Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die voetstappe weergalm in die donker steeg af terwyl die figuur weghardloop. Die koue nagwind sny die lug met sy ysige lem. Die klank eggo met hol golwe deur die nag. Die buitelyn van 'n liggaam lê af geëts teen die straatlig se skyn.

Kramer stap stadig uit die skadu van die groot skeepsvraghouer en beweeg na die liggaam op die grond toe. Die lewelose oë staar terug na hom. Die vrou se fyn gelaatstrekke is baie aanvallig. Teen die kant van die lyk se gesig is daar 'n diep gapende wond. Dit lyk of die skedel regdeur tot in die brein oop gekloof is.

Bloed en brein stof sypel stadig uit en begin in 'n poel op die grond langs die liggaam opdam. Die brandsiek hond draf nader en nie eers Kramer se teenwoordigheid skrik die dier af nie. Die reuk van bloed en honger dryf hom voort. Hy begin gulsig lek aan die poel op die grond. Kramer kyk met walging terwyl die hond sy honger bevredig. Die lewe se
voedselketting kom nie eers in sy gedagtes op terwyl hy die dier aanstaar nie.

Kramer swaai om en sien die weerkaatsing van die blou polisie lig voor die voertuig om die hoek gery kom. Hy het reeds terugbeweeg in die skadu’s in. Hy hou dop terwyl die polisieman uit die voertuig klim en die hond verwilder. Dan sak die man op sy hurke langs die liggaam. Hy lig die arm op en voel vir 'n pols. Kramer onderdruk die skielike impuls om hardop te lag.

Hy sluip ongemerk van die toneel. Kramer weet dat hy die toneel weer gaan deurleef. Hy kyk na die silwer skakelaar in sy hand. Hy druk die skakelaar en voel hoe hy in die wit ligstroom ingly. Wanneer hy sy oë oopmaak staan hy in die skaduwee van 'n groot skeepsvraghouer.

Hy kyk na die figuur wat agter die vrou aansluip. Hy sien hoe die agtervolger die byl lig. Kramer gil. Die vrou gil in antwoord en begin hardloop. Kramer tree vorentoe en hy sien hoe die man met die byl omdraai.

Hy verstar toe die straatlig op die man se gesig val. Die bekende gelaatstrekke ruk sy maag op 'n knop. Die grynslag op die man se gesig tart hom. Die man draai om en hardloop weg net voor die polisievoertuig om die hoek gery kom.

Kramer hardloop agter die man aan. Hy hardloop om die hoek van die groot vraghouer en struikel bo oor die lewelose liggaam van die vrou wat hy vroeër sien weghardloop het. Hy draai om en slaan met sy vuiste teen die houer terwyl hy 'n magtelose gil gee.

Die nagmerrie draai in sirkels. Dieselfde vrou wat oor en oor vermoor word. Dieselfde agtervolger. Die byl. Die wond. Kramer maak sy oë oop en kyk na die man wat oorkant hom sit by die tafel. "Kramer, dit is tyd vir jou medikasie" Hy draai na die vrou. Sy lyk so pragtig, vol lewe en ongeskonde.

Sy plaas die glas met water voor hom op die tafel en sit die medisyne houer met sy medikasie neer. Sy staan afwagtend en kyk dat hy die medikasie moet neem. Kramer lig die medisyne houer op en gooi die inhoud in sy mond. Hy neem die glas water en lig dit na sy mond net toe sy omdraai en wegstap.

Hy spoeg die pille uit in sy hand en glip dit in sy japon se sak in. Vannag is dit tyd vir die laaste jag. Kramer staan op en stap in die gang af. Die kas teen die muur pryk met die glas wat sê breek glas in geval van nood. Hy grynslag terwyl sy gedagtes koers vat terug na die steeg....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nagmerrie
Ril... gril.... Jinne jou beskrywings is so puik ek ruik selfs die bloed!
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud



tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar