Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ammy kyk Ina so half vraend aan: “Ouma? Ina se kop is in die hoogte versnelling, die kinders en kleinkinders het kom kuier en die taak om leke-onderwyseres op die gebied van anatomie te speel is ‘n ernstige verskuiwing van haar breinselle. Die mediese termes sal vir die twee dogtertjies van onderskeidelik vyf en agt jaar bokant hulle vuurmaakplek wees. Nou moet sy die woorde Ileostomy, sigmoid kolon, rektum verfyn tot kinderbegrip. Hulle torring die heel oggend aan haar om ouma se stoma te sien en sy besluit om dan nou maar proefkonyn vir die twee nuuskierige kleindogters te wees.

Sy sit gou al die nodige steriliseringsmiddels, sakkie, pleisters en handoeke in die kamer op die kas. Gereed om vir die kleindogters ‘n praktiese les aan te bied hoe om die stoma te vervang. So in die loop na die badkamer sė sy vir die twee sy gaan net gou stort, die stoma verwyder dan kom wys sy vir hulle hoe die aansit van die nuwe stoma werk. Behoede haar as die kinders dalk by die skool met verkeerde begrip gaan aankom, so dit is haar plig as ouma om die bloedjies touwys te maak.

Sy spoel die toilet en ‘n onaardse geluid kom van die waterpype af. Toe sy in die kamer kom vra Ammy: “Is dit ouma se stoma wat so dreun”? Ina lag, “Nee kind dit is lug in die waterpype” Tokkas se bruin oë is groot gesper, sy verkyk haar aan die eienaardige rooi derm op Ina se sy. “Wat is dit Ouma?” Dit is ‘n stukkie dunderm wat die dokter buite op ouma se sy vasgemaak het sodat die dunderm waterjies daaruit in die plastiese sak kan vloei.”

“Hoe nou ouma?” ….. Dit is hier waar Ina besef nou moet “juffrou” mooi verduidelik. “Dit werk nou so my skat, die kossies wat ‘n mens insluk gaan na jou magie toe, dan word dit sag en waterig en gaan deur die dunderm vir absorbsie en dan word dit in die dikderm gestoor vir ontlasting Ouma se kossies gaan van die dunderm na die plastiese sakkie. Julle weet mos, pastiese sakkies soos wat mens by die winkel kry om jou kossies en lekkers in te pak.”

“Ouma, wat is absor…….” Hier steek sy vas. “Dit is wanneer jou dunderm al die goeie kossies opsuig en jou sterk en gesond maak” Ina bly liewer weg van vitamines en minerale en nog wat, dit kan dalk net ontaard in ‘n les oor chemie!.

“En ouma, wat is so lasting?” Ina frons, toe besef sy die woord moet ook meer breedvoerig beskryf word. “dit is……” Ina krap kop. “Dit is as ‘n mens ‘n ……… bollie gaan maak”. Tokkas knik haar koppie, sy verstaan nou die dermgedoente. Ina besluit om liewer die res van die beskrywing van die spysverteringskanaal daar te laat, haar onderrigmetode gaan haar in die steek laat.

Sy is pas klaar met die stoma toe haar seun terugkeer van die dorp. Tokkas hardloop met ‘n spoed sitkamer toe, groot-oog en heel uitasem dra sy haar nuutgevonde mediese kennis oor.

“Pappa, ouma se derms hang uit en haar stoma is in die waterpyp op en sy bollie in ‘n Checkers sak”

Wys jou, onderwys  is niemand se maat nie!





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hahaha
Ja, dis ook hoe 'n skinderstorie vlerkies kry as die aanhoorder dit aanpas by wat hy/sy daaronder verstaan!
6 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Onderwys
Hoe lekker lag ek nou! Bietjie sonskyn op hierdie reen Vrydag
6 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


***
Groot glimlag!
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud


Ano
Onderwys
Oh gonna! Ek rol hier op die mat en ek het nie woorde nie! Absoluut fantasties. Dankie vir die deel. :-)
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 9 ure oud


Oooo blikemmer
Wag,waar's my kierie -
"Kom kinners, loop saam laat ons die boord gaan natlei.
Hierdie is ingewikkelde goete- Oupa gaan vertel vir julle van vlinders en papies en wurmpies. En ouma, antwoord kort en saaklik presies wat kind vra - geen verduidelikking, geen ekstra."

Sjoe!!!

Thanks.
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


hahahahaha....
Ek het lanklaas so lekker gelag......:) puik vertel. Nes die kleingoed is, hoor die gelui van die klok maar weet nie waar die bel hang nie hehehe hierdie is uitstekend lagwekkend :)
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar