Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die treinkompartement is leeg toe ek by die Parow-stasie opklim. Ek vervloek myself in my gedagtes omdat ek die tyd van die aand dit durf waag om nou eers huiswaarts te keer. In vandag se tyd kan mens mos nie meer kanse waag nie. Net laasweek nog het ek ‘n koerantberig geskryf oor ‘n 16-jarige laaitie wat deur skollies vanuit ‘n bewegende trein gesmyt was- en dit net omdat hy hom teëgesit het toe hulle hom wou beroof wat die horlosie wat hy van sy oor’le pa geërf het, die enigste nagedagtenis wat hy gehad het van ‘n man wie hy verafgod het. Ek onthou nog hoe sy ma tydens die onderhoud wat ek met haar gevoer het, damme vol trane gestort het: hoe riviere van smart oor haar wange gestroom het en hoe sy probeer sin maak het uit so ‘n sinnelose, barbaarse daad. Ek kan nie help om onwillekeurig te ril nie. Ja nee, ek vat beslis ‘n vet kans op die tyd van die aand die laaste trein huistoe te vat.

Daar is nie juis mense in die kompartement nie en ek maak my op ‘n bankie tuis. Aai, vir wat het ek my deur my kollegas laat ompraat om nog ‘n laaste biertjie te drink? Vir wat het ek al weer in die strik van hêppie hour geval? Maar dit gaan nie nou baat om ‘n lat vir my eie gat te pluk nie. Ek beter net veilig by die huis kom- ek moet net. Met die gerammel van die trein moes ek seker ingesluimer het, ek weet nie. Die eerste ding waarvan ek bewus raak, is dat iemand langs my kom sit het. Ek dink dit was die geur van haar parfuum. Een of ander blomme fragrance…of was dit nou roosmaryn?

“Het jy dalk ‘n light vir my, bru?” vra die stem terwyl ek probeer om aan die effense donkerte in die kompartement gewoond te raak.
“Sorry?” vra ek nog half deur die slaap terwyl ek wonder hoe lank ek ingesluimer het. Gits, het die trein nie al my stasie verbygery nie, is die eerste gedagte wat by my opkom.

“ You say sorry but you sure as hell don’t look sorry. Ek vra om jy ‘n light het, meneer. Of rook jy nie?”
Ek kan nie anders as om ‘n tikkie sarkasme, of is dit nou amusement, in haar stem te detect nie en sukkel om die lighter uit my jean se sak te kry.
Die onbekende dame trek ‘n diep skyf waarna sy behaaglik die rook die lug inblaas. Vir die eerste keer kry ek kans om na haar te kyk. Die eerste ding wat my byval is dat sy taamlik warm aangetrek is vir ‘n somersaand met ‘n swart langmou polo-nek trui, swart jeans en bypassende swart stewels.
“Dis lelik om na mense te staar wat jy nie eens ken nie, weet jy?”
“Ek’s jammer,” struikel ek oor my woorde terwyl ek voel hoe my gesig warm word en diie bloed na my ore vloei. “Ek sit eintlik ingedagte en dink aan iets en dit was glad nie my bedoeling op jou aan te gaap nie.”
“Yeah right, whatever,” kom die antwoord terug terwyl ek eensklaps ‘n trek van verbittering op haar gesig bespeur. “Daai line ken ek al want dis wat julle almal sê- die hele lot van julle.”

Ek weet nie wat om van haar skielike uitbarsting uit te maak nie en skuif half ongemaklik om die bank rond. Sy’s nogal nie onaardig nie, dink ek. Maar met daai attitude kan ek sien sy is ‘n vuurvreter katjie wat beslis nie kaalvuis aangevat kan word nie. Aai nou moet die trein darem laat loop sodat ek in die bed kan kom want more le weer ‘n harde dag voor. Met die dat retrenchments soos ‘n swaard oor almal se koppe hang, kan niemand mos bekostig om laat by die werk te kom nie en die hemele weet, ek skuld my liggaam ‘n ordentlike rus.

“Wat maak jy so laat op die trein?” vra die onbekende meisie langs my terwyl sy haar hare langsaam uit haar oe vee. “Hou jy hou brave of weet jy nie watter gevare laatnag treinryery deesdae inhou nie?”
“Ek kan jou seker dieselfde vraag vra,” sê ek. “Ek mean, ‘n dame soos jy loop seer sekerlik ‘n groter risiko as ek om, om… ag jy weet wat ek bedoel.
Sy snork onvroulik deur haar neus.
“Dame? Dame?”
“Uit watter Kerkbode-boekie het jy ontsnap. “Ek’s besig om te werk en die’s my roete die. Of het jy gedink ek’s oppad na een of ander koeksister byeenkoms?”

Haar uitbarsting word deur die gelui van my selfoon kortgeknip. Een van die taalsubs wat een of ander onnodige detail wil weet van die storie wat ek geskryf het van die walviskarkas wat op die Muizenberg-strand uitgespoel het. Ek kan sien dat die meisie aandagtig na die gesprek tussen ek en die sub luister, maar ek maak asof ek niks agterkom nie. Na die sub seker is sy het nou alle feite rondom die walvis se nie-so-ingewikkelde heengaan op ‘n verstaanbare way vir die leser uiteengesit, word die gesprek met ‘n “lekker aand vir jou ook” afgesluit.

“So jy’s ‘n koeranthond?
“Van daai soort wat goed uit hul duim suig en as die heilige waarheid aan nuushonger siele verkondig?”

Ek kan nie help om te sug nie. Ek is waarlik nie nou in die mood om ‘n gesprek aan te knoop oor die etiek rondom joernalistiek en al die ander honderd en tien grille nie- dit gaan soos gewoonlik net op ‘n stryery uitloop.

“As jy so sê,” sê ek en hoop innerlik die gesprek is daarmee afgehandel, maar die hoop beskaam nie die keer nie.

“Ek het eens op ‘n tyd ‘n joernalis ge-date, maar die vark het my op meer as een keer belieg en bedrieg.
“My die son en die milky way belowe, soppy love poems vir my geskryf en helaas alles op die ou einde net vir ‘n stuk koek.”
Dit lyk of sy eintlik met haarself praat en ek laat haar maar begaan.

“Vir my gese hy’s lief vir my, wil oud raak saam my en onder die sterre hand en mond gesweer hy sal nooit my hart breek nie, nooit die belofte van ewige trou aan my verbreek nie.
“En toe…”

Sy kyk met ‘n hartseer trek en ‘n bewende lip na my. Maar ook net vir ‘n wyle voor ‘n harde kors weer voor haar amandelbruin oe inskuif en ek weer die idee kry dat verbittering haar eintlike daaglikse brood is.
“Wat baat dink om te kla en oor ‘n woordedief, ‘n hartedief te treur,” sê sy skouerophalend.
“Ek hoop net die vark kry eendag sy verdiende loon en dat woorde, leuens en wolhaarstories sy kis na sy laaste kluite-bestemming-sy laaste formula one hotel waar hy so sonder gewete rondgehoer het-gaan dra.

Ek’s nog oopmond besig om haar aan te gaap toe die trein op Kuilsrivier-stasie tot stilstand kom en sy sonder ‘n woord opstaan, uitklim en in die donker nag verdwyn.

Aai die hoernaliste in my beroep darem, dink ek nog terwyl ek my goed bymekaar maak en wag vir die trein om in beweging te kom, Meltonrose-stasie toe, huistoe.

Ek maak dit darem in een stuk tot by die huis, smyt my werksak iewers in ‘n hoekie neer, drink ‘n paar vinnige doppe van ‘n cheap bottel whisky wat ek sommer op Kaap-stasie gekoop het en kruip later, heelwat swaai-boude, met klere en al in die kooi.

Ek staan die next oggend met die usual bloedbelope oë op en gaan kry die oggendkoerant by die voordeur van my flat. Ek scan lusteloos deur die koerant, maar skrik my byna uit my dranklus toe my oë op ‘n beriggie onder op bladsy sewe val.

“Die lyk van onbekende jong vrou is laat gistermiddag tussen die Parow- en Belville-stasie deur ‘n verbyganger gevind,” lui die berig.

“Die vrou wat geklee was in ‘n swart polo-nek trui en ‘n swart bypassende denimbroek, het volgens omstanders voor ‘n aankomende trein ingespring. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, word geen gemene spel vermoed nie en …”

En ek skrik my byna tot anderkant Antartika vir die amandelbruin oë wat vanuit die bygaande foto na my staar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Meisie op die laaste trein na nêrens
Jou eerste paragrawe gee my die indruk dat die karakter ’n vrou is. Die karakter is nie gee nie die gevoel van manlikheid sterk deur nie.

“Gits” Watter man op aarde gebruik hierdie woord ooit?

Let op na spelfoute wat soos gremlins uitspring en jou aanhalings is op verkeerde plekke. Die engels in die verhaal is soms steurend en ek voel dat die Afrikaanse weergawe ‘n beter effek sou gee.

Ek sou die laaste sin uitgelaat het want dit dra nie by tot die spanning nie.

Groete

Chenél
10 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


lekker gelees en dit geniet! Nice afleiding vir 'n lui Vrydag :)
10 jaar 9 maande 4 weke oud


puik storie, ek was geboei tot die einde.
10 jaar 9 maande 4 weke 2 ure oud


Meisie op die laaste trein
Dit IS 'n oulike storie. Ek het sommer lekker daaraan gelees. Ongelukkig: Ek weet nie of dit met die oorplasery gebeur nie, maar daar is baie spelfoute en/of halwe woorde wat 'n demper plaas op 'n andersins lekker lees leesstof.
10 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar