Kortverhale

Titel: Moord BPK
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die son se eerste strale het pas agter die bergpiek verdwyn en omhul die lug in ‘n warm oranje gloed. Die tafeltjies van Un Cafè is almal in beslag geneem en mense sit vrolik en bespreek die dag se gebeure. Camilla, Juan-Mari en Daniella sit buite by ‘n tafeltjie wat reg oor die see uitkyk. Camilla se eerste boek is onlags gepubliseer en hulle vier haar sukses. Sy vee ‘n sliert hare, die kleur van warm sjokolade uit haar blou-groen oë. Sy bestudeer Daniella, haar beste vriendin sedert hulle drie jaar oud was noukeurig. Sy het haar al soveel aangemoedig om aan modelwerk deel te neem, maar Daniella wat sielkunde swot wil net mooi niks daarvan weet nie. Juan-Mari het eers twee jaar gelede by hulle aangesluit toe sy Daniella by ‘n partytjie ontmoet het. Sy en Daniella het nogals dieselfde beenstruktuur merk sy, maar dis al ooreenkoms wat daar is. “Ek sal moet gaan. Ek het ‘n toets om voor te swot.” Die ander twee stem traag saam met Daniella en nadat hulle klaar betaal het slaan elkeen sy eie koers in. Daniella bly naby die koffiewinkeltjie en stap sommer huistoe. Die son het nou heeltemal gesak en die skemerte omvou die lug soos ‘n warm donskombers. Daniella versnel haar pas om weg te kom uit die soel aandluggie wat deur haar bloes se dun materiaal sny. Uiteindelik sien sy die huis wat sy saam met Illze en Madelyn deel, twee van haar vriendinne wat saam met haar sielkunde swot. Sy stoot die tuinhekkie oop en stap met die geplaveide paadjie langs tot by die voordeur. Sy merk dat die huis pikdonker is en neem aan dat Illze en Madelyn nog nie tuis is nie. Sy soek na haar sleutel, maar tot haar verbasing kan sy dit nie kry nie. Sy soek rond in een van die potplante waar hulle altyd ‘n spaarsleutel hou vir sulke gevalle. Die deur kraak stadig oop en sy ril toe ‘n yskoue vlagie wind oor haar waai. Sy sluit die deur vinnig en probeer die lig aanskakel, maar die wil ook nie werk nie. Sy wonder of die krag nie dalk af is nie en trek die blinders op ‘n skrefie oop. Tog brand die bure se lig helder, sowel as die straatligte wat ook vir ‘n verandering werk. Sy frons en loop voel-voel deur die donker gang totdat sy by die venster kom wat voor die trappe geleë is. Die son het plekke geruil met die maan en alhoewel dit nie volmaan is nie sypel daar ‘n dun stroompie maanlig deur die venster en verlig die trappe. Dis doodstil, behalwe vir die getik-tik van die horlosie. Die trappe se reling is koud onder haar hand en sy draf haastig die trappe op. Sy is verlig toe sy bo kom en stap vinnig na haar kamer toe. Die maan se lig raak al flouer en teen die tyd dat sy haar kamer bereik verdwyn dit heeltemal en sy knip-knip haar oë om aan die donkerte gewoond te raak. Sy voel-voel vir haar flitslig op die bedkassie en stamp in die proses die hele bedkassie ,et al sy inhoud om. Sy swets saggies en buk af om die flitslig te soek. Uiteindelik sluit haar vingers om die flitslig en sy kom vinnig orent. Die horlosie se getik-tik hou skielik op en sy kan ligte voetstappe uitmaak. “Madelyn, Illze?!” roep sy en stap tot by die trappe. Sy voel ‘n hand op haar skouer en swaai vinnig om. Sy kan net-net die persoon se buitelyne uitmaak. Voordat Daniella weet wat haar tref tuimel sy by die trappe af. Sy kom tot lande op die koue houtvloer, haar oë verstar in haar kop. Die persoon trek haastig chirurgiese handskoene aan en voel Daniella se pols. Toe die persoon seker is daar is geen hartklop nie verdwyn hy die donker nag in. **************** Camilla en Juan-Mari staan verslae buite Daniella se huis. Langs die polisiemotor staan daar ‘n ambulans. Illze en Madelyn wat gisteraand by ‘n vriendin oorgeslaap het het vanoggend op Daniella se lyk afgekom. Madelyn wat ‘n noodhulp-kursus gedoen het het dadelik gesien Daniella se nek is gebreek. Sy het eers die ambulans en toe die polisie ontbied en toe vir Camilla-hulle. Hulle het daar opgedaag net toe Daniella op die draagbaar uitgedra is. Die polisie het almal se verklarings geneem, alhoewel hulle dit afgeskryf het as ‘n tragiese ongeluk. Camilla skrik toe sy ‘n hand op haar skouer voel en draai verskrik om. Sy kyk vas in ‘n paar saffier-blou oë. “Stefan wanneer het jy teruggekom?” Dis Daniella se boetie wat die afgelope twee jaar oorsee was. “Twee dae gelede.” “Ek is so jammer Stef.” Stefan glimlag flou en prewel ‘n dankie. Camilla kry hom inniglik jammer. Sy weet hoe na hy en Daniella aan mekaar was, veral nadat hulle ouers drie jaar terug in ‘n motorongeluk oorlede is. Sy draai om om hom aan Juan-Mari voor te stel, maar die het soos ‘n groot speld verdwyn. Die volgende twee dae sleep verby en teen Donderdag bid sy dat die naweek gou moet aanbreek. Toe sy opstaan is die lug ‘n grougrys, dieselfde kleur as haar gemoed. Dis lank voordat sy genoeg moed bymekaar geskraap het om op te staan. Teen halftwee ry sy om Juan-Mari te gaan oplaai. Nie een van hulle sê ‘n woord nie en sy is baie dankbaar toe hulle by die kerk stilhou. ‘n Paar van die vrouens se grimering is gesmeer en die traanspoortjies is duidelik sigbaar. Daar is meer mense as wat sy gedink het daar sal wees. Sy het byna niks van die kerkdiens ingeneem nie en toe sy voor die graf staan sink die werklikheid vir die eerste keer in. Sy draai om en loop na een van die bankies wat verlore langs ‘n paar grafstene staan, amper asof hy saamhuil. Dis eers toe sy Stefan se hand op haar skouer voel dat sy besef dis finaal verby. Net toe sy haar kar se deur oopmaak val die eerste reëndruppels. ********************** Camilla draf vinnig posbus toe. ‘n Maand het intussen verbygegegaan sonder dat iets rêrig verander het. Sy gaan sit op die tuinmuurtjie en sif vinnig deur al die rekeninge en haar oog vang ‘n bloukoevert. Dis aan niemand geadresseer nie, maar op die koevert staan haar naam in drukskrif. Binne in is ‘n enkele vel wit papier. Camilla vou die papier vinnig oop. Bo-op is daar een enkele sinnetjie getik wat lui: Kiep kiep hier, kiep kiep kiep daar het iemand dalk vir Daniella gewaar? Haar selfoon lui skielik skril en sy sukkel om haar selfoon te antwoord soos haar hande bewe. “Ha...hallo.” stamel sy. “Hi cammy dis Stefan kan jy my dalk oor so vyftien minute by Un Cafè ontmoet?” “Okay sien jou nou.” Sy lui vinnig af en gryp haar motorsleutels. Sy druk die brief in haar handsak en klim in haar kar. Stefan wag reeds vir haar. “Hey Cammy.” Camilla glimlag en neem stelling oorkant hom in. “So jy wou my sien.” Stefan se oë word donker en hy haal ‘n brief uit sy denim se sak. “Cam ek wil jou nie ontstel nie, maar jy is die enigste een vir wie ek dit kan wys.” Sy word merkbaar bleek en haal haar identiese brief uit haar handsak. “Wat nou?” vra sy. Stefan huiwer ‘n oomblik en antwoord dan: “Ek weet nie.” ********************** Camilla maak die voordeur agter haar toe. Sy stap die trappe op om vir haar ‘n warm bad te gaan tap. Nadat sy die krane toegedraai het gaan haal sy vir haar skoon klere. Sy frons toe sy sien die wasbak is ook vol water. Toe sy nader stap gryp iemand haar skielik van agter en druk haar gesig in die water. Sy spartel, maar sluk net ‘n klomp water. Dan voel sy hoe sy haar bewussyn verloor. Toe sy haar oë weer oopmaak sien sy Stefan se bekommerde gesig oor haar leun. Hy het haar bewusteloos op die badkamer vloer gekry lei sy af uit sy gesprek met ‘n Konstabel van wie sy nou eers bewus raak. *******************
Camilla gaan sit kruisbeen op haar bed. Na vanmiddag se opwinding is sy dankbaar vir ‘n bietjie stilte. Sy het tyd nodig om te dink. Sy het ‘n hoop werk om te studeer en as sy nie nou begin nie sal sy noiit klaar kry nie. Sy raak so verdiep in haar studies dat sy eers agter kom hoe laat dit is toe daar ‘n donker skaduwee oor haar boeke val. Sy skakel haar leeslampie aan en bêre eers haar boeke. Tussen haar opsommings kom daar ‘n kopie van haar boek uit. Uit verveeldheid blaai sy deur die boek en dan vries sy. Sy lees die paragraaf weer ‘n keer oor. Al die gebeure van die afgelope paar maande word presies woord vir woord in die boek weerspieël. Daniella se dood, die dreigbriewe, alles. Sy kyk op haar polshorlosie wat aandui dat dit nou net na nege is. Sy skakel vir Stefan en spreek af om hom môre by Un Cafè te ontmoet. Die res van die aand rol sy net rond. Die volgende oggend bad sy vinnig en gryp haar kar se sleutels. Toe sy die voordeur oopmaak merk sy ‘n skoenboks voor die deur. Sy tel die skoenboks op en gaan sit op die tuimuurtjie. Sy maak die boks oop en snak na haar asem, want binne in die boks is daar ‘n blonde haarlok en ‘n briefie wat lui: Kiep kiep hier, kiep kiep daar, lyk dit nie baie na Daniella se haarlok daar. Op daardie oomblik trek Stefan se kar by die hek in. Aan die donderwolk oor sy gesig neem sy aan hy het ook ‘n dreigbrief gekry. “Cammy ons sal moet polisie toe gaan.” sê hy nog voordat hy behoorlik uit die kar is. Hy hou vir haar die kar se seur oop en beduie dat sy moet inklim. Oppad soontoe vertel sy vir Stefan van haar boek en haar vermoede dat Daniella vermoor is. Stefan knik bekommerd en hulle stap die polisiekantoor binne waar hulle dadelik verwys word na Speurder Sersant de Wet. Hy is baie behulpsaam en stem in om ondersoek in te stel al lyk dit of hy nie heeltemal die moord-teorie koop nie. ******************* Camilla en Stefan hardloop vir die hysbak. Hy help altyd Woensdae by die hospitaal as vrywilliger. Die hysbak gaan oop en twee dokters met spierwit jasse skarrel by die hysbak uit. Daar is geen ander mense naby nie en hulle druk dadelik die knoppie vir die grondvloer. Skielik gee die hysbak ‘n ruk en kom tot stilstand. “Seker weer een of ander tegniese probleem” sê Stefan en haal sy selfoon uit om sekuriteit te bel. Skielik lui Camilla se foon en Stefan wag dat sy eers antwoord. “Hallo, Camilla Terblance.” “Sit die foon op luidspreker.” Camilla frons, maar doen dit tog. “Goed” kom die stem die keer effens harder en gaan voort: “Julle twee krap waar dit nie jeuk nie. Julle gaan niks omtrent Daniella se dood uitvind nie, maar net om seker te maak het ek ‘n geskenkie vir julle.” Die selfoon gaan dood en Camille ril. Skielik begin die hysbak val en hulle altwee word krytwit. Skielik kom die hysbak tot stilstand. Een van die sekuriteitswagte het onraad gemerk en dadelik ondersoek kom instel. Nadat Stefan vir Camilla by haar huis gaan aflaai het kry hy self koers na sy huis. Toe Stefan die huis binnegaan klap die deur agter hom toe. Hy draai om en iets skerps tref hom teen sy kop. ‘n Verblindende pyn skiet deur sy kop en hy verloor sy bewussyn. *************** Camilla voel die hele aand al onrustig teen sewe-uur kry sy koers na Stefan toe. Sy lui die klokkie, maar niemand maak oop nie. Sy wil net loop toe sy sy kar op die grasperk gewaar en besluit om eerder te gaan voel of die agterdeur nie oop is nie. “Stefan?!” Sy kry geen antwoord nie en loop deur na die sitkamer. Op die koffietafel is daar ‘n groot blou koevert met haar naam op. Binne is daar twee velle wit papier. Camilla vou die eerste papier met bewende hande oop en lees hardop: “Kiep kiep hier, kiep kiep daar, het jy dalk vir Steffie gewaar. HAHAHAHA.” Camilla gaan sit op een van die rusbanke en vou die tweede papier oop. Aan die tweede papier is daar drie foto’s vasgeheg. Een van Daniella met ‘n bloedstreep deur, een van Stefan met ‘n vraagteken op en een van Camilla wat in stukkies geskeur is en weer vasgeplak is. Camilla laat sak haar kop in haar hande en na ‘n paar minute staan sy weer op en loop deur die hele huis. Hier en daar staan daar nog ‘n boks wat hy nog nie uitgepak het nie. Iewerste bokant haar kop in die dak is daar ‘n geskuifel en sy ril as sy aan rotte dink. Sy sit die foto’s in ‘n plastieksakkie en ry dadelik polisiekantoor nie. “Mejuffrou Terblance, dit lyk glad nie goed nie.” Sê Speurder Sersant de Wet. “Ek weet Sersant, maar wat van Stefan?” “Ek weet nie, maar as ek mag vra, het jy ‘n alibi vir gisteraand?” “Ek het gaan tee drink by Illze, een van Daniella se ou huismaats, maar ek is tog sekerlik nie ‘n verdagte nie.” “Ons moet ongelukkig alle moontlikhede ondersoek. As u nie omgee nie sal ek graag haar nommer wil hê.” Camilla haal haar selfoon uit en lees vir hom die nommer. Hy skakel dadelik die nommer, maar die stem bly sê dat die nommer nie meer bestaan nie. Hy kyk fronsend na Camilla en sy sê verslae: “Dalk het sy ‘n nuwe nommer gekry. Ek sal haar vra.” Speurder Sersant de Wet knik sy kop en sê: “Dit sal wys wees.” Camilla stap verward by die polsiekantoor uit. Hoe is dit moontlik. Sy besluit om ‘n draai te gaan maak by Illze. Haar maag draai effens toe sy by die inrit inry. Dis nogsteeds moeilik vir haar om te dink dis die huis waar haar beste vriendin se lyk gevind is. Die tuin lyk verwaarloos en die gras is dood. “Wat soek jy?” Camilla wip soos sy skrik toe Illze so skielik agter haar praat. “Uhm ek het net...uh...gewonder of ons gou kan p..praat.” stamel Camilla. “Natuurlik, maar ek moet gou ‘n paar goed by die winkel gaan kry. Ry sommer saam.” Camilla knik en klim in Illze se kar. Toe sy die passasiersdeur toegemaak vra sy: “Hoekom het jy nie vroeër jou foon geantwoord nie. “Ekskuus ek het hom seker nie gehoor nie, maar hoekom het jy my gesoek? Dalk oor ‘n alibi of om my van Stefan te vertel?” “Ek verstaan nie” sê Camilla en op daardie oomblik vermeerder Illze speod en al die deure word gesluit. Sy voel ‘n prik in haar arm en verloor haar bewussyn. ************* Stefan kyk op toe hy voetstappe hoor. Hy is gemuilband en sy hande, sowel as sy voete is vasgebind. Hy probeer tevergeefs loskom. “Ag nee Stefantjie dis seker nie so erg nie.” Kom die stem koggelend. Op daardie oomblik word Camilla, wat intussen weer haar bewussyn herwin het ru ny die opening ingehelp deur Kyle, een van Daniella se ou kêrels. Camilla word na ‘n stoel gelei oorkant Stefan en haar hande en voete word ook vasgebind. Sy kyk om haar rond. Die solder is karig gemeubileer, met twee en ‘n lendelam tafeltjie in die een hoek. Langs Stefan staan Illze en Kyle en Camilla snak na haar asem toe sy die derde persoon gewaar. ************** “Verbaas om my te sien Cammy?” kom dit sarkasties en Camilla kyk op in ‘n paar koelbloedige grys oë. “Juan-Mari?” “Ek verkies Adélé, maar moenie bekommerd wees nie Steffie gaan nou vir jou die hele storie vertel. Ek hoop jy hou van ‘n tragiese einde.” Stefan se muilband word afgehaal en almal verwdyn by die trappe af. “Juan-Mari is verantwoordelik vir Daniella se dood.” Sê Stefan bitter. “Maar hoe, hoekom?” “Juan-Mari Fouché se regte naam is Adélé Fourie. Sy is...was Daniella se tweelingsussie. My ma was nog jonk toe sy Daniella verwag het en op daardie tydstip het sy en my pa maar gesukkel om kop bo water te hou. Toe hoor hulle dis ‘n tweeling en hulle sou nooit vir beide kon sorg nie, want ek was alreeds daar. Dit was ‘n bitter moeilike besluit, maar my ma sou een moes opgee vir aanneming.” Stefan skep asem en gaan voort: “Ek was maar twee en kan niks onthou nie, maar my ma het my kort voor hulle dood vertel en my laat belowe dat ek niks vir Daniella sou sê nie. Adélé het op ‘n manier uitgevind en wou wraak neem. Die feit dat hulle nie identies is nie het haar taak vergemaklik.” “Maar hoekom vir Daniella vermoor? Hoekom nie eerder vriende maak nie?” “Dit sal net sy weet, maar ek vermoed sy lei aan een of ander versteuring.” Skielik kom Adélé in met ‘n houer petrol en gooi dit al om hulle en steek ‘n vuurhoutjie aan. “Totsiens.” Sê sy en grynslag toe sy by die trappe af verdwyn. Dis nie lanl nie of helder oranje vlamme begin aan die punte van hulle stoele te lek. Hulle hoor ‘n paar geweerskote en dan word die deur oopgestamp. *************** ‘n Uur later sit Camilla en Stefan in Speurder Sersant de Wet se kantoor. “Maar hoe?” is die eerste ding wat Stefan wil weet. “Ek moet bieg ek het jou vriendinnetjie hier eers verdink en toe laat agtervolg. Gelukkig het ons daai foto’s wat sy laas saamgebring het na forensies gestuur en nadat ons die uitslag gekry het twee en twee bymekaargesit. “Wat word nou van Jua...Adélé?” vra Camilla. “Sy word vir ‘n sielkundige evaluasie gestuur en daarna sal sy gemeenskapsdiens verrig.” ‘n Rukkie later stap hulle verlig by die polisiekantoor uit. “Wat van koffie by Un Cafè?” Camilla dink ‘n oomblik na en sê dan: “Nee dis tyd vir ‘n nuwe plek.” “En ‘n nuwe begin.” sê Stefan . “Ja ‘n nuwe begin.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar