Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vandag hierdie oulike "ware verhaal" per e-pos ontvang en deel dit graag met julle ...



Geagte kb
Hier volg 'n storie wat julle mag gebruik:

Hier volg 'n ware verhaal. Voor my hoërskooldae het ons op 'n plaas naby Northam langs die Krokodilrivier gewoon. Eendag vra my ma my om vir haar 'n volstruis te gaan skiet want haar verestoffer was gedaan. Dit was gedurende die oorlogsjare en patrone was maar skaars. Ek het toe net een patroon vir die .22 geweer gehad. Langs die rivier was daar altyd volstruise en ek vat die pad daarheen. By die rivier sien ek toe 'n trop oorkant die rivier. Ek soek toe vir my 'n groot mannetjie uit en vat dooierus met die geweer. Toe die skoot klap, spring 'n vis uit die water en die koeël tref hom op pad na die volstruis. Dit was 'n doodskoot vir die volstruis. Ek is so bly dat ek handeklap en 'n patrys skrik so groot dat hy opvlieg en hy land tussen my hande en ek klap hom dood. Ek skrik iso groot dat ek agteroor val bo op 'n jong krokodil wat ek toe ook dood val.

Ek loop toe verder langs die rivier af na die brug toe want ek mag nie my enigste paar skoolskoene nat laat word nie. Oppad brug toe sien ek 'n jakkals met een van my ma se wit White Leghorn hoenders is sy bek. Ek voel toe my sakke deur vir 'n verdwaalde patroon, maar al wat ek kry is 'n sesduim spyker. Ek sit hom toe maar in die geweer. Nou 'n spyker trek nie so vinnig soos 'n koeël nie en die jakkals sien die ding aankom. Gelukkig skiet ek toe sy stert in die boom vas.

'n Entjie verder storm 'n leeu op my af. Nou my pa het my geleer dat as 'n leeu so met sy oop bek op jou afstorm en jy gryp sy tong vas, kan hy jou niks doen nie. Ek gryp toe na sy tong, maar my hand gly deur sy keel tot by sy stert. Ek ruk toe my hand vinnig terug en ek dop die leeu toe om. Sy binnekant sit toe buite, maar toe word daardie leeu kwaad en hy jaag my om 'n kremartboom. Ek hardloop toe so vinnig om die dik ou boom dat ek die agterkant van my kop sien. Die laagste tak van die boom, was so 26 voet van die grond af en ek spring op daarheen. Ongelukkig vang ek die tak mis, maar toe ek af kom, kon ek hom darem raak gryp.

Volgende keer vertel ek jou nog 'n ware verhaal uit my prille jeug. Volgende maand vier ek my 84 ste verjaarsdag.


Baie dankie vir al die mooi goed wat ek van julle ontvang.

Die uwe
JH Venter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Lekker gelees aan hierdie jeugdelike beleidenis. Vertel meer. Sulke stories mag nie verlore gaan nie.
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


JH Venter
Vier en tagtig sê jy ?

Vertel jy my dit of sê jy my dit ?

Okei JH - Waar is daai vis(of wat van hom oorgebly het)

Baie presies van jou om nie die jakkals se vel te beskadig nie.

Goed so dat jy op hierdie jare nie meer lieg nie -
Daar behoort nie meer iets oor te wees van jou 'sonde uitveër' nie

10/10 vir hierdie waarheid
4 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


JH Venter
Dankie vir die heerlike spekstorie . . . (ter wille van 'n verestoffer?)
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


JH Venter
Gelukkig ken ek ook so 'n paar van hierdie ware storie vertellers dat hulle hulself begin glo het en as soetkoek verkoop. Dalkies moet ek ook eendag van hul staaltjies hier kom deel.

Lekker gelees.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


Prille
Jislaaik dis nou amper 'n storie van massamoord op die plaas, alles vir 'n nuwe verestoofer se onthalwe.

Lekker gegiggel, gesien en gelees!
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


sak
Ssak bietjie Groot lieg
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


storie
Lekker giggel ek nou. Hy skets die gebeure pragtig vir die geestesoog maar ware verhaal? Met klomp sakke sout ja.
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Pragtig
Baie dankie vir hierdie pragtige verhaal. Ek lag lekker as ek sien hoe skiet die spek ... :)))))
4 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud



Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar