Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My eerste herinnering is aan my ma se warm lyf en die smaak van haar warm, soet melk. Ai die saligheid om teen haar aan te kruip en met ‘n vol magie in te sluimer. Wat maak dit saak dat ek niks kan sien en my beentjies my nêrens heen kan dra nie. Ek het alles wat ek nodig het.

Vandag was anders. Ek het so snaaks wakker geword. Iets was vreemd – die donkerte wat ek so gewoond geraak het was weg. My ogies is oop – ek kan sien. Ek sien allerhande vreemde goeters wat ek nie weet wat dit is nie, maar die reuk van my ma en haar warm lyf is nog steeds dieselfde. Ek nestel teen haar aan en raak weer rustig aan die slaap.

Iets druk hier teen my lyf. Ag tog ma, moenie so karring nie. Ek slaap nou so lekker. Maar sy hou nie op nie. Ek maak my een oog traag oop en strek my lekker lankuit uit. Dan sien ek my boeties en sussie is nie meer hier nie. Waar is almal heen? My ma hou aan por met haar neus. Traag staan ek op my wankelrige beentjies en volg haar na die waterbak.

Vandag was ‘n vreeslike dag. Net ek allenig is oor, want hierdie mensding het een vir een al my boeties en sussies weggevat. Net ek is oor – ek en ma. Ek vertrou hom nie meer nie. Daar is ‘n geluid by die deur. Laat ek hardloop en daar in die hoekie gaan wegkruip. My ma hardloop hom met ‘n waaiende stert tegemoet. “Hallo Klara, waar is jou laaste baba?” Maar my ma gee niks weg nie, kyk net na hom met vraende oë en lek sy hand. Te gou het hy my egter gekry en al tjankende het ek oor sy skouer vir die laaste keer na my ma gekyk.

Hierdie is darem maar ‘n vreemde plek – so baie hondjies, en almal lyk anders. Nie een van hulle is een van my boeties of sussies nie. Die mens tannie gee net vir ons kos en water en verder moet ons self sien kom klaar. Ek sal maar hier in die hoekie op my warm geel kombersie lê en droom van my ma en haar warm lyf.

Wat is al die gewoel nou weer – ek hoor ‘n vreemde stem. Wag, laat ek bietjie gaan kyk en hardloop by die deur in. Dit was toe dat ek haar die eerste keer gesien het. “Ag, hy is tog te oulik?” het sy gesê en toe tel sy my op haar skoot. Met die gemurmel van haar stem wat oor my spoel het ek salig aan die slaap geraak – dis die naaste wat ek nog ooit weer aan my ma gevoel het.

“Wat tog nou? Ek slaap dan nou so lekker. Wat is al die gewoel en werskaf tog nou? Eina! Dit was nie lekker nie en nou word ek weer vol goed gespuit. Toemaar, nou voel ek weer veilig by hierdie vreemde tannie mens. Nog ‘n afskeid, maar die keer tjank ek nie toe sy my met my geel kombersie in ‘n boks sit en wegry nie.

Ek onthou nog die laaste keer toe ek kar gery het. Dit was na hulle my van my ma weggevat het. Ek voel tog nou so alleen. Ek wil uit! Ek wil uit! Ek krap en krap teen die boks en tjank saggies. Die vreemde tannie sê net toemaar, toemaar maar ek wil net uit. Uiteindelik tel sy my op en sit my op haar skoot. Salig gelukkig raak ek net daar aan die slaap.
Heelwat later word ek wakker en voel ons beweeg nie meer nie. Die nou bekende tannie mens tel my saggies op en dra my veilig in haar arms by my nuwe tuiste in. Sy sit my saggies neer en sê: “Welkom in jou nuwe huis.” Dit is dan die storie van hoe ek by my nuwe pa en ma beland het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Chenél sê dit baie mooi, ek stem saam.
11 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


'n Hondestorie
Ek dink jy het baie goed van die “projective identification” tegniek gebruik gemaak en die emosionele waarde in die storie goed verwoord, doll.

Groete

Chenél
11 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar