Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My naam is Carla....
Hoofstuk 1...
Vervolg op Donkermaan....

Kleinkarel sien hoe Aniki haar kop liggies skud, en dan na hom opkyk.
“Wat het nou gebeur?: Sy is duidelik nie bewus van wat aangaan nie. Hy homself is verlore. Hoe hanteer mens so-iets? Wat is hierdie so-iets? Dit het so vinnig gebeur dat hy self nie seker is wat aangaan nie. Wat sê hy vir haar? Was dit maar sommer? Wie is die meisie wat haarself Carla noem? Waar kom sy vandaan? Met Petrus was daar nooit `n tweede naam nie! Die verskynings was te kwaadaardig en te skielik. Daar was nooit `n kans dat `n tweede naam kon verskyn nie. Dit was te gou verby!
“Ek weet nie , Aniki. Miskien kan jy vir my sê wat gaan aan?” Maar sy skud net haar kop
“Ek het net duiselig geword en toe ek weer bykom was ek in jou arms!
“Aniki, ons sal fyn moet dophou. Ek dink jy moet eers bedags saam met my werktoe ry. Netnou gebeur dit weer terwyl jy bestuur. Dit kan lelik wees en sodra ons weet, moet ons iemand gaan sien. En ons moet die troue vinnig agter die rug kry. Dalk is die spanning hieroor te kwaai. Dan kan ons bietjie weggaan, miskien na die Seychelles toe en net gaan ontspan vir `n week of twee.
Aniki is baie stil. Sy is duidelik baie bekommerd. Sy wil dadelik `n dokter gaan sien. Miskien is haar bloeddruk net te hoog Of dalk te laag. Wat daarvan as Kleinkarel se moeties sterker was as hare? Mens weet in elk geval nie hoe betroubaar die pil is nie. En hy weier om `n kondoom te gebruik. Sê dis so goed jy was jou voete sonder om jou sokkies uit te trek. Buitendien hou sy nie van die glibberige ding binne in haar nie. Sê nou net die glip af! Hoe kry jy dit weer uit. NEE_DANKIE!!!!
Daardie aand gaan hulle vroeg bedtoe. Kleinkarel gee haar een van die pilletjies wat hulle vir Petrus gegee het. Hulle het dit getoets vir epilepsie. Hulle het hom nooit vertel wat werklik aan die gang was nie. Hy was nie baie in sy skik daarmee nie, maar dit het hom tog rustig gemaak.

Nie een van hulle kon aan die slaap raak nie, en hulle was albei wakker toe die telefoon lui. Die mooi, lang meisie wat die fotos geneem het van Charles Fouche is vroeër die middag dood in `n motor ongeluk. Nadoods het getoon dat sy nog gelewe het na die ongeluk, maar bystanders het vertel dat sy nie uit die wrak kon kom nie. Sy het letterlik lewend verbrand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar