Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos elke gewone weeksdag, op pad werk toe, loop sy al langs die treinspoor af met haar fiets wat sy oor die loopbrug moet optel, bo-oor moet dra om anderkant die spoor te kom en die grootpad dorp toe te neem. Dis ’n heerlike warm dag, ’n groot Gareth 15 stoomenjin gaan stadig by haar verby. Sy kyk vinnig op en glimlag wuiwend na die drywer wat haar vriendelik groet.

Haar pa werk op die Spoorweg as lokomotief masjinis en hulle bly in die voorste straat van die Spoorwegkamp, amper reg teen die spoorlyn, oorkant die stasie.. Sy verlustig haar elke keer in die groot swaar stoomenjins wat die lang rye trokke moet rondtrek, rangeer tot dit op die regte aflaai spore staan, dis ’n heen-en-weer gestamp en gestoot- lawaai dwarsdeur die dag en nag...lawaai wat sy nou al goed ken en aan gewoond geraak het.

Marié ken nou al elke stoker en drywer wat saam met haar pa werk, sy was alreeds male sonder tal saam met haar pa op die voetplaat, reg binne-in die warm pens van die lokomotief en dit was so ’n opwindende grootse gevoel om die blink gevryfde koper knoppies te sien, al het sy nie die werking daarvan verstaan nie. Die buitekante van die enjins was elke stoker en drywer se trots, al die pypies, nommers en naamplate was blink gepoets met Brasso.

Hulle woon hier al sedert haar laerskool dae en sy ken haar paadjie rondom die groot woon area soos die palm van haar hand. Louis, een van die aantreklike drywers woon net om die hoekie weg van hulle huis. Hy is getroud en het kinders amper haar ouderdom, maar sy vurige oë het telkemale, wanneer sy verby sy lokomotief stap of ry, verlangend deur haar gebrand met begeerte waarvan hy geen geheim gemaak het nie. Hy wou graag haar jong lyf in sy arms neem, haar warmte aanvoel, al het hy geweet dis nie reg nie, was dit intense liefdesverlange wat hy nie kon keer nie.

Marié was baie nougeset grootgemaak, sy was baie lieftallig en ’n skoonheid in eie reg met skouer lengte,
half krullerige, donker hare en grou oë, wat soms ook blouerig lyk, na gelang van die kleur wat sy dra. Sy was ’n alleen kind, het nie maklik maats gemaak nie tot daardie dag...laataand.

Vinnige voetstappe kom tot stilstand reg agter haar, net voor sy die tuinhekkie oopmaak om in te gaan huis toe.
Hande gryp haar arms vas en uitasem groet hy: “Naand Marié, ek het op die hoekie vir jou gewag, wou jou kry voor jy in die huis gaan!” Sy draai verras om...”Ek ken daai stem, Naand, Louis!” antwoord sy vriendelik.

“Wil jy nie saam met my gou huis toe kom nie, net vir ’n klein rukkie, daar is iets wat ek jou wil wys en daar is niemand anders daar om my te help daarmee nie? Ek wil ook nie die hele tyd alleen spandeer nie, ek sien jou mense is ook nie tuis nie...toe sê jy sal, asseblief...ek wil jou so graag beter leer ken, jou pa spog aldag hoe fluks jy in die huis is, maar dis nie van belang nie...kom saam, toe! Ek sal vir jou ’n lekker koppie koffie maak!”

’n Klein stemmetjie waarsku haar om nee te sê, in te gaan na die veiligheid wat sy ken, binne die mure van haar huis, maar sy is so alleen, hunker na goeie geselskap...sy ken tog vir Louis en sy gee toe.

“Jy lyk darem soos ’n feë prinses in daardie pragtige rokkie, nogal effense verleidelike hals, maak mens nuuskierig om in te loer...!” sy voel half verleë en vat liggies aan haar lyf wat bokant die hals wys, niemand het
nog vir haar daarop gekomplimenteer nie, tog weet sy dat sy redelik goed bedeeld is, sy sien daagliks die manlike blikke op haar rondings, wanneer sy buite of in die kantoor rondstap.

“Jy laat my selfbewus voel, Louis!” sy vroetel rond met die kantjie om die halslyn...hy is dadelik by met ’n antwoord: “Dis glad nie nodig om so te voel nie, my nooientjie...dis natuurlik en daar om gesien en geniet te word!” laat hy hoor, wat haar erg laat bloos, ongemaklik laat voel, maar innerlik voel sy gevly, want sy ken dit nie. Sy weet dis vir soog doeleindes, die hoofrede dat God die vrou so geskape het.

Marié drink stadig aan die koffie wat Louis vir hulle gemaak het...hy neem langs haar plaas, byna teen haar...sy voel die warmte opwel in haar wange, voel hoe haar hart vinniger klop... hy is darem ’n vreeslike aantreklike man, so sterk gebou en songebruin, harige bors en arms...ai tog.. en daardie oë...sy wil liewer nie verder dink aan die vreemde gewaarwordinge binne haar lyf en probeer wegskuif van hom af.

“Het jy die koffie geniet?” vra hy, terwyl sy die koppie op die tafeltjie langs haar neersit. Hy skuif nog nader aan haar en met sy arm om haar skouer, trek hy haar nader, vurig brand sy lippe op hare, veg sy teen die emosie in haar jong bloeiende liggaam. Sy swig voor sy omhelsing, sy arms liggies om haar gevou, hou hy haar vir ’n rukkie styf teen hom aan, wyl die behoefte in haar al dringender, heftiger word.

Marié weet sy moet liewer loop, sy verstaan dat, wat hier gebeur, nie reg is nie, die man is getroud, sy moes liewer by die huis ingegaan het, as om saam met hom te kom, maar daardie smeulende oë, het haar soveel keer al gelok, nader getrek en haar jong hart wou nie laat los nie. So ’n geleentheid sal hom nie sommer gou weer voordoen nie.

Sy stoot hom hard weg van haar en staan dadelik van die bank af op. “Waarna moes ek kom kyk, waarmee net ek kan help?” vra Marié onmiddellik, half haastig om liewer van hom af weg te kom, dat hy vraend, verbaas na haar kyk. Hy verskoon homself vir ’n wyle en verdwyn in die gang af, waarna hy terugkeer met ’n groot portret raam in sy hande...op die foto, ’n potloodskets van haarself in ’n half naakte studie, volmaak, haar liggaam, waar nodig, net met ’n deurskynende stukkie sjiffon gedrapeer, amper perfek!

Skok en verbasing gaan gelyktydig deur haar, verlam haar vir ’n oomblik, dan kom sy stadig tot verhaal...”Waar kom dit vandaan?” vra Marié dringend. “Hoe het jy dit reggekry, ek het mos nooit daarvoor geposeer nie...wat maak jy daarmee?” haar stem nou bewerig, baie na aan trane.

“Dit is my beste stukkie kunswerk wat ek in jare gedoen het, ’n meesterstuk, wat ek uit liefde vir ’n beeldskone jong nooi gemaak het en ek wil dit aan haar ewebeeld oorhandig, want dit sal nooit weer so vervolmaak kan word nie.” sê Louis, met soveel emosie in sy stem, dat Marié op haar beurt vraend na hom kyk. Toe sy dit neem, sien sy die naam in die onderste hoekie...Sonja, maar die oomblik is so spesiaal, vol deernis, dat sy huiwer om te vra wie dit is.

Hy gaan hartseer voort: “Ek het ’n gewas op die brein, tydsaam is ek besig is om blind te word. Daar is hoegenaamd niks wat die neuroloë daaraan kan doen nie, al sou hulle die gewas kon verwyder.!” Sy luister aandagtig na sy verhaal, met komplikasies wat reeds sovêr gevorder het, dat sy sig reeds aangetas is. Die gewas is van so ’n aard dat verwydering onmiddellike blindheid tot gevolg sal hê, sy lewe in gevaar sal stel.

Marié voel innig en diep jammer in haar hart, by die aanhoor van hierdie tragedie. Louis is nog in die fleur van sy jare, gaan nie meer vir lank kan werk op sy geliefde voetplaat en getroue Gareth stoomlokomotief nie. Die trane wel in haar oë op by die gedagte dat sy hom dalk nooit weer sal sien nie, nooit weer die skril, drie kort, fluite sal hoor nie, wanneer sy verby hom gestap het nie. Die man wat so integrale deel van haar daaglikse lewe geword het, al was dit nie persoonlik nie, het sy gevoel sy ken hom tog goed.

Sag, skor kom haar stem deur: “Hoekom hierdie aand...hoekom hierdie portret nou...hoekom juis ek?” vra sy na ’n lang stilte. Sy sou baie graag wou weet, hoekom...en wie is Sonja?

Louis was baie aangedaan toe hy die volgende tragedie vertel: “My oudste dogter het net soos jy gelyk, sou jou ouderdom gewees het as sy gelewe het...” hy sug, pink ’n traan weg met die agterkant van sy mooi sterk hand...”jammer vir die trane, maar ek was so lief vir haar...het haar gesien, wanneer jy verbyloop en ek het nooit haar beeld kon vergeet nie, as gevolg van jou!” Ek wou jou net vir ’n rukkie hier by my hê, voel of die Sonja is wat weer by my is.

Hierdie keer snik hy uit sy wese, sy skouers ruk en Marié tree nader, werp haar arms liefderik om sy skouers, terwyl hy stadigaan weer tot bedaring kom en verder vertel. Sy neem langs hom plaas, dink terug dat sy altyd met groot agting na hierdie man gekyk het, nie werklik verstaan wat sy innige begeertes en drange na haar was nie, het sy dit dalk, al die tyd, verkeerdelik interpreteer as iets anders as wat hy vanaand hier aan haar openbaar het?

“Sonja was ’n pragtige kind, so lief vir haar pappa en baie spesiaal. Sy was gebore met ’n hart defek, wat die dokters gemeen het sy sou ontgroei. Sy was so lewenslustig, altyd blymoedig en opgeruimd. Almal was so lief vir haar en sy was oral baie gewild en geliefd...” Hy vee met die sakdoek oor sy oë en kyk deurdringend na Marié.

“Sy was alreeds in die ‘groot word’ stadium, begin ontpop as ’n lieflike jong meisie, toe dit die dag gebeur...ons was almal in die swembad om af te koel na ’n vreeslike hittegolf. Niemand het opgemerk wat werklik gebeur het nie, maar die nagmerrie toe ons haar slap liggaam uit die swembad haal, naarstig kunsmatige asemhaling toepas, maar dit was reeds verby, die hart was te moeg, wou nie weer klop vir hierdie pragkind van my nie!”

Marié huil nou openlik saam met Louis, sit met haar hande in syne verstrengel en vashou aan die herinneringe wat so pynlik herroep en vertel word. Hy bied aan om saam met haar huis toe te stap, wetend sy sal hom nog sien, al is die beeld steeds somervars in sy geheue, van ’n dierbare geliefde kind, ook die wete dat hy dié pad self aanstons gaan wandel.

Die portret het ’n spesiale plek teen Marié se kamermuur gekry. Louis is kort daarna oorlede, nie baie lank na sy begrafnis, het sy vrou die portret by haar kom besigtig, lank daarna gestaar, die ooreenkoms so duidelik gemerk, terwyl trane rukkend uit haar siel vloei. Marié wou haar vir ’n oomblik alleen laat, maar sy wink haar nader, neem haar in haar arms, gee ’n liefderyke stywe drukkie, draai om en verdwyn na die eensaamheid van haar en Louis se huis, met die uitnodiging aan Marié om dikwels by haar te kom kuier... sy het ’n nuwe ‘aanneem’ dogter gevind in die meisie langs die spoor, die ewebeeld van haar eie oorlede kind.

© Joan Lotz 08/06/2010



.















Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Meisie langs die spoor
Duidelik 'n roerende verhaal met 'n effense verwarrende twist!Mooi! mwa xxx
9 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 1 uur oud


-
dis baie mooi mma, diep en pragtig geskryf xxx
9 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


Dis ook net jy Ms Joan wat 'n storie so kan skryf dat dit voel asof dit "ek" is oor wie jy geskryf het.

--
Toe sy dit neem, sien sy die naam in die onderste hoekie...Sonja, maar die oomblik is so spesiaal, vol deernis, dat sy huiwer om te vra wie dit is.
-- ***mysteriously beautiful*** geskryf!
9 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Ek het kom lees...
...omdat jy 'n paar van my goed gelees het. Ek is aangenaam verras. Dit was lekker. Hoekom is hier so baie lekker lees op Woes maar so min in die winkel waarvoor mense betaal word?
9 jaar 9 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


Hierdie is 'n baie mooi verhaal. Ek kon nie vinnig genoeg lees tot by die laaste letter nie.
9 jaar 9 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Die meisie langs die spoor (2)
Die lewe kort - pyn verdwyn.
Maar die dood van 'n kind....
Pragtig geskryf!!
9 jaar 9 maande 2 weke 4 ure oud


'n wonderlike verhaal en pragtig vertel! geluk Joan
9 jaar 9 maande 2 weke 13 ure oud


Dit was bai mooi. Verruklik vertel, met soveel emosie. Dat niks anders moes gebeur nie - jou eie meelewing met die storie, die emosie van die karakters het diep binne in jou daardie empatie kom loswikkel. Jy het dit met deurnis vertel, Joan. Baie dankie dat jy dit met my kon deel.

Lekker slaap en goeie nag.

Marcelle
9 jaar 9 maande 2 weke 20 ure oud


Ek hou hiervan goed geskryf.
9 jaar 9 maande 2 weke 22 ure oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar