasuin omdat ek "verstaan" het. Met 'n spoed maak ek weer die vensters oop en die deur en gaan na die spoelkamer om die handdoeke in die wasgoed mandjie te gooi. Eers toe ek alles weggepak het, tref dit my en ek begin hardop giggel. Van daardie dag af was ek nie meer skaam nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bedwas
Ek het gou geleer, 'n patella-hamertjie werk nie net op die patella nie. Onthou ek nou weer baie dinge.
8 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 4 ure oud


was
mmmm, was hom mooi nursie! agter die oortjies en onder die kennetjie ook! giegiegie!
Sien dis hoekom ek nie 'n nursie is nie - sou my 'n papie gelag het net daar en dan!
8 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 8 ure oud


Net 'n 'oomblik'?
"Nursie, was hom nursie, vinniger nursie, nog vinniger!"
8 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 9 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar