Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kendra stap deur die woud, half moedeloos, tog met wilskrag vir ‘n goeie doel. Die droogte hier knyp behoorlik, tot die hout is verdor, droogte of te nie, die hout het ons nodig, ten minste sal die gloeiende oranje vlamme ons laat vergeet van alles so onseker en donker hier buite in die berge. Sy verpak die hout wat sy maar skraps bymekaar geskraap het, bind dit vas met ‘n tou en laai dit op haar kop. Huis toe gaan ‘n lang pad wees, die klippe is glibberig en boonop is die wandelpad huis toe afdraand.

Vasgevang in haar eie gedagtes pak sy haar rit huis toe aan. Haar voete is seer, die klippe is warm en glibberig, tog sit sy elke voet versigtig neer voor sy trap. Die volgende oomblik voel sy iets sag, harig en nat…. en stol, laat sak haar kop om te sien wat haar pad versper. Oe! dit is ‘n dooie hasie, sy sit haar voet langs die dooie diertjie neer en stap maar verder. Soos ‘n boek wat omgeblaai word na die volgende bladsy raak die dooie hasie haar bekommernis. Sy wonder of hier ‘n epidemie die rondte doen.


Met die huisie in sig kry sy meer energie en stap al vinniger om van die hout ontslae te raak. Krom en vol pyne kom Gunter nader om te help. Sy glimlag, haar oë gerig op haar man, simpatiek, wys met haar vinger dat hy moet omdraai. “Is daar ‘n probleem?”, vra hy nuuskierig terwyl hy haar gebukkend na binne volg. “Wat laat jou so dink?”, vra sy ontwykend, met die doel dat hy sy nuuskierigheid sal laat vaar. Hy is so siek en vol pyne, die dooie hasie in die veld sal net nóg ‘n bekommernis raak. Kendra stap na die kamer. Haar oog vang klein Connie op sy strepe matrassie op die vloer. Hy lê op sy magie, verberg sy gesig in sy vere kussing, met sy vuil voetjies byna leweloos. “Seun, gee my net so ‘n uur , dan bad ek jou, “haal sy aan terwyl sy die kamer verlaat. Connie skud sy kop sonder om te kyk. Sy maak die vuur haastig, skil die groente, alles spoedig om haar dag se take af te handel voor die son sak.

Haar wederhelf kom sluit by haar aan, sy oë gevestig op haar deurleefde hande, vir ‘n sekonde sluit hy dit, stuur ‘n gebedjie na bo en vra vir beter dae. “Kendra ek dink nie jy hoef meer die kruie-medisyne te kook vir die seun nie, hy is nie meer so pap soos vanoggend nie.” “Wat bedoel jy, daai kind het medisyne nodig, ek dink hy is besig om siek te word,” haal Kendra aan terwyl sy die pot van die stoof af verwyder. “Ek stem nie saam met jou nie, die kind is perdfris as hy ‘n draai in die berge gaan hardloop het, “se Gunter sagkens. Sy kyk hom verbaas aan en wonder of hy vandag weer in die berge was, maar lewer geen verdere kommentaar nie.

Sy draai na die stoof terwyl haar gedagtes na Verna dwaal, sy soek antwoorde vir al die vrae wat sy het. Sy dis die kos op, gaan haal Connie in die kamer, hoopvol dat hy sal eet. Connie kom sit aan, krap die kos in sy bord deurmekaar en knibbel aan dit lusteloos. “Sien jy nou die outjie is knieserig”, sê Kendra met kommer. “Sy ma het as kind haar kos versmaai, hy is totaal anders as sy”, sê sy terwyl sy na Gunter kyk. Hy skud sy kop onophoudelik: “ Ek wonder waar is sy ma? Hoe kon sy haar kind net hier op die vlakte kom neersit, soos ‘n weggooi-kind? Dink jy dit was reg van haar? Ons het haar mos nie so grootgemaak nie, alles het dan altyd net om haar gedraai, tot nou nog toe.” “ Ja ..ja dit is mos nou nie nodig om voor die kind al die vrae te vra nie, hy is heeltemal onskuldig in hierdie situasie, al die vrae leef saam met my.


Al wat hy ken is die berge en dale en ons, dit laat my soms wonder of dit die rede is hoekom hy so sku is om te praat. Volgende jaar moet hy skool toe, wonder of hy gaan aanpas.

Kendra staar deur die venster, die wind suis in haar ore. Op aandag stap sy na buite om nog hout in die houtstoof te druk. Die wolke in die lug beweeg swaar maar onvoorspelbaar, totdat hulle die son versteek om koelte aan die droë aarde te verskaf. Hoopvol kyk sy op na die grys lug, miskien sal dit reën, dan kan almal wat leef en beef gelawe word, almal se les gedors word, veral die natuur. Sy besigtig haar omgewing en haar gedagtes sweef rond soos die wolke in die hemelruim. Dit is beslis nie soos sy haar toekoms gesien het nie. Dit is ‘n lang kronkelpad vol dorings. Teleurstellings, en nogmaals teleurstellings. Haar pa was reg dit was ‘n baie groot fout om die plaas te koop. So baie verkeerde besluite het hul in die verlede gemaak, maar die grootste fout was om Verna die stad in te stuur. Om nou daaroor te tob is te laat, al wat sy nou wens, is vir haar kind om terug te kom huis toe. Dat sy haar rol as ma van haar kind kan kom volstaan. Wat gaan gebeur as sy en Gunter die tydelike met die ewige verwissel? Hul lewenspad was miskien nie rooskleurig nie, maar die liefde vir mekaar het alles oorwin. Sy sien Gunter nog in die fleur van sy lewe, so lewenslustig en sjarmant. Iemand wat enige meisie se voete onder haar kon uitslaan.

Die gallop van perde ruk haar gedagtes terug na die hede. Sy draai haar kop na die kronkelpaadjie onder die berg. Statig gallop die drie perde opgesaal met die werkers van die Wildtuin oorkant die berg na die huis. “Gunter ons kry gaste skreeu sy opgewonde”. Haastig kom Gunter na buite, hy glimlag asof hy vir haar wil sê ons is nou nie meer so stoksielalleen nie. Sy glimlag terug en weet hulle sal nou hoor hoe dit met die bure gaan, sy knyp haarself om die gedagte te smoor dat daar dalk ‘n brief van haar dogter is.

“Kom binne!”, nooi Gunter hul die huis binne. “Waaraan het ons die besoek te danke?, vra hy terwyl hy hom op die stoel neerplak. “Goeie nuus en slegte nuus”, lag Jan terwyl hy sy hande magteloos in die lug hou. Gunter frons, “Vertel maar eers die slegte nuus.” “ Daar is ‘n jagluiperd soek, net spoorloos verdwyn uit die park. Ons is op soek na die dier vir dae al,” haal Jan aan. “Julle moet maar op die uitkyk wees vir die jagluiperd, knip julle uitstappies in die berg maar kort. Hy is heel moontlik in hierdie omgewing. Miskien nog honger,” sê Jan. “ En wat is die goeie nuus”, vra Gunter nuuskierig. “O dit!, Telkom kom eersdaags jul telefoon kom installeer”, sê Jan opgewonde. Kendra glimlag vir die goeie nuus, maar die slegte nuus laat haar ril. Klein Connie sal beslis nie meer in die berg gaan rondspeel nie, dink sy terwyl sy koffie te maak.

Vir die dae wat volg word Connie onder huis arres geplaas, elke beweging wat hy maak word dop gehou. In daardie dae raak hy van oor af weer siek, lê op sy matrassie magteloos en bleek. Soos die dae aangaan raak die kindjie net swakker.. Kendra kyk na hom en wonder wat die dag van môre vir hulle as gesin inhou. Sy tel hom op, druk hom styf teen haar vas. Beweegloos lê hy in haar arms, geen reaksie van sy kant af, tog is sy asemhaling abnormal vinnig. Sy verstyf en besef hierdie kind het ‘n dokter nodig, sodra die son môre opkom sal hulle na die dorp vertrek. Vir die res van die aand slaap sy by hom op sy matrassie voor haar bed.

Met dagbreek berei Kendra haar voor vir die lang pad dorp toe. Gunter teug langsaam aan sy koffie, bewend, sy grys krulle wapper saam asof hy sit en dans met elke teugie wat hy neem. Kendra bekyk die toneeltjie en besef dat vrees besig is om hom aan te pak. Om hom saam te neem dorp toe sal net ‘n ramp wees. “Gunter ek dink dit sal die beste wees as jy bly, my man, ek verstaan”, haal sy aan met deernis in haar stem. Hy kyk na haar met dankbaarheid en verligting. “Jammer my vrou ek wens net ek was in ‘n posisie om te help. Die kind is tog immers onse bloed. “Ek weet, al wat ons wil hê is ‘n springlewendige kind wat eendag miskien die plaas sal oorneem, nuwe lewe daarin blaas, hy kan eendag onse droom vir ons leef,” sê sy terwyl sy die deur vir installeerder van Telkom oopmaak.

“Ongelukkig is ek nou op pad.” “Dit is goed so mevrou , hier is u nommer, bel later om te sien of die telefoon werk”, haal hy aan terwyl hy die nommer op ‘n stukkie papier neerskryf. Sy neem die stukkie papier gretig en stop dit in haar beursie. Sy beweeg na die hekkie toe Salmon sy opkoms maak.

“Goeie môre Salmon”, groet sy en steier terug vir ‘n oomblik vir die drank walms wat die windjie in haar rigting waai terwyl sy in die koets klim . “Goeie more Kendra”, groet Salmon verleë terwyl hy haar help om in die koets te klim. Hy is eintlik ‘n goeie ou, hy neem verantwoordelikheid aan vir ieder en elk se ritte dink sy. “Die outjie lyk maar baie pap”, knoop hy ‘n geselsie aan. “Ja “, sê sy swaarmoedig, haar oë gevestig op Connie. “Hoop maar die dokter sal vandag ons uit ons misnoeë red. Dit is beslis nie soos ons hom ken nie en die feit dat hy nie ‘n prater is nie maak dit nog erger Salmon.” “Natuurlik sal die dokter die siekte diagnoseer, moenie so bekommerd lyk nie” antwoord Salmon bemoedigend. Die versekerde en kalm stemtoon maak haar rustiger. Kendra sit en tob oor die dooie hasie, presies wat met die diertjie gebeur het, maar nou ja .. die beloop van die lewe is maar soos ‘n legkaart, al wat sy nou kan doen is om te sit en wag dat al die stukke met tyd bymekaar inpas.

Sy wonder of dokter Geishorn nog praktiseer. Dan dink sy ook aan die Wald’s familie op die dorp. Toe leer Kendra dat haar vriende, vriende was van die materiale dinge, dinge wat in die hiernamaals niks bestaan nie. Dit was seer, maar die sonskyn het daardie wonde uitgedroog, die wind het dit weggewaai en die reën het dit skoon gewas. Hoe kan jy trap op mense as hulle lê? Maar nou ja hulle het deur daardie drif gekom, kruipend. Hulle het nog mekaar, niks van die verlede maak meer saak nie.


Toe hulle die dorp binnegaan glimlag Kendra verlig. In sig, skielik is die galop van die perde nie meer hoorbaar, orals waar jy kyk sien jy die verskillende kleure huise, teer strate, motors wat op en af beweeg soos ‘n klomp miere wat kos versamel voor die winter begin, Kendra glimlag en weet diep binne in haar hart daar is hoop daar buite.

Afgemat van die rit stap hulle die hospital binne. “n Verpleegster nader hulle met ‘n rystoel en maak Connie gerieflik daarin. ”Watter dokter wil jy sien”, vra sy besorg terwyl sy die koorspen in Connie se mond druk. “Dokter Geishorn”, antwoord Kendra onseker. Die verpleegster stoot die rystoel tot by die spreekkamer se deur en bevel hulle om te wag. Connie sit nou half orent is sy stoel en bespeur sy omgewing. Kendra hou hom dop, sy oë so groot soos ‘n wildsbokkie. Dit moet seker die wit uniform wees wat hom so ontstel, dink Kendra en hoop om nie lank te wag nie. Tot haar verbasing praat Connie vir die eerste keer in maande. “Ek is nie siek nie, hierdie mense kan my nie help nie, ek moet saam terug gaan berge toe, ek soek bloed.” Sy staar die kind aan, hy kyk na haar so hulpeloos en sê, “ Jy weet seker teen nou al van die hasies in die berge, hulle is my maaltye.”

Verward, teleurgesteld en ontkenning vaar soos ‘n woedende storm deur haar moeë
gebeendere totdat dit haar brein bereik, sy bewe onophoudelik, dis donker voor haar, haar tong haak vas, haar lippe gesluit. Minute later is sy en Connie die spreekkamer binne, sy en dokter Geishorn groet, gesels oor die ou dae, miskien te veel, asof sy die gesprekkie tussen sy en Connie wil uitwis. Hy ondersoek die kind en besluit daadwerklik die kind moet by die hospitaal aanbly. Die diagnose is onbekend.

Sy sluit aan by Salmon en met bekommernis in haar gemoed pak hulle die rit aan huiswaarts.

Die beeld van ‘n legkaart speel voor haar af, nog onvoltooid, daar is nog een stukkie nodig, en sy moet daardie opening vul, met bloed. Môre sal sy terugkom en daardie bloed bring, vir sy dors, vir haar openbaring. In die skaduwee van die legkaart sien sy skandes, sappige stories, vrae van almal en oral, sy sien die media wat soos bye op haar toesak vir nuus, hoe op aarde gaan sy dit aan Verna meedeel, hoe? Sy gaan lê skuins op die sitplek agter en gee haarself oor aan die tsoenami wat haar aanval. Salmon draai sy kop na agter toe hy ‘n kap geluid hoor, dis Kendra se kop wat gekap het , sy het flou geword, gelukkig is haar posisie lêend op die agterste sitplek. Hy dink die dag was vir haar te veel, sy is moeg. Nou moet hulle by die huiswaarts.

Elders in die stad lê Verna op die rusbank, moeg na ‘n dag se harde werk. ‘n Liedjie speel op die radio, sy luister na die woorde en dit plaas haar voor die muur wat sy rondom haarself gebou het. Sy betas daardie muur met haar een hand en voel die koue en die growwe werklikheid, in haar ander hand hou sy ‘n hammer vas om die muur af te breek, maar dit is asof die hammer te swaar is om gelig te word, tog hunker sy na die warmte agter daardie muur. Sy gaan staan op die balkon en veg met alle mag teen haar gevoelens, en begin die muur rondom haar afkap, eers die sement, ‘n laag pleister van haar nostalgie, dan die bakstene. Bakstene van liefdesteleurstellings, bitterheid, ontkenning, haat, kilheid, bakstene van verwerping en nog vele meer. Terwyl sy dit een-vir-een afkap skyn daar ‘n sonnestraaltjie na binne, dit laat haar hart vinniger klop en sy besef vir die eerste keer, in jare, daarbuite is hoop, daar’s liefde en daar is genade.

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd voel sy hartseer, skuldig, verlange na mense, die warmte van haar ma.. Sy begin haar tasse pak, alleen sal sy nie hierdie muur kan afbreek nie, sy het haar pappie se skouer nodig om op te huil, sy groot hande om haar hand vas te hou, sy gerusstellende stemtoon om haar te laat weet alles gaan regkom. Sy’t ‘n verantwoordelikheid om na te kom, en sy wonder vir die eerste keer in jare wat Connie maak, sal hy ooit weet dat sy ,sy ma is. Die era wil sy saam met haar familie verbind, en sy hoop ter harte haar huiswaarts keer gaan hulle almal saam bind as ‘n gesin. Die rit huis toe kap sy met alle mag om daardie muur af te breek, en hoe harder sy probeer, hoe meer rol haar trane, trane wat sy vir baie jare opgegaar het in ‘n dam met besoedelde water, vloei nou vrylik asof die sluise oopgedraai is.

By die kruispad draai sy regs, sy weet nou sy is naby haar ouerhuis. Sy klim uit haar motor stap na die hekkie, die grinnik van die perde laat sy stol en omkyk, dit is die koets. Haar ma klim uit, sy lyk gedaan, maar vir die oomblik wat sy Verna sien, verdwyn alles asof energie oor haar gegiet word. Verna hardloop haar ma tegemoet, hou haar vas en bars uit in trane, trane van blydskap, trane om te sê jammer, trane vir alles.

Die telefoon verbreek hul oomblik van vreugde. Kendra haas na binne, dit is die verpleegster van die hospitaal, Connie het die tydelike met die ewige verwissel.

Verward, gebreek en byna verlig haas sy na haar kamer om die boodskap te verwerk. Sy gaan staan voor die spieëlkas. Sy begin dit naarstigtelik afstof totdat dit silver skoon is, letterlik en figuurlik, vir Verna en vir Günther, wie en wat Connie werklik was sal sy so diep binne in haar begrawe dat dit nooit Verna en Günther se brein sal bereik nie, hulle sal nooit weet nie, wat hulle nie weet nie kan nie seermaak nie. Wat sy weet sal vir die res van haar lewe ‘n spieël wees van donkerte en stof, daarmee gaan sy lewe, dit is haar opoffering vir haar gesin.







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

rex
'n Koppie bloed ...
Ag nee, Rosie. Jou storie kort verdere versorging. Gebruik tog kommas op die regte plekker, en lees deur voor jy plaas om foute reg te maak.

En die einde? So 'n groot geheim dat ek seker is niemand kan dit snap nie. Jy is te haastig.
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 10 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar