Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Het jy regtig hierdie geskilder?”
“Ja.” antwoord ek.
“Dis pretty.”
“Dankie.”
“Wanneer het jy dit begin doen?” haar vingerpunte voel-voel liggies aan die tekstuur.
“Skilder?”
“Ja.”
“Toe ek uit daardie plek ontslaan is.” snaaks genoeg voel ek glad nie ongemaklik om dit met haar te deel nie.
“Dit is baie donker; nes jou skryfwerk.” sy klink meer gefassineerd as bekommerd. En daarvan hou ek.
“Ja.” hoekom bloos ek tog?
“Ek verstaan nie – het die psigiaters en sielkundiges jou dan nie gehelp toe jy in daardie plek was nie. Ek meen, het hulle nie die donker uit jou gekry nie?”
“Hulle het my gehelp om oor sekere dinge te kom. Maar onthou – donker is nie net donker nie, wit nie net wit nie en swart nie net swart nie. Ons almal het maar ons demone wat stuk-stuk in ons kuns na vore kom. Nie dat ek myself as ’n kunstenaar beskou nie, maar jy weet wat ek bedoel…”
“Hmm,” sy frons effens “wit nie net wit en swart nie net swart…” en dan met ’n sexy glimlag “is dit nou weer Derrida wat jy aanhaal?”
“Nie direk nie, maar sy dekonstruksie speel onder andere rond met sulke idees.”
Sy gee my ’n betekenisvolle kyk. My knieë word lam. Sy is regtig beeldskoon, dink ek.
“Ek moet nou weer gaan.”
“Okay.” nodeloos om te sê is ek teleurgesteld.
“Jy het my nommer. Bel maar as jy wil gesels.”
“Dankie, ek sal.”
“En asseblief…pas jouself tog op.”
“Ek sal probeer.”



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:)
Dit is goed geskryf. Dit is prikkelend. Laat iets vir die verbeelding. 'n Mens wil nog hoor. . .lees altans!! Bravo!!
4 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


(’n Dialoog)
Ek kan soortvan deel met hierdie gevoel, en die dag wanneer die engel soos `n dolk in jou hart-in vlieg, smelt al die donker weg, en jy sweef in die kalm oseaan van gelukkige melancholie. (al is dit net vir `n minuut)
4 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar