Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Nota: dele van die dialoog van "Jane" gaan nog in vlaams vertaal word.)

Hulle sit snoesig op die dik, sjokolade-bruin mat voor die kaggel. Hy met sy rug teen die leuenstoel, sy tussen sy bene met haar rug teen sy bors. Sy arms is om haar gevou. Haar kop rus teen sy nek.
“Hoe het ons nou weer hier geland?”
Vir ñ oomblik is hy stil. Die kaggel kletter geluksalig. Lig dans op haar ligte bruin hare en sy blink swart hare.
“Dis ñ lang storie,” sê hy en soen haar teer teen haar slaap.
Sy trek sy arms stywer om haar en sug genëe.
“’n Sprokie, nê?”
“Ja, my lief.”
“Vertel dit weer?”
“Eendag lank, lank gelede was daar ñ hartseer engel vasgevang in ñ web van bose mense...”
Sy lag sonder inhibisies.
“Jy’s sooooo reg. En toe?”
“Toe besluit die Hoër Hand in die goeie hemel dat dinge moet verander en hy stuur die engel op ñ missie na ñ vreemde land toe.”
Sy kyk oor haar skouer na sy oë. Haar oë skitter.
“En toe?” Sy kyk terug na die kaggel.
“In die vreemde land was daar ñ ridder met ñ hart vol liefde, maar heeltemal onhandig met vroumense.”
Hulle lag saam.
“Jip,” bevestig sy.
“Toe breek iemand die engel se vlerkies en sy val voor die ridder se deur.”
Hulle is stil vir ñ oomblik. Sy laat haar traan op sy arm drup. Hy gee haar ñ stywe drukkie.
“En toe lewe hulle ‘happily ever after’,” fluister hy sag.
Sy kyk weer vir hom.
“Dankie. Die res wil ek nooit weer beleef nie. Net die dele waar ek gelukkig was. En die einde,” sê sy sag.
Hy soen haar nek deur haar hare. Haar geur vul sy neus. Vir ñ oomblik hou hy sy gesig daar.
Die model mooi meisie en kunstenaares is uiteindelik ñ volkome, gelukkige vrou. Haar demone uitgedryf, die oorloë oorwin en haar siel salig en vreedsaam. Nou is sy net haarself...

Die vrou hardloop. Sy kan skaars voor haar sien in die mistige donker nag, maar sy strompel voort so vinnig as wat sy kan. Skielik struikel sy oor ñ boomwortel en toe sy wil vastrap gly sy op die langerige, klam gras. Sy mis die hoekpaal met doringdraad net-net. Wankelrig druk sy haarself op teen die paal en sukkel aan. Haar volgende tree val skielik toe die grond weg raak onder haar. Hard land haar voet met ñ plons geluid in vlak water. Momentum keer dat sy nie haar balans heeltemal verloor nie. Sy spat vorentoe, effens vooroor gebuig. Pyn skiet oorweldigend deur haar linkerbeen en sy word gestuit tot stilstand tesame met ñ krakerige klap/knal geluid (“snap”). Dood gestop in haar vaart tuimel sy vooroor en keer met haar hande. Harde grond stuit haar onverwags halfpad ondertoe. Haar liggaam vou dubbeld. Sy trek haar bene op en haar liggaam krul op in ñ bondeltjie. Uit die eselr tref ñ onsigbare hou haar bo haar regteroor. Dis asof ñ skakelaar geflip word. Sy val slap op die gras en lê bewegingloos.
Die grond draai en spin vertikaal toe sy haar oë oopmaak. Dit laat haar naar voel. Sy knip-knip haar oë. Verwronge patrone swem in haar kop. Haar brein voel wollerig en wanneer sy weer haar oë oopmaak trek hulle op ñ pynlike punt. Sy sluit weer haar oë. Die wêreld tol. Sy’t nie krag nie. Dan hoor sy voëltjies iewers sing. Met moeite rol sy effens op haar sy. Net betyds. Haar liggaam ruk en sy braak ñ gallerige, bloederige slym uit. Pyn skiet deur haar liggaam met elke beweging. Toe haar liggaam nie meer kan nie, vervaag alles na ñ salige duisternis...

Die klein selfoontjie lui ñ Afrikaanse deuntjie.
“Kan mens nie eens meer in vrede toilet toe gaan nie! Niemand sal bel totdat...” mompel oom Koos by homself.
“Wat’s dit?” antwoord hy.
“Pa! Hier’s ñ vrou by die beeskraal!”
“So?”
“Sy’s vol bloed!”
“Ek bel gou die ambulans. By watter kamp is jy?”
“Ek’t kom kyk of Prinses gekalf het en toe kry ek haar hier waar die stormpyp is.”
Koos druk sommer die foon dood. Die noodnommers is in die kombuis teen die yskas se deur geplak.
Piet staan verboureerd rond langs sy bakkie. Aan die eenkant wil hy haar inlaai en hospitaal toe vat en aan die ander kant onthou hy iets van beseerde mense wat nie beweeg mag word nie. Hy gooi sy dik baadjie oor haar brose lyf.
“Dit moet seer wees.”
Haar linkerkantse been is gebreek tussen die knieg en die voet en buig onnatuurlik vorentoe. Haar hare is vasgeplak aan haar kop en haar polonek trui is deurtrek met water en bloed. Tog kort sy net ñ kombers dan lyk dit asof sy salig half op haar sy in haar bed slaap met haar arms oop. Piet wil so graag help. Hy druk sy hande in sy sakke.

Donker. Helder lig. Donker. Naar. Helder lig. Draai. Donker. Skemer. Masker. Slaap.
Lig. Naar.
Sy probeer oorlê na haar linkerkantse sy, maar haar liggaam wil nie. Haar linker been is opgehys in die lug. Pyn skiet deur haar been en haar sy op, af met haar skouer tot in haar vingerpunte in. Sy kreun en lê vinnig oor na haar regterkant. Haar liggaam begin weer krampagtige ruk en sy braak op die draaiende vloer. Twee wit tekkierige skoene verskyn by haar bed. Sy voel ñ hand liggies druk op haar linkerarm en sy ruk weg vir die elektriese skok. Sy maak haar seer oë toe. Sy braak nog, maar niks kom meer uit nie. ñ Ligte steekie op haar arm byt haar arm en sy voel hoe ñ branderige vloeistof haar arm binnedring. Genadiglik gaan die naarheid skielik weg. Haar tong is taai en opgeswel . Sagkens word sy terug gelê teen die wit, powwe kussings.
“Waar’s ek?” vra sy terwyl sy veg om haar oë oop te maak.
‘n Gesette, swart verpleegster frons.
“Don’t worry, you’re safe,” antwoord sy en probeer die kussings gemakliker onder haar kry, “You’re in a hospital.”
“Wat... wat het jy gesê ?”
Die verpleegster frons weer, “I’ll get you someone who can speak Afrikaans. You must try and relax.”
Sy hoor nie die verpleegster verder nie. ñ Deurmekaar slaap oorval haar weer.

“Sy is nou in ñ stabiele toestand. Dis waarom ek julle laat kom het,” sê die jong donkerkop vroue dokter langs die bed.
“Dankie dokter,” sê ñ polisievrou langs haar, “Kan ek dalk solank haar vingerafdrukke neem?”
“Sekerlik. Maar die medisyne behoort nou enige oomblik uitgewerk te wees.”
Asof “on qeue” fladder die pasiënt se oë oop.
“Hoe voel jy?” vra die dokter toe die vrou lyk asof sy by haar bewussyn is.
“Huh? Wat ?”
“Dis nie Afrikaans nie,” merk Piet verbaas op van anderkant die bed af.
“Ja, maar dit klink baie dieselle,” sê die dokter, “Sterkte. Ek gaan julle nou eers verlaat.”
“Goeiemôre juffrou,” sê die polisievrou op ñ gerusstelende manier, “Ek is Tania,” sy knik in sy rigting, “en dit is Piet Boonsaaier.”
Die vrou sê niks. Kyk net met groot oë van die een na die ander.
“As u ons kan verstaan, knik asseblief.”
Niks.
“Kan u vir my sê wat u naam is?” vra Tania stadig in ñ sagte, troostende stem.
Die vrou se oë rek groter.
“Ek moet u vingerafdrukke neem,” sê Tania en vat liggies die vrou se regterhand.
“Moenie aan my vat nie!” gil die vrou en pluk haar hand weg.
Tania se skouers sak en sy staan terug met ñ sug.
“Juffrou, ons moet uitvind wie u is. Sê vir ons dan hoef ons nie deur hierdie oefening te gaan nie.”
Die vrou kyk haar woedend aan. Sy druk haar hande teen haar bors met haar regterhand styf oor haar linkergewrig, gespalk in verbande, vasgeklem.
“Dalk moet jy wag tot sy weer slaap en dan skelm haar afdrukke neem,” sê Koos van die deur se kant af.
“Hallo oom Koos,” groet Tania moedeloos.

Piet en Koos sit by die klein kombuis tafeltjie en eet. Net die geluid van hulle eetgerei en die sagte dreuning van die yskas is hoorbaar. Die maaltyd is pampoen , aartappels en biefstuk. Net soos hulle daarvan hou.
“As dit nie vir die ‘batman’ ooghare was nie, kan ek sweer sy kon ñ model gewees’t,” breek Piet die stilte.
“Dalk ja. Selfs met die wenkbroue. Jy weet, die modes het nog nooit sin gemaak nie,” sê sy pa saaklik.
“Het pa haar mooi oë gesin? Dit is so lig soos die blou van ñ sonsondergang s’n.”
“Mmm.” Oom Koos frons bietjie. Sy seun is nie bekend vir sy digterlikheid nie...
Messe en vurke skraap weer kras op hulle borde.
“Sy praat snaaks Afrikaans.”
“Klink soos Nederlands sou ek sê.”
“Sy’s baie vreemd.”
“Jip.”
Stilte behalwe vir tande wat kou.
“Aaklige asem. Ruik soos honde...”
“Pa! Dis ñ siekte! Holis... Hasil...”
“Halitosis.”
“Daar’s medisyne daarvoor. My sinusse is in elk geval toe... Maar sy’s mooi. Of wat dink pa?”
“Ek dink sy moet teruggaan na waar sy vandaan gekom het.”
“En dit is waar?” Piet kan nie die sarkasme in sy stem wegsteek nie.
“Wat sê die polisie?” vra sy pa effens nors.
“Haar vinger afdrukke is nie in hulle stelsel nie. Sy’s heel moontlik van oorsee af. Sy’t nêrens om heen te gaan terwyl hulle probeer uitvind wie sy is nie... Dalk moet ons haar hier by ons laat bly,” praat Piet ingedagte.
Sy pa kyk vir ñ oomblik peinsend na hom. Piet skuif ongemaklik rond op sy stoel.
“Dalk,” gee Koos toe en eet verder. Piet se wenkbroue lig verbaas. Hy eet die laaste happie kos op sy bord en verskoon homself terwyl hy nog kou.

“Goeiemôre dokter.”
“Môre Piet. Bel jy weer oor Jane?”
“Jane?”
“Die polisie het ñ motor gekry, maar als daarin is gesteel. Selfs die wiele en nommerplate. Hulle vermoed dit was hare. Ons het haar Jane Doe gedoop vir tyd en wyl.”
“Kan sy nogsteeds niks onthou nie?”
“Nee. Daar’s nog baie angs en die berader het aanbeveel sy bly nog ñ aand oor. Sy sê Jane praat Vlaams.”
“Het sy al iewers om heen te gaan as sy ontslaan word?”
“Noggie.”
“Mag sy dalk... um... ons het ñ ekstra kamer en badkamer as sy dalk plek soek.”
“Ek glo nie dit sal ñ probleem wees nie. Sal jou laat weet.”
“Dankie dokter.”
“Lekker dag verder, Piet.”

Arms styf gevou lyk Jane haar normale opstandige self toe die verpleegster beduie na die rolstoel, maar sy klim tog versigtig in. Die hospitaal het haar ligte blou polonek top, denim, wit kant-onderklere en kort sokkies gewas nadat die polisie klaar was daarmee. Ten spyte van hul beste pogings het die klere nog vae bloed-vlekke op. En hulle moes die denim se linkerpyp oopsny om vir die gips spasie te maak. Die verpleegster draai die rolstoel om en stoot haar na die deur toe. Die styf gegipste been stamp teen alles.
Oom Koos en Piet wag by ñ groot, kersie-rooi Ford F100 bakkie. Hy krap sy kop toe Jane met haar gespalkde been in die rolstoel en krukke oor haar skoot daar aankom.
“Jy moet maar agterop ry, seun.”
Piet kreun. “Ek’t mos gesê ons moet eerder met die ‘double cab’ kom.”
“Daarie bakkie van jou het dalk baie sitplekke, maar hoe sou haar been ingekom het?”
“Pa’t net verskoning gesoek met die Ford te ry. Die ‘double cab’ se agter sitplekke is net so groot.”
“Gaan julle heeldag stry? Ek het werk om te doen,” ruk die streng verpleegster haar op.
Hulle gaan oor tot aksie. Piet lyk asof hy agt arms het met dubbele elmboë. Hy wil Jane help inklim, maar weet nie waar om te vat nie en is net in die pad.
“Klim tog net agterop,” beveel sy pa iesegrimmig.
Piet klouter soos ñ skoolseun op die bak. Koos hou Jane se linkerhand vas sodat sy daarop kan steun en met haar regterhand hys sy haarself op teen die bakkie. Na ñ effense gespook kry sy haar gespalkte been in en moet sy met haar rug skuins na die bestuurder se kant toe sit.
Die groot ou enjin brul en na ñ klomp windpomp-arm draaie kry oom Koos dit reg om uit die parkeer area te ry. Jane kyk die oom gefassineerd aan. Hy hou sy neus hoog in die lug en maak asof dit die maklikste maneuvers in die wêreld is. Hy merk die effense glimlag op haar gesig en glimlag ook meer op sy gemak. Dan val hulle in die pad. Daar heers ñ doodse stilte. Met ñ frons kyk Jane vir die landskap.
“So, jy onthou niks nie?” vra oom Koos om die ongemaklike stilte te breek. Jane antwoord nie, glimlag net skrams en kyk af na haar hande, maar oom Koos kan sweer dit het gelyk asof sy verstaan. Sy kyk weer voor haar uit na die landskap.
Een voordeel van so ñ groot bakkie is dat dit soos ñ skip beweeg. Die hobbels en gate in die tweespoor plaaspadjie voel soos elegante see golwe. Jane klou eers aan die paneelbord en deur se handvatsel vas, maar dit lyk asof sy dit begin geniet en sit weer ontspanne terug. Dalk is dit die pynstillers, glimlag oom Koos stilweg.
Soos hulle inry by die werf herken Oom Koos die groot dubbelkajuit Toyota van sy suster, Lena. Agterop kreun Piet toe hy dit sien.
Die groot Ford stop statig voor die deur. Die twee het skaars by Jane se kant van die bakkie gekom toe hoor hulle haar.
“Môre! Wat vat julle so lank? Ek wag al van 9 uur af!”
“Môre Lena,” sê oom Koos rustig en maak die bakkie se deur oop vir Jane.
“Môre tannie Lena. Hulle het haar eers 9 uur ontslaan,” wil Piet protesteer.
“Wag, julle gaan haar seermaak. Laat’k sien?” Sy stamp en stoot voor hulle in.
Jane deins sigbaar weg van die groot vrou. Nie dat tannie Lena baie vet is nie. Sy neem net so baie spasie op met haar persoonlikheid.
“Ah, ah, ha. Sy moet agteroor lê en dan moet julle haar uittel. Sy gaannie met daai been kan omdraai daar binne nie. Kom nou!” Sy tree terug en druk Piet ongeduldig vorentoe.
Oom Koos en Piet kyk onderlings vir mekaar. Piet weet nou nog nie hoe sy pa dit reggekry het om so rustig uit te draai met ñ suster soos tant Lena nie.
“Kom Jane, lê terug. Hulle sal jou nie laat val nie,” sê die tante en beduie wild. Jane voel sy het nie veel van ñ keuse nie en versigtig soos ñ swanger vrou skuifel sy na die deur toe. Piet leun in die kajuit in en vat haar om haar skraal ruggie met sy linkerarm en onderdeur haar sitvlak met sy regterarm. Sy gesig sê: “gefokus”. Gelukkig vir hulle is hy lank genoeg om haar op te lig en uit te haal.
Tant Lena kyk verbaas na hom. Jane se been tref nie een ding terwyl hy haar uittel nie. Hy dra haar sonder moeite in die huis in, steeds oplettend om nie die been teen die deurkosyn te stamp nie, en gaan sit haar neer op een van die gemaklike groot leerstoele in die sitkamer. “Wanneer het het die seun so groot en sterk geword, Koos?” vra sy, “En so liefderyk?” Oom Koos glimlag.
“Kom skuif die koffietafel nader sodat sy haar been kan opsit,” beveel tant Lena meer simpatiek. Met een gladde beweging trek Piet dit nader en lig haar been versigtig op. “Wanneer laas het sy haar pynpille gedrink?” vra tant Lena. Piet merk die effense trane in Jane se oë. Hy spring terug asof hy ñ slang gesien het en vroetel met sy hande.
“Hoe moet ék weet, tannie?” vra hy kwaad.
“Dis amper middag-ete so dis seker in elk geval tyd. Ek’t Sarah saamgebring om so bietjie te help. Ek kannie die arme weeskind alleen in julle hande los nie. Sy het ñ vrou om haar nodig. Kom help aflaai. Ek’t vir haar klere gebring van die kerk af. Ek hoop dit pas. Sy’s nogals lank.” Sy warrel by die deur uit en Piet volg gehoorsaam.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Boeiend.
9 jaar 2 weke 3 dae 11 ure oud


Model, Kunstenaar, vrou (hfstk 1
Ek sal beslis verder lees!
9 jaar 9 maande 2 dae 22 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar