Projek: Water/Moedersdag
Weergawe: 1
Aantal woorde: 488
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 03 May 2013
Martie lê en bekyk haar man so onderlangs. ‘n man is soos water, daarsonder het jy ‘n droë dooie bestaan. Die jare het aangestap. As mans ouer word is heelwat van hulle nie altyd in staat…… kom ons sê om byvoorbeeld laat wakker te bly nie. Hulle kruip vroeg in en is later as gewoonlik uit die vere. Is soms oupa brombeer, maar wat…, so met die ouderdom word vrouens net slimmer “horende doof”. Hy lê rustig langs haar en slaap. Of snork nou vir alle vrouens rustig klink, weet sy ook nie, maar dit is gerusstellend , ‘n bekende geluid oor die baie jare van saamwees, eintlik dierbaar. Hy is nou nie meer die heel aantreklikste man wat sy al gesien het nie, ook darem nie onaansienlik nie, tyd het ook al sy verouderings paaie gekerf in kronkelende droë vel-beddings. Sy hou nie van die woord plooie nie, verkies miniatuur droë watervoor-spoortjies, menslike riviertjies op die aard-vel. Maar voorkoms speel nie meer regtig ‘n rol nie. Die baardstoppels sit soos fyn dorinkies op sy ken, bolip en wange. Sy kan haarself nie keer nie en streel saggies oor die doringkies, dankbaar vrouens hoef nie te skeer nie. Sy sou verseker minus haar bolip gewees het met verskeie skeermeslem letsels oor haar wange. Sy kan haar verkyk as hy skeer, behendig en skreeusnaaks met die wit skuimgesig, en dan die reuk! Skoon, manlike, heerlik!
Vir haar is ‘n man die aller pragtigste wese. Hulle ruik net anders as vrouens. Sy wonder of daar nie dalk saam met die testosteroon hormoon, manlike parfuum feremoon iewers gratis, verniet, ingebore is nie. Die aantrekkingskrag van ‘n man se reuk laat haar gedagtes bruis. Koers vat, jare terug, na jonkwees, mooiwees, vrouwees, troue, huis opsit, kinders grootmaak en al die lief en leed wat daarmee saamgegaan het. Verskil het hulle verseker. Geen man en vrou sal ooit oor alles saamstem nie, daarvoor is die vrou te kompleks vir die man om te verstaan en natuurlik vice versa. Die belangrikste is om mekaar ruimte te gee en bo alles, te aanvaar soos hulle is.
Sy loer weer skuins na die man in haar lewe. Hy aanvaar haar met al haar streke en geite daarom is sy vir hom lief. Die silwer in sy hare blink, sy oë is toe, hy lyk vir haar soos ‘n tevrede baba katjie. Sy gaan haal ‘n glas yswater en gooi hom nat. Haar plan werk, hy spring brullend soos ‘n jong beer op. “Martie het jy nou stapelgek geword?” Sy krap die ylwordende nat haartjies op sy kop deurmekaar, soen die ou blessie. “Nee my man, ek is net lus om met jou te gesels oor moedersdag, vadersdag en ons troudag” lag sy skalks…… wie weet waarheen kan die gesprek dalk lei?
Die Vader het geweet hoe om ‘n man te ontwerp, goed te ontwerp, soos standhoudende water, om die vrou te bederf op moedersdag, dit is verseker!
Lees ander kortverhale deur Ffeerg xuoreL
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Viooltjie
Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.