Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Barend se Mazda 323 kom gly-gly op die los klippers teen die perron tot stilstand. Matjiesfontein stasieperron. Op die eerste trein wat verbykom, gaan hy opklim en niemand sal hom ooit weer sien nie. Hy moet net wegkom."

Mens sal nou nie dink dat in hierdie wye oop Karoo land daar wegkruip plek is nie. Maar daar is. Hy en sy halfbroertjie Kieries, het kleintyd al op die spelonk afgekom toe hulle bokke opgepas het. Hulle was ook nie eerste daar nie. As jy deur die nou skeur druk is dit net ʼn klein klip holtetjie maar druk deur die opening in die agterkant en jy is in ʼn fantasie wêreld. ʼn Grot met geskilderde wande van mense en diere van lank sê tyd terug. Tekens van vuur en dieper in die gange tekens van delwery en grawery. Kerse en beendere. Kerse en Beendere en Spoke.

Ouma Myna se gerammel oor sy wat Barend is se oorsprong , het meesal soos volg verloop ;- “ Dis nie jou skuld dat jy wit is nie, en dis nie asof jy ʼn optel kind is nie. Dis was jou ma, Olivia, sy was net te mooi. Dis al. Toe daai fris wit seun van waterwerke haar die eerste keer sien, het hy ʼn kyk in sy oë gekry wat ek nooit sal vergeet nie. Soos ʼn Dier, ʼn ondier. Livvie het geswik en geswymel. Dawid Du Toit, het ʼn waterwese lorrie gery en naweke gaan klippies grawe. Die Karoo is groot en wyd en daai Olivia was net op papier ʼn Kleurling en niemand sou mos weet nie. Elke naweek parkeer hy die Waterwese Lorrie onder die Peperboom en dan verdwyn die twee hand om die lyf oor die koppie en bly weg. Spelonke toe. Die spelonke was haar begin en haar einde. Toe die maag begin wys is Dawid met ʼn spoed weg en Livvie het die baba by Ma Myta gelos om groot te maak. Sy witgeit het hom altyd in die moeilikheid gehad. “Jy is ʼn Wit kind met ʼn swart hart, nes jou Pa, Ek sien nog groot moeilikheid kom”

Barend onthou die eerste keer toe hy sy regte pa gesien het. Hulle was op Laingsburg om proviand, suiker , tee te gaan koop, toe Ma Myta stokstyf gaan staan in die middel van die pad loop kry. Soos ʼn standbeeld. Haar soel vel was spierwit. Die wit Mercedes Benz het haar amper omgery. Sy het begin bewe en sy het net met haar kierie na die kar gewys. Die aantreklike man met die grou oë , blonde hare en die dun lippe, was geklee in ʼn kraakskoon safari pak. Alles nuwe klere en leer bootse en hy het ʼn netjiese krawat om sy nek gedra. Hy wat Barend was, het daar en dan besluit, hy gaan net so smart wees, eendag.
Die volgende Saterdag het dieselle kar oor die klip paadjie aangeskuur gekom huis toe. Hy en Kieries moes in die warm karoo somer in die veld gaan speel. Hulle het agter die koelte van die klip kraal sit luister hoe die groot mense skree en baklei en hoe Olivia smeek, en lag en huil, alles op een slag. Die Sondag dag het sy saam met die oom oor die kop gestap spelonke toe. Net so, was daar skielik geld vir skool en hy het ʼn regte pa gehad, maar dit was nie in naam nie, net in geld. Myta en Ma vir hom en Kieries kosskool toe gestuur op Beaufort Wes. Twee weke na die begin van die kwartaal, lees die hoof vir hom uit die koerant : - Die Spelonke vat nog een van sy kinders – Olivia Barends is dood gevind in die spelonke waar sy so graag gaan stap het. Haar kop is vergruis deur ʼn klip wat vermoedelik van die rotswand los gekom het. Sy is uitgeken aan haar klere. In haar hand was ʼn krawat van rooi sy. -
Ma is dood en Pa is weg.
Barend word Loodgieter en Kieries gaan word Polisie. Hulle voltooi hulle opleiding en albei gaan terug na die Ouberg na Ouma Myta. Myta ly aan erge suiker siekte en doen maar min. Die seuns help waar hulle kan. Daar is baie werk in die omgewing want die nuwe Entrepreneur bou vir sy Engelse vrou ʼn klip fort in die koppe, naby die spelonke en Barend kry die Loodgieter werk. Kiewiet is ook gedurig in die omgewing want skielik het die jare lange Diamant smokkelary in die omgewing weer begin opvlam en skielik spook dit weer in die spelonke.

Iewers hoor Ouma Myta van die Man in die Fort en sy gaan sien hom. Sy maak ʼn afspraak vir die 4e April. Haar verbitterdheid le diep en wrang. Dawid maak die deur wyd oop om die ou dame welkom te heet. Sy gesig verstar en sy oë trek skrefies. Hy draai in sy spoor om en neem Elizabeth se hand. “Mrs Barend, my wife Elizabeth, will you make us some tea please dear ?” Myta spoeg die verlede en die hede in waansin en helse taal oor Dawid uit. Hy laat roep sy chauffeur en laat ry vir Ouma Myta huis toe met ʼn tjekkie in die hand en ʼn bottel Perske Brandewyn voor Lizzie nog die tee bring.
In die plaaslike koerant ,Die Knersvlakte, lees Elizabeth en Barend die volgende week :- 83 year old Myta Barends was found dead in her home on Saturday the 4th. She was a diabetic and her death is probably related to the consumption of a bottle of peach brandy found next to her body. She will be greatly missed. -

Elizabeth herken die ou dame op die foto en onthou die herrie in haar voorhuis die ander dag maar Dawid is met sy vliegtuig weg die volgende dag vir besigheid. Die Loodgieter kom in vir tee en sien die foto van Dawid. Elizabeth sien hom na die foto staar en sy sien die jong Dawid in die Barend kind se oë. Sy bel Dawid in Botswana.
ʼn Week later lees Barend in Die Knersvlakte:- Mev Elizabeth du Toit vrou van multi-miljoenêr is dood aangetref in haar motorhuis deur Mr Dawid du Toit. Sy het haarself opgehang en het volgens du Toit vi baie lank aan depressie gely.-

Barend wag saam met Speur Sersant Kieries by die Spelonke. Hulle het informasie dat die deal vannag deur gaan. Hulle hoor die voetstappe en skielik word hulle verblind deur ʼn skerp lig. Barend sit skuins agter ʼn rots. Die man met die Safari pak en die krawat, lig die Luger en skiet Kieries agter die kop. Die harsings spat oor Barend. “Paaaa !”

Hy storm op Dawid af en stoei om lewe en dood. Die man is so sterk soos ʼn bees. Hy wurg Barend tot die bloed voor sy oë swem. Met desperate krag gryp Barend ʼn klip en slaan Dawid teen die slaap. Jare se vrees en verleentheid en smart en woede vervul hom met onmenslike waansin. Hy neem sy skaap messie en begin slag. Hy vermink die lyk en sleep dit in die spelonk in. Dawid lag en huil. Toe neem hy die bloedbesmeerde krawat, vee die sweet van sy voorkop af en stel die dinamiet.

Hy begin hy hardloop tot by die kaia. Was hom oor en oor met Lifeboy en ʼn skrop borsel. Hy haal sy nuwe denim en wit polo nek uit en klim in die Mazda wat hulle in die shed weg gesteek het. Hy het sonder omkyk pad gevat en gejaag, kortpad oor die plaas paaie geskommel en geskud tot hier. Geen mens kon hom volg al het hulle geweet hy kruip in Ou Myta se bouvallige kaiatjie weg nie.

“Presies ʼn jaar terug” dink hy “was ek net Barend, Plumber van Ouberg. Nou is ek nes hy ! Die bliksem Pa van my, wat nie vir my wou Pa staan nie. Moordenaar van die Moordenaars Karoo. Nice Barend.. Nice one ! Hardloop !” Hy steek ʼn sigaret op en trek diep. Die bewe in sy hande en kop wil nie gaan lê nie.
Hy kyk oor sy skouer, dis stil. Net ʼn paar krieke in die vygiebeddings om die perron en bo die silwer sterre wat die blouswart fluweel van die Karoo nag teen die hemel vasgespyker hou. “ As julle weer spelonke toe gaan maak ek julle dood, voor daai moordenaar kan ! Dit spook daar, jou ma is daar deur die klippe toegeval en nog steeds hoor julle nie vir my nie. “ raas Myta se stem in sy kop.

Drie dae later sit ʼn man met ʼn blonde baard en grou oë op Oliver Thambo. Geklee in sy denim, wit polo nek en leerbaadjie. Hy lees die koerant. :- Entrepreneur en miljoenêr, Dawid du Toit se oorblyfsels is gevind, na ʼn ontploffing by die bekende Spelonke waar Mr du Toit opgrawings gedoen het........ Verder aan onder op bladsy vier is ʼn klein beriggie. Speur Sersant Kieries Barends is nog steeds vermis. Sy Mazda 323 is verlate gevind op die Matjiesfontein stasie. Daar word vermoed dat hy by diamant smokkelary betrokke is. ....
Sal alle Passasiers vir vlug 407 na Bolivia aanmeld by Hek 3B. Dawid Barends vee sy voorkop met die rooi krawat af en druk dit in sy leerbaadjie se sak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Puik
Dit is 'n briljante stukkie werk. Baie boeiend geskryf.
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


***
Stem 100% saam met Sneeuwolf! Briljant!
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


Moordenaars karoo
Nou wel . . . nou wel . . . nou wel!
Is dit n ontluiking of is dit 'n openbaring,
Saak nie maak nie
Indien daar nie nog volg nie
is dit 'n verbanning!
Puik!
6 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar