Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die volgende paar uur is soos wanneer ‘n mens trauma beleef het en alles later stadig oor-en-oor in jou gedagtes afspeel met volle kleur en al die byklanke. Dit was die oomblik wat my lewe ophou met bestaan het soos wat ek dit geken het en my op ‘n koers gestuur het, na ek weet nie wat nie.
By die tafel het Bennie my hand geneem, maar hy kon my nie in die oë kyk nie. “Janie, ek moet jou iets vertel, ‘n besluit wat ek geneem het. Ek dink al lankal hieroor na maar daar was nog nie die regte oomblik om met jou te kon praat nie. “ Ek kan aan sy stemtoon hoor dat hy swaarkry om met my te praat.
“Ek het besluit om van jou te skei, “ laat val hy die bom. Die woorde skok my in my diepste wese, sodat ek geen woorde het nie, maar bloot na hom staar met ‘n onbegryplike uitdrukking op my gesig.
Hy praat asof daar nie sopas ‘n hengse bom in die huis gebars het nie. “Ons het goeie tye saam gehad, Janie, maar ek kan hierdie inmenging van jou ouers, hulle sobisme en snedigheid nie meer hanteer nie en of jy dit nou wil weet, of nie, jy is ook ‘n snob Janie, ‘n regte bedorwe brok wat niks vir jouself kan doen nie en ek dink nie jy het al ooit een dag in jou lewe regtig gewerk nie.”
Ek kan nie glo dat dit my Bennie is, die Bennie wat altyd sagmoedig en vol humor is, wat saam met my soveel intieme oomblike gedeel het, die kinders se geboortes, Bennie, wat my heel beste vriend is, my enigste vriend, wat hierdie dinge vir my sê nie.
Ek onthou dat ek gehuil het, gesmeek het, belowe het dat ek sal verander en pateties probeer het om hom teen my vas te druk, maar hy was onversetlik. Hy het opgestaan en my weggestoot, by die trappe opgehardloop en later met ‘n sportsak vol klere afgekom. “Ek gaan by Gary slaap vannag” en ongeerg sy motorsleutels geneem en die voordeur agter hom toegeklap. Patetiese ek het nog probeer om agter hom aan te hardloop en hom te keer, maar by die toe voordeur het ek op die vloer neergesak en gehuil soos nog nooit in my hele lewe nie. Dit wat in ‘n paar oomblikke hier afgespeel het, was nie ‘n nagmerrie droom nie, maar die werklikheid.
Ek weet nie hoe lank ek nog in die kombuis rond geploeter het nie. Slinger-dronk van skok en ongeloof, maar ek was later so moeg, dat ek met klere en al op die bed gaan le het. Die gedagtes en vrae wou net nie ophou draai in my kop nie.
Hoe het ek dit gemis? Hoe kon ek nie weet dat Bennie so ongelukkig is nie en meeste van alles, wanneer het hy tot die besef gekom dat ek niks vir hom beteken nie?
Wat gaan ek vir my Ouers sê, maar nog erger, wat gaan ek vir die kinders vertel waar hulle Pa is? Hulle sal dit nooit oorleef as hulle nie hulle Pa by hulle in die huis het nie. Hulle is so lief vir hom en aanbid letterlik die grond waarop sy voete loop. Pa is die een wat lekker dinge saam met hulle doen. Lekkers koop en hulle sirkus en dieretuin toe neem. Pa is die een wat hoeveel keer in die nag opstaan as een gou ‘n wiepsie wil gaan maak…
Trane oorval my van vooraf; en my hande vou hulpeloos oor my gesig. Wat gaan ek doen? My lewe het ophou met bestaan want ek is niks sonder Bennie nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hartseer'
Hartseer, laat 'n mens dink, gee 'n mens 'n kykie in ander se werklikhede. Dit kon ek gewees het. Verhaal mooi aanmekaar gesit. Dankie
8 jaar 6 maande 1 week 13 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar