Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is 'n vaal vrou. Nie mossie vaal van geboorte nie, maar vaal, asof dit 'n doelbewuste poging
is- om vaal voor te kom. Haar hare is droog, soos wintergras en met 'n lomp romp, 'n oorgroot
bloes en haar voete in dienlike plat skoene, ruik sy soos 'n argief iewers in 'n
staatsdepartement.

'n Swartraam brilletjie steek haar ylblou oe weg. Toe sy later die bril afhaal en oor haar oe
vee, besef ek dat dit die ding is wat my die meeste omtrent haar pla. Haar oe. Dit is morsdood,
sonder 'n flikkering van enige emosie. Ek skuif effens weg van haar, sonder om te weet
hoekom.

Sy vroetel senuagtig met stomp naels aan die geruite tafeldoekie. “Jy belowe my dat alles wat
hier gese word, konfidensieel is en op geen wyse by iemand sal uitkom nie?”

Ek stel haar gerus en verseker haar, dat my primere doel is om te luister. Dit lyk asof sy effens
ontspan en sy begin om haar storie te vertel:

“Ek is vaal Annie” begin sy. “Ek is nie naastenby so slim, mooi, of begaafd soos my broers en
suster nie. My Pa, is oorlede toe ek nog klein was, ek kan hom nie so mooi onthou nie. Ma was
vandat ek kan onthou, altyd daar. Ek het haar leer ken as 'n bitter, klaende, onvergenoegde
mens. My tante het eendag vertel dat Ma is soos sy is, nadat my Pa oorlede is. Ek weet nie, ek
het haar nooit anders geken nie.

My broers en suster het 'n lekker tyd in die huis gehad. Hulle was almal ouer as ek en altyd
oppad iewers heen. As hulle nie na iemand se partytjie toe gegaan het nie, was hulle by hulle
vriende. Ek het agtergebly en moes vir Ma help met alles. Kosmaak, skottelgoed opwas, vloere
vee, of wat Ma ookal gedoen wou he. Ek het nie gewaag om Ma daaroor uit te daag nie.
Daarvoor was haar tong te skerp en haar plat hand, te vinnig. Maar ek was woedend.
Wrewelrig omdat die ander kinders so voorgetrek word.

My broers en suster het belowe dat omdat ek nog die “baba” in die huis is, sal my tyd om uite
gaan, nog kom. Hulle beloftes het tot niks gekom, terwyl ek 'n tiener was en eensaam in my
kamer gele en boek lees het nie.

Ek het daaraan gedink om te gaan leer vir 'n bibliotekaresse as ek klaarmaak met skool. Ma,
my broers en suster, het 'n stokkie daarvoor gesteek. Ma was sieklik. Sy het jare lank aan
diabetes gely en sy het moeilik geloop. Sy kon ook nie meer mooi sien nie. Iemand moes
agterbly om na haar te kyk en daardie “iemand”, was ek. My een broer, het vir my 'n werk
gereel wat nie ver van die huis af is nie. Ek is na drie-en-twintig jaar, nog steeds daar.

Hoe ouer Ma geword het, hoe moeiliker het sy geraak. Daar was niks wat ek kon reg doen nie.
As ek kos kook, dan was dit of te sout, of dit het te veel speserye ingehad. 'n Mens kon haar
eenvoudig net nooit tevrede stel nie. Soms, uit pure moedeloosheid, het ek gewaag om haar te
konfronteer. Na so 'n relletjie, kon sy nie vinnig genoeg my broers en suster bel en oor my kla
nie. Hulle sou daarna oorkom en kom mooipraat. Vir my gese ek moet meer geduldig wees
met Ma, want sy word oud en oumense, is maar so. Dit het gelyk asof Ma genot daaruit put
om my so te treiter, net sodat sy my broers kan bel en hulle dan sal oorkom.

Ek dink nie, hulle het ooit verstaan hoe moeilik dit was om na Ma te kyk nie. Hulle het nie
saam met haar in een huis gebly, dag in en dag uit, soos ek nie. Hulle het nie nodig gehad om
elke dag haar gekerm en gekla aan te hoor nie. Dit is genoeg om enige normale mens sy


albasters te laat verloor! Dit het gevoel asof my lewe by my verbygaan en daar was niks wat
ek daaraan kon doen nie.

Daar was op 'n tyd 'n jong man by die kerk, wat ogies vir my gemaak het. Vir die eerste keer
in my lewe was ek verlief! Ons het Sondae in dieselfde bank gesit en ek het moed bymekaar
geskraap en hom oorgenooi vir ete.

Daardie aand was Ma weer haar lieflike, onbeskofte self! Sy het skaars met hom gepraat en
na ete, toe ons in die sitkamer gaan sit om koffie te drink, het sy haar ook daar kom neerplak.
Sy het nuuskierig geluister na elke woord wat ons gesels het. Sy het daar gesit, rustig 'n appel
afgeskil en sommer die pitte voor hom in 'n piering uitgespoeg! Ek was nog nooit so verneder
in my hele lewe nie! Die man het nie weer kom kuier nie. Ek het ook nie meer vrae gevra nie.

Ma se gedagtes het begin deurmekaar raak. Sy het alewig haar goed verle en my beskuldig
daarvan dat ek dit gesteel het. Haar geld, haar beursie, haar koerant, of wat ookal, het ek
gesteel! Sy kon so aangaan daaroor, dat ek meer as eenkeer lus was om haar 'n snotklap te
gee!

Haar bene het ook ingegee en sy het 'n volslae invalide geword. Ek moes haar daagliks soos 'n
baba bad en doeke aansit. As ek saans van die werk af kom, het 'n nagmerrie my begoet. Sy
sou haar doek losmaak deur die loop van die dag en die bed bevuil. Alles in die huis het na
oumenspoef en oumenspis geruik! Dit het gevoel asof die reuk permanent aan my hare, my
klere, my hele lyf kleef! O, ek het nagte omgehuil, daardie tyd!

Sy het skielik heel bedons begin raak oor die snaakste goed. Sy het begin kerm dat sy op
verekussings wil slaap. Nie die gewone soort wat ek gekoop het omdat sy en ek, allergies vir
gansvere is nie. Net sodat sy moet stilbly, het ek later 'n paar gaan koop. Nogals met my eie
geld!

Een spesifieke oggend, was sy weer besonder moeilik. Ek was haastig om werk toe te gaan,
maar ek moes eers haar oggendpap vir haar voer. Sy het gekla dat die pap te warm is. Ek proe
toe self daaraan en besef dat sy hopeloos onredelik is. Daar was niks fout met die pap nie! Ek
blaas toe die lepeltjie pap, sodat dit moet afkoel, voor ek weer probeer.

Met haar vernynige oumensogies, staar sy stip na my en spoeg toe die pap uit oor my gesig!
Ek weet nie wat gebeur het nie, maar iets hier diep binne my, het op daardie oomblik geknak.
Ek het die bakkie pap neergesit en my gesig met die lap afgevee. Daarna het ek die
verekussing onder haar kop uitgetrek.

Sy het nie eens baie gespartel nie. Dit was gou oor. Ek het lank na haar gekyk, voor ek die
dokter gebel het. Op die doodsertifikaat het gestaan: “Oorlede aan natuurlike oorsake.”

Ons het 'n mooi begrafnis vir haar gereel. My broers en suster het vreeslik gehuil, maar ek
dink, dis hulle gewetes wat hulle pla. Hulle het nooit eintlik baie by haar gekom nie.

Later, toe Ma se testament gelees was, het hulle almal eenparig besluit dat ek die huis en
meubels kry. Dit is my beloning vir al die jare wat ek na haar omgesien het. Dit is my
beloning, vir my verlore lewe.

Ek was ekstaties opgewonde oor my “nuwe” vryheid en het 'n lang vakansie geneem. Ek het
teruggekom na die huis toe. Soms verbeel ek my ek sien Ma, daar waar sy op haar stoel in die
kombuis gesit het. Snags, as ek wil slaap, verbeel ek my ek hoor haar roep in haar temerige,


klaende stem. Ek slaap nie meer nie. Ek weet nie wanneer laas ek geslaap het nie.
Ek kon nooit weer Ma se kamerdeur oopmaak nie. Ek kan nie na die kussings kyk nie. Ek het
gedink ek sal nou vry wees, maar vryheid, vir my, is iets wat ek nooit sal he nie .




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Watter ongelooflike tragiese verhaal. Baie goed geskryf.
11 jaar 3 weke 6 dae 9 ure oud


Gyselaar
Mariette, ek sien altyd so uit na jou stukkies en dit stel nooit teleur nie! Moenie ophou nie!
11 jaar 4 weke 14 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar