Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die weer is snaaks. Bedompig. Gelukkig waai daar ’n effense windjie. Nie genoeg om die aarde af te koel nie, maar dit troos darem. Louisa kyk op na die son wat sukkel-sukkel deur die wolke loer. Sy wonder wat sy gaan maak om te eet vanaand. Haar maag grom en sy vryf dit saggies om dit stil te kry. Sy skrik toe ’n jong man en meisie verby haar huppel. Hulle skree en lag. Sara en Liam. Die dorp se twee bekende tik-verslaafdes. Die meise se blonde hare blink vuil in die flou sonlig en die man se maer uitgeteerde lyf ruk heen en weer soos hulle huppel in die rigting van die parkie. Sy het eenkeer met Liam gepraat. Hy is ’n baie aangename jong man. Sy ouers besit die wildsplaas net buite die dorp, maar verkeerde vriende het hom telke maale in die rehabilitasie sentrum laat beland. Die afgelope jaar bly hy en Sara in Tant Grieta se tuinkamer. Sara is Tant Grieta se kleindogter. Sy het nie juis gevorder op skool nie en het op vyftien al gaan werk by die kaffee op die hoek, maar is kort daarna afgedank oor haar vingers bietjie te lank was na die eienaar se smaak. Sy help nou en dan uit by die plaaslike groentemark, maar dan raak haar lus vir tik te groot en bly sy weer weg vir dae op ent. Sy is nou negentien jaar oud en Liam in sy laat twintigs. Hulle het so ruk gelede ’n baba gehad, maar die het net spoorloos verdwyn en niemand stel genoeg belang om uit te vra oor die arme bloetjie nie. Buitendien, as jy te lank oog kontak met hulle maak vra hulle geld met hul hande bak en hul oë waterig. ‘Waarheen sou die twee oppad wees?’ Wonder Louisa en sy loop stadig agter hulle aan. Sy is nou maar eenmaal ’n nuuskierige mens en sy het net die gevoel dat iets nie reg is aan die toneel nie.

“Middag Louisa. Gaan dit goed?” Dis Tant Grieta wat vriendelik groet. Die ou tannie het ’n boggelrug en haar grys hare val glad oor haar voorkop.

“Ja, dankie Tante.” Louisa wil nie die twee jongmense uit haar sig verloor nie en knip die tante kort. “Ek is bietjie haastig. Gesels later.” Sy verhoog haar pas en gaan staan stil toe Liam en Sara skielik agter ’n groot bos verdwyn.

Iets in haar waarsku haar om nie nader te gaan nie. Sy hoor hoe die jongmense soos waansinniges skree en baldadig lag. Hulle is defnitief onder die invloed van dwelms. Maar waaroor sou hulle dan so lag? Sien hulle dalk gesigte? Die windjie wat vroeër gewaai het is skielik stil en die son bak warm op Louisa se rug. Die geskreeu en gelag van die twee verslaafdes het ook stil geraak. Dan hoor sy hoe iemand skree. Asof die persoon in pyn is. ’n Derde persoon. Sy hoor die gespartel van mense en hoe ’n mansstem saggies om hulp roep. Sy kyk om haar rond. Daar is niemand in sig nie. Die parkie is leeg en selfs tant Grieta het iewers heen verdwyn. Haar hart klop in haar keel en sy vee haar sweterige hande aan haar denim af. Sal sy nader gaan?

Die bloedstollende gil klink weer op van agter die bos. Sy gaan versigtig nader. Die blare maak kraak geluide onder haar voete en sy kan die bloed deur haar are voel pomp. Sy loer stadig om die bos. Sy is verbaas om Liam en Sara op hul hurke te sien sit met hul rugte op haar gekeer. Sy sukkel om te sien waamee hulle besig is. Voor hulle lê iets wat lyk soos ’n bondeltjie klere. Sal sy iets sê? ’n Geluid maak wat hulle sal laat omdraai sodat sy kan sien waarmee hulle besig is? Dan sien sy die bloed en snak na haar asem. Sy wil omdraai en weg hardloop, maar vier waterige oë staar haar skielik aan. Die twee mense voor haar lyk soos aapmense. Hulle sit nogsteeds hurkend met bloedbesmeerde gesigte. Langs hulle lê ’n ou boemelaar. Hy is lelik geskend. Drie van sy vingers is afgebyt en bloed stroom uit sy stukkend gebyte wang. Sara se wange duik in soos sy kou aan iets wat lyk soos ’n vingernael wat af-en-toe verskyn by haar dun lippe.

Louisa tree agteruit. Sy wil gil, maar ’n koue beklemming druk haar keel toe en sy kan nie beweeg nie. Die vroeër hongerkol is nou ’n brand gevoel op haar maag en sy is vol hoendervleis ten spyte van die bedompige hitte.

Die blonde meisie spoeg die halfgekoude vingernael uit en skree soos ’n besetene. Sy grou met haar bloederige vingers in die grond. Liam lag uit sy maag uit. Asof iemand vir hom ’n verskrile snaakse grappie vertel het.

“Kyk hoe bang is sy!” Koggel hy en wys met sy vuil vinger na Louisa. “Whaaaaa!” Hy skaterlag.

“Help!” Louisa se tong plak aan haar verhemelte vas en haar keel is droog. Sy kry skielik krag en begin hardloop. Waarheen sy hardloop weet sy nog nie. Dan sien sy Tant Grieta se voordeur staan oop en maak so vinnig as wat sy kan om daar te kom.

“Hemel Kind!” Tant Grieta vat Louisa om haar lyf en help haar neer op die stoel langs die kombuis tafel. “Dit lyk asof jy ’n spook gesien het.”

“Tant Grieta… Dis… Boemelaar… Eet…” Louisa struikel oor haar woorde. Haar brein probeer nog sin maak uit die grusame toneel wat sy sopas gesien het.

“Hier.” Tant Grieta prop ’n glas suiker water in haar hand. “Drink en dan vertel jy my rustig wat gebeur het.”

Louisa sluk die soet water af. Dan sit sy die glas bewerig neer op die tafel. Die huis ruik snaaks en sy let op dat daar ’n pot kos op die stoof is wat besig is om te kook.

“Dis Liam en Sara. Ek het gesien hoe hulle ’n ou boemalaar verskeur met hulle tande, agter die bos in die parkie.” Louisa se stem is bewerig en sy is skielik naar.

“Is dit so? Mens!” Die ou tannie se oë verhard skielik. “Dis seker nie nodig om so ’n bohaai op te skop nie.”

“Nie ’n bohaai op skop nie? Dis twee mense wat ’n ander mens lewendig geëet het!” Louisa spring op. “Tante moes dit sien!”

“Kalmeer!” Tant Grieta vee haar kuif uit haar oë en druk Louisa plat op die stoel. “Ek glo jou. Maar jy moet vertsaan, my Sara kind is spesiaal. Sy het ander behoeftes as ’n normale mens.”

“Sy hoort agter tralies! Sy steel, tik en nou moor sy! Spesiaal se voet!” Louisa is verbaas hoe hard haar stem weergalm in die klein kombuisie.

“Ek sê KALMEER.” Die ou vroutjie sit haar neus teen Luisa sin. Dis koud en Louisa kan die donker van die vrou se siel sien in haar oë. Skielik voel Louisa ’n brandpyn in haar nek. Bloed stroom af teen haar keel. Die perfekte sny vorm ’n ring om haar nek. Net voor sy haar laaste asem kan uitblaas hoor sy Tant Grieta sê: “’n Mens is maar net ’n dier.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar