Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Duisende gedagteflitse flits in ʼn breukdeel van ʼn sekonde deur my oorvol brein van pyn. My brein en byniere werk oortyd, die adrenalien versnel nou die hart na hoogste rat. Ek maak my berekeninge na waar ek my rugsak gelaat het, hier waar ek nou lê en brul soos ʼn leeu. Dit moet ongeveer so sestig meter van hier af lê. Elke poging wat ek aanwend om daar te kom, begin nou voel of elke meter gelykstaande aan een kilometer is. Ek is net van my twee hande afhanklik, trek sleep my lyf agterna. Elke sleep-trek aksie raak my brein moeg vir die pyn wat soos ʼn elektriese stroom onophoudelik teen my harsings skiet.

My stembande is rou gebrul, ek proe bloed in my mond, my arms en twee hande wil nie meer nie. My lyf word waansinnig van die onuithoudbare pyn. Ek sien nou ʼn stukkie stok wat vir my smeek om van hulp te wees, ek druk dit in my mond soos ʼn stang in ʼn perd se bek om hom in toom te hou. Ek byt met mag en mening aan hierdie stukkie deurweekte seewater stokkie.

Gaan dit toe heelwat beter, moet die arme stukkie deurweekte seewater stokkie nou die gevolge dra. Hoe verder ek voort seil op hierdie rotse, voel dit kompleet of my been al hoe langer word. Daar is so ʼn nare gh-r-r-r-rr geluid, ek besef dit is nou my langbroek se pypbeen wat aan repies geskeur word, maar ook so ʼn stukkie beenvel word op die rotse gelaat, dalk vir een of ander hongerige seebewoner net om te proe hoe smaak mensvleis, as hy sover sou kon dink. Ek probeer voel wat aangaan, maar dit voel of ek twee kaal elektriese drade teen mekaar laat raak. Die stembande kan nie meer ʼn trilling voortbring nie. Die dag het vir my al nag gesê, die nagtelike temperatuur is nou vinnig besig om die strand af te koel. So bereik ek my rugsak met trane in my oë. Daar versterk ek my liggaam met ʼn stukkie spys en drank. Ek vind ʼn redelike groot plastiese sak in my rugsak, dit gaan my nagtelike kombers wees teen die Atlantiese soel see wind.

Die nag is oneindig lank en vol nagmerries, dit is die spel van die lewe. Wie nie waag sal nooit iewers kom, en ʼn prys wat vereffen sal moet word vir of teen avontuurlustigheid. Herinneringe en die pyn orals wedywer tegelykertyd vir ʼn plek in my brein. Die middernag son loer skeel vir my deur die wasigheid van die nag. Klaas Vakie was later deur die nag my genadig. In die vroeë oggendure voor dagbreek val die aanvoelbare temperatuur nog ʼn paar grade. Klap my onder en bokaak vir mekaar tande, my tong weet nie waar is dit die veiligste nie, ek’s ook terselfdertyd bewus hoe die koue my been aanvat, skiet die pyn tot waar ek dit nie wil hê nie. Spookwit hang die môrestondlig in die hemelruim. Langsamerhand word die hemeldoek beskilder met elke kleur van die reënboog, en so word ek begroet met my eerste oorlewingsnag op die Prins-Edward-eiland se rotsagtige strand.

Ek wend my eerste probeerslag aan om my uit hierdie panarie te bevry, maar die pyn is vanoggend tien maal erger as die dag van gister. My aptyt het van my af weggevlug, ʼn naar gevoel hang in my maag. Wat sal dit tog nou beteken? Ek druk maar weer hierdie stukkie deurweekte seewater stokkie in my mond. Ek voel meteens dat daar nog een probleem hom by my kom tuismaak het. My tande kla ook nou van pyn, deurdat hulle die arme deurweekte seewater stokkie moes byt om die pyn te verlig.

Ek ontdek ʼn kinkel in my rug van die slegte lê op hierdie rots waarop ek die nag deurgebring het. Daar lê ek soos ʼn verdoemde lustelose dooie, óf dalk ʼn lewendige dooie lyk. Stoksielalleen sketter ek, bevind ek my hier aan die Noordelike Atlantiese see strand. Ek sien dat die bergtou nog net daar is waar ek die vorige dag mee afgekom het. Die pyn grens al hoe meer aan waansinnigheid. Sleep ek my voort na daardie plek waar ek hoop om myself teen die rotswand op te trek, skeur die rots vir hom stukkies been vleis of is dit senings van my been af, sonder om enige verkoning te vra. Al sketterend brul ek van die skrynerige pyn.

Nou is dit nie meer horisontaal nie, maar vertikaal waar my kragte tot die uiterste beproef word. ʼn Moegheid kruip in my armspiere, dit wil oorgaan na krampe, hang ek letterlik net aan my twee arms, my bene is nie instaat om my gewig te dra van die skrynerige pyn. Die hande wil nie meer, dit wyer om die grypgreep te volvoer. Die bloed bruis deur my are na die brein, dit voel of my kop wil bars van al die pyn wat onophoudelik my brein bombardeer. My asem hyg, fluit hees deur my rou geskreeude keel. Salpeter sweet pêrel uit my voorkop en loop in my oë in. My oë brand soos ʼn kooltjie vuur. Ek weet nie eens of die eiland met my trane tevrede is nie, dit lê op die grond sonder dat dit hongerig opgedrink word. Die einde is in sig maar tog so vêr, span ek nog eenmaal my laaste energie in, my kop gaan aan die staak, maar my hart vertel ʼn ander storie.

As ʼn minuut soos ʼn ewigheid voel, dan wil ek nie weet hoe lank duur die ewigheid nie. Uiteindelik triomfeer ek in hierdie vertikale aanslag, nou reken ek dat daar nog so honderd meter oor is na die gehuurde voertuig, daarby die voertuig is daar nie eens ʼn manier om hulp te ontbied nie. My wilskrag het by sy einde gekom, daar waar nie meer ʼn wilskrag oor is nie. Lê ek nou en wag vir beter dae, in die hoop dat iemand my hier sal kry. Ek veg daarteen om nie in ʼn koma te verval nie. My brein wil my in die steek laat, maar my gees weier om handdoek in te gooi. Sink ek veg so tussen die lewe en die dood — nog feller kom die dood en lê met sy wurggreep op my keel, my veggees spartel vir nog ʼn krieseltjie suurstof — skrynerig lê ek in my kwetsuur —



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Avontuur 2
Klink meer na 'n beproewing as 'n avontuur!! Nietemin interessant en goed beskryf!
5 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


My eerste avontuur vakansie. Deel 3. Ben in ʼn tweestryd. Deel 2

Dit is 'n reeks van 10 aflewerings, waar Ben terug dink aan sy jong dae, nog voor hy vir Helena ontmoet het.
5 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


ben
man man ek is ook mal oor jou storie wag in spanning vir die res
5 jaar 5 maande 2 weke 4 dae oud


Deel 2 Ben
Nog; nog! Waar is die res? Jy kan mens mos nou nie vir 'n week laat bloedsweet nie, arme Ben sal teen daai tyd net 'n taai toffie wees!

Ek "laaik" jou storie baie.
5 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar