Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy stap by die kroeg in. Leather pants, enkel boots en stywe bloes. Die V voor by haar bloes steek net-net die heuwels van genot weg. Met haar donkerbril, bandanna om die kop en Kawasaki pispot in haar hand, is sy ‘n bikergirl from hel. Met vaste tred stap sy tot voor die kroegtoonbank. Haar stem is musky, vloei soos whiskey oor gladde fluweel.

“Barman, maak dit ‘n double J&B on the rocks.”

Jim ken die kyk in haar oë. Dis weer tyd om pad te vat. Haar helmet, bril en beursie lê vergete langs haar, haar heuning oë dwaal lusteloos op soek na inspirasie.
“Comin’ up, honey,” antwoord hy soos altyd.

Sy’s ‘n regular hier. Soms raak sy weg vir maande maar haar pad huis toe ken sy goed want soos ‘n lang verwagte reënbui sak sy toe op Sundowners Pub and Grub en bestel haar J&B. Haar favourite gesegde is dat sy haar mans like soos haar whiskey: hard, calculating and refreshing. Hoe sy dit bepaal weet nugter alleen.
Jim stap nader aan haar en plaas haar drankie voor haar.
“Waarheen nou?”
“Tsk, wat laat jou dink…” begin sy, maar eintlik praat sy teen haar beterwete. Sy sug saggies.
“Daar’s ‘n bee iewers. Jy weet, dit krap en steek tot ek pad vat. Ek weet nie, ek moet iewers heen, maar my bike moet my lei.”
Haar stem en haar look skrei ten hemele. Jim vermoed dat sy nie altyd so hardup angry chick was nie. Maar die trek om haar mond sê genoeg. Niemand sal haar vra oor hoekom sy is soos sy is nie. Selfs die mans loop lig vir haar. It’s all about attitude, Jim weet dit goed, maar te veel van ‘n goeie ding maak gewone mense bang.

Haar oë dwaal weer doelloos deur die kroeg. Dieselfde crowd, dieselfde vibe, dieselfde verwyte en spot. Dis tyd vir ‘n change. ‘n Welcome change, nie ‘n dooie groet nie.

Sy slaan haar derde dop by haar keelgat af, voel hoe die vog haar van binne verwarm en wens vir ‘n tweede kans. Dis te laat. Dis altyd te laat. Sy staan op, kry haar beursie, bril en helmet en stap by die kroeg uit. Sy waai nie meer nie, groet nie eers nie. Die konsertina deure waai ‘n laaste wuif maar Jim weet sy sal terug kom. Sy kom altyd terug al is dit nie altyd na hom toe nie.

* Titelverhaal



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

duisend
n free spirit wat eintlik nooit vry sal wees nie ! , groete , BERG
11 jaar 2 weke 9 ure oud


Weet van daai gejaag wat jou karakter voel, ek is die bikergirl from hel sonder die bike... hehehe kan nie wag vir die opvolg..hier kom n ding
11 jaar 1 maand 1 dag 19 ure oud


'n bikergirl van hel... snaaks dat bikers altyd met die hel geassosieer word.
11 jaar 1 maand 5 dae 11 ure oud


Nice, laat mens wonder oor ander vreemdelinge wat so braaf voorkom, eintlik is hulle maar pap in jou hande! Ken jy toevallig sundowners, ek woon daar naby, wel toe ek is SA was! Groette, en mooi bly jou stunning girl!
11 jaar 1 maand 5 dae 17 ure oud


een vraag:
jou titel>My duisend kilometers na iewers *
>>maar orals praat jy van>sy>en>haar>,ipv>ek en my.???
dan moes jou titel wees>Haar duisend kilometers na iewers *
of>jy moes die hoofkarakter wees....
( dis belangrik dat jou titel en jou inhoud korrespondeer...smile.)
11 jaar 1 maand 1 week 16 ure oud


Lekkerste skryfstyl!!
11 jaar 1 maand 1 week 1 dag 10 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar