Kortverhale

Titel: Ons REDE 9
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Milah se hart voel verpletter toe sy in die deur van die hoofslaapkamer gaan staan en dit vir haar lyk asof Louw besig is om te pak. ‘n Tas staan op die bed en klere in hopies langsaan gepak. Sy stut haar kop moedeloos teen die kosyn. Louw se rug is na die deur gekeer en sy kan nie uitmaak of hy nog kwaad vir haar is nie, maar sy verneem so. Al wat nou deur Milah se gedagtes maal is dat sy nie weer haar man sal kan laat gaan nie.
“Waarheen gaan jy?” die ongelukkigheid in Milah se stem is hoorbaar al wil sy dit wegsteek.
Louw se liggaam verstyf, dit blyk of hy nie bewus was van haar teenwoordigheid tot en met nou nie.
“Ek pak uit.” Die antwoord is kortaf.
Milah sug van verligting. Dit is net haar gedagtes wat met haar weghardloop. Louw gaan haar nie verlaat nie. Sy wil nie graag hulle stryery van vroeër opbring nie. Dit kan dalk verdere rusie veroorsaak en sy wil nie hê hulle moet baklei nie. Daarom het sy hom kans gegee om af te koel terwyl sy die ontbyt gaan voorberei het. Miskien het sy hom nie genoeg tyd gegee nie?
“Ons ete is klaar,” sy probeer hierdie keer haar bekommerdheid met vriendelikheid te vermom. Louw is ongetwyfeld nog kwaad vir haar, want hierdie keer antwoord hy haar nie. Sy weet dat daar nie veel is wat sy nou kan sê om hom beter te laat voel of die situasie sal verbeter nie. Hy staan steeds met sy rug na haar gekeer en gaan voort om sy goed uit die tas te pak. Ongemaklike stilte hang in die lug terwyl Milah wonder vir hoe lank hy nog vir haar gaan kwaad wees. In haar gedagtes redeneer sy met haarself hoe om die situasie te benader, omdat sy nie seker is hoe nie.

“Ek is jammer my skat,” Milah se stem is onseker toe sy die stilte breek. Sy wonder direk agterna of sy nie maar net moes stilbly nie. Sy voel selfsugtig omdat sy nie regtig jammer is dat sy oor Ian wou praat nie. Dit is klein jakkalsies wat die wingerd verniel, dus wil sy nou, of so gou moontlik, van die “klein jakkalsies” ontslae raak. Die tyd wat sy vroeër daarvoor gekies het, stink, daaroor is Louw nie verkeerd nie, maar hulle gaan een of ander tyd oor alles moet praat.
“Jy was reg, dit kon wag. Ek is jammer… Oor álles,” erken Milah weer selfbewus met die wete dat sy nog wou uitbrei. Sy wil hê Louw moet weet dat sy jammer is oor haar en Ian. Sy is jammer vir haar ontrouheid met daardie dwaas. Sy is jammer dat sy amper hulle liefde blindelings in die water gegooi het daaroor. Sy is jammer dat sy nie altyd die perfekte oomblikke en woorde kies om aan hom iets oor te dra nie, maar dat sy deur dít alles nog steeds ontsaglik lief is vir hom. Sy wens sy kon al hierdie woorde aan hom sê, maar nou is nie die tyd nie en sy besef dit. Sy wil nie selfsugtig wees en misbruik maak van die oomblik nie. Louw moet ook ‘n kans kry om uiting aan sy gevoelens te gee. As hy nie nou met haar daaroor wil praat nie is dit okei. As hy nog kwaad is, is dit ook okei. Sy het hom rede gegee om kwaad vir haar te wees. Met tyd sal alles regkom en só ook sal sy die regte oomblik kry om aan hom alles te sê wat nodig is.

“Ek is bly jy erken dit,” Louw se stemtoon is strak en onsensitief. Al het hy ’n skerm om sy hart geplaas, draai hy vir die eerste keer om en kyk direk in Milah se oë asof hy gewag het vir daardie woorde. Sy oë is rooi en dit lyk of hy gehuil het.
“Milah, ek staan hier voor jou. Ek is nóú hier. Wat sê dit vir jou?” Louw ontspan sy hande wat in vuiste gebol was en haal diep asem. Dit lyk asof hy die skerm om sy hart afhaal en homself toelaat om voor haar kwesbaar te wees, want hy gaan voort om te verduidelik.
“Dit was maklik om jou te vergewe omdat ek jou lief het, maar ook omdat ek net soveel aandeel in ons seer het. Ek sukkel net om vrede te maak met die feit dat ek nie die mag het om wat gebeur het te kan verander nie. Want as ek kon, dan sou ek.”
Al wat die oomblik ligter maak is om mekaar in ‘n vertroostende omhelsing te omvou. Woorde gaan nie nou genees nie. Net tyd sal hulle kan heel.
“Gedane sake het geen keer,” Milah se stem is sag en simpatiek. Daar is niks wat hulle aan die verlede kan doen nie. Hulle moet net uit hulle foute leer en dit nie nooit weer herhaal nie.
“Ek weet, maar vergeet is moeilik.”
“Maar weet jy wat maak alles beter?” vra Milah en kyk vertroostend op na Louw wat se se voorkop rimpel op in ‘n frons, in opwagting vir Milah se antwoord.
“Dat ons hier is vir mekaar. Jy vir my en ek vir jou. So kom ons vergeet vir nou eers van alles en dan kom eet jy saam met my asseblief?”
Louw staar na Milah vir ‘n rukkie in stilte en dan sê hy opwindend; “Okei, maar met een voorwaarde…”
Op daardie woorde gaan daar ‘n ritseling teen Milah se rug af en sy probeer om haar opgewondenheid en senuagtigheid agter speelsheid weg te steek.
“Wat sal dit wees Meneer Breytenbach?”
“Kom aan, moet nie so senuagtig lyk nie, Mevrou Breytenbach… Ek dink jy sal van hierdie idée hou.”
Milah se hart jaag toe Louw begin lag.
“Kom ons belowe om vandag verder net oor ons toekoms saam te praat en dan belowe ek, om jou iewers heen spesiaals te vat.”
“Okei. Deal,” antwoord Milah en klap haar hande kinderlik opgewonde, want daar is ‘n belowende glinstering in Louw se oë.
Hy is nog altyd ‘n spontane en impulsiewe mens wat op die ingewing van die oomblik vinnige besluite maak. Dit laat hom baie in die sop, maar het ook vir hope pret gesorg nie te lank terug nie. Milah se gesig helder op met die gedagte, want daar is hoop dat dit weer so kan wees.
“Waarheen…”
“Moenie eers vra nie, want dit is ‘n verassing… Jy sal vinnig genoeg uitvind as jy solank die ontbyt in die pick nick mandjie gaan pak. Ek sal al die ander goed pak en as ons iets kortkom, kan ons dit koop.”
Milah knik instemmend vir die wonderlike idee en kry ‘n plak soen op die wang, voor sy kombuis toe en wonder wat die ‘ander goed’ is waarna Louw verwys. Hy gee ook niks weg nie!

In die kombuis word alles vlugtig in ‘n gevlegte, bruin, pick nick mandjie gepak. Sy maak heerlike toasted broodjies met die ontbyt en slaan ‘n vinnige mengelslaai aanmekaar. In die mandjie kom ook borde en messegoed, glase en ‘n bottel sap, asook servette.
“Ek is gereed. Kom jy?” vra Louw opgewonde en ‘n klein bietjie ongeduldig toe hy by die kombuis instap. Dit was vinnig dink Milah en druk ‘n paar vars vrugte vinnig in die mandjie voor sy die handvatsels deur die gleufie in die deksel van die mandjie, steek.
“Jip,” antwoord Milah en Louw dra die mandjie vir haar tot in die voorportaal.
Naby die voordeur staan een klein bagasie tassie en ‘n check kombersie bo-oor gegooi. Louw maak die deur oop en tel dit op in die ander hand. Milah bars uit van die lag vir hierdie toneel, omdat hy vir haar lyk soos ‘n opgewonde seuntjie wat nie kan wag om see toe te gaan nie. Dit lyk ook nie asof daardie tassie veel kan bevat nie. Louw het seker die helfte nie gepak nie, of iets vergeet.
“Is jy reg?” vra hy.
“Ek is gereed…” Milah kyk fronsend na Louw en hulle tassie, “Is jy seker jy is? Waar het jy ons skoene in gepak?”
“Ek is seker, ja. Alles wat nodig en belangrik is, is in. Hoekom?”
Milah rek haar oë en lug haar skouers op in ’n tergende manier. Louw weet presies waarna sy verwys.
“Hey, ek weet ek is nie altyd die beste organiseerder nie, maar ek glo ek het alles. Ek wil jou net ‘n bietjie bederf.”
“Nou maar goed.”
Milah twyfel sterk dat Louw werklik alles in daardie klein tassie kon pak, maar aan die ander kant weet sy nie waarheen hy haar vat of vir hoe lank nie. Wie is sy om te stry?

Dit is ‘die begin’ van ’n nuwe begin. Louw kon nie ’n beter dag gekies het nie. Die weer speel saam vir die pick nick idee. Dit is ’n heerlike warm somersdag. Daar is ’n sagte briesie in die lug, net om die ergste hitte af te weer. Milah het geen idee waarheen Louw haar gaan vat toe sy in die motor klim wat hy reeds by die motorhuis uitgetrek het. Milah glimlag met hierdie idee, want dit voel asof Louw alles perfek beplan het. Sy het net ‘n idee dat dit moontlik ‘n pick nick is, natuurlik, vandaar die mandjie en die kombersie. Milah wens net Louw wou meer weggee, want sy is nie baie geduldig wanneer dit by verassings kom nie. Aan die ander kant maak dit ook nie eintlik vi r haar saak waarheen Louw haar gaan vat nie, al is sy baie nuuskierig. Sy is net tevrede om hom weer in haar nabyheid te hê.
Dit maak haar gelukkig om te sien dat Louw weer homself is. Die persoon wat sy leer ken het en op verlief geraak het. Louw laai alles in die kattebak en klim by die bestuurders kant in. Milah loer tevrede in sy rigting.
“Dink jy ons gaan reën kry?”
Louw skram effe vorentoe en loer deur die voorruit om in die lug vir wolke te kyk.
“Ek glo nie vandag nie. Miskien môre, maar niks gaan vandag vir ons bederf nie.”

Terwyl hulle ry plaas sy haar een hand op Louw se bobeen en hy plaas sy hand bo-op hare. Louw vleg sy vingers tussen hare deur en bring dit op na sy mond om ’n soen van waardering te gee. Milah is nie lus om na die CD in die motor te luister nie en skakel dit oor na ’n radiostasie. Dit speel die middag nuus wat aankondig dat die jaarlikse musiektoekennings een van die dae gehou gaan word by Carnival City. Die nominasies vir al die kategorieë word ook binnekort bekend gemaak.
“Is dit al sulke tyd? Ek kan dit nie glo nie...” sê sy hardop by haarself.
“Tyd staan stil vir niemand nie, my skat. Daarom wil ek nie een oomblik saam met jou mors nie.”
Milah wil nie hierdie oomblik korter maak nie. Sy wil elke sekonde hiervan inneem, nes die eerste ruik van ’n roos. Sy leun in na Louw se kant om hom ’n soen op die wang te gee.
“Ek is nogal nuuskierig om te weet wie genomineer is. Ek hoop HKL vaar goed in al die kategorieë.”
“Ons het alreeds al die nominasies ontvang. HKL het kunstenaars in amper elke kategorie, maar hierdie jaar is die kompetisie sterk. Een van Sunelda van Graan se liedjies is genomineer vir die liedjie van die jaar. Dit is haar CD wat gespeel het.”
“Pleks sê jy my, dan kon ons daarna luister... Ek sal graag ook wil weet wie nog genomineer is. Ag, sê my asseblief?”
“Miskien later,” sê Louw met ’n intensionele, stout glimlag op sy gesig. Milah voel hoe die spoed van die motor verminder.
“Is ons hier?”
“Sê jy my?”
Milah kyk by die vensters van die motor uit, maar herken nie die omgewing nie. Sy merk op dat Louw die flikkerlig aansit om af te draai, maar daar is nie ’n afdraai pad nie.
“Ek het nie ’n idee waar ons is nie... Is dit waar jy my vermoor?” Milah na-aap in ‘n spelerige stemtoon ’n tipiese fliek aanhaling vir hierdie scenario.
Louw trek van die pad af en die motor kom tot ’n stilstand.
“Ek gaan nie kans sien om twee dogtertjies alleen groot te maak nie. Nee wat, so maklik gaan jy nie daarvan afkom nie. Jy gaan maar saam moet suffer deur al die pienk, toon-naels verf en shopping,”
Louw knip-oog in haar rigting en klim uit die motor uit.
“Ek kan nie wag nie.”
“Hoe het ek geweet jy gaan dit sê?” Dit is ‘n retoriese vraag. Louw maak sy deur toe en gaan maak die kattebak oop om die pick nick goed uit te laai. Op daardie noot klim Milah ook uit die motor.
“Ek dink ek weet waar ons is,” sê sy terwyl sy stadig in die rondte draai om die area te besigtig. Sy keer die son met haar hand uit haar oë in ‘n saluut gebaar. Dit is ‘n afgeleë deel van die stad. Net voor ‘n woonbuurt naby ‘n winkel sentrum en ‘n klein woonstel kompleks. Is dit dan nie waar sy gebly het toe sy eens op ‘n tyd stad toe getrek het nie?
‘n Motor ry verby en druk die hooter en op die selfde tyd sit Louw sy arm om Milah se lyf. Milah weet presies waar hulle is en sy lag hardop. Louw se oë glinster van blydskap. Hy is waarskynlik bly dat Milah so ’n goeie reaksie het.
“So?”
“Dit is waar ons die heel eerste keer ontmoet het!”

Dit is die eerste keer dat hulle hier kom stop het na die ongeluk waar hulle vir die heel eerste keer ontmoet het. Dit is ’n dag wat hulle albei nooit sal vergeet nie. Daardie dag wat haar oorgeerfde skedonk in Louw se spogmotor ingevou het, was die dag wat hulle lewens nie meer sonder mekaar sin gemaak het nie.
Milah sien dat Louw al die kombersie en die pick nick mandjie se goed netjies op die grond uitgesit het.
“Ek weet nie watter dag was mooier nie. Dei dag van die ongeluk of vandag nie?”
Louw se oë is vol blydskap gevul en hy gaan sit saam met Milah op die kombersie.
“Ek sal daardie dag elke keer kies. Sonder twyfel,” antwoord Louw self versekerd.
“Hoekom?”
“Dit is die dag wat ons by mekaar gebring het. Ek was eintlik baie kwaad gewees, tot ek jou gesien het,” Louw lag vir die eerste keer hardop dat Milah haarself daaraan verkyk. Dit is die mooiste klank. Milah het vergeet hoe mooi daardie klank is. ’n Eggo van blydskap.
“Jou oude doos karretjie het amper niks oorgekom nie. My kar was in sy hel in.”
“Watch it!” Milah tik speels op Louw se been en hy hou sy hande op terwyl hy sy lag probeer onderdruk.
“Ek het gesien jy was kwaad toe jy uitgeklim het. Jy het iets genoem van ‘n vergadering en ek het aangeneem dit is omdat jy laat was.”
“O, ja! Ek het ’n belangrike vergadering gehad,” onthou Louw.
“Jy het my nooit vertel wie jy moes gaan sien het nie.”
Louw se gesig helder op.
“Dit was ’n afspraak met ’n potensiële kliënt, Die Triomfeerders.”
Milah is verbaas. Hierdie kontemporêre groep is al ’n geruime tyd bekend en het heelwat treffers wat veral bekend is onder die jonger klomp. Sy en Louw is ook aanhangers wat hulle heel nuutste album het. Die Triomfeerders se nuutste treffer “Lugkasteel” is haar gunsteling.
Milah neurie daardie liedjie voor sy verbaas sê; “Jy speel seker?” Sy kan dit nie glo nie.
“Ek weet! Maar dit is die waarheid,” Louw lag.
“Ek sal dit nooit vergeet nie, want ek word baie daar aan herinner,” Louw se lag verdwyn en hy raak diep ingedagte. Milah kan aan net een persoon dink wat daarvoor verantwoordelik is. Hannes Breytenbach. Hy is nie eers hier nie, maar net die gedagte van hom wil haar bloed laat kook.
“Dis ’n jammerte, maar ek glo HKL doen goed genoeg sonder hulle,” Milah bring Louw se fokus weer terug na die huidige, maar dit is ook eintlik die waarheid. Voor sy bedank het, het die syfers van die omset dit bewys.
“Ja, ons doen, maar ons sal nie kla om hulle aan ons kant te hê nie. Bo en behalwe dit, as ek daardie oomblik sou oorhê, weet ek dat ek niks daaraan sal wou verander nie.”
“Is jy seker dat jy weer sal wil hê dat ek jou Audi moet vas ry?”
Louw trek sy gesig om kamstig voor te stel dat hy dink terwyl hy sy kopkrap.
“Gelukkig besit jy nie meer daardie skedonk nie.”
“Sies.”

Louw trek die mandjie nader en haal die eetgerei uit.
“Ek is resend honger.”
Milah sit in elkeen se bord ‘n toebroodjie en skep ‘n opskeplepel vol slaai ook in. Louw skink twee glasies druiwesap. Hulle eet smaaklik en hou die geselskap lig. Dit gaan meestal oor ditjies en datjies. Die jaarlikse musiek toekennings fees wat om die draai is, oor die voëltjie wat in die boom se mik sit en vrolik tjirp, tot die baba kamer wat nog geverf moet word.
“Jy gaan nie net ‘n goeie pa wees nie, jy gaan uitstekend wees.”
“Wat laat jou so dink? Ek het nie juis by die beste geleer nie,” sê Louw ingedagte terwyl hy aan ‘n appel knibbel.
“Ek sien dit in die manier hoe jy van ons twee pruimpies praat.”
“Solank ek net nie die poef doeke hoef om te ruil nie.”
“Gmf, net soos ek, gaan jy nie so maklik daarmee weg kom nie,” Milah lag vrolik.
“Ek dink dit is tyd dat ons hulle name opgradeer na prinsessies toe, wat dink jy?”
“Wel, ek het een régte naam in gedagte. Jou ma se naam. Dit is al waaraan ek kon dink tot dus ver.”
“Ek hou sommer baie daarvan,” Louw glimlag breed met hierdie idee en leuen in om vir sy vrou ‘n soen te gee. Milah het geweet dat dit baie vir hom sal beteken.
Nadat hulle geëet het bêre Milah alles weer terug in die mandjie, dan lê sy agteroor. Louw boots die beweging na, draai op sy sy en plaas sy hand bo-op Milah se maag.
“Ek dink ons was verkeerd oor die reën,” sê Louw en streel heen en weer met sy hand oor Milah se maag. Hulle staar na die grys wolke wat intussen bymekaar begin saampak het.
“En dan gaan ons moet aanstaltes maak, dit raak in elk geval laat en ek wil nie donker daar aan kom nie,” Louw stut homself regop.
Milah draai haar kop sodat sy na haar man kan kyk.
“Waar?”
“Nee, jy gaan my nie vang nie,” amper het hy in die strik getrap en die spesiale plek verklap, “Hierdie is net…” dit lyk asof hy na die perfekte woord soek sonder om enige iets weg te gee.
“Dit is net ‘n pit stop.”
Milah kyk na hom met ‘n geligte wenkbrou, maar sy hoop verniet. Sy moet maar geduldig wees.

Louw vat ‘n mes om die res van sy appel op te sny in stukkies. Hy stap tot by die boom waar die voëltjies se nessies in hang naby die mik, daar gooi hy vir hulle die stukkies appel neer om te eet. Milah maak alles gereed vir hulle om te vertrek. Die mandjie word netjies gepak voor sy opstaan om die check kombersie netjies op te vou.
Ewe skielik vries Milah toe sy ‘n beweging in haar maag voel. Eers dink sy dat sy haarself verbeel, maar staan nog ’n rukkie doodstil om seker te maak. Dit gebeur weer. Dit is baie liggies, maar vreemde gevoel. Dit voel asof haar ingewande saamtrek en weer vinnig ontspan. Dit gebeur so vinnig en is amper dadelik weg. ’n Oorweldigende gevoel van trots spoel oor haar en sy voel terselfdertyd verlief. Hoendervleis oortrek haar vel. Milah plaas haar hande ekstaties op haar maag en roep na Louw wat nog droomverlore onder die boom staan.
Louw kom verskrik en bekommerd aangehardloop.
“Is jy okei?!” hy bekyk sy vrou van kop tot tone terwyl hy besorg haar arm vashou. Hy is salig onbewus dat die baba’s hulle eerste teken van lewe aangedui het.
“Ek is,” Milah giggel, “voel hier,” sy gryp sy hand en plaas dit vinnig op haar maag met haar hand bo-op wat dit lei tot op die regte plek. Hulle staan so ’n rukkie aandagtig, maar niks gebeur nie.
“Ek voel niks,” bevestig Louw. Net toe Milah iets wou sê is die beweging weer daar onder Louw se hand.
“Ek het dit gevoel!” kondig hy blywend en aan.
“Nog so drie maande dan is ons twee pienk voetjies hier...”
“Prinsessies,” korrigeer Louw vir Milah en hulle geniet die pragtige oomblik saam wat verewig in hulle herinneringe vasgevang sal bly.

Aantal Woorde: 3488
Totale Woorde: 23410

© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

9
Eers wil ek jou geluk wens dat jy voortgaan. Dis great!
Ou Louw het 'n hele klomp Browny-points verdien in my boekie, met sou heerlike romantiese planne.
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


Ons Rede 9
Pragtige werk, en wat die hoofstuk nog meer spesiaal maak is die raad wat jy gee vir "gedane" sake. Dit hoort defnitief in die verlede en 'n mens moet praat anders weet jy nie wat die probleem werklik is nie.
3 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Rede
Ek geniet altyd so om hierdie storie van jou te lees. Ek is mal oor jou beskrywings en styl!
3 jaar 10 maande 4 ure oud


rede
Resend honger moet sekerlik wees rasend honger
3 jaar 10 maande 4 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar