Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Buks, sy vrou Annetjie en Sus Hannetjie en vier kinders het ‘n redelike rustige bestaan gevoer. Omdat hy ‘n kort mannetjie was, was dit sy missie dat hy fisies baie sterker ontwikkel moet wees as sy mede geslagsgenote, en sy boks-skool was sy trots. Na werk net hy in die aande boks afrigting gegee, maar Vrydag aande was sy af aand. Dan het hy in die kroeg saam met die manne gaan kuier en eers twaalfuur die nag as die kroeg sluit, vrolik afskeid geneem en singend voet geslaan oor ‘n houtbruggie, by die begraafplaas verby teen die kronkelrige klipperige paadjie op, huistoe. Die omgewing was ruig, met welige plantegroei en hoë bome wat in die nag eienaardige dansende spook skaduwees was. Met die stywe kappe agter die blad was dit vreesaanjaend.

Die gesingery was ook nie om dowe neuter nie. Hy was fisies sterk, fiks, rats en so taai soos ‘n ratel en het niks gevrees nie, nie eers die duiwel nie. Tog was daar ‘n swakheid diep in sy binneste verborge, sy vrees vir spoke. “Die een ou spook was vet, en die ander ou spook was maer” was nou een van sy gunsteling kroeg liedjies nie. Dit het hom so ‘n eienaardige krieweling onder die kopvel gegee vernaamlik later in die aand. Dan bestel hy nog so ‘n dubbele aaroopmakertjie om die aardige gevoel wat oor hom kom, die nek in te slaan.

Tuis was vroulief Annetjie en sus Hannetjie glad nie dik van die lag oor Buks se Vrydag aande koeg kuier en lawaaierige terugkeer huistoe episodes nie. Sy gesingery as hy die bruggie nader het net al harder en harder geword, en kon straks dalk regtig die dooies opwek. Toe beraam hulle ‘n plan. Sy swakheid, vrees vir spoke, sal uitgebuit moet word om hom van sy Vrydag-aand kapperjolle te genees. Gewapen met wit lakens oor hulle lywe en ‘n flits onder die laken vasgehou, kruip hulle toe een Vrydag nag net voor twaalfuur tussen die ruigtes weg. Met spoke wat hom jaag, sou hy twee keer dink voor hy weer tot ou nag gaan fuif.

Van vêr af hoor hulle hom singend aankom: “Al is dit donker en laat in die nag, steeds hou die engel oor jou wag”…. Oor en oor sing hy die wysie oppad na die houtbruggie toe. Links van die houtbruggie het ‘n ou begraafplaas gelê en sy enigste verweer om die spoke van sy lyf af te hou was om te sing, hoe banger hy word hoe harder sing hy.

By die bruggie steek Buks vas. Dit is volmaan en hy loer so skrams na die begraafplaas. ‘n Man wil nou nie onverhoeds betrap word as een van die geraamtes dalk sou besluit om in ‘n wit wolk te verskyn nie. Hy het gehoor dat ‘n mens dwarsdeur ‘n spook kan slaan, en vir vuiste uitpak sien hy kans sou hy gekonfronteer word. Met sy oë weer stip voor hom pak hy die tog oor die bruggie aan. Hy begin weer dawerend sing: “ Al is dit donker en laat in die nag, steeds hou die spoke oor jou wag.” Die engele nou skoon vergete. Die dubbels, rugby en vroumense gemeng met spookstories oor volmaan laat hom vinniger loop. Twee rye spore is min, hy trippel soos in ‘n bokskryt maar die ritme ontbreek en hy slinger in die begraafplaas se rigting.

Dit is die kans waarvoor Annetjie en Hannetjie gewag het. Hulle storm op Buks af en gil: “Brandewyn spoke, ons het jou kom haal” As dit nie vir die alkohol in sy are was nie, het Buks se bloed gevries. Hy sien die wit een-oog gedaantes uit die rigting van die begraafplaas kom, toe kry sy vrees gestalte. Hy tref die eerste spook met ‘n kort linker en toe ‘n treffer regterhou, die spook gaan grond toe. Met die neerslaan en bene wat die lug in opskiet, vlieg Annietjie uit haar skoene en tref een van die skoene Buks voor teen die bors. Toe is die hel los. Die spoke baklei dan terug! Dit is hier waar hy al sy boksvernuf tot die uiterste op die proef stel. Hy is doof vir Hanetjie se gille toe sy skreeu: “Buksie dit is ek en Annetjie” hy hoor dit is Annie, en Annie is sy oorlede skoonma. Met skoonma wat uit die graf opgestaan het en hom takel, haal hy alles uit om die ou vrou terug te kry in haar rusplek. Van haar het hy genoeg gehad toe sy nog in die land van die lewendes was. Hy slaan vir Hannetjie met een hou onder die laken uit. Sy bly ook lê.

Paraat vir die volgende aanval vlieg hy om sodat hy sy agterhoede kan dek, verloor sy balans en val oor Annetjie wat besig is om by te kom en orent beur. So in die val , oppad grond toe, slaan hy ‘n haak hou, pos haar terug op haar plek. Dit is toe hy opspring om te begin hardloop dat hy sy wederhelfte langs hom erken. Roerloos. Adrenalien gemeng met alkohol en skok laat sien hom polisie, tronkselle en begrafnisse. Hy gryp vir Annetjie met die linkerhand vas vir Hannetjie met die regterhand en begin sleep bult-op sommer kortpad deur die bosse, huistoe. Vyf en veertig kilogram aan beide kante en die prentjie van weeskindertjies sy dryfkrag. Yswater en skreeuende kinders laat die vrouens gelukkig weer bykom. Van slaap inkry was daar nie veel in die “veld-hospitaal” bo teen die bult nie.

Saterdag-oggend douvoordag is daar ‘n klop aan die voordeur dit is dominee. Of dit die noodlot is en of dominee dalk snuf in die neus gekry het weet Buks nie. Hy sien swarigheid voorlê met die verduideliking van die toestand van die vrouens. Hulle stap mank, stom en die kinders loop wye draaie om die twee wat soos dag spoke lyk. Hy kan homself skop dat hy sy belofte gebreek het om net een of twee ou doppietjies te maak en dan huistoe te kom. Met die sit slag staan die jongste kind styf teen hom, nuuskierig om te hoor wat oom dominee te sê het van sy sterk pa. Annietjie kom die sitkamer in om vir dominee te groet, praat maar swaar en kan beswaarlik uit haar twee oë sien.


Dominee staar in afgryse. Annietjie lyk soos ‘n voorbode uit die Griekse mitologie! Altwee haar oë pers-blou. Bo-lip hang halfpad oor die onderlip. Haar agterkant, bene en arms, is kreefrooi van mecurochrome gesmeer oortrek met ‘n veldslag van pleisters, stille getuies van die oorlog oor die klippe en deur die bosse.

“Oom Dominee” skree die jongste kleintjie “My pa het my ma geboks, onder die laken” Dit was een te veel vir dominee.

“broer Buks, as herder van die gemeente kan ek nou nie vals wees om te sê ek gaan nie inmeng nie, maar ‘n dringende kerkraadsvergadering sal belê moet word. Ons het hier te doen met minderjarige kinders en as ek so na Annetjie kyk, word jou optrede teenoor jou vrou in ‘n baie ernstige lig beskou”

Tot Buks se skade en skande moes hy toe met die sak patats vorendag kom en noodgedwonge vir dominee in kennis stel van sy Vrydag “af” aandjie wat op so ‘n debakel uitgeloop het. Dominee
het fronsend in ongeloof die storie aangehoor en dit is eers toe sus Hannetjie met haar blou geslaande oog, lyf wat van agter lyk of twintig mal katte haar gepak en rou gekrap het, by die geselskap aansluit dat dominee bo redelike twyfel oortuig was van die misverstand by die begraafplaas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Ja-nee. Lawaaiwater en begraafplaas gaan nie hand aan hand!
8 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar