Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘N ONVERWAGTE ENGEL

Maggie gee kort, ergerlike treetjies terwyl sy teen die bult afstap dorp-toe. Dis asof sy met elke tree die kokende woede in haar binneste probeer doodloop.

Die kinders was moeilik en laat vir skool. In die geharwar om klaar te maak, het hulle mekaar aanhoudend geterg sodat haar gemoed aan rafels hang, nog voor die dag begin het.

Haar tree word stadiger en versigtig, toe sy by die plek kom waar sy moet wees. Dit voel asof ‘n dwergmotorfiets rondomtalie in haar ingewande ry. Sy voel altyd so as sy vir ‘n onderhoud moet gaan. “Ag, liewe Heer, ek het die geld so nodig”, bid sy.

Buurman Henry het gisteraand oor die tuinhek vertel van die nuwe winkel op die dorp en dat die vrou daar, iemand soek vir die huis. Henry het self daar werk gekry en dit nadat hy pas uit die gevangenis gekom het. Dit nogals vir diefstal!

Die winkel is toegepak met kampeertoerusting en agter die vertoonkamer, le die woonhuis. Maggie voel hoe die motorfiets nou in dringende sirkels in haar maag rondjaag.

Agter die lessenaar sit ‘n vrou met ‘n goueraam bril, wat haar hard en ongenaakbaar laat lyk. Sy frons toe sy Maggie gewaar en Maggie se tong, voel soos ‘n reuse polonie wat teen haar tande vasdruk.

Maggie stel haarself voor en die frons tussen die vrou se wenkbroue verdwyn. Sy staan op en Maggie sien die vrou is groot gebou. Sommer lekker dik en dit laat haar dink aan ‘n groot, sagte sywurm met ‘n boekwurm bril. ‘n Giggelaggie stoot onbeheers in haar binneste op.

Die vrou stel haarself voor en sonder enige fieterjasies, verduidelik sy wat sy van Maggie verwag. Maggie is stomgeslaan. Nog nooit voorheen was sy so sonder enige formaliteite aangestel nie. Sy bind haar voorskoot om haar lyf en tap water in die skottelgoedbak.

Laatmiddag stap sy langsaam teen die bult-uit huis-toe. Dit was ‘n lang dag en daar was baie werk in die huis. Die huis is oud en vuil van lank toestaan en dis duidelik dat die man en vrou nuwe intrekkers is. Oral staan half-uitgepakte kartondose rond en Maggie voel, sy het gedoen wat sy kon. Sy sukkel om die warm gevoel in haar binneste weg te steek, oor die note wat lekker in haar beursie le.

Gedurende die dag het die vrou kort-kort badkamer toe gehardloop met haar hand voor haar mond. Maggie wonder of die vrou siek is, maar onderdruk haar gedagtes, toe haar jongste kind haar huilend by die hekkie ontmoet. In die kombuis sit Josef, met bloedbelope oe en ‘n bier in die hand. “Ag, Heer”, bid sy stilweg. “Dit gaan vanaand weer een van daardie aande wees.”

Die volgende dag is Maggie vroeg op haar pos. Die vrou is nog in haar kamerjas en staan voor die kombuiswasbak en sluk ‘n hand vol pille. Toe sy Maggie gewaar, helder haar moee, afgeremde gesig op. Hulle glimlag vir mekaar en dis asof sy nie meer so streng lyk sonder haar bril nie. Maggie voel ‘n warmte wat in haar hart kom nesskop.

Later die oggend, neurie Maggie vrolik terwyl sy die bad skoonmaak. By die prop le ‘n nat klos lang, blonde hare. Vieserig haar sy dit uit en in haar gedagtes, sien sy die rye pilhouertjies wat op die kombuiskas staan. Met nuwe ywer was sy bad uit en dink aan die vrou.

Haar soet, volronde loflied, weerklink deur die gang tot in die kamer waar die vrou met toe oe le en rus.

“Prys die Heer met blye galme…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar