Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Dit is Joel, Oukersaand en uitgeput deur die dag se lange feesvieringe verlaat jy u makkers en familie, gretig om in jou bed te klim. Dit is 'n pragtige helder nag en jy besluit om huis toe te loop op ‘n goed-gereisde pad deur die digte bos, onder die sterre. Uile toet in die verte, 'n vlakhaas skiet oor die pad voor jou.

'n Gevoel van ongemak daal neer soos ‘n digte, donker wolk oor jou. Die bos draai doodstil, daar is nie 'n wese wat roer nie. Daar is geen wind, als is stil. Al wat jy hoor is jou eie asem. Jy voel heeltemal alleen, asof jy nog nooit rerig alleen was voorheen in jou leeftyd nie. Jy staan in die stof by 'n ou gewone haakdoring wat vroeer in Augustus deur die wind omgeval is. In die vêrte, saggies, amper asof dit deur ‘n nietbestaande wind gedra word, hoor jy ‘n flou huilende gekreun opbou.

Die huilende geluid word harder, jy hoor nou twee groot honde blaf in die verte. Die geblaf word harder, soos die huilende kreun meer en meer soos ‘n oorverdowende geskreeu begin klink. Iets kom nader. Een hond blaf harder as die ander, hul altwee klink baie te naby, die klank laat ys deur jou bloed loop al is dit die hoogte van somer. Die klank word intens en benoud! Soos jy sukkel om jou kalmte te behou, gooi jy jouself neer op die warm grond langs die gevalle doringboom!

Jy durf nie ‘n enkele spier beweeg nie. Is dit waar? Is dit werklik besig om te gebeur? Jy durf nie die geeste verhinder deur om op te staan nie. Jy het ook geen vleis aan jou om aan die verskriklike wolwe te bied nie. Daar is geen goud vir jou vanaand nie. Maar ook nie 'n vervloekte geskenk nie.

Die optog vaar oorhoofs, nie hoër as 'n ossewa se juk nie. Jy is veilig, of altans, jy voel veilig, maar met vreesbevange oë gevestig op die ongelooflike spektakel wat voor jou nou ontvou. Jy voel die hitte van die liggame wat oor jou vaar en winde klap jou soos ‘n tempes bo jou opgesweep word. Jy waag om op te kyk en die beeld wat jou groet is een wat vars in jou gedagtes sal bly totdat jy die dag doodgaan.

Die ruiters is in allerhande vreemde en bekende oorlogstoerusting en uniforms, skilde en vlae wapper in die wind en 'n dowwe glans kan gesien word op die vele spiese, byle, swaarde en gewere, styf vasgehou in hul koue, dooie hande. Jy kyk vêr vorentoe na die voor van die woedende, vreesaanjaende bende en jy sien 'n ou grys man in 'n grys mantel met wye grys hoed geklee, maar ook oortrek in die voorste en mees kosbaarste, asemrowende oorlogstoerusting. Hy lei die optog al gillend, die jagters en krygers lyk asof hul voed van sy moed af soos hy die magtigste spies wat jy al ooit gewens het om te sien, bo oor sy kop swaai!

Jy is vasgenael asof vir nege leeftye, maar die toneel duur maar net vir ‘n kort tyd voor. Soos hul dieper in die bos in vaar, begin die geskreeu oor die horison verdwyn. Jy lê daar, asof jy bedwelmd is. Tussen die stof en die bas begin jy stadig ontspan totdat die klanke van die bos stadig maar seker terugkeer, die warm lug brand jou bors.

Haastig spring jy op jou voete en begin eers draf en dan hardloop terug na die Oukersaand vieringe - jy het 'n storie om te deel, die Wilde Jaagtog het gekom, gelei deur die Galg-god en sy wolwe!
Donker tye lê voor, daar gaan verskriklike natuurrampe of 'n groot stryd kom, daar sal geen warm bed vanaand vir jou wees nie. "

Hier is Wotan geklee in 'n Migrasie Era, Skandinawiese Vendel-tydperk (550-790 NC) / Anglo-Saksiese (ongeveer. 450-1066 NC) geïnspireerde helm getoon, hy dra sy gevleuelde spies, die aansitter van oorloë en konflik wat altyd sy teikenmerk vind; Goengnier - "Swaaiende Een", deur die kundige hande van die dwerg-meestersmeed; Dvalin, geskep. Hy ry sy grys agt-gehoefde hings, die beste van alle perde; Slypneer - "Glipperig" / "Die Glipperige Een". Slypneer, die vul van Loki as 'n merrie en Svaadhielfari die hings van die naamlose hrimtoers (ys-reus) meester-bouer wat die mure van Asgaard gebou het.
Gevleeul aan beide kante van Slypneer sien ons Wotan se konstante metgeselle, Geeurie en Freekie - beide name sinoniem met; "Die Roofsugtige", "Die Gulsige", "Bloederig" en "Aasvreter", altyd gulsig vir hul kos van voorkeur, die bloed en vleis van mense en diere gestorwe in die stryd. Nie getoon, is die kraaie Hoegin - "Gedagte" en Moenin - "Geheue", heel waarskynlik vlieg hul vêr voor hul meester oor die horison op ‘n verkenningsvlug. Hul sal hul meester later op sy hoë troon in heldere Hliedskjalf sien. Daar in blink en besonders-pragtige Valaskjoelf waar die Alsvader alles sien, en met die twee kraaie ter sy skouers, hoor.

*Bynota *:
Bernd Heinrich teoriseer dat die wolwe, saam met Wotan en sy kraaie, ‘n weerspieling is van 'n natuurlike simbiose wat waargeneem kan word onder kraaie, wolwe, en mense tydens ‘n jagtog

Alle teks deur: Karl Adolf Andresson.
Kuns deur: Onbekend (laat weet my indien jul weet wie die kunstenaar is, sodat ek hul korrek kan krediteer.).



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar