Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 191
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 10 Jan 2016
Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat eerder oor gemeenplase en ander se drome; en verheug my daarin dat ons so maklik saam praat en lag.
Saam loop ons deur die plek wat ons nie weer gou gaan sien nie en deel ou staaltjies. Tik-tak. Maar ons praat nooit oor óns nie. Ek raak paniekerig: hoe kan ek praat oor sake van die hart wanneer ons albei daarvan wegskram?
Dit word ‘n lang afskeid soos die laaste dag se ure afgetel word. Tik-tak. Hartseer hou ons mekaar styf vas en sê totsiens. Ander woorde ontbreek my. Die toekoms is gesluier in onsekerheid…
Dis meer as ‘n dekade later. Ek het ongenooid opgedaag, met die hoop dat jy sal weet dat vir my óns nooit verby was nie. Tik-tak. Tenspyte van die tyd wat verby gegaan het, het jy my ook nooit vergeet nie.
Lees ander kortverhale deur Ronel Janse van Vuuren
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur stefan s
Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.