Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Presies hóé oud ek is, die weet ek nie. Ek’t besluit om my ouerhuis te verlaat en die paaie van die wêreld my tuiste te maak. En vir drie dekades sit ek nou hier, iewers en verknies myself. Die pret van die lewe loop kronkelend verby my lewe. Ek mis iets, maar kan nie my vinger daarop lê nie. Maar die leemte is so groot soos die Grand Canyon, stilte sluk my in en die wysie van die lewe knor stotterend verby my are.

Weemoed bruis deur my en ek kan dit nie verstaan nie. Hoe durf só ‘n gevoel vir my- die grote Arakon- so rondjaag? Vrees, met dié kan ek nog afreken, maar die onbekende? Ek sweer Tyd gaan boet vir die onsekerheid wat soos ‘n kanker van die hart aan my vreet…

“Gaan en maak Tyd jou bondgenoot,” het my ouers honderde jare gelede aan my gesê,” het my ouers honderde jare gelede aan my gesê. “Met Tyd aan jou kant, is die onmoontlike ‘n ewigdurende metgesel,” was hul stille belofte aan my.

En in ‘n klein gehuggie in die suide van Italië het ek Tyd opgespoor. Om hom om te spoor was aanvanklik nie maklik nie, maar ‘n ysere wil en hope geduld het uiteindelik vrugte afgewerp. Na maande van soek en min slaap het ek hom by die badplaas opgespoor: jonk, energiek en só vol van homself. Daar was verbasing op sy gesig te bespeur en vir ‘n wyle het dit gevoel of Tyd stilstaan. ‘n Wolk van verbasing het oor sy oë getrek en ‘n frons het kepies tussen sy oë getrek. Hy het styf op sy lip gebyt. En toe lag hy- nie ‘n vrolike laggie nie, maar een wat gedrup het van verbittering.

“Arakon?” het Tyd gevra terwyl hy argeloos eenkant toe gespoeg het. “Hoekom lui die naam nie ‘n klokkie? As ek Tyd is, hoekom het ek nog nooit van jou gehoor nie?”

“Jy vra té veel vrae,” was my venynige antwoord.
Ek was nog nooit iemand wat die nodigheid gesien het om ‘n persoon se onvermoë om ‘n ding te begryp, te beantwoord nie.

“Jy het nog nooit van my gehoor nie want ek het nog nooit jou dienste in die verlede benodig nie,” het ek verder gesê-sonder om die irritasie in my stem te verbloem.

“En hoekom het jy my nóú nodig?” het Tyd met agterdog in sy oë gevra.

Ek het my skouers argeloos opgetrek en gewonder hoeveel van die waarheid ek Tyd moes vertel. Van die nagmerries wat my snags in my slaap teister? Die grimmende gesigte wat my drome ongenooid binnegedring het? Die groot leemte binne my?

“Iets jaag en ek weet nie wat dit is nie,” het ek na ‘n ruk gesê.

Dié erkenning het dit laat voel of berge van my skouers gerol het. Ek het daardie gedagtes vir sovéél jare net vir myself gehou dat om dit hardop te noem, die verligtingskliere in my oortyd laat werk het. Trots is darem ‘n liederlike ding. Ek het soveel jare gemors, soveel kanse op geluk deur my vingers laat sypel.

“Jou hart is wat missing is-dis al.”
Ek’t Tyd oopmond aangegaap. Het ek reg gehoor? Nou wat klop dan hier in my binnestes?

“Jy sal nooit heel kan wees tensy jy nie met die gesigte deal nie, tensy jy nie regmaak met Hom nie.”

Ek het woede soos ‘n pasgebore tornado’tjie in my voel opbruis.
“Wat het Hy hiermee te doen? Ek is Arakon en het Hóm besluit nie nodig nie!”
Ek kon myself nie beteuel nie en het op Tyd geskree. Hy het my net woordeloos aangegluur en sy skouers opgetrek.

“Glo net wat jy wil want ek is nie hier om te preek nie.
“Jy’t buitendien mý opgesoek en al het jy al die tyd in die wêreld gehad, gaan dit jou niks baat as jy nie vrede met Hom maak nie- Hy wag buitendien net vir jou om op te hou om jou hart so te verhard.”

Ek het woedend omgedraai en Tyd net daar gelos. Hoe durf my my so beledig? Ek Arakon, het Hom nie nodig nie. Ek’t niemand nodig nie, tensy dit is omdat EK wil. Ek het Tyd nie nodig nie, ook nie die wysers van sy kragte nie. Tog, Tyd het ‘n snaar in my aangeroer en so trots soos wat ek is, móés ek erken dat Tyd ‘n punt beetgehad het. Rus sou nooit vir my beskore wees tensy ek vrede met Hom gemaak het nie. ‘n Bitterheid het in my begin kook. Is ek bereid om my trots te laat staan en ‘n noodkreet aan Hom rig? Is ek, die magtige Arakon, bereid om my knie voor Hom te buig? Kan ek lewe sonder die skuldgevoel dat ek nooit oor die dood hoef te worrie nie?

Niks is erger, geen pyn feller as ‘n gewete wat jou jag nie. Dit was tyd om te bieg…

Dit was jare gelede-so lank terug dat ek soms gedink het ek het my alles net verbeel. Dat alles net een groot nagmerrie was wat ek in die gange van my verbeelding opgekook het. Tog, dit was nie.

Ek het gewag dat alles in die kusdorpie tjoepstil was en het sonder enige haas my weg na die plaaslike kerkhof in die donkerte gevind. Daardie jare was almal bang vir die nag en ek kon sonder die vrees vir nuuskierige agies my werk gedoen kry.

Sien, ek was nie bang vir die nag nie. Ons het op ‘n paar geleenthede ontmoet en agtergekom daar is baie wat ons in gemeen het. Ons kon net nie ons gesprekke in die daglig voortsit nie want ek moes soms darem ook rus. Soms het die nag ‘n trek van verlange in sy oë gekry as hy my uitgevra het oor die dag en alles wat daarmee gepaard gaan. Maar ek is besig om af te dwaal van my biegtery…

Dit het my nie lank gevat om die regte graf te kry nie. ‘n Hunkering het by my opgekom. Wie was dié man rêrig? Hy’s dood voor my koms en ek het dit altyd vreemd gevind dat ek nie soos anders geseënd was met oupas nie, dat ek besig was om ‘n halwe lewe te lei.

stilte,
as ek jou maar net kon hoor,
voel,
aanraak…
verlange,
as ek nou jou vingers deur joune kon vleg,
jou wang aanraak,
jou pyn kon wegsoen.

Ek, Arakon, is moeg. Dit is ‘n soort moegheid wat sy oorsprong in ‘n bodemlose put het. Die gejaagtheid na iewers het my nêrens gebring nie. Verydele drome en verspeelde kanse om geluk treiter my soos die noodlot, soos ‘n poets deur die drie broers van Bedrog City. Kan ek voortgaan? Kan ek lewe, aangaan met die leegheid wat hom so tuis in my midde gemaak het? Wil ek voortgaan? Elke more sonder haar binnegaan?

Die herinnering aan haar dompel die pyn uit sy slaap wakker. Mariëtte… Ek onthou die eerste keer toe ek haar gesien het op die besig vlooimark in Bordeaux. Tussen die malende massas het sy my aandag getrek en my kop laat draai. Niemand voor haar kon al my kop laat draai nie.

Wie was sy? Sy het gevoelens wat ek nooit voorheen ervaar het nie in my aangewakker. Ek móés haar beter leer ken. Iets in haar, die pyn wat sy só dapper gedra het, die vinnige wip in haar stap, die hartseer in haar oë…ek het die hartseer verstaan.

Ek het dít immers elke oggend in die spiel in my eie oë gesien. En ek het geweet: dis mense soos sy wat sin aan die lewe gee. Mense soos sy wat veilige hawens in die stormagtige lewe is. Kon dit waar wees? Na ál my omswerwinge, al my soektogte? Het ek genade ontvang? Ek, Arakon- die een wat vir eeue gevoel het genade hom die rug toegekeer het.

Mariëtte, het ek by ‘n koerantverkopertjie uitgevind, gee kunsklasse by ‘n nabygeleë skool. Dat sy my ‘n nuwe lewe sou skilder, dié het ek nooit in my wildste drome verwag nie. Dat sy my na Hom sou bring, het die trane van blydskap oor my wange laat stroom.

Ek kan nie meer my afspraak met Hom uitstel nie. Tyd soek my- al die tekens is daar. Ek sal nie meer vir lank sy ewig-soekende tentakels kan ontduik nie. Sy verwaande laggie spook by my. As ek hom kon opspoor, wat verhoed hom om nie dieselfde te kan doen nie?

Ek het Hom nou die aand gesien: in sy volle onselfsugtige en genadige glorie. Vrees het my soos ‘n skurk omhels, maar Sy stem het my aangemoedig om nie te skrik vir die lig nie. Ek en die nag is nie vriende nie, het Hy in ‘n sagte, strelende stem gesê. Die nag is nie bedoel om verlange en pyn meet e deel nie. Stap in die dag, volg My lig en vrede soos g’n op aarde sal jou dae met jou deel- dié het hy belowe.

Hoe Hy genade vir my kon hê, was ‘n openbaring. Ek KAN my knie buig. Dit voel nie meer vreemd om aan Hom te dink en die vreugde wat dan my hart binnesypel nie. Ek is vry. Ek, Arakon: voormalige slaaf van die nag.

Alles is niks en niks is alles as ons dit nie aan Hom oorgee en die wonderlike lewe wat Hy vir ons geskilder het, aanvaar nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My naam wás Arakon
Die waarheid so met 'n draai. Pragtig
9 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud


Pragtige storie. En dis waar, elke knie sal buig en elke tong sal getuig.
10 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gebroke Harts Gebede

    deur Anze Bezuidenhout

    Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar