Weergawe: 1
Aantal woorde: 3119
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Sep 2015
Milah het haar huis dokter wat dae gelede vir haar ‘n voorskrif na die apteek gefaks het, gaan sien. Terwyl die dokter kenmerkend oor sy bles gevryf het en nog ‘n voorskrif aan haar oorhandig het, het hy aan haar verduidelik wat hy bedoel het met; “nesskop is uit soos brood in ‘n koshuis.”
Die dokter het haar goed laat verstaan dat sy haar egter “te besig” gedra het die afgelope ruk, nadat sy hom vertel het wat moontlik kon aanleiding gee tot haar simptome. Sy het haarself klaarblyklik ooreis met die rond geskuif van die meubels asook die skoonmakery in die huis.
“Hou matigheid voor oë,” het hy oortuigend aan haar verduidelik en haar verder beveel om haarself rustiger te gedra.
“Ek belowe ek sal.”
Die dokter se mondhoeke krul gerusstellend opwaarts terwyl hy die voorskrif aan Milah oorhandig. Sy neem dit dankbaar en groet hom. Hy knik in haar rigting en vryf weer kenmerkend oor sy bles. Gelukkig was dit net haar hormone en al die stres van die afgelope ruk wat ‘n tol op haar gemoed gehad het en aan haar immuunstelsel begin knaag het. Milah het nog ‘n gesonde swangerskap. Met die voorgeskrewe brief vir verkoue en stress pille wat nie nadelig is vir die swangerskap nie, is sy by die deur uit.
Wanneer ‘n mens swanger is, is jy bedrywig soos ‘n voëltjie. Dit is seker waarom dit nesskop genoem word. Milah het haarself “te besig” gehou, soos die dokter sal sê, met werksaamhede van ‘n huishoudster. Haar doel was om alles weer “nuut” te laat voel, vir haar en Louw se nuwe begin saam met hulle tweeling dogtertjies wat op pad is. Gelukkig is dit nou eers taboe, nadat sy heeltemal klaar is. As sy gaan stil sit het, het haar gedagtes te veel gedwaal, só sy sal maar net die matigheid-voor-oë reël toepas.
Voor die huis tref Milah Ian se motor in die oprit aan. Sugtend besef sy dat dit haar glad nie meer verbaas nie. Dit het ‘n gewoonte geraak wat sy verpes. Toe Milah tydens haar nes-skoppery ontslae geraak het van al die ou en onnodige, moes sy hom ook onder die voete uitgemaak het. Ian hoort nie hier nie. Dit is nie sy plek nie. Hy is nie deel van die nuwe begin nie. Sy wens nou net dat hy wil padgee.
Die huis is stil. Ongewoon doodstil. Daar staan bagasie langs in die voorportaal, merk Milah op. ‘n Klere tas en kitaar sak en ‘n paar los goedjies bo-oor wat aan Ian behoort.
“Ian!?” het Milah dadelik onseker uitgeroep.
Ian het om die hoek gekom en vir Milah laat skrik. Hy het sy besittings opgetel en in die deur gaan staan toe Milah vir hom vra wat die rede is. Ian het oor sy skouer geloer sonder om vir haar te kyk en kwaad gesis dat hy nie kitaar sal kan speel met gebreekte vingers nie.
Milah het stomgeslaan aangeneem, dat dit Hannes was wat hom ‘n ultimatum gegee het. Haar skoonpa het heel waarskynlik van die kans gebruik gemaak toe sy nie tuis was nie. Milah wens dat sy ‘n vlieg teen die muur kon wees, nie dat sy haar verheug in Ian se ongelukkigheid nie. Sy is bly dat Ian die regte besluit geneem het. Hy was boos en het in ‘n vermakerige stem gesê dat hy weet Louw nooit vir haar sal gelukkig kan maak nie.
“Jy moet ook nie waag om te dink dat jy kan terug kom na my toe nie. Jy het jou kans verspeel,” het Ian seergemaak geuiter en by die deur uit gestorm. Dit is so vinnig verby gewees dat alles gevoel het asof dit ‘n droom was.
Ian was glad nie die mens wat Milah gedink het hy is nie. Binne drie maande het sy gedink dat sy verlief geraak het op hom. Hy het haar toenadering gebied terwyl sy op haar mees kwesbaarste was. Milah het gedink dat sy ‘n lewe saam met hom kon begin het nadat sy van Louw geskei het. Ian het aan haar maanskyn en rose beloof en sy het soos ‘n bakvissie daarvoor geval. Dit het vir Milah op daardie oomblik gevoel, dat dit is wat sy wou gehad het. Dit is mos waarna elke vrou soek. Min het sy geweet waarmee sy eintlik besig was. As sy daardie verkeerde paadjie saam Ian moes stap, sou sy gesit het met ‘n kers vlammetjie en ‘n verlepte blom.
Dieselfde aand het Milah met ‘n geruste hart gaan slaap en met die wete dat sy môre ’n “clean slate” het. Vroeg die volgende oggend swaai die deur wat agter Ian toegeswaai het, oop vir Louw.
“Dis wonderlik om weer tuis te wees.”
Louw plaas sy bagasie net daar langs hom op die vloer neer en groet sy vrou met ’n klapsoen. Milah gooi haar arms om Louw se nek. ‘n Gevoel van epifanie vul albei hul gemoede. Asof hulle vir die eerste keer besef hoe werklik baie hulle mekaar aangevul het. In ’n stewige omhelsing plaas Milah haar kop teen Louw se bors en hy streel met sy vingerpunte oor haar hare. Milah kan met haar arms om Louw se middellyf voel dat hy maer geword het. Alles wat gebeur met hulle het ’n groot knou haar man gehad. Nou dat hy weer terug by die huis is, sal sy sorg dat hy weer in ’n goeie kondisie kom.
“Wat nou?” wonder Milah haar wandelende gedagtes hardop.
“Nou gaan jy vir ons ietsie kry om te drink en dan gaan ons rustig op die rusbank gaan sit, sodat ek vir jou kan vertel hoe baie ek na jou verlang het,” antwoord Louw so na Milah se sin.
Met ’n giggel eggo sy Louw se gedagtes. Dit is meer as wonderlik om hom weer tuis te hê. Oorweldigend wonderlik. Milah voel verlig dat hy nugter tuis is. Sy voel ook verlig dat hý hier is en nie Ian nie. Gelukkig het Ian net betyds uitgetrek.
Louw buk af om sy skoene uit te trek en Milah staar hom agterna terwyl hy aangaan om op sy sokkies te loop voor sy haarself na die kombuis keer. Sy verstaan waarom die huis in so ‘n toestand was. Daar is net ’n handjie vol van mans wat volkome self vir hulle kan sorg. Louw is nie deel van daardie uitsondering nie. Dit is waarom alles so rond gelê het in die eerste plek. Dit wat hy gebruik, bêre hy nie weg nie. Dit wat hy bêre, is nie op die regte plek nie. Milah ken hom al te goed. Al verpes sy dit vreeslik, het sy dit die laaste ruk baie gemis. Die huis wat so deurmekaar en vuil was en goed wat sy agter hom moes optel en skoonmaak, dit was getuienis van sy teenwoordigheid. Sy gaan dus definitief nie nou daaroor kla nie.
Milah handig ‘n glasie vars uitgedrukte sap vir Louw en gaan sit gemaklik langsaan hom. Alles rondom hulle is stil. Die televisie is nie aan nie. Musiek weerklink in geen vertrekke nie. Dit is net hulle twee alleen en dit is salig. Louw plaas sy arm besorg oor sy vrou se skouer en sinchronies rus Milah haar kop op haar man se skouer. Al wat Louw hoor is Milah se asemhaling. Al wat Milah hoor is Louw se hartklop. Nes twee legkaartstukke voltooi hulle weer die groter prentjie van hulle enigheid.
“Hoe klink ‘n heerlike ontbyt?”
Dit is nog vroeg oggend en Milah het nie kans gehad om iets voor te berei, voor Louw arriveer het nie.
“Hmm… Lekker eiers en spek, met gebraaide uie en sampioene. Dit sal heerlik wees. Die kos by die... Uh, sentrum,” hy gryns skaam, “was aaklig.”
Milah kom agter dat Louw nie maklik oor die inrigting praat nie, dus verander sy die onderwerp sonder om klem daarop te lê en hom ongemaklik te laat voel. Hy sal self met haar daaroor praat wanneer hy meer gemaklik voel om dit te doen.
“Terwyl ons praat van kos, ek het ons vriende oorgenooi vir ‘n ete Saterdag aand. Hulle wil jou terug verwelkom by die huis. Hulle het na jou verlang.”
Louw skyf ongemaklik rond.
Milah stel hom onmiddellik gerus; “Moenie worry nie, dit sal ’n alkohol vrye ete wees.”
“Dit klink goed my vrou. Dankie,” Louw soen vir Milah op die voorkop en dan vryf hy oor haar maag. Dit is vir Milah wonderlik om weer te hoor dat Louw na haar verwys na sý vrou. Sy het dit lanklaas gehoor.
“Ek het hulle baie gemis, maar vir jou en ons twee pruimpies die meeste. Ek is lief vir jou en ek kan ook nie wag om dít vir hulle te sê nie.”
Verder gaan Louw aan om vir haar te vertel dat die inrigting, of sentrum – soos wat hy daarna verwys, uitmergelend was. Ook wat die drie week program alles behels het. Daar het nie ’n dag verbygegaan wat hy nie aan haar gedink het nie. Die grootste motivering vir hom was die dag toe hy ingeboek het en Milah het onverwags daar opgedaag. Hy wou uit sy nate uitbars toe hy uitgevind het dat sy hulle tweeling dogtertjies verwag. Al was die moontlikheid dat hulle steeds sou skei nog daar, het hy aanhou hoop. Dit het hom motiveer. Hy wil ’n goeie man en pa wees.
“Het jy geweet dat ek dadelik besef het ek het jou lief dieselfde dag toe ek my ma op haar sterfbed moes groet?”
Milah kyk oorweldigend op in Louw se smaraggroen oë. Dit was ’n geweldige hartseer dag.
“Jy het nooit my sy verlaat nie. Dit was een van die mees hartseerste oomblikke van my lewe, maar tog ook ’n oomblik van klarigheid. Ek weet nie of jy kan onthou wat my ma vir my gesê het nie?”
Milah skud haar kop heen en weer. Sy kan regtig nie onthou nie. Dit was te lank terug.
“Ek het geweet dat sy altyd bang was vir die dood. Nie omdat sy ongelowig was nie, maar omdat sy bang was om haar geliefdes agter te laat. Sy het vir my gesê dat ek altyd haar rede was. Ek het nooit geweet wat sy daarmee bedoel nie, tot lank na haar dood het ek eers besef. Ek was haar rede om aan te gaan en net genoeg krag te genereer om nog ‘n rukkie teen die kanker te baklei. Sy het my vertel dat ek nou jou rede geword het en dat dit vir haar vrede gee. Sy het geweet ek is lief vir jou nog voordat ek dit besef het.”
Milah vee ‘n traan uit die hoek van Louw se oog met haar duim. Sy onthou daardie dag baie goed.
“Jy is my rede Milah. Jy is die doel vir my bestaan en ek is lief vir jou.”
“En ek is ontsaglik lief vir jou,” sy wil hê dat Louw ongetwyfeld in daardie woorde moet glo.
‘n Bruin krul val oor die een helfte van Milah se gesig toe sy skaam afkyk. Hy stoot die krul sagkens terug in plek. Sy vingerpunte gly verder strelend van agter haar oor tot voor op haar wang, waar dit vir ’n oomblik rus. Hy lig haar gesig op dat sy vir in sy oë kyk asof hy haar gedagtes kon lees.
Hulle staar woordeloos terug na mekaar. Milah knip haar oë dromerig toe, maar maak dit weer oop toe sy vingers afwaarts beweeg teen haar nek af. Sy staar die smaraggroen oë agterna soos hulle konsentreer om elke beweging van sy hand dop te hou. Louw glip haar hempsmou en haar bra se bandjie eenkant oor haar skouer af, dat haar vel naak vertoon net vir sy lippe. Sy stoppelbaard kielie haar. Eufories staar hulle na mekaar. ’n Ongelooflike gevoel van tevredenheid vul Milah se binneste. Asof hulle die pragtige konneksie van hulle eerste ontmoeting herleef. Hierdie keer hoef hulle nie iets vir mekaar te sê nie, want hulle weet wat hulle van mekaar wil hê.
Hierdie gevoel was afwesig tot nou. Louw se aanraking, hoe hy na haar kyk en sy reuk het sy vreeslik gemis. Met een hand op die agterkant van Milah se nek, trek Louw haar nader vir ’n soen. Dit is ’n haar-reisende gevoel wat teen haar ruggraat afgly toe hulle lippe ontmoet. Sy kry hoendervleis. Dit voel soos al die vorige kere en soos die eerste keer tesame. Louw se een hand glip strategies langs die sykant van Milah se bloes in, dat wanneer hy sy hand opwaarts beweeg, haar bloes ook oplig.
“Wag,” sê Milah en plaas haar op Louw sin. Die laaste keer toe haar man haar naak gesien het, was sy heelwat slanker. Nou is sy swanger en vet. ‘n Opgekropte gevoel van vrees ontwaak met die gedagte dat Louw dalk teleurgesteld oor haar voorkoms sal wees. Miskien voel hy ook ontevrede of dalk gewalg?
“Ek lyk nie meer dieselfde nie,” Milah se wange raak bloskleurig.
Louw haal sy hand onder sy vrou se bloes uit, trek haar bloes af en plaas sy hand bedagsaam op hare. Hy leun geduldig terug en Milah is dankbaar dat Louw dadelik verstaan en sy nie hoef selfbewus verder uit te brei nie. Milah voel simpel toe Louw opstaan, maar haar asemhaling begin versnel toe hy sy eie hemp begin losknoop.
“Ek ook nie,” sê hy en dit lyk nie asof dit hom pla nie. Hy verwerp die hemp op die vloer in ’n hopie. Louw is reg, sy lyf het ook verander. Hy is heelwat maerder en sy spiere is nie meer so gesny soos toe hulle net gekys was nie. Dit word toegeskryf aan hulle gejaagde besigheids lewe. Milah was self skuldig daaraan. Die min oefen, slaap en ongereelde etenstye. Dit wat ook die afgelope ruk gebeur het, het nie net ‘n uitwerking emosioneel gehad nie, maar ook op die uiterlike.
Dit laat Milah nie teleurgesteld voel soos wat sy gedink het Louw oor haar sal voel nie. Inteendeel laat dit vir Milah nog meer aangetrokke tot hom voel. Sy wil hom aanraak en elke stukkie vel op sy liggaam met soene bedek.
“Ons al twee het verander. Fisies en emosioneel. Ons kan nie verwag om altyd jonk te bly nie Milah. Om altyd mooi vir onsself te wees nie. Al wat jy hoef te weet my vrou, is dat jy pragtig is vir my, maar dit is nie waarom ek saam met jou wil wees nie. Dit is ‘n bonus, maar ook iets wat verouder en na ’n tyd vergaan. Ek is lief vir die mens wat jy vir my is. Ek is lief vir alles van jou, maar die meeste jou hart en siel. Dit is waarom ek saam met jou wil wees… Vir altyd,” Louw se woorde is oortuigend en uit die hart.
Louw plaas Milah se hand in die middel van sy bolyf. Milah vryf met haar hande afwaarts oor Louw se maag en dan weer opwaarts oor sy borskas. Sy oë verklap duidelik wat hy wil hê en Milah gaan dit vir hom gee. Sy voel hoe sy hart onophoudelik resies jaag en vra gemaak; “Is jy senuagtig?”
“Ja, ek is.”
Dit reflekteer haar gevoelens.
Milah streel tergend met haar vingerpunte oor die lyntjies wat sy eens gespierde maag gedefinieer het en wat besig is om te verdwyn. Sy soen hom net bo die naeltjie en haar hande voel na sy belt wat sy saam met die broeksknoop los hak. Louw trek sy broek en onderklere uit wat sy ereksie tot en met nou versteek het. Die broek val grond toe en hy skop sy voete daaruit.
Milah neem sy hande wat die heeltyd nog langs sy sye gehang het en trek hom langs haar op die bank nader. Sy het hom gevra om te wag en hy het, vir haar uitnodiging. Sy wil nie meer wag nie en laat toe dat hy haar bloes oor haar kop tel.
Louw lê vir Milah saggies agteroor op die bank dat haar hare krullend oor die leuning oopvlek. Lustig en vol vertroue werk hulle hande saam. Met asems gesnak gee hulle hulself rit maties aan mekaar en word een soos hulle nog altyd was. Lyf, hart en siel.
Na hulle passievolle liefde gemaakery skyf Louw uitgeput, tevrede en asemloos van Milah af. Hy bedek haar respekvol met die drapeersel wat aan die een kant oor die bank hang. Hy buk af om sy broek te vind en aan te trek. Milah lê nat gesweet en gemaklik agteroor met haar kop op die bank se leuning en hou haar man met ‘n glimlag dop. Sy skyf haar bene op en Louw sit terug in die gaping langs haar. Hy gryns onderlangs in haar rigting.
Toe hy wegkyk en frons forseer dit Milah om ook in daardie rigting te kyk. Daar is ‘n verskeidenheid versamelde los foto’s wat onder die koffietafeltjie se glasblad gerangskik is. Dit vertel ‘n storie van hulle lewe saam. Daar is ‘n paar foto’s van hulle kinderdae ook en onderskeidelik die foto wat Louw vir Milah terug gestuur het saam die ongetekende skei dokumente, waarop hy ‘n “smiley face” geteken het.
“Ek het dit gemaak terwyl ek vir jou gewag het om terug te kom na my toe, waar jy hoort.”
Louw staan op om dit van nader te kan besigtig. Milah sit regop om haar man se bewondering daarvan te aanskou.
“Dit is alles,” sê hy in verwondering.
“Ja, die een in die hoek is my gunsteling kiekie. Ek hoop hulle lyk soos jy,” Milah verwys na ‘n foto van ‘n spierwit kop seuntjie wat bruin bevlek is van modder en onder ‘n kraan water drink.
“Ons moet praat oor Ian,” sê Milah met eens terwyl sy aan die kinder foto van Louw staar. Sy voel skuldig. Sy het op ‘n tyd gewens dat Ian die pa moet wees. Nou kan sy nie meer kwaad wees vir haarself daaroor nie. Louw het gedwonge ‘n verhouding met Sonja aangeknoop. Milah besef nou eers dat hy moontlik nooit eers iets vir haar gevoel het nie.
“Wat?!” Louw se gesig is strak en rooi toe hy ongeërg na Milah kyk. Dit het hom onkant gevang en dadelik baie ontstel.
“Ons moet een of ander tyd praat oor alles wat gebeur het,” Milah se stem is fluister sag, sy wou nie vir Louw kwaad gemaak het nie. Dit laat voel haar benoud.
“Ja, Milah... Maar liewe hemel! Dit kon wag,” Louw gee homself ’n oomblik om asem te skep, “Dit kon wag, net vir vandag,” hy staan rustig op. Dit lyk of hy nog iets wil sê, maar hom self beteuel voor hy omdraai en wegstap.
Aantal Woorde: 3057
Totale Woorde: 19922
© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst
• In hoofstuk 1 het jy goed beskryf, nou in die later hoofstukke is dit asof jy net vertel. Wýs on wat jou karakter doen, voel en beleef.
• Waar speel die storie af? Gee ‘n paar beskrywings vd plek (insluitend die weer) deur die hele verhaal.
• Weer kan ‘n belangrike rol speel in die storie – veral vir uiterlike konflik en die karakter se emosionele reis. Kyk net na enige Disney fliek!
• Weereens, show, don’t tell.
• Goed geskryf. Wag nou vir die res…