Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die onthaal

________________

Aankondigings

Die gaste sal voor my en Dirk in die saal ingaan.

Irma sal al die normale afkondigings doen en die reëlings vir die verrigtinge verduidelik.

* Geen glase, kerse of blomme mag van die tafels verwyder word nie.

* Kontant kroeg agter in die saal. Geen drank mag van buite ingebring word nie.

* Almal moet bly sit wanneer ek en Dirk by die saal instap en kan opstaan om hande te klap sodra ek en hy agter ons stoele staan. Almal sit weer sodra ons plaasneem.

* Daar is geskenkies op die tafels en gaste moet dit asb saamneem. Die cd het al ons spesiale liedjies op wat gedurende die diens en onthaal gespeel is asook ‘n paar ekstra liedjies wat vir ons waarde het.

* Heildronke sal plaasvind nadat die voorgereg genuttig is.

* Kameras op die tafel – gaste moet beurte maak om die paartjies om die tafel af te neem en kan dan die res van die aand foto’s na goeddunke neem van die gaste en gebeurtenisse. Ons wil ten minste net’n foto van elke paartjie/alleenloper hê.

* Kameras kan by die troukoek neergesit word wanneer die laaste foto geneem is.

* Gaste word vriendelik versoek om te wag tot die troukoek gesny word alvorens hul begin vertrek en sodra die eerste gaste vertrek moet hul net eers vir Elize en Dirk of Irma laat weet aangesien die bruidspaar een laaste liedjie saam hul gaste wil deel voordat hul uitmekaar begin gaan.

* Verdere aankondigings sal dan later gedoen word.

____________________

Spesiale boodskap vir ons gaste

Sodra die kinders ingaan sal Irma aankondig dat ek en Dirk ‘n spesiale liedjie vir ons gaste het. Dis ons persoonlike boodskap vir al ons gaste en is in lyn met die woorde van die geskenkie op die tafel. “As jy aan eendag glo” van Amanda Luyt. Hierdie liedjie asook al ons spesiale liedjies is op die cd-geskenkie wat op die tafels is.

_____________________

Ons binnekoms

Nadat die liedjie van Amanda Luyt klaar gespeel het, sal ek en Dirk instap op die volgende liedjie terwyl al die gaste sittend bly.

Dit moet meer as liefde wees
Amor Vittone

Dit moet meer as liefde wees
Dit weet ons albei
Wat ons voel moet iets anders wees
‘n Woord wat ons nog nie ken nie
dit moet meer as liefde wees
Wat ek binne my hart rond dra
‘n Gevoel wat net sterker word
Met elke nuwe dag
As ek in jou oë kyk verskiet al die sterre
My hart gaan staan as ek jou teen my voel
En as jy my naam sê dan lui al die klokke
Die wêreld hou op draai, dis net ons twee
Dit voel asof ons op die wolke rondry
So onbeskryflik vry
Woorde kan nie vertel nie
En al wat ek wil sê ...
Niks of niemand sal ons twee ooit kan skei nie
By ons is een plus een gelyk aan een
En as jy die strand is dan is ek die golwe
As jy die son sou wees dan is ek die maan
Vir altyd wil jy langsaan my staan
Jou hart sê dit vir my
Ek wens ek kon die regte worode kry
Wat vir my is dit net jy
Ek soek verniet na die regte woord
Om te sê wat ek voel net soos dit behoort
Nee nee nee nee
Dit moet meer as liefde wees.

_____________________________

Heildronke

Ek en Dirk sit alleen by die bruidstafel.
Irma verwelkom ons en doen haar ding.
Christine doen die tafelgebed.
Die voorgereg word bedien by die tafels en daarna word die sjampanje na elke tafel gebring.
Irma doen die aankondingings en bekendstellings vir die heildronke. Heildronke sal met tussenposes plaasvind.
Bianca stel heildronk op my in.
Elandi stel heildronk op haar pa in.
Michelle stel ‘n spesiale heildronk in.
Ek stel op Dirk in en doen my deel van die bedankings.
Dirk stel op my in en doen die finale bedankings/toespraak.
Irma stel ‘n heildronk op ons twee en ons gesin in.

__________________

Ete

Bruidspaar sal gaan inskep en daarna tafel vir tafel van voor tot by die laaste tafel agter.

Irma sal ‘n uitnodiging aan die gaste rig om, terwyl almal wag om te gaan inskep, mense ‘n kans te gee om voor almal te kom vertel wat vir hulle ‘uitstaande’ was van my en Dirk in hierdie afgelope maande voor die troue – iets wat almal kan laat lag of iets wat baie spesiaal was en ‘n indruk gelaat het. Dit maak die ete nie so lank nie en almal sal lekker ontspan.

________________

Baan word geopen

Nadat die ete voltooi is sal Irma die verdere verrigtinge aankonding.

* Eerste dans – bruidspaar – gaste bly sittend.

* Tweede dans – ouers en kinders – gaste kan in helfte van die dans aansluit.

* Derde dans – Irma kondig aan dat die derde liedjie spesiaal opgedra is aan ons kinders en dis ons wense vir hulle. Gatse welkom om te dans.

* Gaste word weereens herinner dat hul asb nie moet vertrek voor die koek gesny is nie en dat die eerste gaste wat wil vertrek net eers by Elize, Dirk of Irma moet aanmeld aangesien die bruidspaar een laaste liedjie dan wil deel met die gaste voordat almal uitmekaar begin gaan om te begin vertrek.


_______________

Ons eerste dans .. hier is die liedjie ...

Kom laat ons dans (ons eerste keer)
Kurt Darren

Ons mooiste dag en ek weet dis ‘n eer
Ek kan nie glo wat jou pa my wil gee
Sy mooiste engel het haar vlerke gesprei
Sy het haar plek en dis by my
Ek draai na jou en jy gee my jou hand
Jy vat my naam en ek gee jou my hart
My grootste droom en dis alles bewaar
Kom maak my droom nou klaar
Kom laat ons dans, ons eerste keer
Ek wil jou wys, ek wil jou leer
Jy’t my belowe ‘to have and to hold’
En ek weet ek wil gee, ek gee dit alles vir jou
Kom laat ons dans ons eerste keer
Ek wil jou ken, jou hart begeer
Ek het gesê ‘till the day that I die’
En ek sê dit nou weer, jy het my lewe gedraai.
Kom hou my vas, my heel mooiste vrou
Ek wil jou heel aand in my arms omvou
Ons het gedroom en dis alles bewaar
Kom maak ons droom nou klaar

______________________

Tweede dans vir ouers en kinders en gaste mag aansluit.

Ek wil dankie sê
Patricia Lewis

______________________


Die derde liedjie word opgedra aan ons kinders en dis hulle dans met hulle maats ...

Amor Vittone
Voluit Lewe

Waarom dan nie – ek wil die hemel raak
Waarom nie – ek wil dit lekker maak
Die lewe is ‘n lied en ek, ek wil net sing
Waarom dan nie – kom gryp die nuwe dag
Waarom nie – kom ons hou aan met lag
hou vas, daar is nog hoop, jy moet dit net glo!
Ek wil net voluit lewe
Ek het myself belowe
Dat niemand my gaan onderkry
My hart verlei of seer laat kry.
Ek wil net voluit lewe
Ons moet mekaar vergewe
Dit is jou beurt om vry te wees
en niks te vrees en heel te wees
Waarom dan nie – ek wil my beste gee
Waarom nie – ek vat dit tree vir tree
Die lewe is ‘n lied en ek, ek wil net sing
Waarom dan nie – ek wil net heeltyd dans
Warom nie – kom gee jouself ‘n kans
Hou vas, daar is nog hoop, jy moet dit net glo!

____________________

Deur die loop van die aand mag gaste versoeke rig vir spesiale liedjies by die musiektafel aan die agterkant van die saal. Papier en pen sal by die tafel beskikbaar wees.

____________________

Verdere verrigtinge

Irma sal afkondigings maak wanneer die volgende seremoniële verrigtinge sal plaasvind :

Kousband
Die liedjie “Pretty Woman” sal speel.
Irma sal eers al die getroude mans roep.
Na afloop van die ‘vangs’ sal die musiek sagter gestel word en Irma roep al die ongetroude mans.
Musiek word weer harder tydens die ‘vangs.


Ruiker
Met die gooi van die ruiker speel “Wild Thing”.
Irma sal eers al die getroude vrouens roep.
Na afloop van die ‘vangs’ sal die musiek sagter gestel word en Irma roep al die ongetroude vrouens.
Musiek word weer harder tydens die ‘vangs.


“Help-met-die-honeymoon”
Dirk staan voor in die saal op ‘n stoel en dames word genooi om geld aan hom te kom vassteek .
Tim sal ‘n gepaste liedjie speel.

Troukoek
As ons die troukoek sny speel Wet Wet Wet se “Love is all around”.
Irma sal gaste nooi om van die kolwyntjies te kom neem sodra ons klaar die boonste laag koek gesny het.

Tafelruikers
Dirk sal aankondig wie by elke tafel die ruiker ontvang.

_______________________

Laaste liedjie

Wanneer die eerste gaste begin vertrek sal ons hul vra om net so ‘n oomblik te gee voor hul gaan.

Irma sal dan aankondig dat die bruidspaar een laaste liedjie wil dans in die teenwoordigheid van die gaste terwyl al die gaste sittend bly. Irma sal ook aankondig dat die bruidspaar nie gaan vertrek nie, maar dat dit slegs simbolies is om die laaste dans saam te doen terwyl almal nog teenwoordig is. “I’ve had the time of my life” sal speel.

Die videograaf en fotograaf kry dan ook die geleentheid om ‘n laaste foto van al die gaste by hul tafels te neem.

Irma wens almal ‘n genotvolle aand verder toe en die onthaal gaan voort tot die laaste mense weg is.

_______________________

En so begin ons op 19 April 2008 'n nuwe lewe saam ...




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar