Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My kyk verstar op die mooi vierkantige muurhorlosie. Ek verstom my aan die Chinese se kunstige omraam patroon.
Die ligte klop aan die deur bring my terug na die werklikheid en sy kom in. Hoekom die vrou nie in ‘n verhouding is nie, gaan my verstand te bowe want sy is ‘n prentjie. My oog wei op en af en ek hoor vir eers nie haar stem nie:
“Meneer . . . Meneer, is meneer vanoggend weer in daai stemming?”
Ek skud dit wat deur my gedagte vliet met ‘n kopskud weg en nooi haar:
“Elna, kom staan hier langs my, kyk na wat ek sien; kyk na die skone dag daar buite; dink jy nie ons moet sluit en gaan golf speel nie ?”
Sy lig haar kyk na buite deur die groot kantoor venster, kyk vir ‘n wyle maar kom terug na die hede.
“Dis nie ‘n goeie idee nie meneer, hier is hopeloos te veel werk en meneer moet bietjie roer – wat gaan deesdae met meneer aan – is daar ‘n muis meneer . . .?”

Ek kyk haar binne in die oë. Ek sien dit is vanoggend groen; sommige dae weet ek nie of dit blou-groen of see-groen is nie maar dit is oë wat effektief, raak en kwaai kan word.

Die kwaai toon kom deur:
“Meneer stop dit, dê, die brief is per koerier afgelaai en ek sien dit kom van meneer se tjommie in Pretoria af met in rooi geskryf DRINGEND daarop; kyk self.”
‘n Sug van argwaan en ‘nou wat daarvan’ ontsnap my lippe en ek neem die brief wat sy steeds uithou en haal nie my kyk van haar gesig af nie en sit my ernstige mombakkies op:
“ Elna, vir die hoeveelste keer; wat het jy teen mans en hoekom is daar nie ‘n man jou lewe nie?”

Ek is seker Elna koop by die Chinaman ‘mood pille’. Elna word nie ontstig nie en is elke dag vir die afgelope vier jaar wat sy vir my werk presies dieselfde en uitdrukkingloos kom die gewone teen vraag:
“Wat is meneer se probleem met vroue ; hoekom is daar nie ‘n vaste vrou in meneer se lewe nie?”

Die woord ‘vaste’ sluit die gesprek af en ek vat die brief by haar:
“Loop maak vir ons twee ‘n sterk kan Rooibos tee en kom lees wat is Nico se probleem, ek gaan voer eers die duiwe.”
Elna behou haar kwaai stem:
Meneer, ons moet liewer die duiwe wegkry; sien net hoe lyk die dak al, dit gaan baie kos om dit weer skoon te kry . . “
Ek het ook ‘n kwaai stem:
“Die tee Elna . . . ons het werk om te doen!”

Ek kry die pakkie duiwe kos op die tafeltjie langs my alleen vis in sy bak; vingerpunt sommer ‘n paar vlokkies viskos vir Karolus en maak die venster wyd oop en duiwe kan onhoorbaar aankondig want toe die eerste gruis op die klein grasperk val, kom hulle in getalle en pik-pik-pik en my gedagte pik-pik-pik ook aan Elna se laaste woorde:
“Vaste vrou”. My ouers se egskeiding het ‘n wond gelaat; ‘n ongeneeslike wond en ek het Prokureur geword in eed dat ek my beste sal doen om huwelike te red anders as om te skei.
Pa was egter verkeerd. Pa had ‘n fout – ‘n vroue fout. Ma kon nie aanhou deel nie en die kontrak het gebreek. . .
“Die tee meneer!”

Sy het klaar geskink; ek drink uit ‘n beker en oorhandig die koevert wat sy vaardig met die lem oopsny, die pakkie inhoud uithaal en oopvou en sy lees:
“Willem, hierdie javel, ene Pieter Cloete, is ‘n gesiene man hier maar ‘n wrede vroue jagter en het die meisie, Adriana, op ‘n kletsblad ontmoet en vir vier jaar gebruik en nou soos ‘n lap weggegooi.
Adriana word kwaad en skryf openlik op die blad en noem hom name en maak bewerings en aantygings en die vent kom sien my; hy dagvaar Adriana vir naamskending. Ek sluit al die geskrifte in. Ek aanvaar Adriana se kwaad maar ek dink hier is vir ons albei geld te maak uit die oorlamse vent se gewoontes. Laat ons hom tap.”

Terwyl Elna al die dokumente in stilte deurkyk knik ek my kop. Ek kon nie my pa betig nie – hy was nie tugbaar nie. Ek kan egter nou, vanweë my kennis en posisie, enige ander man betig en dit is wat ek en Elna praktiseer en Elna waai die koevert voor my gesig:
“Halloooooo meneer . ..”

“Ek kom terug en besluit dadelik:
Stuur vir Nico die eerste deel van my rekening op die gewone manier soos vir sulke Cloete Javels:
Dubbel fooi vir ontvangs van die opdrag
Dubbel fooi vir alle oproepe na die Adriana dame
Dubbel fooi vir haar besoek aan ons
Drie dubbel fooi vir die pakke sneesdoekies wat jy sal moet loop koop om haar trane te droog met die eerste afspraak.
Kry haar op die foon en laat haar inkom wanneer dit haar pas.
Bring die werk dat ek hierdie dag agter die rug kry en ek is honger en nooi jou vir aand ete vanaand as ek dit waardig is”

Hierdie laaste uitnodiging is uit voordat ek kon dink. Dit is ‘n eerste in al die jare en Elna staan nie op nie.

Haar wysvinger rus op haar bors en ek kyk vir die eerste keer na die deining onder haar bloes. Elna weet hoe om vir werk te kleed. Ek stuur haar na hogere mense en ons is professioneel maar nou kyk my oë verby . . . dieper verby en vir die eerste keer sien ek ‘n deining en ek hoor nie mooi nie terwyl sy wys:
“Ek . . . ek, moet ek meneer vergesel na ‘n ete . . ?”

Ek krap my kop van weet nie wat nou nie maar kry uit:
“Is jy honger of is jy nie honger nie?”

Hierdie vrou kan die kleur van haar oë verander na wille keur want ek kyk en ek sien die pupille word klein en die groen word see-groen en waaragtig . . . sy het ‘n blos op die wange en haar kyk sak na die tafel toe soos ‘n skaam dogter:
“Meneer is vinnig op my. Ek sal eers dink want dalk het meneer net verspreek.”

Ek staan op. Ek maak nie graag foute nie maar hierdie keer het ek amper ‘n fout gemaak deur nie die vrou oorkant my raak te sien nie en ek stap na haar toe en vat haar aan die boarms met my gesig baie naby aan haar:
“Ek het myself nie verspreek nie; kom asseblief saam vanaand – ek wil graag die mens agter die naam Elna ontmoet en . . . van nou af is my naam Willem.”

Vir die eerste keer leer ek nog iets:
Dit was toe ons kyke saamsmelt en ons gesigte is naby mekaar, net toe sien ek dat die vrou kan tot binne in my in kyk en haar kyk skakel iets binne my aan.

Willie F van Tonder
2013/11/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Sommer lekker gelees, dankie!

Ek dink daardie deining het jou gevang...
5 jaar 10 maande 4 dae 6 ure oud


Naam
En toe werk Mood-pille ook maar net tot op 'n punt. En toe gaan die natuur sy gang!
5 jaar 10 maande 6 dae 16 ure oud


O
ja Willem ... ja

Mooi gedoen
5 jaar 10 maande 1 week 6 ure oud


--
Ek is seker Elna koop by die Chinaman ‘mood pille’. **LAG**

Ek het jou kortverhaal geniet! Dankie sneeuwolf!
5 jaar 10 maande 1 week 6 ure oud


Skryf
Dit is uit skuld gevoel dat ek plaas. Ek skryf omtrent 'n storie per dag maar plaas dit nie - Internet sekerheid.
Die Gorrel goete is maar plesier en humor vir openbare besit.

Hierdie enetjie sommer so vinnig na aanleiding van 'n Gedig wat 'n bydraer geplaas het, gebrou - en geplaas vanwee die relefansie.
Andersins plaas ek darem een kortverhaal per maand as soort van skenking.
Dankie vir die geniet.

Woes is wonderlik met mooi mense.
5 jaar 10 maande 1 week 9 ure oud


Naam skending
Wow jong jy het darem nou so 'n vinnige liefdes dramatjie hier beskryf wat 'n mens sommer nie laat ophou lees nie. Dankie het dit geniet.
5 jaar 10 maande 1 week 10 ure oud



Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar