Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek braai darem nou uiteindelik. Was in die dorp saam met vroulief. Het jeans gaan omruil by Edgars, nie myne nie, het selfoonkontrakte gaan uitcheck, nie myne nie en 'n nuwe haardroer gaan koop, okie myne nie. Later vir my vele sondes is ons by die lanie Checkers vir maandelikse inkopies. Deels myne. Gelukkig is ek 'n trained retailer en draf deur die winkel. Sy moet iewers gaan en ek staan met die trollie en wag. Kry 'n piepie en gaan na die publieke fasiliteit. Jy moet egter een rand ingooi vir die deur om oop te maak. Terwyl ek krap vir die geld kom daar 'n siel opgespook langs my. Hy vra my saggies vir 'n rand. Hys wit en ek vra hoekom? Hy se want hy try nou en dan sy luck en sneak toemaaktyd daarin om te slaap. Ek vra hom wats jou naam? Hy se kom ons se ma Riaan. Ek se nou se my se nou ma Riaan drink jy? Hy se kom on se ma ja. Ek vra wat. Hy se bier. Ek gan koop vir hom en my 'n fancy looking craft bier van Bavaria nogal. Hy se dankie en ek se bye. Sit nou by my vuur en vat 'n sluk. My ervaring se iets is fout. Ek draai die bottel om. Dit se 0.0 persent. Ek dink aan kom ons se nou maar Riaan en ek dink hoe taai die lewe kan wees. En skuif biekie nader aan die vuur.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nul
Ja-nee so loop hy maar.
4 jaar 2 maande 2 weke 1 dag oud



Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar